PODCAST · religion
VlottiesVGK
by Vlottenburg VGK
Saamgesels, saamgroei, en saamluister na stories van Vlottenburg VGK
-
40
Vrede van ‘n ander aard
In ‘n wêreld van onrus, preek Reggie Nel van ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan - ‘n vrede van ‘n ander aard.
-
39
Onse stories
Oom Alfred, Auntie Ellie, Auntie Fran en Auntie Getruida vertel hulle stories en die storie van ons gemeente. Opgeneem op 31 Aug 1963 te Vlottenburg.
-
38
Oorkom die Vrees deur Geloof
Ds Karien preek tot vroue in Vrouemaand. Sy daag vroue uit om die vrees te oorkom deur geloof
-
37
Geroep tot Groei
Gestuurdes groei. Hulle is nie bloot gemaak en laat staan nie. Reggie Nel wys uit 1 Petrus 2:2-10 wat die geheim van groeiende gestuurde gemeentes is.
-
36
Gestuurde gemeentes
Waar kom gestuurde gemeentes vandaan? Ons delf in Matt 9:35-10:10 en ontdek Jesus se dillema …
-
35
Goeie (h)erders
Goeie (h)erders Deur Reggie Nel
-
34
Niks sal ons kan skei van God se liefde
Jayson Gribble praat nav Rom 8 en die storie van Josef oor God se liefde.
-
33
Genadeboer
God boer net genade. Selfs as boosheid oortyd werk is God nog steeds in beheer.
-
32
Leierskap in komplekse tye
Wat kan ons leer (ook) uit die foute van antieke konings? 1 Sam 13 en verdere hoofstukke is geskiedenis uit die wel en weë van Israel se eerste konings
-
31
Ware Vryheid vanuit die Paasfees
Paasfees is ‘n seisoen waar die gemeente en gelowiges leef vanuit die Opstanding. Ook ware vryheid word ‘n moontlikheid. Ons lees Hand 3:12-19
-
30
Lewe vanuit Paasfees.
Wat beteken Paasfees vir ons? Hoe is die lewe na die opstanding van Jesus Christus? In hierdie episode kyk ons na die kerk in Handelike 4:32-37 en vra die vraag, hoe leef gelowiges van uit Paasfees.
-
29
Oorgange: Waar is God en waarheen lei God ons?
Ons leer lesse uit die lewe van Samuel (1 Sam 8:6-7) en hoe God ons lei asook waarheen God ons lei. Musiek deur Matt Redman (Heart of Worship, It is Well with my Soul)
-
28
Geestelike fondasies vir oorwinning.
Ons deel gedagtes vanuit die boek Samuel oor die geestelike fondasies vir oorwinning. Lees 1 Sam 7 en gesels saam! Musiek deur Kainos Music Ministry en Vision X (Julian Manuel)
-
27
Wat is God besig om te doen - in hierdie tyd?
Ons voel soms dat ons eensaam, onseker is en dan voel mens soms, waar is God? Ons tema is vandag, Wat is God besig om te doen, in hierdie tyd? Volgens 1 Sam 5 word gedagtes gedeel. Musiek: “Wonderful Gospel Sax”
-
26
Waartoe roep God ons?
Ons gaan voort met ons reeks oor vraag wat hoor ons God sê en waartoe word ons geroep. Ons dink na oor Samuel en watter lesse ons kan leer.
-
25
Onderskei God se stem
Hoe onderskei mens God se stem in hierdie tyd? Dis die tweede Sondag na die fees van Epifanie (die verskyning van God). Waartoe roep God ons? Ons lees 1 Sam 3:1-21.
-
24
Prys God - ‘n Nuwe jaar!
Volgens Ps 29 kan ons God prys en aanbid vir ‘n jaar. Ja, die uitdagings is daar, maar God regeer. Agtergrondsmusiek: “Wonderful Gospel Sax”; New Vision Music (c)
-
23
Oujaarsboodskap
Oujaar 2020 is verby. Of is dit? Hoe navigeer ons die oorgange met die lesse van ‘n Globale pandemie? Jeremia (8:4-9:1 ) moes dit hanteer. Watter lesse kan ons ook leer?
-
22
Uitgespaar - deur die genade
Op die laaste Sondag van 2020 ... ‘n uiters moeilike jaar, kom God en hy stap saam met ons ... soos Hy met die antieke volk gestap het.
-
21
God floreer ook in nuwe tye ...
In ‘n nuwe situasie is daar verskillende boodskappe. Soos in die Bybelse tyd kan God ook nou hier, selfs deur sy gemeente floreer ....
-
20
God doen ‘n nuwe ding
Selfs, en veral in ons woestyn ervaringe kom God en doen ‘n nuwe ding. Luister op ‘n nuwe manier na Exodus 20.
-
19
God sorg, selfs in die woestyn.
