PODCAST · religion
God se Woord VARS vir jou Vandag
by Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
-
1000
Laat Vreugde Jou Dra
Send us Fan MailNehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm. Voel jy asof die laste van die lewe jou onderkry? En hoe langer jy hulle dra, hoe swaarder word hulle; hulle tap jou krag; hulle beroof jou van jou vreugde. Is dit regtig hoe jy wil leef?Mense gebruik kamele al vir byna drieduisend jaar as lasdiere. Daar is 'n rede daarvoor. 'n Kameel kan ongeveer 450 kilogram oor die woestyn dra - nie omdat hy sterk is nie, maar omdat God hom gemaak het met baie fyn ontwerpte sening-en-gewrig-skarniere wat sy bene sluit wanneer hy kniel.Die gewig van sy vrag druk dus nie direk op sy spiere nie; dit word deur sy skeletraamwerk gedra. Die kameel vou nie onder sy las soos ons sou nie - sy skelet doen die werk.Sien in jou gedagtes ‘n prentjie van die kameel met sy vrag. Kom ons dink dan aan die letterlike en figuurlike vrag waaronder die Israeliete gebuk gegaan het. Maar kyk wat God vir hulle, deur die profeet, sê:Nehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.Hy bemoedig sy volk, nadat hulle vir soveel jare in ballingskap geleef het! Terwyl die Israeliete Jerusalem herbou het, moes hulle nie slegs die sterk opposisie van hul vyande hanteer nie, maar ook swaar vragte boumateriaal aandra om die muur en hul huise, weer op te bou. Wanneer jy te midde van ontberings kragteloos voel, gaan dit nie help om op jou tande te kners en harder te probeer stoei nie. Dit gaan oor God se vreugde wat die gewig van jou probleme verskuif; in plaas daarvan dat die las jou gees verpletter, dra sy vreugde jou vrag met sy krag, nie jou eie nie.God se vreugde lig nie net jou kop op nie - dit dra jou vrag, want die vreugde van die Here is jou krag.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
999
Vreugde Begin Hier
Send us Fan MailPsalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Die lewensreis het meer kinkels en draaie as 'n tuimeltrein. Neem een verkeerde draai op jou lewensreis... en jy sal teen hoë spoed die spoor byster raak.Het jy geweet die slim mense sê dat ons gemiddeld 500 bewuste besluite per dag neem. So sal ek en jy in ons leeftyd waarskynlik meer as 13 miljoen bewuste besluite neem.Kom ons neem aan dat 95% daarvan onbelangrik is, en kom ons sit hulle vir 'n oomblik eenkant. Dink aan die 5% - die 650 000 matige tot belangrike besluite - wat jy in jou lewe sal neem.Nou goed, kom ons sê 5% van daardie 5% is swak besluite; dan gee dit jou steeds 32 500 matige tot groot foute. Dis nogal ‘n aardige ou spulletjie, nè? Meer as genoeg om 'n lewe te verwoes. Is dit nie dalk ‘n verduideliking waarom soveel mense so ongelukkig is nie?Dawid het lewensbedreigende uitdagings gehad wat ons sekerlik nooit sal beleef nie. Maar kyk wat hy vir God gesê het in:Psalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.Dawid vind blydskap by die Here. God is sy hele lewe. Hy wys hom die pad om te neem. Hy lei vir Dawid in elke besluit, op elke kinkel en om elke draai. Wat beteken dit om so ‘n verhouding met Hom te hê?Dawid het die antwoord geken: oorvloedige blydskap.God se blydskap begin in sy Teenwoordigheid. Dit is volledig; dit is ewig; en dit hang nie van jou omstandighede af nie. Vertrou Hom; praat met Hom en laat Hom jou pad bepaal en jou met sy vreugde vul!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
998
Ongedissiplineerde Begeerte
Send us Fan MailSpreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV) Hulle sê: 'n kitssukses neem gewoonlik omtrent twintig jaar. Ek weet, ja, ek weet... Ons wens dit was nie waar nie, en tog weet ons dat dit honderdpersent waar is!In 1994 het 'n onbekende ou, met die naam Jeff Bezos, met 'n droom baie groter as wat hy veronderstel was om te droom, met 'n klein aanlyn-boekwinkeltjie in sy motorhuis begin. Terwyl ander agter winsbejag en kitssukses was, het hy sy oë op die horison gevestig gehou. Hy het sy wins herbelê; hy het geëksperimenteer toe ander hulle geldjies spandeer het of versigtig weggebêre het.Daardie motorhuis-gebore-droom het stadigaan sy reikwydte oor die hele wêreld uitgebrei. Amazon het nie slegs ‘n kleinhandelaar geword nie, maar 'n wêreldwye