PODCAST · health
Wie is ek?
by RSG
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
-
639
Wie is ek: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los?
4 September 2026: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? En, waarom loop sommige mense ’n kamer binne en almal se aandag gaan sommer vanself na hulle?
-
638
Wie is ek: Hoekom lyk dit of almal weet wat hulle doen, terwyl jy net probeer byhou?
28 Augustus 2026: Het jy ook soms die gevoel dat almal die handleiding vir die lewe gekry het, behalwe jy? Hoekom lyk dit asof ander mense presies weet wat hulle doen, terwyl jy soms net probeer byhou? En, almal baklei van tyd tot tyd, maar wanneer word dit ’n probleem? Is baklei noodwendig sleg vir ’n verhouding, of kan konflik eintlik normaal en selfs gesond wees?
-
637
Wie is ek: Huil jy in die stort? Hoekom stoot iemand met kanker my weg?
21 Augustus 2026: Waarom breek sommige mense skielik in trane uit wanneer hulle stort? Is dit net die warm water, of gebeur daar iets dieper in die brein? Hoe ondersteun jy iemand met kanker wat jou wegstoot om jóú te beskerm, terwyl jy net daar wil wees?
-
636
Wie is ek: Gesonde grense sonder skuldgevoelens; Hormonale veranderinge
14 Augustus 2026: Hoe stel jy grense sonder om mense te verloor? Hoe beïnvloed hormonale veranderinge jou emosionele stabiliteit?
-
635
Wie is ek? Emosionele uitputting; Emosionele trauma
7 Augustus 2026: Voel dit asof jy emosioneel leeg is, al gaan die lewe net aan? Hoe bou 'n mens weer energie ná emosionele uitputting? En kan 'n mens regtig herstel van emosionele trauma?
-
634
Wie is ek? Die manier waarop jy grootgeword het, beïnvloed dikwels jou ouerskap
31 Julie 2026: Baie ouers word later presies die ouer wat hulle hulleself beloof het hulle nooit sou wees nie. Hoe weet jy wanneer dit tyd is om 'n verhouding te los, of eerder daaraan te werk?
-
633
Wie is ek? Hoekom groei ons identiteit so maklik aan ons werk en prestasies vas?
24 Julie 2026: Jou werk kan baie meer as net 'n salaris wees. Vir baie mense word dit deel van wie hulle is. En, hoekom voel sommige mense leeg, al het hulle alles waarvan hulle nog altyd gedroom het?
-
632
Wie is ek: Hoekom is dit moeilik om as volwassene vriende te maak?
17 Julie 2026: Hoekom was dit as kind so maklik om vriende te maak, maar as volwassene soveel moeiliker? En, wat gebeur met jou emosies wanneer geldsorge elke dag saam met jou opstaan? Ons ondersoek die sielkunde agter ons verhoudings, en finansiële stres.
-
631
Wie is ek? Onverwagse rou; Groot verandering
10 Julie 2026: Wat doen jy wanneer rou jou onverwags oorval, maar die lewe verwag jy moet net aangaan? En, hoe aanvaar jy groot verandering sonder om jouself langs die pad te verloor?
-
630
Wie is ek? Voel jy soms asof jy net probeer byhou?
3 Julie 2026: Voel jy soms asof jy net probeer byhou? Asof jy elke dag rolle speel — die sterk een, die verantwoordelike een, die een wat alles onder beheer het? En tog voel jy oorweldig, uitgeput en vreemd… los van jouself. Hoekom gebeur dit? Ons ondersoek waarom soveel mense voel hulle leef sonder om werklik teenwoordig te wees.
-
629
Wie is ek? Waarom voel jy soms leeg ná groot veranderinge?
26 Junie 2026: Groot lewensveranderinge bring nie net verlies nie. Selfs positiewe veranderinge kan gevoelens van leegheid, onsekerheid en verwarring ontlok. Jou brein moet dikwels eers aanpas by 'n nuwe weergawe van jou lewe. En, wanneer jy ure lank oor dieselfde dinge dink en herkou - is dit insig wat groei, of angs wat jou vasvang?
-
628
Wie is ek? Is dit gesond om altyd beskikbaar te wees?
