-
10
Preek | Sondag 16 Augustus | Pieter Roeloffse
“The Christian shoemaker does his duty not by putting little crosses on the shoes, but by making good shoes – because God is interested in good craftsmanship.” — Martin Luther Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
9
Preek | Sondag 9 Augustus | André Serfontein
Die storie van Josef is ’n voorloper tot die storie van Jesus. Dit vertel van ’n Vader wat verbind is daartoe om Josef se storie te verweef met ’n veel groter narratief: om lewe te skep uit dood. Ons deelname vra vir die geloof en vertroue dat dít God se hart is vir ons ook; dat dít is wat Hy steeds doen. Hy is die tipe outeur wat elke hoofstuk van ons lewens wil verweef tot ’n storie wat lewegend is. Ek dink dis die konteks waarbinne ons Jesus se woorde in Joh 10 moet verstaan: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” – André Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
8
Preek | Sondag 2 Augustus | Heinrich Dry
Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus. • 2 Korinthiërs 4:6 AFR20 Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
7
Preek | Sondag 26 Julie | André Serfontein
God werk selde deur kitsoplossings of onmiddellike antwoorde. Hy is teenwoordig in die stadige ritmes van die alledaagse lewe – in gesprekke, maaltye, werk, mense, wandelings, stilte, gebed en seisoene wat dag vir dag ontvou. Ons moet net ontwaak. Hy skip ook nie liedjies nie. Hy vra eerder dat ons sal vertrou dat Hy in elke hoofstuk van ons lewens betrokke is, en dat Hy dit als kan herskryf as ’n groter storie. – André Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
6
Preek | Sondag 19 Julie, Pieter Roeloffse
’n Duisend stemme skreeu soos markplein-verkopers vir ons aandag. Die nuutste guru’s vertel ons hoe ons moet dink. Sosiale media vertel ons waarvoor ons moet omgee. Christelike boeke belowe die vyf stappe na geestelike groei. Invloedryke Christelike stemme verduidelik wat “ware Christenskap” nou eintlik is. Politieke stemme vertel ons hoe die Koninkryk behoort te lyk. Elke dag ontvang ons meer inligting as wat vorige generasies in maande ontvang het. En êrens onder al hierdie geraas skarrel ons na: “Waaroor gaan die Christelike geloof nou eintlik?” Miskien is die grootste uitdaging van ons tyd nie ongeloof nie – maar afleiding/distraction. Nie omdat ons Christus verwerp het nie, maar omdat ons aandag gefragmenteer geraak het. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
5
Preek | Sondag 12 Julie, Deon Botha
Dit is opvallend dat die eerste ding wat God as “nie goed nie” (nie mooi nie) beskryf, was nie sonde nie, maar eensaamheid: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.” (Genesis 2:18) Gesonde vriendskappe ly gereeld onder die illusie dat romantiese verhoudings belangriker is, selfs al is wat nodig is. Dit doen my huwelik goed dat ons goeie vriende het, ons doen afsonderlik goed saam met vriende maar ook saam. Ware, diep vriendskappe is waarskynlik van die mees onderskatte van alle verhoudings. Gelukkig is die heel beste bron oor vriendskap, en die skoonheid van vriendskap, God se Woord. Sommer aan die begin in Genesis, sien ons God se storie begin met verhouding. God skep die mens vir gemeenskap — met Hom, die skepping en mekaar. Ons is geskep na die beeld van God, in verhouding — Vader, Seun en Heilige Gees. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
4
Preek | Sondag 5 Julie, Pieter Roeloffse
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
3
Preek | Sondag 28 Junie, André Serfontein
Vandag saam met SG As ek jou sou vra om ’n bietjie dieper te kyk as die behoeftes op die oppervlak van jou lewe. Wat is die drie dinge waaraan jy ’n diep behoefte het, jou diepste begeertes. Wat sou dit wees? Die skrywer NT Wright verwys na drie begeertes of behoeftes van die mens: spiritualiteit (’n verhouding met God), geregtigheid en skoonheid. Watter rol speel die soeke na ‘skoonheid’ in jou lewe? Dit wat ons verwonderd laat, dit wat ons ’n bewustheid gee van die Goddelikheid? … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
2
Preek | Sondag 21 Junie – Heinrich Dry
Vandag saam met SG Ons het die afgelope paar weke uit die boek van Handelinge gepraat hoe die HG sy kinders, sy gemeente en sy wil vir sy kerk uit te leef. Die reeks het begin tydens Pinkster en vandag sluit ons die reeks af deur die Gees wat ons lei. Hoe weet ek wanneer die Gees my lei in my besluite, my optrede? Hoe help die Gees my onderskei wat God se wil is? … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
1
Preek | Sondag 14 Junie – Deon Botha
Vandag saam met SG Soms breek planne of drome. Soms breek vriendskappe. Soms breek harte. Jesus het dit so goed verstaan – die aand toe Jesus saam met sy vriende geëet het, het Hy die brood geneem, dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit om my te onthou.” Ons onthou vandag dat Jesus se liggaam ook gebreek is wanneer ons saam die nagmaal gebruik. Kry gerus vir jou tekens van die nagmaal voor jy na hierdie preek kyk of saam luister. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
