Episodes
-
Legato Koorfees 2026
Die jaarlikse Legato Koorfees het ‘n nuwe tuiste gekry. Die bestuurshoof, Tiaan Ras, vertel meer.
-
Sum - Franco Prinsloo
Die komponis, Franco Prinsloo, vertel van sy oratorium, Sum.
-
Into the Woods by
Wat kry jy as die verhale van Rooikappie, Aspoestertjie, Repelsteeltjie en Jan en die Boontjierank op een verhoog bymekaar bring. Dit is wat Stephen Sondheim gedoen het in sy musiekspel, INTO THE WOODS. Terrance April gesels met die regisseur, Sylvaine Strike.
-
Gin by Amperdaar
Die akteur Pieter Grobbelaar gesels oor die toneelstuk, Gin by Amperdaar. Hy is ook verantwoordelik vir die vertaling en verwerking.
-
Janice Honeyman se Alice in Wonderland-pantomime
Dit is weer tyd vir pantomime in Johannesburg! Terrance April gesels met die akteur Charlie Bouguenon oor wat Gauteng se gehore vanjaar te wagte kan wees.
-
Die storie van Emily
Regisseur Nico Scheepers vertel van die nuwe toneelstuk, Die storie van Emily, as deel van die Emily Hobhouse 100-vieringe in Bloemfontein.
-
Botaniese Kunsuitstaling by Woordfees
Christelle Webb-Joubert stap deur ‘n uistallng by die Stellenbosch Botaniese Tuine. Sy gesels met Martine Robinson, Celeste de Kock, Annette Faul en NT Moolman.
-
Illustreerder Martinus van Tee
Tydens 2026 se Woordfees was Christelle Webb-Joubert deel van twee gesprekke by die RSG en ATKV Vierkant. By een van die gesprekke het sy met die illustreerder Martinus van Tee gesels. Hy vertel warmee hy alles besig is.
-
La Motte se Somer Klassieke Musiekreeks
Hugo Theart gesels oor La Motte se Somer Klassieke Musiekreeks. Hugo is die artistieke program koördineerder.
-
Johannesburg Filharmonies se 2026-lenteseisoen
Terrance April gesels met Magdalena de Vries, ’n perkussiespeler, oor die Johannesburg Filharmoniese Orkes se lenteseisoen wat op 29 Oktober by die Linder Ouditorium begin.
-
Hairspray by die Centurionteater
Christelle Webb-Joubert het gaan inloer by een van die musiekspel, Hairspray, se repetisies by die Centurionteater.
-
Werkswinkel vir dirigente
`n Besonderse werkswinkel vir dirigente word aangebied by die Odeion Skool vir Musiek. Marius Coetzee, verantwoordelik vir innovasie en ontwikkeling, vertel meer.
-
Vivaldi in Dance
Figure of 8 is een van Suid-Afrika se voorste kontemporêre dansgeselskappe. Hulle voer binnekort 'n produksie op met die titel, VIVALDI IN DANCE. Terrance April gesels met die geselskapsbestuurder Marie Vogts.
-
Johannesburg Simfoniekoor sing Vivaldi se GLORIA
Die Simfoniekoor van Johannesburg voer op 25 Oktober 2026 Vivaldi se GLORIA op as een van die werke tydens 'n konsert in die Linder Ouditorium. Terrance April gesels met Debbie Kruger, organiseerder van die koor.
-
First Date: The Musical Comedy
First Date: The Musical Comedy is vir die eerste keer te sien in Suid-Afrika. Die aktrise Kirsten Pienaar vertel waaroor dit gaan.
-
RSG Kuns: Woordfees 2026
13 Oktober 2026: Christelle Webb-Joubert deel haar belewenis van die 2026 Stellenbosch Woordfees. Sy gesels met van die pendeldiensbestuurders, ‘n venuebestuurder en feesgangers. Sy stap ook deur die strate van Stellenbosch en ontdek van die openbare kuns.
-
Sasol Nuwe Handtekeninge 2026
Christelle Webb-Joubert was by die opening van die Sasol Nuwe Handtekeninge Kunskompetisie 2026 se uitstalling. Sy gesels met die wenner, Sphumelele Zondi, Cate Terblanche, Sasol se kurator en een van die beoordelaars, en met Hannelie du Plessis, kurator van die Pretoria Kunsmuseum.
-
Juandré van Eck: Die vallei van Adem
Juandré van Eck is die wenner van die Sasol Nuwe Handtekeninge Kunskompetisie 2025. Hy gesels oor sy solo-uitstalling, Die vallei van Adem, by die Pretoria Kunsmuseum.
-
Cintaine Schutte se eerste regie
Die aktrise Cintaine Schutte is vir die eerste keer ‘n regisseur. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die toneelstuk, ‘n Middel.
-
Akademia se eerste musiekspel
Die studente van Akademia bied hulle heel eerste musiekspel aan. Christelle Webb-Joubert gesels met Jacomien de Wet van Inhoud Huis Musiek oor Daai Klein Dorpiegevoel.
-
Wat Om Te Doen As Die Wêreld Brand
Wat Om Te Doen As Die Wêreld Brand is `n kabaret geskryf deur Bibi Slippers. Elzabé Zietsman is op die verhoog, en sy vertel waaroor dit gaan.
-
Daneel van der Walt in twee produksies by Woordfees
Daneel van der Walt gesels oor die produksies, ge-gebergtes en Grootmeisie, beide te sien by die 2026 Woordfees in Stellenbosch.
-
Pierre Breytenbach in Algemene Kennis
Pierre Breytenbach gesels oor die toneelstuk, Algemene Kennis, wat debuteer by Aardklop.
