Spitstyd podcast artwork

PODCAST · society

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Sep 26, 2026 · Source feed

  1. 1000

    Spitstyd-sakenuus 16 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  2. 999

    Kuns met kontant: Marion Holm (Deel 1)

    Marion Holm het Suid-Afrikaners al dekades lank laat lag – as aktrise, komediant, skrywer, regisseur en meester van die eenvrouvertoning. Maar agter die humor en die bekende gesig skuil ook ’n vrou wat weet van onsekerheid, van self werk skep, van ernstige siekte, en van telkens weer jou eie “grasHolm” gaan soek wanneer die silwer randjie nie vanself verskyn nie. Wat dié gesprek vir Henco met 'n C besonder spesiaal maak, is dat Marion self ’n groot aanhanger van Kuns met Kontant is. Sy luister, sy onthou – en sy kan finansiële lesse herroep wat sy deur die jare uit gesprekke met ander gaste op die program saamgeneem en in haar eie lewe toegepas het. In hierdie gesprek draai die rolle dus amper om: ’n gereelde luisteraar word die gas. Ons praat oor die geld agter ’n lewe in die kunste, die moed om jou eie werk te skep, die verskil tussen bekend wees en suksesvol wees, haar verhouding met geld ná groot lewensuitdagings – en waarom dankbaarheid soms die belangrikste maatstaf van rykdom is.

  3. 998

    Spitstyd-sakenuus 15 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  4. 997

    RSG Help: Bewusmaking van geweld teen vroue en kinders

    Arbeidsterapeut Riekie Stroebel gesels met Willem Pelser oor die bewusmaking van geweld teen vroue en kinders. Haar betrokkenheid het in 2007 'begin' ná die ontvoering en moord op Sheldene Human. Riekie het nou ’n inisiatief begin wat daarop fokus om kinders reeds op skoolvlak oor geweld, toestemming en veilige gedrag op te voed. Die eerste groter projek vind op 19 Oktober 2026 by skole in Eersterust plaas. Die doel is om kinders die kennis en selfvertroue te gee om onvanpaste of gewelddadige gedrag te herken, daaroor te praat en hulp te vra wanneer iets in hul eie lewe of huis gebeur.

  5. 996

    Abri en Hendrik se Springbok-ervaring in Baltimore

    Abri Roodt is ’n Suid-Afrikaner wat al langer as 20 jaar in die VSA woon. Hy en sy seun het die afgelope naweek na Baltimore opgeruk om die Springbokke en All Blacks se wedstryd te gaan kyk. Hy vertel van hulle ervaring.

  6. 995

    Spitstyd-sakenuus 14 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  7. 994

    Spitstyd-sakenuus 11 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  8. 993

    Spitstyd-sakenuus 10 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  9. 992

    Almal en nog wat: Ramon Alexander

    Ramon Alexander is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse jazzpianis, komponis en dosent, wat wyd erken word as een van die voorste kontemporêre verteenwoordigers van die Kaapse Jazz-genre. Hy is onlangs gevra om betrokke te wees by die saamstel van die huldeblykkonsert vir die ontslape Abdullah Ibrahim wat op 29 Junie in die Kunstekaap aangebied is. Alexander het twee albums op sy kerfstok, en ’n derde sal vroeg in 2027 vrygestel word. Hy gee klas in jazzklavier, ensemble en improvisasie by die Universiteit Stellenbosch. Hy gesels onder meer oor die Toyota Stellenbosch Woordfees wat van 2 tot 11 Oktober op Stellenbosch plaasvind.

  10. 991

    Spitstyd-sakenuus 9 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  11. 990

    Kuns met kontant: Frieda van den Heever (Deel 2)

    Frieda van den Heever is ’n musikant, aktrise, aanbieder, skrywer, regisseur en stemkunstenaar – iemand wat al haar lewe lank stories met woorde, musiek en haar stem vertel. In 2021 het haar lewens onverwags verander. As enkelma moes Frieda ’n nuwe wêreld tegemoetgaan en, soos sy dit treffend verwoord, weer leer asemhaal. Henco Kruger praat met Frieda oor die finansiële werklikheid van ’n lewe in die kunste, verlies en verantwoordelikheid, sekuriteit en weer begin – en wat dit finansieël, maar ook werklik, beteken om genoeg ruimte te hê om asem te haal. ’n Intieme gesprek oor kuns, kontant en die lewe tussenin.

