PODCAST · society
Regsake
by RSG
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Episodes
-
Regsake: Die Aktekantoor; Klousules in kontrakte waarvan verbruikers moet weet
12 Oktober 2026: Tiaan Joubert fokus op die werksaamhede van die Aktekantoor. Est-Marié McCallahan bespreek ‘n onlangse hofuitspraak wat te doen het met die Verbruikerswet en verskaffers wat sekere klousules in kontrakte baie duidelik onder 'n verbruiker se aandag moet bring, en dit nie net in…
more -
Regsake: Gesinsadvokate; Vakansieklub-kontrakte
5 Oktober 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die rol en werk van ‘n gesinsadvokaat. Elsa Kruger Willemse beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die strik van lewenslange vakansieklub-kontrakte.
-
Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun
28 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die balju. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor ‘n onlangse hofuitspraak wat handel oor ‘n werknemer in Kaapstad wat R2,8 miljoen aan haar werkgewer moet terugbetaal omdat sy gejok het oor haar werkservaring.
-
Regsake: Meester van die hof; Peetouers
21 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die Meester van die hof. Familieregkenner Elmari Richter verduidelik wat die reg oor peetouers sê.
-
Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts
14 September 2026: Elsa Kruger-Willemse praat oor die kuns van gee, en wat jy moet weet van skenkingsbelasting in Suid-Afrika. Volker Kruger bespreek die geldigheid van 'n testament sonder 'n datum, inkomstebelasting by trusts, die verkoop van 'n huis sonder die erfgename se toestemming, en ander...
-
Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg
7 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat onder meer oor die voortslepende agterstand van die Meesterskantoor in Johannesburg. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor die regte van lewensmaats in terme van die intestate erfreg, onderhoudseise teen bestorwe boedels en eise vir verlies aan...
-
Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap
31 Augustus 2026: Prokureur Susan de Wet praat in die die laaste episode van die reeks oor vroue en die reg oor die ontwikkeling van vroue se erfreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuisen praat oor surrogaatskap in Suid-Afrika.
-
Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel
24 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die vierde episode oor vroue en die reg oor maritale mag. Prokureur Susan de Wet beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die Padongelukkefonds, wat verband hou met ‘n eis wat na jare nie uitbetaal is nie, en ‘n boedel wat as gevolg daarvan nie...
-
Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media
Est-Marié McCallahan praat in die derde van vyf insetsels oor vroue en die reg, oor die ontwikkeling van vroue se stemreg. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor nuwe wetgewing, en hoe dit die veiligheid van kinders sal beïnvloed in ‘n wêreld wat deur sosiale media oorheers word.
-
Regsake: Vrouedag; Die aanstuur van WhatsApp-boodkappe
10 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die tweede aflewering vroue en die reg oor Vrouedag. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek ‘n onlangse saak oor WhatsApp-boodkappe wat aangestuur is, en of die aanstuur daarvan moontlik haatspraak aangehits het of nie.
-
Regsake: Vroue en die reg; Bekentenisse
3 Augustus 2026: In die eerste van vyf aflewerings in ‘n reeks oor vroue en die reg vertel prokureur Est-Marié McCallahan oor hoe die regstelsel ontwikkel het sodat vroue ook toegang kon kry tot regsberoepe. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse...
-
Regsake: Afwesigheid weens siekte en sieknotas
27 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die laaste van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad en ander belangrike liggame in ons regslandskap. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afwesigheid weens siekte en sieknotas, na aanleiding van getuies by die Madlanga-kommisie wat...
-
Regsake: Regspraktisyns en die Regspraktykraad; Verborge gebreke en 'n voetstootsklousule
20 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert -praat in die derde van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy fokus op wat dit in praktyk vir regspraktisyns beteken om deur dié raad gereguleer te word. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak wat handel oor of ‘n koper die...