0
Preek | Sondag 7 Junie – Pieter Roeloffse
Vandag saam met SG Ons gee vandag ‘n volgende tree op die spoor van die Gees se beweging in die boek Handelinge. Wanneer jy jou Bybel sou oopmaak daar in die begin van Handelinge dan sal jy sien daar staan “Die Handelinge van die apostels”. Tog, as jy Handelinge lees, kom jy agter dat dit eintlik Die Handelinge van die Gees is en die apostels (gestuurdes) en die kerk moet die heeltyd skarrel om by te bly by die uitkringende beweging van die Gees. Ons het sover gesien: Die Gees gee, vorm, stuur… Die Gees gee (Homself soos Jesus, gee krag, insig, gawes…), die Gees vorm (individue & die kerk), die Gees stuur (soos André so mooi gesê het, na elke plek waar ons reeds is maar Hy stuur ons op ’n nuwe manier daarheen). Vandag ontdek ons “Die Gees verruim” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-1
Preek | Sondag 31 Mei – André Serfontein
Vandag saam met SG Die Gees stuur ons nie uit die wêreld uit nie, maar eerder ’n tree of twee nader aan die realiteit van ons wêreld. – André Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-2
Preek | Sondag 24 Mei – André Serfontein
Vandag saam met SG Waar begin jóú storie met die Heilige Gees? Genesis 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-3
Hemelvaart | Soos in die Hemel, so ook op die aarde
18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Efesiërs 1:18-23 “Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.” Efesiërs 4:10 Hemelvaart en Pinkster word beskryf as die skarnier-oomblik in die Jesus-beweging: Jesus na die hemel — Die Gees na die aarde. Ons hoor iets van die skarnier by Paulus as hy skryf dat dieselfde kragtige werking in ons aan die werk is, as die kragtige werking wat Jesus uit die dood opgewek, en geneem het na die regterhand van God. (1:19-20) Met Hemelvaart onthou ons Jesus se troonbestyging as Koning: Jesus word verhef hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy. Alles word aan Hom onderwerp. Hy word bo alles verhef. Hy word aangestel as die hoof die kerk. (1:21-22) Met Hemelvaart onthou ons die geboorte van die kerk as die liggaam van Christus: Die kerk is Sy liggaam. Nie sóós Sy ligaam of ’n uitbeelding van Sy liggaam nie. “Die kerk ís Sy liggaam.” Om dit te laat insink beskryf Paulus die omvang daarvan: “Die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Ons het dus nodig om ons self af te vra: Hoe het die volheid gelyk wat Jesus kom wys het? Want dít is die volheid wat Hy deur ons in almal wil vervul. Soos Philip Yancey skryf: “When Jesus departed, He left the keys of the kingdom in our fumbling hands.” Wanneer jy, soos ek, wil terugdeins voor hierdie skrikwekkende idee dat ons Sý volheid in alles en almal moet vervul is dit belangrik om twee goed te onthou: Ons moet onthou dat Jesus regeer. Dat Hý die hoof van die liggaam is. Dat Hy in beheer is. Dat Hy die aard/styl van die beweging bepaal. Dat die liggaam met Hóm moet sinkroniseer. Ons moet onthou hoe het hierdie volheid van Jesus lyk – deur die styl, ritme, aard van Sy beweging aan te leer. Onthou Sy volheid was soms net te gewoon vir party, net te omhelsend vir ander, net te liefdevol, te genadig, te aards… Natuurlik sou ons verkies het dat Jesus fisies self hierdie volheid oral, in almal, kom vervul en dit nie deur ons “fumbling hands” wil doen nie. Onthou Hy gee die belofte by Sy troon-bestyging: “En onthou, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mag Augustinus se woorde ook vir jou waar wees hierdie Hemelvaart: “You ascended from before our eyes, and we turned back grieving, only to find you in our hearts.” Daarom bid ons, soos ons saam met die dissipels die berg af, na die lewe toe stap: Die eerste tree, Here, loop ek agter U aan en kyk mooi wat U doen. U het nie mag gesoek nie, nie rykdom of byval nie. U het mens geword In die gestalte van een van die nederigstes, misverstaan en verag. Hulle het oor U die kop geskud, hulle het agter die hand oor U gepraat. Hulle het gesê U is gevaarlik en U voor die regter gesleep. Hulle het U geslaan en bespuug en U doodgemaak. My eer, Here, is die kiem van die tweedrag tussen my en die mense. My trots is die kiem van haat. Maar U kniel voor my en was my skoon en maak my vry. Daarom het God U verhef en U as maatstaf gestel vir alle mense. Ek is nog maar aan die begin, nog besig met die eerste tree. Nou vrees ek vir my reputasie en dat ek verag gaan word. Neem my hierdie tree met U saam Dat ek deur U vry kan word. Here, U buig U voor my. Ek buig voor die geheimenis van u pad. — deur Jorg Zink Luister ook saam na hierdie lied, spesiaal geskryf deur Stephan Cloete en Heléne Burger, om saam Hemelvaart te vier.
