Skip to content
Spektrum podcast artwork

PODCAST · news

Spektrum

by RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 2, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat

    President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot…

    more
  2. Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind

    15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.

  3. Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind

    14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot...

  4. Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer

    11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.

  5. Spektrum: Jacob Zuma maak weer groot veranderings in MK-party

    10 September 2026: Die DA dien hofdokumente in om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die OVK. MK-president Jacob Zuma maak vir die tweede keer in ses week groot verskuiwings aan die partyleierskap. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.

  6. Spektrum: Belgiese Herdershond by polisiekademie beseer, uitgesit

    9 September: Ekurhuleni se vroeë kinder-ontwikkelingsprogram van R57 miljoen in die kollig weens ernstige uitdagings. 'n Ondersoek nadat 'n afgetrede polisiehond erg beseer is by ’n polisieakademie, en uitgesit moes word. Die aansoekdatums vir spesiale stemme is bekend.

  7. Spektrum: ANC sleep OVK hof toe

    8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.

  8. Spektrum: Waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors

    7 September 2026: Die geregtelike ondersoek na die dood van Anele Tembe word in die Kaapstad-landdroshof voortgesit. Die waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors, hangende 'n ondersoek. Sommige skole verbied matrieks wat hulle wangedra, om hulle matriekafskeid by te...

  9. Spektrum: AGOA tot 2028 verleng

    4 September 2026: Die AGOA-ooreenkoms word tot 2028 verleng. Aansoeke vir skoolplasings in Gauteng vir graad een en agt leerlinge in 2027, sluit vandag. Die Vryheidsfront Plus wys Franco De Lange as sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg aan.

  10. Spektrum: Tongaat Hulett sukkel om produsente betyds te betaal

    3 September 2026: Die minister van basiese onderwys skort die implementering van 'n nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase tydelik op. Tongaat Hulett sukkel om suikerrietprodusente betyds te betaal. Die jaarlange nasionale ingryping in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes is onder die...

  11. Spektrum: El Niño kan lei tot bo-normale temperature in die lente

    2 September 2026: Operasie Prosper gaan voortaan bendeleiers teiken. Die Weerdiens waarsku dat 'n sterk El Niño-verskynsel bo-normale temperature hierdie lente kan veroorsaak. Die Verkiesingskommissie ontken dat hy die ANC toegelaat het om kandidatelyste ná die registrasiesperdatum in te dien.

  12. Spektrum: Waarskuwing oor Rotavirus

    1 September 2026: Wie is Leonard Lekgetho, die nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid? 'n Waarskuwing oor die voorkoms van die Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar. Dis Lentedag, maar koue en reën is op pad na groot dele van die land.

  13. Spektrum: Kommer oor koringoes in die Swartland

    31 Augustus 2026: Twee oudpresidente se Konstitusionele Hof-aansoek van die hand gewys. Kommer oor die droogte se impak op die koringoes in die Swartland. Rassie maak die Bok-span vir Saterdag bekend.

  14. Spektrum: Gift of the Givers gereed om hulp in Nepal te verskaf

    28 Augustus 2026: Gift of the Givers is gereed om in Nepal hulp te verskaf. 'n Ma van een van die vermiste Suid-Afrikaners het steeds hoop. Politieke partye het tot vyfuur vanmiddag kans om hulle kandidatelyste by die OVK in te dien.

  15. Spektrum: Weermag oorskrei sy begroting met R3,3 miljard

    27 Augustus 2026: 'n Geoloog verduidelik die Nepal-ramp. Die weermag se begroting reeds met R3,3 miljard oorskrei, terwyl tweederdes aan salarisse spandeer word. Suid-Afrika versterk handelsbande met Brasilië.

  16. Spektrum: Kriktiek op polisie se hantering van 10111-oproep

    26 Augustus 2026: Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel waar 'n 50-jarige polisiekaptein vanoggend doodgeskiet is. Die polisie word weens hulle hantering van 'n 10111-oproep gekritiseer. 'n Mosie van wantroue in die Speaker in die parlement, Thoko Didiza, word vanmiddag aangehoor.

  17. Spektrum: Motoronderdelebedryf bloei

    25 Augustus 2026: Die motoronderdelebedryf bloei duisende poste in drie jaar. Die voormalige Vryheidsfront Plus koukusleier in die Tshwane Metro, Grandi Theunissen, stap oor na die DA. Suid-Afrika kry dalk twee nuwe private universiteite.

  18. Spektrum: ANC oorweeg voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt

    24 Augustus 2026: Die ANC oorweeg 'n voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt. Duisende onderwysposte is steeds nie gevul nie. Die Springbok-breier maak veranderinge aan die span vir die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad.