-
Regsake: Die neem van foto’s en video’s in openbare plekke
13 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die tweede van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy verduidelik wat hierdie regsliggaam vir jou kan beteken. Prokureur Est-marie McCallahan praat oor wat jy mag en nie mag doen met die neem van foto’s en video’s in openbare plekke.
-
Regsake: Wat doen die Regspraktykraad? Is POF aanspreeklik wanneer slagoffer selfdood pleeg?
6 Julie 2026: Tiaan Joubert verduidelik wat die Regspraktykraad is, die raad se verhouding met die publiek en praktisyns, en watter ander regsliggame daar is om van bewus te wees. Prokureur Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor of die Padongelukkefonds aanspreeklik is wanneer 'n...
-
Regsake: Personeelafleggings; Werking van howe
29 Junie 2026: Dr. Gerrie Ebersohn praat oor arbeidsreg en personeelafleggings. Elsa Kruger-Willemse verduidelik die hierargie en die werking en toeganklikheid van Suid-Afrikaanse howe.
-
Regsake: Skadevergoeding vir onregmatige arrestasie; Mag jou werk jou summier afdank?
22 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n saak wat handel oor wanneer jy skadevergoeding van die Staat vir onregmatige arrestasie en aanhouding kan eis. Tiaan Joubert verduidelik of jou werkgewer jou summier mag wegjaag. Hy beantwoord onder meer vrae oor wat substantiewe billikheid...
-
Regsake: Outeursreg; Aftreeouderdom
15 Junie 2026: Patentprokureur Bianca Luwe praat oor outeursreg, wat mense soms dink slegs op skrywers, kunstenaars en musikante van toepassing is. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek die arbeidsreg met betrekking tot jou aftreeouderdom.
-
Regsake: Konsepgedragskode oor toegangsbeheer
8 Junie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die Inligtingsreguleerder se konsepgedragskode oor toegangsbeheer by geboue en komplekse. Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaargaande boetes.
-
Regsake: Hofsaak teen Kaapstad Munisipaliteit oor ekstra heffing
1 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n onlangse hofsaak teen die Kaapstad Munisipaliteit oor 'n ekstra heffing vir grondeienaars. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor hoe families hulle rykdom oor generasies heen bewaar.
-
Regsake: Laster in die werkplek; Padongelukkefonds en eise vir kapings
25 Mei 2026: Arbeidsregkenner Johan Botes bespreek ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Polokwane oor laster in die werkplek. Susan de Wet bespreek ‘n saak oor wanneer die Padongelukkefonds aanspreeklik gehou kan word vir beserings wat tydens ‘n kaping opgedoen is. Sy bespreek ook ‘n saak oor ‘n...
-
Regsake: Tussentydse onderhoud & die ignorering van regsdokumentasie
18 Mei 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek 'n hofsaak oor twee lewensmaats wie se paaie geskei het. Die vraag is of die vrou tussentydse onderhoud van die man kan eis, hangende die litigasie oor die verdeling van hulle bates. Prokureur Tiaan Joubert verduidelik wat met jou kan gebeur...
-
Regsake 11 Mei 2026
Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor erflatings en erfgename wat sterf. Prokureur Est-Marie McCallahan praat oor die beskerming van diere. Het diere regte in Suid-Afrika?
-
Regsake 4 Mei 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon wat geld in ‘n Ponzi-skema belê het sonder dat hy geweet het. Hy praat ook oor selfoonmaatskappye se verantwoordelikheid ten opsigte van bedrieglike boodskappe wat op hulle netwerke gedeel word. Igna groet Regsake ná 34 jaar. Hy deel van…
more -
Regsake 27 April 2026
Igna Klynmsith praat oor regstelsels, en wat dit behels. Hy praat ook oor die anominiteit van minderjariges wat misdade gepleeg het.
-
Regsake 20 April 2026
Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor die betaling van tussentydse onderhoud. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor wat die afkondiging van ‘n nasionale ramp behels. Spesialisgas, Est-Marié McCallaghan praat oor 'n nuwe wet wat beter beskerming aan bejaardes sal gee.
