Episodes
-
RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit
17 Oktober 2026: Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.
-
RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek
16 Oktober 2026: Die jaarlikse Intelekt Solutions-dag is vanjaar deur 201 produsente bygewoon tydens die 92ste Swartland-skou op Moorreesburg. Een van die sprekers by dié dag was dr. Karen Truter, ‘n landboukundige in plantvoeding by by InteliGro, wat ook vroeër vanjaar haar PhD in Agronomie...
-
RSG Landbou: Navorsingsprioriteite in die wynbedryf; Immuniteit en inentings
15 Oktober 2026: Het jy al gewonder hoe navorsingsprioriteite in die wynbedryf bepaal word, en hoe navorsing in Suid-Afrika met die res van die wêreld se wynproduserende lande vergelyk? Dr. Adriaan Oelofse van South Africa Wine beantwoord hierdie vrae. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk was…
more -
RSG Landbou: Sojabone en bloubessies
14 Oktober 2026: Inokulering by sojabone is krities vir stikstofbinding volgens Corné Lourens van Nutrico. Hy verduidelik ook hoe 'n voorspelde droë seisoen die oorlewing van rhizobium-bakterieë beïnvloed. Het jy geweet daar is omtrent 3 000 hektaar bloubessies wat in Suid-Afrika geproduseer…
more -
RSG Landbou: Vastetermynkontrakte vir tydelike werkers; Wes-Kaapse Byevereniging
13 Oktober 2026: Dis daardie tyd van die jaar wanneer vrugteprodusente oes, en groot hoeveelhede tydelike arbeid gebruik. ‘n Vastetermynkontrak tussen die werkgewer en werknemer is hier van toepassing, maar het jy geweet dié kontrak is net vir drie maande geldig? Arbeidspesialis, André Bloem,...
-
RSG Landbou: Elektroniese identifikasie en data-insameling; Naspeurbaarheid
12 Oktober 2026: Hoe dra elektroniese identifikasie en data-insameling tot die kleinveeprodusent se insig oor veeprestasie by? Roelfie van der Merwe, ‘n Angora-produsent van Aberdeen, en Okkie Nel, ‘n boerbokprodusent van Karoo Livestock Exports, verduidelik hoe hierdie inligting met beter...
-
RSG Landbou: Jongboer van die Jaar - Richard Hutton-Squire
10 Oktober 2026: Richard Hutton-Squire is aangewys as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar vir 2026. Hy boer in die Elgin-Grabouw-omgewing met appels en pere. Volgens hom is dit van groot waarde om soveel moontlik van Suid-Afrika se amptelike tale magtig te wees.
-
RSG Landbou: Minister Willie Aucamp vertel van sy eie landboupraktyke
9 Oktober 2026: Marisah Nieuwoudt, ‘n wyntoerismebestuurder by South Africa Wine, sê nuwe ontwikkelings en buitelandse beleggers tans op die voorgrond. Odette Weir van die Wes-Kaap se Museumdiens verduidelik hoe buite-tentoonstellings soos by die afgelope Nampo Kaap, van groot waarde vir tieners...
-
RSG Landbou: Die Truter-familie van Riebeek-Kasteel
8 Oktober 2026: ‘n Boerdery, twee voerkrale, ‘n abattoir, ‘n slaghuis en ‘n deli. Die Truter-familie van Riebeek-Kasteel en hulle uitgebreide besigheid het waarskynlik geen bekendstelling nodig nie. Ons gesels met Pieter en Hendri Truter. Maize Valley Brangus hou op 16 Oktober by Hoopstad…
more -
RSG Landbou: Royalskou; Patogene in voedsel
7 Oktober 2026: Dis tyd vir die gewilde Royalskou, wat vir die eerste keer by die nuwe skougronde by Tweedie Hall naby Howick plaasvind. Wayne Muller vertel meer oor die skou wat van 7 tot 11 Oktober plaasvind. Het jy geweet daar is twee soorte listeriose wat deur patogene in voedsel veroorsaak...
-
RSG Landbou: Wat verg dit ’n bottel wyn op die rak te kry?
6 Oktober 2026: Om ‘n bottel Suid-Afrikaanse wyn op 'n rak te kry – of daardie rak in Kaapstad, Londen of Sjanghai is – behels veel meer as net die maak van goeie wyn. Agter die skerms word heelwat gewoel en gewerskaf. Jordyn Goeieman van South Africa Wine vertel ons meer. Die Limpopo Boran-klub...
-
RSG Landbou: Groei vir Goud-opbrengskompetisie
5 Oktober 2026: Graan SA se Groei vir Goud-nasionale opbrengskompetisie het vanjaar ‘n hele paar nuwe rekords behaal. Garsprodusente kon ook vanjaar vir die eerste keer meeding. Hoe berei ‘n landbou-opleidingsinstansie studente voor vir die arbeidsmark en die praktyk van moderne boerdery? Shaun...