  19. Spektrum: Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg

    21 Augustus 2026: Politieke moorde in Knysna in die Wes-Kaap is onder die vergrootglas, nadat nóg twee ANC-lede vermoor is. Action SA nader die hof oor die polisiediens se tugproses teen generaal-majoor Wally Rhoode, wat hom van wangedrag vrygespreek het. Die ANC lê strafregtelike klagte teen ‘n...

  20. Spektrum: Moontlikheid van hoër brandstofpryse in September

    20 Augustus 2026: Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid hef sy verbod op die toestaan van navorsingsubsidies op. Hoe diepgewortel lê die probleem van bendeverwante misdaad? Soos sake nou staan, sal brandstofpryse in September styg.

  21. Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings

    19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.

  22. Spektrum: Sal jy mediese produkte gebruik waarvan die inhoud onseker is?

    Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku burgers om versigtig te wees nadat 'n toename in die verkoop van onwettige medisyne aangemeld is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en...

  23. Spektrum: Tiener van Malmesbury in hof oor kinderuitbuitingsnetwerke

    18 Augustus 2026: 'n Tiener van Malmesbury in die Wes-Kaap verskyn in die hof in verband met ekstremistiese aanlyn-kinderuitbuitingsnetwerke. Strafregkenners gaan by polisiestasies ontplooi word om polisiebeamptes by te staan. Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku mense om versigtig te…

    more
  24. Spektrum: Johannesburg wil straaturineerders vasvat

    17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede…

    more
  25. Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop

    14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is...

  26. Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel

    13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. 'n Beloning uitgeloof ná 'n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.

  27. Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland?

    12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen...

  28. Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood

    11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.

  29. Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val?

    10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. 'n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.

  30. Spektrum: Bibberweer, sneeu en reën vir SA

    7 Augustus 2026: Kiesers kan nog tot middernag aanlyn registreer. Ons praat met die OVK oor die proklamasie van die verkiesingsdatum. Kommer oor e-taxis se veiligheid nadat 'n vrou ontvoer is. Reën en sneeu van Sondag af oor groot dele van die land.

  31. Spektrum: Ebola-gevalle in DRK styg tot meer as 1 800

    6 Augustus 2026: Vier mense wat by die Madlanga-kommissie geïmpliseer is, word vir misdaadondersoek verwys. Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander is in Brakpan se landdroshof in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Die aantal…

    more
  32. Spektrum: SA teken grootste mielieoes ooit aan

    5 Augustus 2026: President Cyril Ramaphosa mag glo voor die afsettingskomitee gedaag word om te getuig. Die Departement van Binnelandse Sake kan nie meer weier om die geboorte van 'n kind in Suid-Afrika te registreer nie bloot omdat die ouers nie geldige immigrasiedokumente het nie. Suid-Afrika...

  33. Spektrum: Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad wil nié die rol van SA Polisiediens oorneem nie

    4 Augustus 2026: Inwoners van Westbury in Johannesburg eis optrede teen bendegeweld. Opposisiepartye sê 'n leierskapskrisis dreig in die Noord-Kaapse kabinet ná die bedanking van nog 'n LUR. 'n Formele inter-regeringsgeskil is verklaar oor die afwenteling van polisiemagte na die Kaapse...

  34. Spektrum: 1-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof reeds by boere

    3 Augustus 2026: Rooivleisbedryfsdienste sê ‘n miljoen entstofdosisse teen bek-en-klouseer het reeds boere bereik. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor betoë aan oor die grondwetlikheid van die Onteieningswet. 'n Nuwe entstof bring hoop om die stryd teen TB te wen.

  35. Spektrum: Stropery van vetplante onder vergrootglas

    31 Julie 2026: Vyf Suid-Afrikaanse veldwagters is die afgelope jaar dood terwyl hulle aan diens was. Op Wêreld Veldwagterdag eer ons die manne en vroue op die voorpunt teen stropery. Die stropery van vetplante is onder die vergrootglas.

  36. Spektrum: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh

    30 Julie 2026: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh. Die DA sê die president se Nasionale Water Aksie Plan is gebrekkig. 'n Prysskok vir dieselverbruikers volgende week.

  37. Spektrum: Wes-Kaap kry nuwe polisiekommissaris

    29 Julie 2026: Die Wes-Kaap kry 'n nuwe polisiekommissaris. 'n Ondersoek is gelas na die toekoms van duisende residensiële eiendomme in staatsbesit. Brandbestryders in Frankryk worstel om veldbrande onder beheer te bring te midde van 'n hittegolf.

  38. Spektrum: Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf?

    28 Julie 2026: Ons praat met Retief Odendaal oor sy versoek vir presidensiële ingryping by die Nelson Mandelabaai Metro. Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? Wêreld Natuurbewaringsdag word vandag gevier.