Soms is ons verby ons menslike laaste .... Is God ook daar?
-
18
Om weer te kan droom
Ons nader die einde van die grendelstaat. Vanuit Jes 53:4-5 is God by ons op ‘n spesifieke wyse ... om oor ‘n nuwe toekoms te droom.
-
17
Die wil van God?
Hoe moeilik is dit om wil van God te verstaan. Veral as daar lyding ter sprake is.
-
16
Ons hulp vandag
Hoe leer ons om weer te glimlag? Ons dink na oor Ps 124 veral binne die konteks van ons onsekerheid, in die konteks van lyding.
-
15
God kan meer doen ...
Hoe kan vroue negatiwiteit oorkom? Dr Benita Nel deel uit Ef 3:20-21 die geheim ... Sy deel uit haar eie ervaring.
-
14
Littekens van genade
Dis Vrouemaand en ons dink na oor ‘n geskiedenis van seer, lidtekens ... Jakob, die bedrieër het ook littekens gedra ... binne in en op sy lyf ... hy het gegroei daardeur ...
-
13
God staan vir jou in
Soms het mens net nie krag nie, nie woorde nie. Jy weet selfs nie wat om te bid nie. God sal in so ‘n situasie intree volgens Rom 8:25-28. Lirieke van “In Harm’s Way”. (Bebe Winans)
-
12
Lyding kan lei tot groei
Lyding is nie die einde nie. Hoe kan mens sin maak selfs na en deur ‘n traumatiese ervaring? Lees Rom 8:18-24
-
11
Groei, selfs deur Hindernisse
Hindernisse - vuurproewe kom op ons pad. Uit 1 Pet 4:12-19 leer ons dat God kan pyn gebruik tot ons groei. “Obstacles”, is soms die pad na groei.
-
10
Hemelvaart in Moderne tyd?
Christene glo Jesus het lekkerlik “opgevaar” na die Hemel. Wat beteken dit vandag - in ‘n sekulere konteks? Ons dink na oor die betekenis van Ef 1: 15-23.
-
9
Om anders te dink ...
Onregverdige en onskuldige lyding laat ons soms twyfel of ons die regte ding doen. Jesus se lyding gee ander denkwyse oor ons lyding. Dit gee ‘n nuwe verstaan van menswees (James Cone).
-
8
Opstanding en Hoop
Ons hoop is geanker in die Opstanding van Jesus Christus uit die dode. Na paasfees kan gelowiges - selfs in die aangesig van Covid-19 bly hoop - selfs waar die dood ingetree het.
-
7
Geloof is om te kan sien
Ontnugtering en donkerte beperk ons visie - dit bring angs. Vanuit Johannes 20:1-18 leer ons dit is nie meer, “sien-is-glo” nie. Selfs te midde van die grendelstaat, bely ons Jesus het Opgesstaan - ook vandag, 12 April 2020.
-
6
“Goeie” Vrydag in Covid-19?
Nog 14 dae meer is afgekondig van inperking. Wat kan “goed” wees in afsondering, inperking en stil word? Op 10 April 2020, op “Goeie” Vrydag hoor ons van die lied van die lydende kneg (Jes 52:13-53:12). Lyding kan tog sin maak.
-
5
Geloof van die geknakte riete
Op Maandag van die Groot Lydensweek - 6 April 2020, worstel geknakte riete met geloof. Maria was Jesus se voete op die vooraand van sy kruisiging; Ingrid Jonker worstel in diep vertwyfeling. Covid19 sny diep in ons wese in. Wat beteken om te glo as ‘n geknakte riet?
-
4
Geloof waneer die wêreld krimp (E)
Hoe glo ons as ons wêreld kleiner word - soos tydens “Lockdown” - te midde van lyding? Ons tye, ook tydens Lydensweek 2020; ons lewe is in Gods hand (Ps 31: 9-15). Ons kan oorgee, ons kan ons lewe in Sy hand oorgee. (Hierdie episode is in Engels)
-
3
-
2
Gelowig te midde van Covid19
Op 29 Maart 2020, dis 3 dae in die “lockdown” (grendelstaat), maar ook vir gelowiges die 5de Sondag in Lydenstyd (“Lent”). Hoe leef ons volgens Eseg 37: 1-14 gelowig te midde van die pandemie?
-
1
Covid19 skud diep.
Die eerste episode op 22 Maart 2020, as verwelkoming en inleiding tot Vlottenburg VGK podgooi. Die Covid-19 grendelstaat het alles geskuif - daar is onsekerheid, maar volgens Jes 53, laat geloof ons anders kyk na ons situasie en ons toekoms.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Saamgesels, saamgroei, en saamluister na stories van Vlottenburg VGK
HOSTED BY
Vlottenburg VGK
CATEGORIES
Loading similar podcasts...