  12. 989

    Spitstyd-sakenuus 8 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  13. 988

    RSG Help: Saad van Hoop

    Drie jaar gelede het ’n paar van The Somerset Aftreeoord se inwoners besluit om hand by te sit en 'n sopkombuis te ondersteun. "Soos ons al hoe meer betrokke geraak het by die inwoners van Sir Lowry’s Pass Village, het ons koppe bymekaar gesit en begin fokus op projekte wat nie net onmiddellike hulp bied nie, maar ook langtermynselfstandigheid en geleenthede skep. Só is Saad van Hoop gebore.” Willem Pelser gesels met Louis Meyer, ‘n inwoder van The Somerset en vrywilliger by Saad van Hoop.

  14. 987

    Spitstyd-sakenuus 7 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  15. 986

    Spitstyd-sakenuus 4 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  16. 985

    Gerrie se reise

    Gerrie Pretorius gesels weer oor sy reise. Van toeriste wat amper krokkodilkos in die Serengeti geword het, tot skaapkop eet in Namakwaland. Hy het ook ‘n paar "blomme" gebring wat sing!

  17. 984

    Spitstyd-sakenuus 3 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  18. 983

    Almal en nog wat: Sleutelrekeningbestuurder

    Willem Pelser gesels met Giselle Botha oor haar beroep in ’n netwerk- en werksruimte waar beginondernemings, groeiende tegnologiemaatskappye, beleggers, korporatiewe ondernemings en entrepreneurs bymekaargebring word om sakegeleenthede en samewerking te skep.

  19. 982

    Spitstyd-sakenuus 2 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  20. 981

    Kuns met kontant: Frieda van den Heever (Deel 1)

    Frieda van den Heever is ’n musikant, aktrise, aanbieder, skrywer, regisseur en stemkunstenaar – iemand wat al haar lewe lank stories met woorde, musiek en haar stem vertel. In 2021 het haar lewens onverwags verander. As enkelma moes Frieda ’n nuwe wêreld tegemoetgaan en, soos sy dit treffend verwoord, weer leer asemhaal. Henco Kruger praat met Frieda oor die finansiële werklikheid van ’n lewe in die kunste, verlies en verantwoordelikheid, sekuriteit en weer begin – en wat dit finansieël, maar ook werklik, beteken om genoeg ruimte te hê om asem te haal. ’n Intieme gesprek oor kuns, kontant en die lewe tussenin.

  21. 980

    Spitstyd-sakenuus 1 September 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  22. 979

    RSG Help: Loslitdag

    Loslitdag vind vanjaar plaas op Vrydag 4 September 2026. Dit is Suid-Afrika se grootste jaarlikse bewusmaking- en fondsinsamelingsveldtog vir persone met gestremdhede. Die tema is "Een Tromklank, Vele Ritmes". Jy kan plakkers koop teen R20 elk om die projek te ondersteun. Die geld word versprei na meer as 600 organisasies landwyd, insluitend spesiale skole, sorgsentrums en entrepreneurskapsprojekte vir mense met gestremdhede. https://casualday.co.za/

  23. 978

    Spitstyd-sakenuus 31 Augustus 2026

    Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.

  24. 977

    Almal en nog wat: Stadsbeplanning

    Willem Pelser praat met stadsbeplanner André Roux oor sy beroep, en wat ’n dorp ’n dorp maak.

  25. 976

    Kuns met kontant: Pieter Steyn (Deel 2)

    Wat gebeur wanneer die man wat gewoonlik die vrae vra, skielik self in die warm stoel beland? Pieter Steyn is die stem en storieverteller agter RSG se Land en Sand, waarin hy met bekende Suid-Afrikaners gesels oor hul lewens, loopbane en die paaie wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Hy is ook Op en Wakker se inhoudsregisseur en ’n televisieprogramvervaardiger met ’n besondere verbintenis tot programme oor landbou. Daar is één onderwerp waaroor Land en Sand nooit praat nie - geld. In hierdie samekoms ontmoet RSG se oggend-en middagprogramme wanneer Land en Sand en Kuns met Kontant se paaie kruis. Twee onderhoudvoerders sit oorkant mekaar – en dié keer praat hulle oor Pieter Steyn se eie loopbaan, kreatiwiteit, risiko, geld en die kuns om van sy passie ook ’n bestaan te maak.