-
-4
Preek | Sondag 10 Mei – Pieter Roeloffse
Vandag saam met SG Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God? – Pieter … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-5
Preek | Sondag 10 Mei – Pieter Roeloffse
Vandag saam met SG Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God? – Pieter … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-6
NA-LEEF gedagte | Sién jy die opstanding?
“It has to be believed to be seen.” Willy Wonka / U2 Het jy al ooit ’n nuwe woord of konsep, of aangrypende nuwe musiek gehoor, of ’n nuwe kledingstuk of skoene of brand gekoop, of dit selfs oorweeg om ’n nuwe ryding te koop en dan gebeur die vreemde dat jy hierdie “nuutheid”, wat dit ookal is, om elke hoek en draai sien? Hierdie verskynsel word die “Baader-Meinhof Phenomenon” genoem. Die gedagte is eenvoudig: dat jy meer gereeld herken waaraan jy jou verbind het. Ek sou wou sê: dat jou sintuie ontwaak vir dít waaraan jy jou verbind het. Vanuit ons huidge reeks “Herken die opstanding” wonder ek of dit ook wat die opstanding betref geldig is en hoe dit dan sou werk. ’n Jong getroude paartjie, hoor die ander dag hulle is swanger. Daar is nuwe lewe wat bot. Hul huis word belyn met die koms van die verwagte lewe. Haar eetgewoontes en ’n paar ander gewoontes word belyn met die koms van die nuwe lewe. Sy verander ’n paar ritmes. Die pa maak selfs ’n afspraak met hul finansiële raadgewer en pas maande vooruit hul persoonlike finansies aan. Hulle lees ander artikels, voer ander gesprekke, verander hul dieet, beplan en doen dinge anders. Hul menswees verander nie noodwendig dramaties nie — maar hul verwagting skuif beslis hul bewustheid en hulle leef baie meer gefokus op die nuwe lewe soos wat hulle al swangerder en swangerder word. So is dit ook wanneer jy spreekwoordelik swanger word met die opstanding. Jy kan nie help dat dit jou identiteit, bewussyn, fokus en leefwyse meesleur en vorm nie. Die ander dag besoek ek ’n ma van drie klein asempies en ons gesels diep, verby die oppervlak, oor die lewe en geloof. Tussendeur, nog voor dit gebeur, gee sy hier vir enetjie iets aan, keer sy daar vir ’n ander een, praat sy met elkeen van hulle, maak sy koffie, bottels en ’n speelpark vir die kinders se tuiswees. Sy lees die realiteit rondom haar as ’n moeder en sy tree die heeltyd, amper instinktief, moederlik op. Sy’s dieselfde mens maar sy het ’n nuwe, verruimde bewussyn. Sy kan haarself nie help as om alles anders te sien nie. Sy’t as’t ware ’n nuwe identiteit. So is dit ook met die nuwe lewe van die opstanding. Jy kan nie help om dit herken nie, om toe te laat dat dit jou manier van wees beïnvloed nie. Jy kan dit nie aan en af sit soos wat jy dit nodig kry nie – want dit is iets wat met jou gebeur. Tannie Rosa vertel vandag, met my vra oor oom Chris se aansterk in die hospitaal, ’n klomp wonderlike, mooi, alledaagse geloofstories. Erens vertel sy hoe dankbaar sy is vir haar kinders en hul ondersteuning. Sy vertel van haar seun uit Gauteng wat nou kom kuier en ondersteun het met ’n klompie baie praktiese alledaagse dinge wat sy nie nou voor raad gehad het nie, en hoe hy kon help daarmee. Dan sê sy “Ons bid en vra die Here om ons te help en dan verwag ons ’n engel of iets…maar dan stuur Hy mense om ons te help. En dit is hoe God nog altyd vir ons help, deur mense.” Haar vertroue op God en haar jare lange belewenis van God verander haar seun se besoek tot ’n opdaag namens God. Tannie Rosa en oom Chris het oor jare deur moeilike en wonderskone landskappe deur ontdek hoe dit lyk om saam met die lewende teenwoordige God te leef. Hulle kan nie anders as om die lewe en God se beweging in die alledaagse te herken nie. Frederick Buechner nooi ons uit: “Listen to your life. Listen to what happens to you because it is through what happens to you that God speaks. . . . It’s in language that’s not always easy to decipher, but it’s there powerfully, memorably, unforgettably.” Om die opstanding te herken vra dat jy die eerste opstanding in jou hart moet graveer, jouself as ’n opstandingsmens moet sien en dan op die Gees moet vertrou om jou te help om die herskeppende lewe, waarmee Gód besig is, oral rondom jou en in jou te herken. Ons sien hierdie herkenning langs teleurstelling