19 Junie 2026: Hoekom dra sommige mense emosionele pyn vir jare sonder om dit raak te sien? En, is dit regtig gesond om altyd beskikbaar te wees vir almal rondom jou? Ons ondersoek hoe ongemak soms normaal begin voel, en waarom die onvermoë om grense te stel jou welstand kan beïnvloed.
-
627
Wie is ek? Wie is jy werklik as jy aanpas by wat ander van jou verwag?
12 Junie 2026: Hoe weet jy wie jy regtig is as jy jou hele lewe lank aanpas by wat ander van jou verwag? Waarom verloor sommige mense belangstelling sodra iemand hulle goed behandel? Ons praat oor identiteit, aanvaarding en die vreemde patrone wat ons verhoudings beïnvloed.
-
626
Wie is ek? Die emosionele prys van konstante goedkeuring soek
5 Junie 2026: Mense verander dikwels hulle gedrag, persoonlikheid en selfs voorkoms, net om aanvaar te voel. Wie sou ek wees as ek niemand se goedkeuring nodig hehad het nie? En, liggaamsdismorfie gaan nie oor ydleheid nie, dit kan iemand obsessief laat fokus op gebreke, wat ander mense skaars raaksien.
-
625
Wie is ek? Hoe vra ek vir hulp sonder skaamte?
29 Mei 2026: Baie mense vra eers vir hulp wanneer hulle al lank emosioneel uitgeput is, omdat skaamte hulle stil hou. Hoe vra mens vir hulp sonder skaamte? En, Hoekom bly mense soms in verhoudings wat hulle seermaak?
-
624
Wie is ek? 22 Mei 2026
Is dit moontlik om langs iemand te lê en tog diep eensaam te voel? En, as jou maat emosioneel ontrou was, kan vertroue ooit regtig herstel? Ons gesels eerlik oor emosionele afstand, verhoudingspyn en die moeilike pad terug na mekaar toe.
-
623
Wie is ek? 15 Mei 2026
Moedswilligheid gaan nie altyd oor rebels wees nie. Dit is dikwels ’n manier waarop mense beheer probeer terugvat wanneer hulle oorweldig voel. En, daardie skuldgevoel wanneer jy iets vir jouself doen is nie altyd ’n morele kompas nie, dis dikwels iets wat jy oor jare aangeleer het.
-
622
Wie is ek? 8 Mei 2026
Hoe sê ‘n mens “nee” sonder om skuldig te voel? Hoe onderskei ’n mens tussen stres, uitbranding en depressie?
-
621
Wie is ek 1 Mei 2026
Konstante moegheid is nie altyd fisies nie. Dit kan ’n teken wees van emosionele oorlading, wat jou liggaam nie meer kan dra nie. En, tydens menopause kan hormonale veranderinge jou gemoed só beïnvloed dat jy voel jy word iemand anders.
-
620
Wie is ek?
Louis Awerbuck doen 'n toets met luisteraars. Die toets geld nie net vir liefdesverhoudings nie, maar vir enige verhouding wat jy as belangrik in jou lewe ag. Kom toets saam met ons waar julle probleemareas is.
-
619
Wie is ek?
Om 'n kind te dissiplineer het vele implikasies, nie net vir die kind nie, maar ook vir ouers. Lise Swart kyk na die belang van straf, hoe ouers hulle lewe makliker kan maak, en hoekom dit tog nodig is om 'n kind te straf wat die reëls verbreek.
-
618
Wie is ek?
“Iemand wat hulle eie lewe wil neem, wil nie dood gaan nie. Hulle sien net nie 'n uitkoms uit hulle omstandighede nie.” Dit is die woorde van kliniese sielkundige, Louis Awerbuck. Hy praat oor die die redes vir selfdood, die tekens en beskikbare hulp.
-
617
Wie is ek?
Daar word gedurig grappies gemaak oor skoonouers, maar wêreldwyd is hulle soms die hoofrede vir die maak of breek van 'n huwelik. Lise Swart kry raad oor die hantering van die algemeenste probleme wat verhoudingsmaats met hulle skoonouers kan ervaar.
-
616
Wie is ek?
Lise Swart bespreek twee luisteraarsbriewe oor hoe jy jouself sien en ervaar, en watter invloed dit op jou verhoudings, beroep en geliefdes het.