  39. Spektrum: Andrea Johnson by Madlanga-kommissie ondervra oor veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting

    27 Julie 2026: Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, word by die Madlanga-kommissie ondervra oor haar gevolgtrekking dat veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting gemanipuleer is. Ons praat oor die verskynsel van amptenare - soos Johnson -...

  40. Spektrum: Ramaphosa slaag met dringende aansoek om afsettingsondersoek te stop

    24 Julie 2026: Die hooggeregshof in Kaapstad beveel dat die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee tydelik gestaak word. Suid-Afrika kry saam met Amerika se grootste handelsvennote straftariewe. Die olieprys stabiliseer onder $100 per vat.

  41. Spektrum: Gayton McKenzie sê DA se klagtes is nonsens

    23 Julie 2026: Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die DA se lys klagtes teen hom is nonsens; die DA het vroeër vandag 'n dossier aan die Openbare Beskermer oorhandig. Koue sneeuweer word in die suidelike provinsies verwag. Die DRK sê die Ebola-dodetal styg tot bo 1 000…

    more
  42. Spektrum: Reaksie op moontlike sterk El Niño later vanjaar

    22 Julie 2026: Die Parlement se afsettingskomitee bespreek die mandaat en name van moontlike getuienisleiers. Ons praat met 'n ekonoom oor die styging in verbruikersprysinflasie. Landbou reageer op 'n moontlike sterk El Niño-weerpatroon later vanjaar.

  43. Spektrum: SA leen R24,6 miljard by die Wêreldbank

    21 Julie 2026: 'n Ondersoek is gelas na klagtes van brutaliteit deur lede van Operasie Prosper teen die publiek. Advokaat Andrea Johnson reageer op bewerings dat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie buite sy mandaat optree. Die Wêreldbank staan nog 'n reuselening aan Suid-Afrika toe.

  44. Spektrum: Olieprys styg verder, kommer oor brandstofprys en rentekoerse

    20 Julie 2026: Die ombud van die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie ondersoek klagtes teen verskeie senior amptenare van dié instelling. Die prys van Brent-ruolie steek die kerf van $90 per vat verby. Koejawelproduksie bly onder druk. .

  45. Spekrum: OB sê Gauteng se beheer oor spazawinkels is ontoereikend

    17 Julie 2026: Die Openbare Beskermer bevind dat munisipale owerhede in Gauteng se beheer oor spazawinkels ontoereikend is - dit is nadat ses kinders in Oktober 2024 in Soweto dood is. Ons praat met 'n regskenner oor sieknotas. Die vierde beraad van die Suid-Afrika/Namibië Bi-nasionale Kommissie...

  46. Spektrum: Ebolavirus versprei na ander provinsies in DRK

    16 Julie 2026: Dit is dag twee van president Cyril Ramaphosa se hofaansoek om die Parlement se proses te keer om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Die Ebolavirus versprei na ander provinsies in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die gereelde herroeping van motors laat moeilike vrae...

  47. Spektrum: Geestesgesondheid van SA-sportsterre onder vergrootglas

    15 Julie 2026: Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word tot September uitgestel. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor president Cyril Ramaphosa se aansoek aan om die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee te staak. Die…

    more
  48. Spektrum: DA hof toe om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer

    14 Julie 2026: Die DA nader hof om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer. ANC-veteraan en voormalige burgemeester van eThekwini, Zandile Gumede, loop oor na MK-party. Solidariteit se Onderwysernetwerk eis dat Gauteng se Departement van Onderwys alle uitstaande skooltoelaes onmiddellik...

  49. Spektrum: Olieprys ry wipplank

    13 Julie 2026: Die geregtelike doodsondersoek na die dood van Anele Tembe is vir eers uitgestel. Die olieprys ry wipplank weens die hernude aanvalle tussen Amerika en Iran. Ons fokus op die nalatenskap van die oorlede Bafana Bafana-sokkerster, Jayden Adams.

  50. Spektrum: Solidariteit dreig met regsoptrede ná skorsing van Tshwane-stadsbestuurder

    10 Julie 2026: Solidariteit dreig met regsoptrede ná die voorlopige skorsing van die Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler. Kaapstad-metro se kontrak met die shotspotter-program beëindig. Action Society eis aanspreeklikheid van individue wat bewus was van kindermishandeling, maar versuim het...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Spektrum have?

Spektrum currently has 1000 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Spektrum about?

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

How often does Spektrum release new episodes?

Spektrum releases new episodes frequently with a large back catalog of 1000 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Spektrum?

You can listen to Spektrum on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Spektrum?

Spektrum is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!