  26. 975

    RSG Help: Colour Fest Vaalbank, Middelburg

    Sopkombuise sluit gewoonlik in Desember sodat die vrywilligers ook kan rus. Dit laat egter mense sonder hulle daaglikse etes gedurende die feesseisoen. Die Kleurfees-projek is om te verseker dat hierdie gesinne genoeg voorraad het om die Desember-vakansie deur te kom. Die Colour Fest Vaalbank vind plaas op Saterdag 14 November 2026, by die kuierplek, Toe Word Ons Dors, op Plot 11 in Vaalbank, Middelburg. Hekke open om 10:00, en toegang beloop R80 per persoon, terwyl kinders onder 12 jaar oud gratis kan saamkom. Besoekers kan uitsien na 'n gesellige dag vir die hele gesin met heerlike kos- en handwerkstalletjies, prettige speletjies, gelukstrekkings en musiek deur Anrique Crow. Die wins van hierdie fees word aan 'n plaaslike kosprojek geskenk, en mense word aangemoedig om nie-bederfbare kosprodukte saam te bring om die projek te ondersteun. Vir enige navrae of om stalletjies te bespreek, kan die organiseerders gekontak word by 076-010-2356 of 082-821-2389.

  27. 974

    Almal en nog wat: Buite-uitsendings

    Johann Pieterse, hoof tegniese operateur by die SAUK, verduidelik hoe ’n buite-uitsending by RSG werk. Ons is binnekort op die pad met die Kultuurkaravaan om van verskeie plekke in die land uit te saai.

  28. 973

    Kuns met kontant: Pieter Steyn (Deel 1)

    Wat gebeur wanneer die man wat gewoonlik die vrae vra, skielik self in die warm stoel beland? Pieter Steyn is die stem en storieverteller agter RSG se Land en Sand, waarin hy met bekende Suid-Afrikaners gesels oor hul lewens, loopbane en die paaie wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Hy is ook Op en Wakker se inhoudsregisseur en ’n televisieprogramvervaardiger met ’n besondere verbintenis tot programme oor landbou. Daar is één onderwerp waaroor Land en Sand nooit praat nie - geld. In hierdie samekoms ontmoet RSG se oggend-en middagprogramme wanneer Land en Sand en Kuns met Kontant se paaie kruis. Twee onderhoudvoerders sit oorkant mekaar – en dié keer praat hulle oor Pieter Steyn se eie loopbaan, kreatiwiteit, risiko, geld en die kuns om van sy passie ook ’n bestaan te maak.

  29. 972

    RSG Help: Daughters of Glory & Hosanna

    Lynette Theron gesels oor die Daughters of Glory & Hosanna. ’n gemeenskapsinisiatief vir vroue deur vroue, wat vanjaar ’n spesiale Vrouedag van lofprysing en aanbidding in Pretoria-Noord aanbied op 5 September. Die dag het ook ’n sterk gemeenskapsfokus.

  30. 971

    Almal en nog wat: 17 Jarige se video kry internasionale erkenning

    Bruwer Bornman is ’n jong Suid-Afrikaanse filmmaker wat fokus op kreatiewe video- en sportinhoud. Hy het onlangs internasionale erkenning gekry nadat een van sy video’s as een van vyf finaliste wêreldwyd in die World Athletics Media Challenge gekies is. Kyk die video by https://www.instagram.com/reel/Db3Ztbgsq2F/?igsh=bDZrOXQwbGNuZDV2

  31. 970

    Kuns met kontant: Fanie Cronjé (Deel 2)

    Wat maak dat jy by 'n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl 'n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende Suid-Afrikaners gestileer en gewone ruimtes in buitengewone ruimtes omskep. Maar vandag gaan dit nie net oor mooi nie. Ons praat oor die waarde van ontwerp, die sielkunde van styl, hoe goeie smaak waarde kan skep, en waarom die regte atmosfeer soms die beste belegging is wat jy kan maak.

  32. 969

    RSG Help: Joburg To Jabulani By Any Means ten bate van HERD

    Op Wêreld-olifantdag (Woensdag 12 Augustus 2026) vertrek Kyle Malyon en Lauren Lewis op ’n reis van Johannesburg na Jabulani in Kapama, die tuiste van HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Die doel van die reis is om bewusmaking en fondse vir HERD te genereer en aandag te vestig op die belangrike werk wat die organisasie doen om weesolifante te versorg. HERD is Suid-Afrika se eerste amptelike weeshuis wat olifantkalwers red, rehabiliteer en integreer in 'n bestaande kudde. Die organisasie bied 24-uur mediese sorg en sosiale integrasie in 'n veilige omgewing vir weesolifante. https://herd.org.za/

  33. 968

    Almal en nog wat: The Waterhole Rugby Museum (Hanover)

    Willem Pelser gesels met Barry Naude oor sy private rugbyversameling. Hy versamel rugbymemorabilia sedert hy 10 jaar oud is. Sy fokus op is die geskiedenis en ontwikkeling van rugby in Suid-Afrika. The Waterhole Rugby Museum is op sy plaas Driekoppen in ‘n ou dam, wat toegebou is. Daar is is items soos die oorspronklike tokse wat leerspeke het, en die ou provinsies se truie langs die nuwe unies s’n.

