Skip to content
RSG Kunstefees podcast artwork

PODCAST · tv

RSG Kunstefees

by RSG

RSG se kunstefees op lug - Ons bring die kunste na jou toe!

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Apr 15, 2026 · Source feed

Episodes

  1. DEURnis 5 – Winkelpop deur Braam van der Vyver

    Volgens Doon was dit liefde met die eerste oogopslag. Hy kon net nie ophou kyk na die beeldskone Nina nie. Elke week in 'n ander ontwerpersuitrusting. Soms net in haar onderklere. Doon besef die tyd is nou ryp om vir Nina sy huis te gaan wys, maar om dit te kan doen, moet Hendri saam. As hy nie...

  2. Voetsoldaat van die vers

    Clinton V. du Plessis, 'n syfersmid van Cradock, is een van ons mees onderskatte digters. 'n Digter wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike en deernisvolle wyse verwoord. Die bundel, Verslag, word deur die dikwels miskende digter as sy swanesang beskryf nadat hy vier dekades gelede...

  3. Stukkies in die legkaart van die lewe

    Die veelsydige en veelbekroonde Dolf van Niekerk het vanjaar 90 jaar oud geword. Die stukke van die legkaart van sy lewe sluit onder meer sy loopbaan as omroeper en radiodramaturg in; sy loopbaan in die Departement van Landbou; sy doktorsgraad in die filosofie, en as voorloper en vernuwer in die...

  4. DEURnis 3 – Toets deur Johann Smith

    Jana bied ekstra klasse vir 'n leerder aan. Die onderwys is 'n roeping en onderwysers maak groot opofferings. Hulle motiveer en inspireer. Maar soms is dit wat 'n onderwyseres kan bied, nie goed genoeg nie. En dan tuimel die hele kaartehuis ineen.

  5. DEURnis 4 – Net deur Henque Heymans

    'n Sweefstokarties maak gereed vir sy heel laaste optrede. Karl was die land se heel voorste en gewildste kunstenaar in hierdie ysere dissipline. Tot tien jaar gelede... Vandag probeer hy weer dieselfde toertjie, sowat twintig meter bokant die grond en sonder 'n net. Hy word egter kort voor sy...

  6. EN TOE KOM EVA deur Joe Kleinhans

    Daar is haas geen mens op Aarde wat nie die verhaal van Adam en Eva iewers in hulle lewens al gehoor of gelees het nie. Die basiese verhaal soos dit in die Bybel opgeteken is, is dat God Adam eerste geskape het, en Eva daarna uit 'n rib van Adam gevorm het terwyl Adam in 'n diepe slaap verkeer…

    more
  7. DIE SUSTER M’T DIE SNOR deur Ferdinand Deist

    Ou suster Anna was 'n onkantige ent mens gewees en dan't sy pebliek 'n snôr onner haar neus gehad – 'n pikswarte. Die ou Skot Mister Miknemara is bedlêend en sorg eendag dat ou suster Anna sowaar 'n glimlag onner daai snôr kry.

  8. DEURnis 2 – Student deur Braam van der Vyver

    Sonja werk al vir agt jaar lank in Potchefstroom se gastehuise. Haar ouers dink sy swot met prestasiebeurse, en stuur steeds elke maand sakgeld. Volgens haar studeer sy menslike bewegingskunde. Daar is baie dinge wat sy vir haarself hou. Tot sy saam met iemand in 'n gastehuis begin drink... Toe...

  9. HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist

    Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy “menslikheid” uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?

  10. Majesteit die kat – Lina Spies

    Johan Rademan gesels met die digter Lina Spies oor haar liefde vir katte. Die akteur en voorleser Nic de Jager sit saam om met voorlesings om die tafel haar werke in te kleur. Lina Spies is op 6 Maart 1939 - die jaar waarin die Tweede Wêreldoorlog begin het, gebore. Haar liefde vir katte is...

  11. DEURnis 1 – Bloos deur Johann Smith

    Barend ontmoet iemand deur die gewilde toep Tinder en nooi haar na sy hotelkamer vir 'n diskrete afspraak. Dit is nie iets wat jy van Barend sou verwag nie. Inteendeel, van Barend word net die beste verwag. Sy hele lewe lank het hy die samelewing se verwagtings van hom oortref. Maar gaan die aand...