-
Regsake 13 April 2026
Igna Klynsmith bespreek belangrike nuwe reëls wat gemeenskapsskemas sal bëinvloed. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n geskeide paartjie met ’n minderjarige, wat steeds nie kan ophou baklei nie. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afleggings na aanleiding van ondernemings wat afskaal of...
-
Regsake 6 April 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor teistering. Spesialisgas Volker Kruger bespreek twee interessante regsvrae. Moet die eerste vrou toestemming gee vir die sluit van 'n gebruiklike huwelik met die tweede vrou? En, kan kinders daarop aandring dat die oorskot van 'n oorledene vir vaderskaptoetse...
-
Regsake 30 Maart 2026
Igna Klynsmith praat onder meer oor kuber-afknouery. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die saak van ‘n mnr. Zilwa teen die Wes-Kaapse LUR vir Vervoer en Openbare Werke en die Minister van Polisie omdat hy onder meer sonder ‘n lasbrief deur ‘n provinsiale verkeersbeampte in hegtenis geneem is.
-
Regsake 23 Maart 2026
Igna Klynsmith bespreek huwelike buite gemeenskap van goedere. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n hofsaak wat handel oor die geldigheid van ’n testament. Die oorledene het die testament met 'n duimafdruk geteken, en daar is geargumenteer dat sy onbehoorlik beïnvloed is.
-
Regsake 16 Maart 2026
Igna Klynsmith praat oor motorongelukke, en padreëls wat verontagsaam word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor ‘n Wes-Kaapse regter se beweerde onregmatige besetting van eiendom, en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond.
-
Regsake 9 Maart 2026
Igna Klynsmith bespreek die onwettige besetting van private eiendom. Michelle van der Merwe, ’n patentprokureur, praat oor kunsmatige intelligensie, en aan wie sekere skeppings nou eintlik behoort - al is jy die een wat die inligting ingevoer het.
-
Regsake 2 Maart 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag deur ‘n vrou wat ‘n kontrak by ‘n bank geteken het, en haarself as borg verbind het vir haar vriendin. Spesialisgas Susan de Wet praat oor of die Padongelukkefonds aanspreeklik gehou kan word wanner ‘n motorbestuurder iemand opstelik met ‘n motorvoertuig raak ry.
-
Regsake 23 Februarie 2026
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat handel oor zero-verdraagsaamheidsbeleid rakende alkoholgebruik in die werksplek. Spesialisgas Est-marié McCallahan vertel van ‘n saak oor die installering van ‘n sonkragstelsel in ‘n kompleks op gemeenskaplike grond.
-
Regsake 16 Februarie 2026
Igna Klynsmith praat oor egskeidings en bates wat verduister word om die ander party te banadeel. Hy bespreek ook ‘n saak waar ‘n tweejarige dotertjie in ‘n hospitaal beland het nadat sy geskok is deur ’n transformator, wat deur ‘n munisipaliteit op die grond aangebring is. Spesialisgas Marko...
-
Regsake 9 Februarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat met die padongelukkefonds verband hou, en ‘n saak wat handel oor twee leerders wat deur hulle skool gestraf is omdat hulle gedamprook het. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor boedeluitgawes en belastingverpligtinge by afsterwe.
-
Regsake 2 Februarie 2026
Igna Klynsmith praat oor wysigings aan dokumente deur die nuwe gesondheidsberoepsraad, wat kwessies soos die weerhouding en onttrekking van behandeling insluit. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n saak waar drie seuns met die vierde seun baklei oor hulle pa se testament, omdat hy bevoordeel...
-
Regsake 26 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n kind wat in die Kruger Wildtuin deur ‘n luiperd aangeval is. Hy praat ook oor die onprofessionele gedrag van sommige prokureurs, wat werkwerwing deur onder meer eiendomsagente doen om oordragte na hulle te kanaliseer. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die...