  34. 967

    Kuns met kontant: Fanie Cronjé (Deel 1)

    Wat maak dat jy by 'n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl 'n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende Suid-Afrikaners gestileer en gewone ruimtes in buitengewone ruimtes omskep. Maar vandag gaan dit nie net oor mooi nie. Ons praat oor die waarde van ontwerp, die sielkunde van styl, hoe goeie smaak waarde kan skep, en waarom die regte atmosfeer soms die beste belegging is wat jy kan maak.

  35. 966

    RSG Help: Beyond Borders Animal Sanctuary

    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Beyond Borders Animal Sanctuary in Tzaneen, is 'n geregistreerde nie-wisngewende organisasie wat wildlewe en troeteldiere red, rehabiliteer en 'n permanente veilige hawe bied. Hulle fokus spesifiek op die rehabilitasie van eksotiese diere, herpette en papegaaie wat uit verwaarlosing of onwettige handel gered is. https://beyondbordersanimals.com/

  36. 965

    Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 6)

    JD McNally van Momentum Corporate praat oor Werknemersvoordele wat dikwels beskou word as ‘n uitgawe vir die maatskappy, maar dit kan 'n strategiese voordeel vir elke organisasie wees.

  37. 964

    Vakansie in Zimbabwe?

    Vir baie lank is Zimbabwe as ‘n vakansiebestemming vermy. Dis veral sedert die vroeë 2000’s met die plaasonteienings en hiper-inflasie wat die land – eens bekend as Afrika se broodmandjie – ontaard het in ‘n plek om liefs te vermy. Wêreldreisiger, TV-aanbieder en toerleier, Gerrie Pretorius, het onlangs in ons noordelike buurland gaan besoek aflê...

  38. 963

    Almal en nog wat: Jakarandabome

    Thomas Honiball, ‘n argitek by Honiball Architecture, gesels oor die wetgewing en interessante feite oor jakarandabome in Suid-Afrika, spesifiek in Pretoria.

  39. 962

    Kuns met kontant: Amanda Strydom (Deel 2)

    Ons kuier saam met een van die grootste name van Afrikaanse kuns. Vir meer as vier dekades betower sy gehore met haar unieke stem, diep lirieke en besonderse vermoë om stories deur musiek te vertel. Sy is sangeres, liedjieskrywer, aktrise en kabaretkunstenaar, maar bowenal is sy een van die belangrikste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het. Haar ikoniese lied, Ek Loop Die Pad, het reeds geslagte Suid-Afrikaners vergesel op hulle lewensreise, terwyl haar werk voortdurend die menslike ervaring ondersoek – liefde, verlies, hoop en die soeke na betekenis. Ons gesels nie net oor die kunstenaar nie, maar ook oor die mens agter die verhoogligte, die keuses wat haar loopbaan gevorm het, en wat ware rykdom vir haar beteken op die pad wat sy loop.

  40. 961

    RSG Help: Solly's Beacon of Hope Stigting (Upington)

    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Solly's Beacon of Hope Stigting is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag, wat as 'n liefdadigheidsorganisasie vir gemeenskapsontwikkeling en 'n sopkombuis op Upington in die Noord-Kaap funksioneer. Die organisasie, wat deur Solomon "Solly" van der Berg gestig is, is afhanklik van openbare skenkings om noodsaaklike gemeenskapsuitreikprogramme te bedryf. https://www.facebook.com/p/Sollys-Beacon-of-Hope-Foundation-new-100094299507822/

  41. 960

    Almal en nog wat: Bibliotekaresse vind pad na Abu Dhabi

    Francis Fourie, ‘n bibliotekaresse by die New York Universiteit in Abu Dhabi, gesels oor haar werk in Amerika en Abu Dhabi. Sy vertel dat Suid-Afrika altyd haar en haar man se tuiste sal wees.

  42. 959

    Kuns met kontant: Amanda Strydom (Deel 1)

    Ons kuier saam met een van die grootste name van Afrikaanse kuns. Vir meer as vier dekades betower sy gehore met haar unieke stem, diep lirieke en besonderse vermoë om stories deur musiek te vertel. Sy is sangeres, liedjieskrywer, aktrise en kabaretkunstenaar, maar bowenal is sy een van die belangrikste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het. Haar ikoniese lied, Ek Loop Die Pad, het reeds geslagte Suid-Afrikaners vergesel op hulle lewensreise, terwyl haar werk voortdurend die menslike ervaring ondersoek – liefde, verlies, hoop en die soeke na betekenis. Ons gesels nie net oor die kunstenaar nie, maar ook oor die mens agter die verhoogligte, die keuses wat haar loopbaan gevorm het, en wat ware rykdom vir haar beteken op die pad wat sy loop.