-
615
Wie is ek?
Hoekom kan 'n slagoffer van mishandeling nie sommer net wegstap nie? Hoekom is die sterftesyfers van mishandeling in 'n verhouding so hoog? Hoe kan iemand 'n keuse maak wat 'n verskil kan maak?
-
614
Wie is ek?
Lise Swart vind meer uit oor die langtermyn uitwerking wat oormatige beheer deur ouers op hulle kinders het. Hoe affekteer dit die ouer/kind verhouding en hoe laat dit 'n kind voel as hy nie besluite oor sy eie lewe mag neem nie.
-
613
Wie is ek?
Die meeste mense sou graag meer selfvertroue wou gehad het in verskeie omstandighede. Is daar 'n manier hoe jy kan aanleer om selfvertroue na te boots? Waar pas jou selfbeeld in die prentjie in? Lise Swart kyk na maniere om selfvertroue en selfbeeld te verbeter.
-
612
Wie is ek?
Almal in Suid-Afrika word daagliks aan die een of ander vorm van trauma blootgestel, of dit nou direk of indirek is. Ons lees daarvan, geliefdes gaan daardeur en ons is konstant in afwagting. Watter uitwerking het dit op 'n emosionele en sielkundige vlak? Lise Swart vind meer uit oor trauma, posttraumatiese-stres en die hantering en verwerking daarvan.
-
611
Wie is ek?
Wat is die verskil tussen intimiteit en seks? Is intimiteit noodsaaklik vir 'n gelukkig verhouding? Watter rol speel dit in 'n verhouding? Hoe kan jy dit in jou verhouding versterk?
-
610
Wie is ek?
Vermoed jy jou kind is onnodig angstig oor die wêreld om hulle? Byvoorbeeld, wil hulle die hele tyd weet wat die volgende dag gaan gebeur, of móet hulle klere altyd reggesit wees, of is hulle te bang om skool toe te gaan? Angstigheid onder kinders is besig om wêreldwyd 'n probleem te word vir sowel ouers as kinders. Lise Swart vind uit hoe ouers 'n kind se angstigheid kan leer bestuur, en hoekom dit belangrik is.
-
609
Wie is ek?
Wat is die verskil tussen 'n narsistiese-persoonlikheidsversteuring en iemand wat selfsugtig of selfgesentreerd optree? Dink jy jou verhoudingsmaat is dalk 'n narsis? Watter rol speel jy in hoe jou lewensmaat hulle narsistiese neigings uitleef?
-
608
Wie is ek?
Is jy gediagnoseer met 'n sielkundige toestand, maar jy is te bang om vir jou werkgewer daarvan te vertel? Is jy bang jy kan moontlik jou werk verloor, of hoe jy hanteer gaan word? Is jy 'n werkgewer wat nie seker is hoe om personeel met sielkundige diagnoses te hanteer nie? Lise Swart kyk na albei partye se perspektief, en hoe om die situasie te benader.
-
607
Wie is ek?
Wat is die verskil tussen 'n kind met gedragsprobleme en 'n stout kind (of 'n kind wat kanse vat)? Wat is die emosionele implikasies vir 'n kind met gedragsprobleme, of 'n kind wat hanteer word asof hulle gedragsprobleme het?
-
606
Wie is ek?
So verskriklik soos wat dit is, word almal in Suid-Afrika blootgestel daaglikse aan trauma bootgestel weens misdaad en geweld. Ons hoor dit op die radio, lees daaroor in koerante, en sommige ervaar dit persoonlik of deur geliefdes. Posttraumatiese stres en sekondêre posttraumatiese stres is 'n realiteit, maar hoekom word sekere mense meer daardeur geraak as ander? Hoe kan jy voor die tyd weet hoe traumasensitief jy is? Hoekom is dit enigsins nodig om bewus te wees daarvan?
-
605
Wie is ek?
Lise Swart sit die gesprek voort met sielkundige Christine Nell oor mede-afhanklikes. Hoekom kan mense hulle identiteit kan verloor en afhanklik raak van iemand anders? Hoe raak dit verhoudings? Hoe kan 'n persoon aanleer om meer verantwoordelikheid te neem vir hulle eie keuses, emosies en gedrag?