-
RSG Landbou: Tulbagh
3 Oktober 2026: Shurien van Niekerk is ‘n museumbeampte by die Oude Kerk Volksmuseum in Tulbagh in die Wes-Kaap. Sedert die destydse aarbewing word alle aktiewe foutlyne in Suid-Afrika daar gemonitor. Vroeër bekend as Roodezand, is dit in 1804 vernoem na Ryk Tulbagh, wat goewerneur van die Kaap…
more -
RSG Landbou: Rekord-uitvoere van rooibos
2 Oktober 2026: Rooibos spog op die oomblik met rekord-uitvoere. ‘n Baanbreker toegang- en voordele-ooreenkoms is ook onlangs gesluit wat tot groot voordeel vir talle Suid-Afrikaners sal wees. Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se...
-
RSG Landbou: Veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof
1 Oktober 2026: Kuddeveearts dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk werk saam met veeartse, boere en produsente-organisasies om die veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof in kommersiële melk- en vleisbeeskuddes te evalueer. Voerkrale en selfs kommunale kuddes is by die gestruktureerde...
-
RSG Landbou: Nuwe appelkultivar; Kondisie en reproduksie
30 September 2026: ‘n Gesogte internasionale appelkultivar het sy buiging op winkelrakke gemaak. Waarom nóg ‘n appelsoort? Calla du Toit van Tru Cape Vrugtebemarking verduidelik. Ons gesels met Johan Mouton van Molatek oor hoe ‘n dier se kondisie haar reproduksie beïnvloed. Hy verduidelik ook hoe...
-
RSG Landbou: Wat is verskil tussen eienaarskap van vuurwapen en besit en gebruik daarvan?
29 September 2026: Wat is die praktiese verskil tussen eienaarskap van ‘n vuurwapen en die wettige besit en gebruik daarvan? ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof gee nou groter regsekerheid oor die hantering van vuurwapens waarvan lisensies verval het, asook vuurwapens wat deel van…
more -
RSG Landbou: Nasionale Karkaskompetisie; Knoffelkwekers onder druk
28 September 2026: Die toekenningsfunksie van die 29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie het vanjaar weer die gehalte van die karkasse wat Suid-Afrikaanse veeprodusente lewer, in die kollig geplaas. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels. Tom Westphal van Samic vertel van hulle...
-
RSG Landbou: Die gevare van snelveranderende weersomstandighede
26 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en die nasionale minister van landbou, Willie Aucamp, oor die snelveranderende weersomstandighede en die gevare wat dit inhou.
-
RSG Landbou: ‘Beplan vir El Niño’
25 September 2026: Reinard Geldenhuys, die bestuurder van nooddienste in die Overberg-distriksmunisipaliteit, sê mense moet beplan vir El Niño. Dr. Jack Bloom is onlangs aangestel as adjunkminister van water en sanitasie. Tydens sy besoek aan Nampo Kaap het hy gepraat oor die sanitasie-ekonomie....
-
RSG Landbou: Droëland-kanolakultivars nou beskikbaar
24 September 2026: Dit is ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland-kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels. Ntaba Nyoni se…
more -
RSG Landbou: BKB lewer sterk finansiële resultate; Bertus Joubert - TLU SA Jongboer van die Jaar
23 September 2026: Die BKB Groep se jongste finansiële resultate is op 9 September bekendgemaak. Volgens Jannie van Niekerk is die kontantvloei wat hulle kon genereer beslis die hoogtepunt. Hy vertel hoe dié groep sy sterkste finansiële prestasie nóg bereik het. ‘n Boer van Hartbeesfontein in...
-
RSG Landbou: Inkbessievergiftiging; Wyntoerisme
22 September 2026: Veeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging aan die toeneem is. Het jy geweet daar is twee soorte inkbessies wat in Suid-Afrika voorkom, en dat net een giftig is? Die beste voorkoming is om dié probleemplant uit te roei. Prof. Charlie Reinhardt gee raad. Wyntoerisme...
-
RSG Landbou: Die stand van die varkvleisbedyf in SA
21 September 2026: Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hulle kuddes gehad het? Dr. Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer...
-
RSG Landbou: Twee landbouministers
19 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en nasionale minister van landbou, Willie Aucamp. Hulle praat oor tariefonderhandelings en die stand van sake met bek-en-klouseer.
-
RSG Landbou: Nampo Kaap 2026
18 September 2026: RSG Landbou saal af by Nampo Kaap op Bredasdorp, en gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, die hoof van die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Mogale Sebopetsa, die hoof van GraanSA, dr. Tobias Doyer, die hoof van AgriSA, Johann Kotzé, en die burgemeester van die...