se wegloop-pad, by ’n bang-wees-wegkruip-plek, in die alledaagse frustrasie van mislukte pogings, by ’n brood breek saam met ’n vreemdeling, ’n visbraai saam met vriende en langs ’n vuur van verleentheid. Wanneer ons later lees van Paulus se botsing met die Opgestane Jesus in Hand. 9 dan sien ons (soos met Maria, die dissipels, Tomas, die Emmaus-gangers en met Petrus) dat daar iets van ’n bekering, ’n rigtingverandering en ’n nuwe self-verstaan in hulle gebeur. Dan kan hulle nie help om die nuwe-lewe-beweging raak te sien en daarby aan te sluit nie. Mag jy die opstanding al meer herken. Na-leef teks “Ons het die Here gesien.” Dissipels aan Tomas “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.” Efesiërs 1:18-20 Na-leef vrae Wat sou jy sê is die herkenbare karaktertrekke van die opstanding? Waar het jy onlangs die opstanding herken? / Waar het jy onlangs ’n behoefte daarna herken? Jesus vra vir ’n blinde Bartimeus “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Waarop Batimeus antwoord “Rabbi, dat ek kan sien.” Om die opstanding te herken het jy dalk nie ’n Geneesheer nodig nie, maar ’n Rabbi wat jou kan leer om dit te herken. Vra die Gees, in jou eie woorde, dat jy die opstandingslewe al meer wil sien.
-
-7
Preek | Sondag 3 Mei – Deon Botha
Vandag saam met SG “Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink? Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” – Deon … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-8
Preek | Sondag 26 April – Pieter Roeloffse
Vandag saam met SG ’n Vrede wat wonde vermy, verdoof of ignoreer, is nie vrede nie – dit is net vertraagde verweer. ’n Opstandingsgeloof weier, al is dit vrek moeilik, seer, ongemaklik en selfs twyfelagtig, om met hierdie fatalistiese houding óf met vermyding te leef. Die opstanding bekeer ons idee oor wonde-as-littekens na wonde-as-wondertekens. Jesus nooi ons, soos vir Tomas “Kom in voeling met my wonde en wees nie langer ongelowig nie, maar gelowig.” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-9
Preek | Sondag 19 April – Heinrich Dry
Vandag saam met SG “En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” Lukas 24:30 … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-10
Preek | Sondag 12 April – Pieter Roeloffse
Vandag saam met SG 10:00 Erediens, Kinderbediening begin! 11:15 Boerie-braai, as jy nie geRSVP het nie, kom kuier en eet steeds saam, daar is altyd genoeg om te deel! 17:00 Tienerkerk in die Klubhuis In ’n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I’ve seen it too many times, not to believe it.” Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het. Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe God-bedoelde lewe, in lewende lywe gesien of ervaar?” Kom gee die eerste tree saam met ons in die nuwe reeks “Herken die opstanding”. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-11
Preek | Opstandingsondag – André Serfontein
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense…Johannes 1 . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:
-
-12
Preek | Goeie Vrydag – André Serfontein
Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, ‘n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of kyk na die lewendige diens net na die kindergedagte. . Vir die kids op Goeie Vrydag: . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:
-
-13
Preek | Sondag 29 Maart – Pieter Roeloffse
“Ons loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien. Om ’n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien wat Sy herstel-plan vir die nuwe, herskepte aarde is: dat genoeg mense die man op die geleende donkie sal volg…want so sal ons die nuwe aarde ontvang.” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-14
NA-LEEF gedagte | Gelukkig is jy wat huil (2)