mark, 'n internetpionier en 'n huishoudelike naam – alles omdat een man die waarde van uithouvermoë bo kitsoplossings verstaan het.Bezos het geweier om ongeduldig te word en nie toegelaat dat sukses na sy kop toe gaan nie. Hy het gesê: Korttermyn-oorwinnings is maklik, korttermyn-denke is gevaarlik.Spreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV)Kom ons wees realisties. Ek wil nou nie jou moed breek, of jou drome verydel nie, maar kom ons neem aan dat jy waarskynlik nie nóg 'n Amazon sal begin nie ... alhoewel, wie weet, dalk verbaas jy ons almal? Onthou net een ding: God het jou uniek gemaak om iets te doen; om iets te bereik wat hierdie wêreld 'n beter plek sal maak.En hoewel harde werk nie altyd die vlak van sukses, wat ons in gedagte gehad het, waarborg nie, onthou dat luiheid omtrent honderdpersent van die tyd mislukking waarborg. Droom gerus groot drome, so groot as wat jy wil. Maar onthou, drome sonder dissipline bly net dit: drome! Dit is harde werk en ywer wat drome in werklikheid verander.Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
997
Dodelike Geheimpies
Send us Fan MailSpreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Skinder en stories oorvertel, is so oud soos die berge self! Dit is in die Bybel waar ons hoor dat dit reeds in die Tuin van Eden al voorgekom het. Ja, die oorvertel van geheime en onwaarhede oor ander mense is een van die grootste versoekings van die mensdom. Die slang in die Tuin van Eden het dit afgeskop deur die waarheid oor God te verdraai om vir Adam en Eva die groot leuen oor hul Skepper te vertel.Anne Boleyn, die tweede vrou van Koning Hendrik VIII, was die teiken van hofdienaars en politieke mededingers wat jaloers was op haar invloed. Hulle het om die hoekies gefluister en haar belaster; hulle het haar van egbreuk, bloedskande en heksery beskuldiging en die nuus vinnig versprei.Alhoewel dit absoluut onwaar was, is dit gebruik om 'n saak teen haar te bou. Sy is in die Toring van London onthoof. Met haar wrede dood, is dinge in Engeland gedestabiliseer, die troonopvolging is radikaal verander en daar het politieke onrus ontstaan.Hoeveel mense se loopbane, reputasies en lewens is deur die eeue heen verwoes deur ydele of kwaadwillige skinderstories? Daar moet sekerlik miljoene van hulle wees. Dis nogal iets om oor na te dink, voordat jy volgende keer in die versoeking kom om deel te neem aan ‘n skynbaar onskadelike ou skinderstorietjie.Spreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.Jy mag baie populêr voel wanneer mense om jou saamdrom terwyl jy 'n sappige skinderstorie oordra. Hulle mag dalk in hulle noppies wees wanneer hulle 'n vuil geheim hoor. Maar pasop! Hulle sal jou nooit weer vertrou nie, want hulle weet nou dat jy net so maklik oor hulle ook kan skinder!Skinder mag dalk onskuldig lyk, maar dit dra die krag om mense se lewens te vernietig. Skinder is die duiwel se radio; moenie sy platejoggie wees nie!Mense wat geheime oor ander vertel, kan nie vertrou word nie. Diegene wat vertrou kan word, se geheime gaan na hulle graf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
996
Leef Groot deur Klein te Leef
Send us Fan MailFilippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Jy hoor mense praat oor hul roeping, en dit klink alte deftig en edel. Maar 'n roeping het 'n onvermydelike prys. Dit behels dat jy jou eie begeertes in diens van ander neerlê. En dít is die edel deel.Sommige mense hou daarvan om te spog oor die wonderlike werk wat hulle doen. Sir Nicholas Winton was nie een van hulle nie. In 1938 het hy 'n ski-vakansie gekanselleer om 'n vriend, wat met vlugtelinge in Tsjeggo-Slowakye gewerk het, te help. Omdat hy die Nazi-bedreiging gesien het, het hy die redding van 669 Joodse kinders georganiseer deur treine te reël, visums te bekom en pleeghuise in Brittanje te vind.Hy het 50 jaar lank daaroor geswyg en nooit erkenning vir sy aandeel daaraan gesoek nie. Om net vir homself te leef, sou baie veiliger en makliker gewees het, maar Winton het die moeiliker pad van diens gekies en ander bo homself gestel.Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)Die lewe waarvan Paulus in daardie gedeelte praat, klink mos na die perfekte patroon vir jou om jou lewe op te bou. Ons hoef nie iets groots te bereik nie; dis die klein dingetjies wat ons langs die pad doen, wat mense se lewens beïnvloed.In 'n wêreld waar eiebelang die norm is, is onselfsugtigheid skaars. Die mees vervullende lewe word nie gemeet aan wat jy vir jouself hou nie, maar aan hoeveel jy van jouself weggee.Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