-
RSG Landbou: Brahman-bul vir R220 000 opgeveil
17 September 2026: Bykans 400 mense het die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling duskant Potchefstroom bygewoon. Een van Carla de Kock van Serfbred Brahmane se bulle het die hoogste prys van R220 000 behaal. Sy vertel wat dié bul so uniek maak. Produsente in die Wes-Kaap het die...
-
RSG Landbou: Pampoen wat 653 kg weeg; Rooivleisbedryf in N-Kaap
16 September 2026: Het jy al gehoor van ‘n pampoen wat 653 kg weeg? Wykus Lamprecht het dié reusepampoen op sy erf in Meyerton gekweek. Hy is die wenner van vanjaar se Goliat van Gat-pampoenkompetisie, en ons hoor wat dit behels om so ‘n produk te lewer. Hoe gaan dit met die rooivleisbedryf in…
more -
RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer?
15 September 2026: Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug, en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Niño-verskynsel te hanteer. Die Overberg Agri Herkouerdag het in...
-
RSG Landbou: Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar
14 September 2026: ‘n Rosyntjie- en pekanneutprodusent van die Groblershoop-omgewing is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Rean Clasen sien ‘n blink toekoms vir landbou in Suid-Afrika. Ons hoor wat die Nu-Alcade Bonsmara-groep vir hulle veiling van 24 September by die Warmbad...
-
RSG Landbou: Die verband tussen landbou en Game of Thrones
12 September 2026: Wetenskaplikes is besig met navorsing wat verband hou met uitgestorwe diere, wat groot voordele vir die wildbedryf kan inhou. Wat die oudste landdiere betref, is daar ‘n fassinerende verband tussen wetenskap en Game of Thrones!
-
RSG Landbou: Watter land voer die meeste rooibos in?
11 September 2026: Tien miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink. Hierdie eg Suid-Afrikaanse produk word na 50 lande uitgevoer. Adele du Toit van die SA Rooibosraad vertel watter land meeste rooibos invoer. Kachne Ross van South Africa Wine praat oor die waarde van menseontwikkeling in...
-
RSG Landbou: Verbruikersvoorkeure onder loep by Wagyu-wêreldkonferensie
10 September 2026: Suid-Afrika is besig om sy vere reg te skud vir die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Kaap. Vleis sal beslis in die kollig wees, en daar sal onder meer gekyk word na die Wagyu-karkas en verbruikers se voorkeure. B2 Bonsmaras en El Tauro Bonsmara-stoet bied op…
more -
RSG Landbou: Vaardigheidsontwikkeling in die wynbedryf
9 September 2026: Boerdery is nie ‘n gewone besigheid nie. Dis ‘n gespesialiseerde bedryf, en soos ‘n boerdery groei en verander, behoort jou versekering ook daarby aan te pas. Old Mutual Insure is vanjaar by Nampo Kaap, en Lieza Barnard nooi jou uit om by hulle stalletjie aan te klop om met…
more -
RSG Landbou: Vleisbees-presteerderstoekennings; Presisieboerdery; KI
8 September 2026: Die Landbounavorsingsraad se Vleisbees-presteerderstoekennings bestaan al langer vier dekades. Dit fokus veral op die genetiese verbetering van kuddes. Daar is agt kategorieë in vanjaar se aflewering. Presisieboerdery en die risiko’s verbonde aan kunsmatige intelligensie het by...
-
RSG Landbou: SA Stamboek Trailblazer; Agri Spoor
7 September 2026: SA Stamboek bied vanjaar weer hulle Trailblazer-geleentheid aan op 28 en 29 Oktober in Bloemfontein. Dié toekennings het ten doel om rekordhouding en innovasie in die wêreld van diereverbetering te erken. Het jy al van Agri Spoor gehoor? Enige lid van die publiek kan probleme…
more -
RSG Landbou: Jongboer Christi van den Heever
5 September 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Volgens hom is daar heelwat ooreenkomste tussen Springbok-toetsrugby en landbou in...
-
RSG Landbou: Nampo Kaap; Koning Charles smul aan SA-wyn
4 September 2026: Toit Wessels, een van die organiseerders van Nampo Kaap, vertel waarna ons volgende week kan uitsien in Bredasdorp. Karin Kleinbooi, Uitvoerende Bestuurder Inklusiwiteit en Ontwikkeling by South Africa Wine, vertel van die Suid-Afrikaanse wyn wat deur Koning Charles gekies is om...