  12. Spoegrym

    'n Span kreatiewes draf met 'n skêr en gom deur die digkuns. Soos die versreëls uitmekaar waai, word daar opnuut met die woord gewals en nuut geskep. En soos van die groot Beat-digters en selfs Kurt Cobain van Nirvana-faam ontdek het, kan 'n mens met hierdie klas versnippering 'n ieder en 'n elk...

  13. Wipplank: Tobie Cronjé 70

    Tobias Jurgens Cronje vier in November vanjaar sy 70ste verjaardag. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf, word hy steeds onthou vir rolle soos die van...

  14. KRANSPOORT SE KRAGPROBLEEM deur Dalene Matthee

    Kitty Maritz gaan konfronteer burgemeester Stefaans Steyn oor die dorp se elektrisiteitsprobleem en verskeie eenhede krag wat maandeliks spoorloos verdwyn. Stefaans hou egter nie met Kitty se slim planne tred nie. En voordat hy sy oë uitvee, verras Kitty hom met iets wat heeltemal die wind uit sy...

  15. ‘N MENS WEET NOOIT deur Dalene Matthee

    Ouma Marais is aan haar bed en rolstoel gekluister. Naby Stilbaai-Wes, hoog tussen die digbegroeide duine, sit Ouma Marais se huis met die wye vensters sodat sy vêr kan uitkyk oor die kalkpaadjies, taaibos, roesbruin rotse en die see. Dan merk sy 'n vreemde man op die strand, en por haar...

  16. VÊR VAN DIE VERGETELHEID – WILMA STOCKENSTRÖM deur Ina Strydom

    'n Huldigingsprogram oor die digter en aktrise Wilma Stockenström wat op 7 Augustus vanjaar 85 jaar oud geword het. Sy word allerweë bestempel as een van die grootste stemme ná die Sestigers, en is een van 'n handjievol skrywers wat die Hertzogprys in twee genres ontvang het. Die program fokus op...

  17. DIE WOORDEMAKER deur Ina Strydom

    W.A. de Klerk sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Die hoorbeeld is 'n viering van die veelkantige vakman se werk. Dis 'n herontdekking van 'n woordsmid by uitstek. De Klerk was radioman, advokaat en skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds...

  18. ONS DORP deur Thornton Wilder

    Die Amerikaanse dramaturg Thornton Wilder se Our Town is vanjaar 80 jaar oud en is in 1938 met die Pulitzer-prys vir Drama bekroon. Die immergroen verhaal handel oor die mense van Grover's Corners in New Hampshire. Die luisteraars volg die Gibbs- en Webb-gesinne oor 'n tydperk van twaalf jaar…

    more
  19. HUILBOEK deur Ryk Hattingh

    “Die wenboek van vanjaar se kykNET-Rapportprys vir fiksie is 'n verhaal wat oor baie dinge gaan. Een daarvan is taal en verlange, hoe die taal Afrikaans self 'n uitdrukking word van 'n verlange wat in sy wese onvervulbaar is, en die boek 'n liefdesbrief van ver af, sonder adres. Die onheelbare…

    more
  20. DIE ONSIGBARES: HARTSTOG deur Krisjan Fourie

    'n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het 'n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in 'n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy…

    more
  21. HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist

    Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy “menslikheid” uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?

  22. FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard

    Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar en te eis dat die Owerhede sy vrou vrylaat.

  23. DIE ONSIGBARES: MOEDER deur Krisjan Fourie

    'n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het 'n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in 'n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy…

    more
  24. BRAAM VIER: DIT WAS 'N VOORGEVOEL deur Abraham H. de Vries

    Twee broers het weens 'n familietwis vir 23 jaar lank nie kontak met mekaar gehad nie. Die oudste broer het ernstig siek geword en op sy sterfbed vra die gesinsdokter hom of hy die jonger broer moet ontbied om te kom afskeid neem, maar die koerante het 'n berig geplaas waarin gemeld is dat die...