995
Klein in My Hande, Magtig in Syne
Send us Fan MailJohannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Kan ‘n mens 'n skare van vyfduisend met twee klein vissies en vyf brode voed? Dit klink belaglik, nie waar nie? Ek bedoel ... wat het Jesus gedink?Gladys Aylward het in Engeland as ‘n bediende gewerk. Sy het min formele opleiding gehad en amper geen geld nie. Sy het die opregte begeerte gehad om sendingwerk in China te gaan doen. Met skaars genoeg geld vir 'n enkelkaartjie, het sy alleen na China vertrek en God vertrou om haar tot sy eer te gebruik.Oor die jare het God hierdie eenvoudige meisietjie op wonderlike wyse geseën met buitengewone invloed. Sy het 'n herberg gestig waar sy die Evangelie gedeel het; sy het 'n kosbare adviseur vir 'n Chinese mandaryn geword; sy het selfs wrede stelsels in die tronke hervorm. Tydens ‘n Japannese inval het sy, ten spyte van die feit dat sy gewond en siek was, meer as ‘n 100 weeskinders op 'n gevaarlike reis van ‘n honderd en sestig kilometer lank, na veiligheid gelei. Wat met 'n nederige vrywilliger in God se hande begin het, het tot 'n reddingsboei vir talle lewens ontwikkel.Maar, kom ons kyk weer na Jesus se verregaande idee om vyfduisend mense te voed ...Johannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?”Maar Jesus het daardie skamele vissies en broodjies geseën ... en die hele skare het geëet. En jy onthou mos, daar was selfs twaalf mandjies vol oor! Net soos in hierdie wonderwerk, het baie mense, gewone mense soos Gladys, geleer dat dit nie jou werk is om die vyfduisend te voed nie. Jou werk is om die vyf brode en twee vissies te bring. Wanneer jy vir God gee wat in jou hande is, kan Hy die werk van ‘n eenvoudige gehoorsame volgeling in 'n wonderwerk verander wat vir geslagte lank sal weergalm.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
994
Gerief of Moed?
Send us Fan MailJesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV) Ons is nogal geneig om dubbele standaarde te hê as dit by geregtigheid kom. Wanneer ons onskuldig geblameer word, my maat, dan wil ons hê geregtigheid moet geskied! Maar wat gebeur wanneer ‘n ander persoon onskuldig moet ly? Hoeveel pla dit ons? Gee ons dan werklik om?Wêreldwyd word fabrieke en ander nywerhede dikwels gekoppel aan dwangarbeid, kinderuitbuiting en selfs mensehandel. Dink byvoorbeeld aan die kleremaak- en die elektronika industrie...As ons werklik omgee vir die geregtigheid van ander, dan gaan dit nie net daaroor om hul produkte te vermy nie, maar om aktief te pleit vir verandering – om aan maatskappye te skryf, etiese handelsmerke te ondersteun en so die bewustheid van onreg te verhoog.Die uitdaging is enorm, oorweldigend, ongerieflik en duur. Om geregtigheid vir daardie mense te kies, beteken om meer te betaal, gewoontes te verander en die risiko om die ontevredenheid van diegene, wat gemak bo konfrontasie verkies, te veroorsaak. Kom ons kyk na hierdie vers terwyl ons hieroor nadink:Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV)Dietrich Bonhoeffer, was ‘n groot teëstander van Hitler en het op die ou end met sy lewe daarvoor betaal. Hy het hierdie belangrike stelling gemaak: Jou ‘ja’ vir God vereis jou ‘nee’ vir alle ongeregtigheid, vir alle kwaad, vir alle leuens, vir alle onderdrukking en benadeling van die swakkes en armes.Hoe kan jy deel van die oplossing wees? Hoe kan jy regtig vir mense help? Ons besef dat daardie soort geregtigheid meer as geld kos; dit vra iets van jouself...As ons ons medemens net halfpad so lief het soos God van ons vra, sal ons dieselfde standaard van geregtigheid vir die volgende persoon wil hê, as wat ons vir onsself verwag. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
993
Dring deur tot die Kern