-
Regsake 19 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor ouderdomspensioen en onregmatigde ontslag. Hy vertel ook van ‘n handelmerkdispuut tussen Chicken Licken en KFC. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor 'n eiendomstransaksie wat skeef geloop het, en hoe belangrik dit vir mense is om te verseker hulle kom...
-
Regsake 12 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor Jacob Zuma en die presidensie, waar hy beveel is om sy regskostes terug te betaal. Hy bespreek ook ‘n saak oor wie die regmatige eienaar van ‘n troeteldier is ná ‘n egskeiding . Elsa Kruger-Willemse praat oor sertifikate wat verkry moet word by die...
-
Regsake 5 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n navraag wat handel oor ‘n bedoel. Hy vertel ook van ‘n saak waar familielede ‘n liggaam wou laat opgrawe om DNS-toetse te laat doen om te bewys dat hulle wel familie is, en mag erf. Spesialisgas Metzi Klobbie bepreek belangrike veranderinge aan Suid-Afrika se...
-
Regsake 29 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor ‘n huis wat afgebrand het, en of die koper die verkoper aanspreeklik kan hou vir die skade. Arbeidsregkenner Johan Botes vertel van arbeidswetgewing wat vanjaar verander en aangepas is.
-
Regsake 22 Desember 2025
Igna Klynsmith praat oor die hof van klein eise, en bepreek ‘n saak oor ‘n pa wat sê hy kan nie meer in die behoeftes van sy outistiese dogter voorsien nie. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ’n saak oor ‘n bestorwe boedel waar die vrou nie volgens die man se testament van hom erf nie. Kan sy...
-
Regsake 15 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n gevangene, wat ‘n paar vrae gehad het oor sy eie saak. Hy bespreek ook ‘n vraag oor wat presies as lasterlik beskou kan word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n pa se regte t.o.v. die besluit om ‘n swangerskap te beëindig.
-
Regsake 8 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek die pligte van rolspelers in ‘n strafregsaak. Hy praat ook oor die ontvangs van gesteelde goedere. Spesialisgas Est-marié McCallahan vertel van ‘n dispuut tussen bure oor ‘n oprit.
-
Regsake 1 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n appèlhofsaak oor ‘n munisipaliteit wat grond, wat aan ‘n ontwikkelaar behoort, probeer onteien het. Hy bepreek ook ‘n luisteraarsvraag oor die aankoop van ‘n plaas en ‘n serwituut. Elsa Kruger-Willemse praat oor die aanspreeklikheid van eienaars van troeteldiere wanneer...
-
Regsake 24 November 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n vrou wat gediagnoseer is met demensie. Haar man wil weet hoe hy haar bates moet hanteer aangesien sy nie meer handelsbevoeg is nie, en hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Volker Kruger praat oor ‘n skadevergoedingseis teen ‘n restaurant.
-
Regsake 17 November 2025
Igna Klynsmith verduidelik wat borgstellingsooreenkomste behels, en praat oor die indiensneming van onwettige immigrante. Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak waar die leerstuk van "die bloedige hand erf nie” toegepas is.
-
Regsake 10 November 2025
Igna Klynsmith bespreek die hofuitspraak van beweerde haatspraak deur Julius Malema. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag ‘n oupa wat grond aan sy minderjarige kleinseun wil nalaat. Spesialisgas Lienki du Plessis praat oor ‘n paar handelsmerkhofsake.
-
Regsake 3 November 2025
Igna Klynsmith praat oor ’n plaaseienaar, wat tydens ’n inbraak, ‘n verdagte noodlottig gewond het, en aangekla is van moord. Spesialisgas Elsa Kruger Willemse praat oor die belangrikheid van boedelwaarde wanneer jy trou met die aanwasbedeling, met verwysing na ‘n onlangse Appèlhof-uitspraak.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...