-
RSG Landbou: Wagyu-wêreldkonferensie
3 September 2026: ‘n Medeprofessor in vleiskunde aan die Universiteit van Idaho in Amerika, dr. Phil Bass, is een van die sprekers by die Wagyu-wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind. Hy is bekend vir sy kennis van karkasse, waardetoegevoegde snitte en spierprofilering. Ons…
more -
RSG Landbou: Suiwelbedryf berei voor vir regulatoriese oorgang
2 September 2026: Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf berei tans voor vir ‘n regulatoriese oorgang. Aspekte soos produkklassifikasie en etikettering word hervorm. ‘n Voorbeeld hiervan is die vetklassifikasie van vla wat aangedui moet word. Anneke van Niekerk van Melk SA verduidelik wat die…
more -
RSG Landbou: Arbeidswetgewingnakoming in die Kaapse Wynland-distrik
1 September 2026: Die Departement van Indiensneming en Arbeid in die Kaapse Wynland-distrik, het in Augustus 2026 ’n werkswinkel met boere, werkgewers en arbeidsmakelaars in die Langeberg munisipale gebied aangebied. Plase in en rondom Robertson en die Langeberg is ook besoek om arbeidswetgewing…
more -
RSG Landbou: Die wêreldwolbedryf
31 Augustus 2026: Het jy geweet 1952 was ‘n hoogtepunt vir die wêreldwolbedryf as gevolg van die Koreaanse Oorlog? Ons het by die Nasionale Wolkwekersvereniging se jaarkongres met Izak Staats van BKB hieroor gepraat. Die vleisbeesbedryf funksioneer in ‘n dinamiese omgewing. Markdruk,...
-
RSG Landbou: Toename in die gebruik van hout
29 Augustus 2026: ‘n Toename in die gebruik van houtprodukte in konstruksie, bied opwindende geleenthede vir produsente en navorsers. Professor Brand Wessels van die Universiteit Stellenbosch, en . Keenan Nefdt, ‘n doktorale student by die US se Departement Houtkunde, sluit by ons aan.
-
RSG Landbou: George-landbouskou; Nampo Kaap
28 Augustus 2026: Landbouskoue en die vervoer van diere in ‘n tyd van bek-en-klouseer is sake wat die president van die George-landbouskou, Corne Botha, graag bespreek. Hy vertel van die lesse wat hulle in dié verband geleer het by die afgelope skou in die Suid-Kaap. Henk Aggenbach, die…
more -
RSG Landbou: Praktiese landbou-ervaring is net so belangrik as teoretiese kennis
2t Augustus 2026: Praktiese landbou-ervaring is net so belangrik as teoretiese kennis. Volgens Shaun Welmans van Agri Skills Transfer gaan dit oor relevansie en selfvertroue in die veld. Die Noord-Kaap Veldramprojek is in 1985 daargestel om funksioneel-doeltreffende ramme aan produsente…
more -
RSG Landbou: 'Kén ‘n ongedierte om hom te kan bestuur'
26 Augustus 2026: Kén ‘n ongedierte om hom te kan bestuur. Só sê Johannes Pienaar van die Predasiebestuursforum. Ongediertebestuur bly ‘n probleem op plase, en daarom bied dié forum kursusse aan om grondeienaars te help om eers die dier te identifiseer, voor verdere stappe gedoen word....
-
RSG Landbou: Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar
25 Augustus 2026: Wolveilings het hervat ná die winterreses, en Heinrich Victor is aan die woord met die jongste wolmarkverslag. Die 33-jarige Anton Pelser is aangewys as Agri Mpumalanga se Jongboer vir 2026. Hy is ‘n veeprodusent van die Hendrina-omgewing. Ons praat met hom oor sy passie vir...
-
RSG Landbou: Groente- en vrugteprodusent Piet Karsten; Grootste risiko vir kuilvoerprodusente
24 Augustus 2026: Die Noord-Kaapse groente- en vrugteprodusent, Piet Karsten, was een van die sprekers by die onlangse SA Tafeldruiwekonferensie. Hy boer sedert die vroeë jare tagtig met tafeldruiwe. Ons luister na sy storie. Wat is die grootste risiko vir veeprodusente wat kuilvoer produseer, en...
-
RSG Landbou: Van groentetuine kan jy haar niks vertel nie
22 Augustus 2026: Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas, Sterrekopje buite Franschhoek.
-
RSG Landbou: Bek-en-klouseer; Shiraz en Syrah
21 Augustus 2026: Dr. Ansulize Pepler, ’n staatsveearts, praat oor bek-en-klouseer in die Wes-Kaap en die maatreëls wat getref is om die veekundige ekonomie te beskerm. Sy verduidelik dit ook aan die hand van landbouskoue. Tertius Boshoff, die hoofwynmaker by Stellenrust, verduidelik die verskil...
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...