  43. 958

    RSG Help: Emrike Leersentrum (Lichtenburg)

    Emrike Leersentrum is 'n spesiale behoeftes-skool en hulpsentrum in Lichtenburg, Noordwes. Die sentrum fokus op die opvoeding en ondersteuning van leerders met leergestremdhede en unieke opvoedkundige behoeftes. https://www.facebook.com/p/Emrike-Leersentrum-100063645184633/

  44. 957

    Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 5)

    Rudolf Britz, die hoof-aktuaris by Momentum Insure, praat oor hoe ondernemings hulle teen risiko’s kan beskerm.

  45. 956

    RSG Help Plus: Joe Dryer van Mosselbaai

    Joe Dryer is 'n 63-jarige getroude man van Mosselbaai. Hy is reeds vir etlike maande werkloos, en leef tans in baie moeilike omstandighede. Joe en sy vrou sukkel om genoeg kos op die tafel te sit, en daar is ongelukkig baie beperkte voedselhulp in Mosselbaai beskikbaar. Joe verkeer ook in 'n ernstige behuisingskrisis. Binne enkele dae moet die kamer waarin hulle woon, ontruim word nadat 'n prokureur 'n uitsettingsbevel op hulle beteken het. “Daarom rig ons hierdie nederige versoek aan u. Indien u weet van enige persoon, organisasie of instelling wat ons met kos, tydelike verblyf of regsadvies kan bystaan, sal ons opreg dankbaar wees indien u ons in die regte rigting kan wys.” 072-096-8879

  46. 955

    RSG Help Plus: Bystand aan mishandele kinders in gesinshowe (Wes-Kaap)

    Linda Louw is deel van 'n besonderse projek, wat mishandelde kinders ondersteun wanneer hulle die gesinshof moet bywoon. Saam met 'n span vrywilligers voorsien hulle warm etes, klere, komberse, sagte speelgoed en ander noodsaaklike items om die kinders in 'n baie moeilike tyd te vertroos. Die projek help kinders in 18 gesinshofgebiede in die Wes-Kaap, en is afhanklik van donasies uit die gemeenskap om hierdie belangrike werk voort te sit. 084-554-1948 [email protected]

  47. 954

    Almal en nog wat: Ian Morris

    Derrich Gardner praat met sokkerkenner, Ian Morris.

  48. 953

    RSG Help Plus: Florauna NG Kerk gemeenskapsprojekte (Pretoria)

    Dr. Jan Botha van die Florauna NG Kerk is ook ondervoorsitter van die Afrikanerbond en betrokke by die Alfa Pastorale Bedieningsentrum.Hulle het verskeie gemeenskapsuitreikprojekte soos ’n vakansieprogram vir kinders. [email protected]

  49. 952

    Kuns met kontant: Riaan Cruywagen (Deel 2)

    Hy het geen bekendstelling nodig nie. Vir miljoene Suid-Afrikaners was hy vir dekades die mees betroubare gesig en stem op televisie. Maar voordat hy die legendariese nuusleser geword het wat ons almal leer ken het, was daar 'n jong radio-omroeper wat sy eerste treë in die uitsaaiwese gegee het, lank voordat televisie amptelik in Suid-Afrika begin het. In hierdie onderhoud fokus ons nie op die bekende nuusbulletins nie, maar op die eerste tien jaar van sy loopbaan – die radiojare en die geld daaragter. Dit was 'n tyd van talle leerskole, interessante karakters, snaakse voorvalle en die soort staaltjies wat net iemand met meer as 60 jaar se uitsaai-ervaring kan vertel. Van sy eerste dae by die SAUK as student tot die onverwagse draaie wat uiteindelik gelei het tot een van die merkwaardigste loopbane in Suid-Afrikaanse media, stap ons saam met die jong Riaan Cruywagen wat agter die SAUK-mikrofoon gewerk het, en hoe hy met sy geld te werk gegaan het.

  50. 951

    RSG Help Plus: Stellenbosch Hospies

    Jennilee Geduld, algemene bestuurder van die Stellenbosch Hospies, vertel wat hulle doen en watter hulp benodig.  021-886-5994 www.stellenboschhospice.org.za https://www.facebook.com/stellenbosch.hospice https://www.facebook.com/StelHospiceShop

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Spitstyd have?

Spitstyd currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Spitstyd about?

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

How often does Spitstyd release new episodes?

Spitstyd has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Spitstyd?

You can listen to Spitstyd on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Spitstyd?

Spitstyd is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!