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Gelukkig is jy wat huil… Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is ’n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van huil en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Gelukkig is jy wat huil Gelukkig is jy wat huil want jou siel is nie verdor nie. Gelukkig is jy wat huil want jou hart is nie versteen nie. Gelukkig is jy wat huil want jou lyf is nie verwyderd nie. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verklap jou menslikheid, jou afhanklikheid, ons nog maar oppad wees. Gelukkig is jy wat huil met trane, of net ’n sug, want jy ontdek weer jou eie weerloosheid, jou klein, afhanklik, kind wees. Gelukkig is jy wat huil want jou trane ontbloot wat vir jou belangrik is. Gelukkig is jy wat huil want jou trane dwing jou verby die oppervlak van jou bestaan. Gelukkig is jy wat huil want jou trane stop jou geskarrel, vra jou om hier te wees, verlos jou van ontvlugting. Gelukkig is jy wat huil oor ’n geliefde se dood, want hul lewe het gewig gehad, jou hart bewoon, meer as net jou sintuie geraak. Julle was die rare wonder van geliefdes-van-mekaar. Gelukkig is jy wat huil oor ander se seer, want hulle dra dit nie alleen nie. Gelukkig is jy wat huil oor ’n gebroke werklikheid, want jy behoort aan ’n groter heelheid: ’n geloof in goedheid, ’n hoop op herstel, ’n liefde vir skoonheid. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verlos jou van die greep van tydelikheid. Gelukkig is jy wat huil want jy sal kan glo in ’n God wat huil — ’n God met ’n hart, ’n teenwoordige God, ’n God wat saam treur, ’n God wat hoop. Gelukkig is jy wat saam met ander kan huil, want jy sal ook saam met hulle lag, saam met hulle vier. Gelukkig is jy wanneer jy erken — dit is swaar om te huil. Want diep in ons almal woon ’n verlange na ’n wêreld waar trane net lagtrane of trane van verwondering is. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.” Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het ’n versteekte wysheid, ’n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?
-
-15
NA-LEEF gedagte | Geseënd is dié wat huil (1)
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Geseënd is dié wat huil (1) Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is ’n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Geseënd is dié wat huil Geseënd is dié wat huil wanneer die gewig van die lewe deur hul skanse breek, hul voorgee stroop en die waarheid tot trane vloei — want dit is hier waar ons onthou ons was nooit bedoel om die wêreld alleen te dra nie. Geseënd is dié wat huil oor wat verloor is — ’n geliefde stem wat stil geword het, ’n stoel wat leeg staan by die tafel, ’n lewe wat skielik verander het— want rou is liefde wat nêrens anders het om heen te gaan nie— as om te besef hoe hul liefde jou gevind het nie. Geseënd is dié wat huil, wat weier dat die wêreld hul verhard. In ’n tyd wat eis ’n rots-van-Gibraltar, deurweek trane die hart, tot vrugbare grond wat nooit sal versteen nie. Geseënd is dié wat huil omdat hul ontsteld word oor wat verkeerd is in die wêreld— geweld waar daar vrede moet wees, gierigheid waar daar genoeg moet wees. Hul trane verlang na heelheid — verbind hul aan ’n ander moontlikheid, sleur hul mee tot geregtigheid . Geseënd is dié wat huil met die trane van ’n ander se seer. Wanneer ander se trane in jou hart loop lê beweeg God se genade reeds, omhelsend, verby alle twyfel heen. Geseënd is dié wat huil wanneer waarheid illusie deurbreek— die stof afwas van vensters van die siel— dat ons helder kan sien wat in ons gerief vermy, geklee, vertroetel word. Geseënd is dié wat huil eerder as om terug te slaan; wat in die middel, eerder as aan ’n kant, gaan staan; wat vrede se ewigheidspas bo kits kunsmatige wraak verkies. Hul trane hou beide die pole vas, skilder waterwerf landskappe wat die verbeelding van almal verras. Geseënd is dié wat huil omdat hul ten koste van hulself probeer om reg te doen — want trane troos teleurstelling, voed verlange, vloei tot ‘n volgende tree op die pad wat lewe gee. Geseënd is dié wat huil wanneer hul liefdesoffer misbruik word want hulle sal onthou— liefde se krag, liefde se vreugde, liefde se lewe, leef in die gee. Geseënd is dié wat huil — want hulle sal ontdek, onthou, glo in ’n God wat huil oor ’n wêreld wat verward is oor wat seën werklik is. Mag jou elke traan in die lewegewende stroom van God se trane drup. Mag jou elke sug uitnooi na inasem van ’n Gees-deurweekte lewe. Al is dit snikkend. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.” Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het ’n versteekte wysheid, ’n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?