-
An Italian Songbook by Woordfees
Een van die klassieke musiekproduksies by die Woordfees is An Italian Songbook. Willem Vogel van Salon Musiek gesels oor die konsert.
-
Alan Committie in An Iliad
Alan Committie is te sien by die Woorfees in, An Iliad. Hy vertel waaroor dit gaan.
-
Deon Opperman se Skanse by Woordfees
Dramaturg en regisseur Deon Opperman vertel van sy nuwe toneelstuk, Skanse, wat by die Stellenbosch Woordfees debuteer.
-
TWIT SE AVONTURE by Aardklop
Die aktrise en skrywer Chrizaan Raath gesels oor TWIT SE AVONTURE. Dit is drie kinderproduksies wat spesiaal geskep is vir die Aardklop Kunstefees.
-
Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene
Christelle Webb-Joubert gesels met die aktrise Mienke Ehlers oor die toneelstuk, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene.
-
KRAPP SE LAASTE BAND by Woordfees
Samuel Beckett se KRAPP SE LAASTE BAND debuteer by die Stellenbosch Woordfees. Stefan Benade is die vertaler en regisseur. Terrance April het met hom gesels.
-
HOFMEYRS IN KONSERT: Van liefde en die nag
Die komponis prof. Hendrik Hofmeyr en musikant Laurinda Hofmeyr vertel vir Christelle Webb-Joubert van hulle Hofmeyr Konsert, waarin nog twee Hofmeyrs te sien is.
-
The Fifth Step
Die akteur Albert Pretorius gesels oor die toneelstuk, The Fifth Step.
-
Pad na Soekmekaar
Pad na Soekmekaar debuteer by Aardklop 2026. Die akteur André Odendaal vertel meer.
-
Oorsprong
Die pianis en komponis, Marcel Dednam, vertel van sy produksie, Oorsprong.
-
Carmen deur Joburg Ballet
Joburg Ballet open in September 2026 met 'n uitdagende werk, Carmen. Terrance April gesels met Dane Hurst, artistieke direkteur, en Nicole Ferreira-Dill, assistent repetisieregisseur van die geselskap.
-
Geagte Kampeerders
Thiart Li gesels oor die toneelstuk, Geagte Kampeerders.
-
Mamma Mia weer op die planke met Paul du Toit
'n Nuwe produksie van die musiekspel, MAMMA MIA, het op 3 September 2026 by Kunstekaap geopen. Terrance April het met die akteur Paul du Toit gesels.
-
Marietjie du Toit - Brushstrokes of Memory
Kunstenaar Marietjie du Toit gesels oor haar eerste solo-uitstalling, Brushstrokes of Memory.
-
Edward Albee se DIERETUIN op die planke
DIERETUIN is ‘n vertaling van die dramaturg Edward Albee se The Zoo Story. Christelle Webb-Joubert gesels met die akteurs Kaz McFadden en Hannes Brummer.
-
Lizz Meiring is 'n Real Housewife by Aardklop
Lizz Meiring is by Aardklop te sien in die produksie, Die Real Housewife. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van hierdie produksie.
-
Zonkie en die Laaste Boomhuis
Zonkie en die Laaste Boomhuis is ‘n eenvrouvertoning deur Cindy Swanepoel. Sy vertel meer oor die stuk vir groot en klein.
-
Cindy Swanepoel in Vlindervry
Cindy Swanepoel gesels oor die vertaalde toneelstuk, Vlindervry.
-
Umuzi Kunstefees 2026
Die Umuzi Kunstefees in Secunda vind van 18 – 27 September plaas. Die organiseerder en bestuurder, Alma Swart, vertel meer.
-
The Market Theatre Laboratory-dramakursus
Anmané Eckard van RSG het ‘n kursus by The Market Theatre Laboratory bygewoon. Sy vertel van dié deeltydse dramakursus.
-
www.opdieplanke.co.za
Daar is Webtickets, Tixsa en Quicket, om net ‘n paar te noem. Kan jy nooit onthou waar om jou kaartjies te koop nie? RSG Kuns-luisteraar Teann Pretorius het met ‘n oplossing gekom.
-
Hessequa Harmonie 2026
Die feeshoof van Hessequa Harmonie in Heidelberg, Niël Rademan, vertel wat alles vanjaar daar gebeur.
-
Kaapstad Filharmonies se lenteseisoen skop af
Die Kaapstad Filharmoniese Orkes se lenteseisoen begin op 27 Augustus in Kaapstad se stadsaal. Adriaan Fuchs, bestuurshoof van die orkes, vertel vir Terrance April wat alles verwag kan word.
-
Theo Paul Vorster - The Shape of Passage
Die kunstenaar Theo Paul Vorster vier 20 jaar as linosnee-kunstenaar. Hy vertel van sy tegniek en die uitstalling, The Shape of Passage.
-
US-studente voer Brecht-stuk op
Bertolt Brecht se toneelstuk, Baal, word deur die Universiteit Stellenbosch se dramastudente opgevoer. Die regisseur Schalk van der Merwe vertel meer.
-
Kleurkind by Du Monye Kunsgalery in Bloemfontein
Christelle Webb-Joubert gesels met Daniel Ellis van die Du Monye Kunsgalery in Bloemfontein. Hy vertel van die uitstalling, KLEURKIND, wat tans daar te sien is.
-
Nuwe galery op Napier
Die kunstenaar en kurator, Alex Hamilton, vertel van die nuwe galery, Overberg Contemporary Art, wat op Napier geopen het.
About this show
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Hosted by
RSG
Categories