  25. DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND deur Luigi Pirandello

    'n Vredeliewende sakeman verpas die laataandtrein. Hy gaan sit en wag in 'n deurnagkafee vir die volgende oggend se trein. Hier ontmoet hy 'n ouer man wat hom beïndruk met sy fyn waarnemingsvermoë en liefde vir die lewe. Die sakeman is verras met wat die man alles raaksien, totdat die man iets…

    more
  26. DIE SUSTER M’T DIE SNOR deur Ferdinand Deist

    Ou suster Anna was 'n onkantige ent mens gewees en dan't sy pebliek 'n snôr onner haar neus gehad – 'n pikswarte. Die ou Skot Mister Miknemara is bedlêend en sorg eendag dat ou suster Anna sowaar 'n glimlag onner daai snôr kry.

  27. DIE ONSIGBARES: GORDYN deur Krisjan Fourie

    'n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het 'n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in 'n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy…

    more
  28. BRAAM VIER: DIE ROOI VAAS deur Abraham H. de Vries

    'n Jong meisie se tante lê op sterwe. Tydens een van haar talle besoeke aan die sterwende vrou, word sy gevra om 'n rooi vaas uit 'n kas te haal. Dit is die mooiste vaas wat sy nog in haar lewe gesien het en sy ontwikkel 'n obsessie om die vaas ná haar tante se afsterwe te besit. Maar hoe moet sy...

  29. SPERTYD deur Elsa Joubert (Deel 1)

    Selde is daar al so eerlik, met 'n totale afwesigheid van sentimentaliteit, geskryf oor die oudwordproses. Alles geteken in ryke detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Spertyd, voltooi in Elsa Joubert se 95ste lewensjaar, is 'n merkwaardige...

  30. BRAAM VIER: ‘N POLIESMAN WEET NOOIT deur Abraham H. de Vries

    'n Boer ontbied die polisie een Saterdagaand na sy plaas om van sy plaaswerkers te kom arresteer. Naas 'n klag van rusverstoring, lê hy ook klagte van brandstigting en moord. Die jong ondersoekbeampte wat aangewys word om na bewyse in die voormalige bywonershuisie te gaan soek, spandeer 'n hele…

    more
  31. DIE DOOD VANNIE FOUNMANNETJIE deur Ferdinand Deist

    Ou Lettie Ingelbrê kon nou vir jou geskinner 't! Dis nou een swak wat die ou siel gehad 't wat sy net nie ontslae van kan geraak 't nie. Totdat die gemeenskap 'n plan beraam om haar in die bek te ruk…

  32. VERTOONKAS, saamgestel deur Kirby van der Merwe

    Kyk saam met Kirby van der Merwe en digters soos Martjie Bosman, Sipho Sepamla, C. Louis Leipoldt, Andries Bezuidenhout, Motshile Nthodi, Jolyn Phillips, Dan Roodt, D.J. Opperman, Johan Myburg en N.P. Van Wyk Louw deur die glaspanele, deur die ruite na binne en vanuit die verseëlde vertoonkas na...

  33. SPERTYD deur Elsa Joubert (Deel 2)

    Selde is daar al so eerlik, met 'n totale afwesigheid van sentimentaliteit, geskryf oor die oudwordproses. Alles geteken in ryke detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Spertyd, voltooi in Elsa Joubert se 95ste lewensjaar, is 'n merkwaardige...

  34. Tweeluik: Marlene van Niekerk-bekendstelling

    Die internasionaal bekroonde digter en romansier Marlene van Niekerk in gesprek met die aktrise Susanne Beyers oor haar dubbeldoor-digbundels wat vroeg in 2018 deur Human & Rousseau gepubliseer word. Van Niekerk lees vir die eerste keer en eksklusief uit haar bundels In die stille agterkamer:...

  35. DIE BONT BY RAAK WEG deur Baron von Münchhausen

    'n Boer ontdek dat een van sy bye weggeraak het. Sy seun word dadelik aangesê om die by te gaan soek. Maar dit is nie sommer só 'n soektog nie! Spekskiet is altyd prettig. In hierdie sprokie word vertel van bye wat gebrandmerk word en implemente kan trek, tot hane wat eiers lê en skotskarre trek!

