PODCAST · news
Vra die kenner
by Netwerk24
Veg, vlug of vries – só reageer die menslike brein op gevaar. Die onsigbare vyand wat die wêreld op sy kop gekeer het, ontlok ook dié reaksie en die angsvlakke blyk die hoogte in te skiet. Maar sê Liizl Miller, 'n kliniese sielkundige van Pretoria, jy kán beheer neem oor jou angs en selfs iets goeds daarvan maak.
-
21
Vra die kenner: Marnus Broodryk oor kleinbesighede in die knyp tydens Covid-19
Kleinsakeondernemings gaan waarskynlik die swaarste deur 'n langdurige Covid-19-pandemie getref word - maar dis juis die veerkragtigheid van entrepreneurs wat ondernemings kan red. Marnus Broodryk is 'n entrepreneur wat wyd gaan soek het na antwoorde.
-
20
Vra die kenner: Liizl Miller gee praktiese wenke teen korona-angs
Veg, vlug of vries – só reageer die menslike brein op gevaar. Die onsigbare vyand wat die wêreld op sy kop gekeer het, ontlok ook dié reaksie en die angsvlakke blyk die hoogte in te skiet. Maar sê Liizl Miller, 'n kliniese sielkundige van Pretoria, jy kán beheer neem oor jou angs en selfs iets goeds daarvan maak.
-
19
-
18
Vra die kenner: Lizz Meiring oor kunstenaars se brood en botter in die tyd van Covid-19
Miljoene rande aan inkomste is eensklaps uitgewis toe die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees weens Covid-19 gekanselleer is. Van in 'n hoekie sit en huil is daar nie sprake nie, sê die teaterdoyen Lizz Meiring, wat vorendag gekom het met die Huisteater-plan om KKNK-produksies dwarsoor die land aan te bied.
-
17
-
16
Vra die kenner: Covid-19- SA'ners in wêreldstede aan die woord
Paniekaankope, vuisgevegte oor toiletpapier en teleurstelling in wêreldleiers - Suid-Afrikaners van Amerika tot Rusland, Nederland tot Spanje sê Covid-19 is op almal se lippe. Kom saam op 'n blitsreis na 'n paar wêreldstede.
-
15
Vra die kenner: Dr. Angelique Coetzee oor privaatpraktisyns en Covid-19
Wat as daar 'n siek mens in 'n minibustaxi klim? Wat as jy in 'n gebied bly waar daar meer as een Covid-19 geval is? En hoe gemaak met mense wat meer paniekerig as siek is? Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die mediese vereniging van Suid-Afrika, sê hoewel die maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het, verwelkom word, is daar aspekte wat haper.
-
14
-
13
-
12
Vra die kenner: Prof. Talita Greyling oor Suid-Afrika se gelukkigheidsindeks
Die jongste gelukkigheidsindeks wys dat Suid-Afrikaners ondanks groot uitdagings oorwegend gelukkig is. Selfs die aankondiging van die eerste positiewe geval van die nuwe koronavirus kon die land nie onderkry nie. Prof. Talita Greyling, welstand-ekonoom verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, wat dié indeks bedryf verduidelik.
-
11
-
10
Vra die kenner: Prof. Jannie Rossouw oor die daling in die olieprys
Vir diegene wat dink dat elke wolk 'n silwer randjie het, is die skerp daling in die olieprys en die styging in die goudprys op die oog af goeie nuus vir Suid-Afrika. Prof. Jannie Rossouw, tussentydse hoof van Wits se sakeskool, verduidelik egter dat daar groot onsekerheid oor die ekonomies uitwerking van die koronavirus agter alles sit.
-
9
Vra die kenner: Prof. Anton Stoltz oor Covid-19 in SA
Hoe deeglik, hoe lank en waarmee moet jy jou hande was om die koronavirussiekte, Covid-19 te voorkom? Moet jy 'n masker dra? Moet jy reis? Prof. Anton Stoltz, hoof van die departement aansteeklike siektes aan die Universiteit van Pretoria gee sy mening.
-
8
Vra die kenner: Oudregter Johann van der Westhuizen oor parool
Misdadiger, vonnis, tronksel – einde van die storie – totdat parool ter sprake kom. Die minister van justisie en korrektiewe dienste meen die paroolstelsel moet hersien word. Die voormalige inspekterende regter van tronke, oudregter Johann van der Westhuizen, meen egter die stelsel werk, dit is die administrasie daarvan wat haper.
-
7
Vra die kenner: Anthoni van Nieuwkerk oor die uitslae van Super Tuesday
Die uitslae van Amerika se Amerika se "Super Tuesday" dui op groot ondersteuning vir Joe Biden, wat hoop om die Demokrate se presidentskandidaat te word. Bernie Sanders se hoop is nou op Kalifornië se uitslae om steeds in Biden se nek te kan blaas. Prof. Anthoni van Nieuwkerk van die Universiteit van die Witwatersrand glo egter 'n opdraande stryd lê vir Sanders voor.
-
6
Vra die kenner: Theo Venter oor Super Tuesday
Ondersteuners van die Demokratiese Party in Amerika behoort ná Dinsdag 3 Maart 'n beter aanduiding te hê oor wie hul kandidaat vir die presidentsverkiesing in November gaan wees. Theo Venter, van die NWU-besigheidskool in Potchefstroom, verduidelik waarom dit as Super Tuesday bekend staan en ook watter sogenaamde "swart swaan" later vanjaar die verkiesingsake kan omkrap.
-
5
Vra die kenner: Ekonoom Mike Schüssler
Dit is malligheid om te dink dat daar geen ander uitweg is as om pensioengeld te gebruik om Eskom te red nie, sê 'n voormalige ekonoom van die jaar. Mike Schüssler, eienaar van Economists.co.za, meen dat dit eintlik op diefstal neerkom.
-
4
Vra die kenner: Francois Daneel, 'n onderwyser in Wuhan, China
Pres. Cyril Ramaphosa het opdrag gegee om Suid-Afrikaners in Wuhan, China - die episentrum van die Covid-19-epidemie - terug te bring. Alet Joubert wou by die Randfonteiner Francois Daneel, 'n onderwyser in Wuhan, weet of hy wíl terugkom Suid-Afrika toe.
-
3
Vra die kenner: Prof. Marietjie Venter oor Covid-19
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 'n pandemie van die Covid-19-koronavirus is onafwendbaar. Alet Joubert wou by die viruskenner prof. Marietjie Venter weet of dit rede tot paniek is en hoe nou gemaak met oorsese reise?
-
2
Vra die kenner: Ekonoom Elna Moolman
Was Tito Mboweni, minister van finansies dapper genoeg om die land van afgradering en 'n fiskale afgrond te red met die begroting wat hy ter tafel gelê het? Elna Moolman, senior ekonoom van Standard Bank gee haar kennersmening.
-
1
Vra die kenner: Ekonoom Dawie Roodt
Begroting-2020 is op hande met hoë verwagtings dat Tito Mboweni, minister van finansies die staat se gordel gaan styftrek. Alet Joubert het Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient groep gevra wat hy dink Tito gaan sê en wat Tito moet sê.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Veg, vlug of vries – só reageer die menslike brein op gevaar. Die onsigbare vyand wat die wêreld op sy kop gekeer het, ontlok ook dié reaksie en die angsvlakke blyk die hoogte in te skiet. Maar sê Liizl Miller, 'n kliniese sielkundige van Pretoria, jy kán beheer neem oor jou angs en selfs iets goeds daarvan maak.
HOSTED BY
Netwerk24
CATEGORIES
Loading similar podcasts...