Aanbidding is Meer As ‘n Lied

EPISODE · May 13, 2026 · 2 MIN

Aanbidding is Meer As ‘n Lied

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 29:13,14 So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.” (NLV) Het jy al ooit iets probeer doen, sonder dat jou regtig hart regtig daarin was? Dis vervelig, dis niksseggend. Jy doen dit net uit gewoonte. Dit voel soos ’n leë ritueel en dit is betekenisloos. Jy gaan voort daarmee, want, wel, dis wat ‘n mens doen.Maar weet jy, vir baie mense wat hulself Christene noem, word hul Christenskap ‘n verpligting, eerder as ‘n verhouding met hulle Koning en Here. Hulle sleep hulself dalk nou en dan kerk toe en staan daar saam met al die ander mense en sing al hierdie wonderlike nuwe aanbiddingsliedere, maar diep binne-in ... is hul harte nie daarin nie.En sommige van daardie liedjies is werklik ontroerend. Meer as 'n halfmiljoen is oor die afgelope dekade alleen gepubliseer. Maar dit beïndruk God nie in die minste, as jou hart nie daarin is nie.Jesaja 29:13,14 So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.” (NLV)Die slotsom? God word nie beïndruk met die sing van liedere nie. Hy wil nie ons musiek hê nie, Hy wil ons harte hê. En dit is sommige dae nie maklik nie.Soos Charles Spurgeon dit gestel het: Daar is sommige mense wat baie ywerig is wanneer dit kom by die uiterlike aspekte van goddelike aanbidding, maar wie se harte nie opreg teenoor God is nie. Dit is baie makliker om 'n tempel vir God te bou as om 'n tempel vir God te wees.Om God te aanbid is soveel meer as om liedere te sing.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

NOW PLAYING

Aanbidding is Meer As ‘n Lied

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

URL copied to clipboard!