  36. BRAAM VIER: JY MOET JOU BY KRY deur Abraham H. de Vries

    Geïnspireer deur die Baron von Münchhausen-sprokie, Die bont by raak weg (Uit: Die mooiste Afrikaanse sprokies, vertaal deur Pieter W. Grobbelaar) handel die verhaal oor 'n boer wat na 'n verlore by gaan soek. Die gegewe is op die eerste vlak ietwat absurd en klugtig, want hoe sal 'n mens in die...

  37. DIE OORBESIGE PREKKEREER deur Ferdinand Deist

    “Vir al wat ek weet, is daar darem 'n paar prekkeers innie hemel ook.” Die klein donkerkop Viljee'tjie was 'n “oorlams mannetjie” en die dorp se prokureur, maar in die hierdie verhaal vang Slim toe heel onverhoeds sy baas!

  38. DIE ONSIGBARES: WOLKBREUK deur Krisjan Fourie

    'n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het 'n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in 'n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy…

    more
  39. DIE ONSIGBARES: VLUG 295

    'n Klankstorie geskryf deur Krisjan Fourie, met Nic de Jager as die voordragkunstenaar en musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam).

  40. AG, DIE AARDE deur Geo Höhn

    Die komponis en operasanger Geo Höhn se klankbane word as “epies” bestempel. In hierdie RSG-opdragwerk verken hy “grond” en wat dit vir mense beteken.

  41. Marius Titus-versprogram - 4

    Dean Balie en Zenobia Kloppers lees verse van Marius Titus.

  42. WOORDE LOK WOORDE

    'n Spesiale versprogram waarin gedigte oor landskappe, taal en verganklikheid gehoor kan word. Die verse kom uit Johan Myburg se nuwe, nog ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat volgende jaar by Protea verskyn. Myburg het in 1984 met Vlugskrif gedebuteer en dit met Kontrafak opgevolg. Kontrafak...

  43. vryLAG

    Met Emo Adams, Schalk Bezuidenhout & Lindie Stander. Hierdie gedugte driemanskap, onder leiding van die bekkige Johan Rademan, sit die lag in Vrydag. Dit is komedie sonder grense en 'n nuwe konsep om 'n stortvloed van lagbuie te verseker. Sal die mikrofone en die luisteraars se ore hierdie…

    more
  44. DIE DINGUSSE deur Kobus Ras - Episode 5

    Die Dingusse kuier vir die naweek op oom Herman se plot, en hier het hulle 'n noue ontkoming...

  45. Zyma Amien

    Johan van Lill gesels met die kunstenaar Zyma Amien oor haar lewe en werk.

  46. Luxurama

    Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap.

  47. LIEF-LIEF DEUR AFRIKAANS

    Met Johann Nel & Joanie Combrink. Saamgestel deur Juanita Swanepoel. In Lief-lief deur Afrikaans neem Nel en Combrink die luisteraar op 'n soomlose liefdesreis: van die heel oudste – en stoutste! – liefdesverse in Afrikaans deur die hele spektrum van die liefde tot reg in die sitkamer van die...

  48. Nee wat, die koek is droog deur Theunis Engelbrecht

    'n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 'n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.

  49. Marius Titus-versprogram - 3

    Dean Balie en Zenobia Kloppers lees verse van Marius Titus.

  50. POUS JOHANNA II deur Esther Vilar

    Met Jana Cilliers & Sulette Thompson. Dit is die jaar 2033 en 'n Amerikaner – die dogter van 'n prostituut wat in 'n krotbuurt in Los Angeles gewoon het – word as pous verkies. Egskeiding, geboortebeperking en homoseksualiteit is toelaatbaar en Katolieke priesters mag trou. Daar is geen dogma,...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

RSG se kunstefees op lug - Ons bring die kunste na jou toe!

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does RSG Kunstefees have?

RSG Kunstefees currently has 204 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is RSG Kunstefees about?

RSG se kunstefees op lug - Ons bring die kunste na jou toe!

How often does RSG Kunstefees release new episodes?

RSG Kunstefees publishes regularly with 204 episodes available. Check the episode list for the typical release schedule.

Where can I listen to RSG Kunstefees?

You can listen to RSG Kunstefees on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts RSG Kunstefees?

RSG Kunstefees is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!