-
-16
Preek | Sondag 15 Maart – André Serfontein
“Psalms of lament are powerful expressions of the experience of disorientation. They express the pain, grief, dismay, and anger that life is not good. They also refuse to settle for things as they are, and so they assert hope.” – Walter Brueggemann … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
-
-17
NA-LEEF gedagte | Wie help jou om mens te word?
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Naleef-gedagte: …wie help jou om mens te word? Ek lees vanoggend ’n aanhaling van die Iranese skryfster, Azar Nafisi wat sy in 2022 geskryf het. Dit klink of sy dit vanoggend kon geskryf het “My worry is that this polarization, along with more and more dependance on virtual reality, prevents us from connecting with other human beings and with the real world. This lack of connection dehumanizes not just others but also ourselves.” Loop ons ook die gevaar om ons menslikheid te verloor? Wat kan ons as die volgelinge van die God-wat-mens-word daaraan doen? In ’n era van eksponensiële tegnologiese ontwikkeling en totale magsmisbruik, soos wat ons op die oomblik sien, loop ons die gevaar om onbewustelik deel te word van die kultuur van ontmensliking. Soos in alle gruweldade teen die mensdom deur die geskiedenis gebeur die dehumanising nie net met die slagoffers nie, maar ook met die boosdoeners en die omstanders van die ongelukstoneel. In hierdie era klink Jesus se uitnodiging “Geseënd is die wat arm van gees is, wat weerloos is, wat mens is, wat sag is, wat breek wanneer ander gebreek word…” klok-helder soos ’n doktersvoorskrif, maar totaal teen-intuïtief. Wat maak ons hiermee as ons nie regtig so “arm van gees” voel nie? In plaas daarvan om my eie verwarde gedagtes op jou te kom neer stort, lees ons eerder ’n gedeelte uit Jean Vanier se boek “Becoming human” en vra eenvoudig ’n vraag aan die einde: “Like all of us, I have my story. Mine began as a young person of thirteen when I journeyed from Canada to England and joined the Royal Naval College in 1942. It was the middle of the war with Nazi Germany, and I had decided to prepare myself to serve on warships. I spent eight years in the navy. I left the navy in 1950 searching for another road to peace. I went to live in a small Christian community near Paris. We worked manually, we pursued studies in philosophy and theology, and we prayed together. Then in April 1964 I went to visit a holy priest — a man of God. He was chaplain to a small institution for people with intellectual disabilities. It was there I discovered the plight of men and women who had been put aside, looked down upon, sometimes laughed at or scorned. They were seen as misfits of nature, not as human beings. Touched and hurt by the way so many were treated, I was able to buy a little house in a village north of Paris and to welcome two men with disabilities from a sad and violent institution. Philippe Seux and Raphael Simi had each had a viral disease when they were children. The result of their illnesses had left them with significant disabilities. They never went to school, and when their parents died they were put into this dismal asylum. And so the first community of L’Arche was born. Today, forty-four years later, there are 134 such communities in thirty-five different countries. In these communities men and women with disabilities can develop in a spirit of freedom. We live together — those with disabilities and those who wish to have a deep and sometimes lasting relationship with them. We laugh and cry and sometimes fight with one another; we work, we celebrate life, and we pray together. Believe it or not, it has been this life together that has helped me become more human. Those I have lived with have helped me to recognize and accept my own weaknesses and vulnerability. I no longer have to pretend I am strong or clever or better than others. I am like everybody else, with my fragilities and my gifts.”- Jean Vanier (uit: Becoming human) Na-leef teks “Gelukkig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.” Matteus 5:3 Na-leef vraag Watter arm-van-gees mense moet jy nader aan beweeg sodat hulle jou kan help om mens te bly?
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
TOPICS IN THIS SHOW
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
'n Lewe wat IETS BETEKEN
HOSTED BY
SG Web
Loading similar podcasts...