-
604
Wie is ek?
Is jy in 'n verhouding waar jy voel jou maat verwag van jou om alles vir hulle doen en op alle vlakke vir hulle emosioneel te moet bystaan? Is jy dalk in 'n verhouding met 'n mede-afhanklike? Hoor wat 'n mede-afhanklike is, hoe hulle kan aanleer om eie verantwoordelikheid te neem, en hoekom mense afhanklik raak van ander.
-
603
Wie is ek?
Wanneer iemand sukkel met een of al drie van konsentrasie, geheue en slaappatrone, kan dit 'n teken wees dat iets dalk op 'n emosionele vlak verkeerd is. Kry raad oor hoe om die tekens raak te sien.
-
602
Wie is ek?
Almal se konsentrasie word van tyd tot tyd geaffekteer, so ook jou slaappatroon en geheue. Maar wat kan moontlik verkeerd wees as al drie oor 'n lang tydperk geaffekteer word? Hoor hoe om hierdie drie aspekte te toets, en om raad te kry om dit te verbeter.
-
601
Wie is ek?
Of jy van alkohol hou of dit haat, ons almal het 'n verhouding met alkohol. Met die hoë voorkoms van alkoholmisbruik in Suid-Afrika is dit nodig dat ons almal dink oor hierdie verhouding. Lise Swart praat verder met twee ervare sielkundiges oor hierdie verhouding, hoe jy dit beter kan verstaan, en hoe jy ander kan help indien daar probleme is.
-
600
Wie is ek?
Die gebruik van alkohol speel 'n groot rol in die Westerse wêreld. Daar is mense wat baie lief is vir alkohol, mense wat dit haat en mense wat neutraal is daaroor. Wat is jou verhouding met hierdie substans, en hoe affekteer dit jou lewenskwaliteit?
-
599
Wie is ek?
Lise Swart praat met vier sielkundiges oor die voor- en nadele van 'n verhouding met jouself – die basis van alle suksesvolle verhoudings. Kan jy 'n sukses van ander verhoudings maak sonder 'n verhouding met die self?
-
598
Wie is ek?
Lise Swart gesels met Anton Bühmer oor demensie, waarvan Alzheimers net een vorm is. Hulle kyk na die tekens, gee raad aan geliefdes en verduidelik watter verskil behandeling kan maak as gevolg van die jongste navorsing.
-
597
Wie is ek?
Hoe kan mense wat oorwerk of uitgebrand is balans bewerkstellig om hulle gemoed en lewenskwaliteit te verbeter?
-
596
Wie is ek?
Wat is seksverslawing? Wat is die oorsake daarvan? Hoe kan geliefdes die situasie hanteer? Watter hulp is daar vir verslaafdes?
-
595
Wie is ek?
Wanneer moet jy beheer neem, en wanneer moet jy laat gaan? Die span verduidelik hoekom die verstaan van hierdie konsep 'n beduidende verskil aan jou lewenskwaliteit kan maak. Hulle vertel ook jy 'n beheervraat kan hanteer.
-
594
Wie is ek?
Ná die verlies van geliefdes is daar 'n paar tye in die jaar waar die pyn meer intens ervaar word. Die feesseisoen is nommer een op daardie lys. Diespan gesels oor die hantering van 'n lewende verlies en die verlies van geliefdes aan die dood tydens hierdie moeilike tyd.
-
593
Wie is ek?
Ons almal voel van tyd tot alleen of eensaam, maar al hoe meer mense ervaar dit in die feesseisoen. Hoekom ervaar mense dit juis tydens die “gelukkigste” tyd van die jaar?
-
592
Wie is ek?
Lise Swart praat met drie sielkundiges oor die emosionele uitwerking wat alle vorme van mishandeling op vroue en kinders kan hê.
-
591
Wie is ek?
Lise gesels met twee sielkundiges oor die emosionele uitwerking van 'n MIV-diagnose. Hulle kyk ook na die rol wat verslawing in so 'n diagnose kan speel.
-
590
Wie is ek?
Wat is trauma? Trauma speel 'n groot rol in alle Suid-Afrikaners se lewens, of hulle bewus is daarvan of nie. Die herkenning en erkenning van trauma is net so belangrik soos die behandeling daarvan.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...