Send us Fan MailSpreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. Het ons nie dalk al te gewoond geraak aan kitsoplossings vir ons uitdagings nie? So, wanneer jy 'n probleem ondervind wat jy nie maklik kan oplos nie; wat doen jy?Gedurende die vroeë 20ste eeu is die wêreld van die fisika oorheers deur die aannames wat Newton gemaak het. Baie mense het sy wette as onbetwisbare "feite" aanvaar, maar Albert Einstein het geleer om dieper as die oppervlak te delf en moeiliker vrae oor ruimte, tyd en lig te vra.Sy beroemde Relatiwiteitsteorie het feite onthul wat nog altyd daar was, en wat nog altyd waar was, maar verborge gebly het. Einstein se genialiteit het nie daarin gelê om te memoriseer wat ander voor hom uitgevind het nie, maar om te soek na dít wat verborge lê; om die waarheid, soos dit werklik is, te ontdek.Dit werk wonderlik in die fisika om dinge tot op die kern oop te vlek; maar, wanneer die mens by sy werklike probleme kom, is die idee om dieper te delf baie meer gekompliseerd en baie meer persoonlik.Spreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.Slim mense is nie tevrede om sommer net dinge, wat almal weet of as vanselfsprekend aanvaar, te glo nie. Hulle wil dieper delf tot onder die oppervlak, om by die werklike probleme uit te kom.Dink aan daardie dreinerende verhouding waarin jy tans betrokke is; en wat van daardie uitdaging wat jy in die gesig staar; en daardie ander probleem wat jy nog nie heeltemal kon oplos nie?In hierdie Google-wêreld waarin ons leef, soek ons altyd na kitsoplossings, maklike antwoorde. Maar soms moet jy dieper delf om by die kern van die saak uit te kom.Kennis is daar vir diegene wat bereid is om te soek – dis God se voorreg om 'n antwoord te verberg, en ons eer om daaroor te bid. Volhard in gebed. God sal dit openbaar.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
992
Die Goeies Neem die Lang Pad
Send us Fan MailHebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. Ons het elke dag verskeie keuses. Dis baie maklik om kortpad te kies, nie waar nie? Ja, ons kan besluit om die maklike roete te neem omdat dit gerieflik is, of aan die anderkant kan ons kies om die langer roete te neem omdat ons weet dat dit die regte ding is om te doen. Ja, ons kan kies om voor die kwaad te swig, of om hard te swoeg en die goeie te doen. Vra jouself af wanneer was die laaste keer wat jy, teen jou beterwete, ‘n kortpad gekies het?In die eerste eeu v.C. was daar chaos in die Romeinse Republiek en politieke koalisies was vreeslik onstabiel. Baie van die senatore het vir kandidate gestem wat hulle rykdom of veiligheid belowe het. Marcus Cicero was die uitsondering. Hy was eerlik en opreg en het hom nie laat omkoop deur leë beloftes nie.Toe Lucius Catilina, ‘n man uit ‘n edel familie, se plan om ‘n konsul te word, misluk, was hy kwaad en hy het besluit om die regering omver te werp. Hy en nog ‘n paar ontevrede manne het probeer om, sonder verhoor en sonder grondige bewyse, van hul vyande ontslae te raak deur 'n vinnige openbare teregstelling uit te voer. Maar Cicero het die skare tot bedaring gebring en aangedring op klinkklare bewyse voordat hy enigiemand sou veroordeel. Sy eerbare benadering het die ware leiers van die komplot blootgelê. So het hy die onskuldiges gespaar en gewys dat wysheid nie net tussen reg en verkeerd onderskei nie, maar tussen dít wat vir die emosionele skare bloot gerieflik lyk en dít wat werklik regverdig is.Hebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.Ware wysheid, goddelike wysheid, weier om die kortpad van gerief bo die moeiliker pad van goedheid, geregtigheid en vriendelikheid, wat op God se waarheid gebaseer is, te kies. Wysheid stel jou in staat om slim besluite te neem.Wees voorbereid om die langer pad te neem.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
991
Staak Jou Verskonings
Send us Fan MailRomeine1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB) Ons vermoë om voor die hand liggende feite te ontken, is verstommend. Ons kan met onbetwisbare bewyse van die bestaan van iets gekonfronteer word, maar op grond van ons ervaring, ons unieke wêreldbeskouing, ons weergawe van die waarheid, steeds dít wat so duidelik soos daglig is, ontken. Ek het onlangs 'n man ontmoet wat met absolute oortuiging glo dat die wêreld plat is. Ek bedoel, hy glo dit regtig! Sjoe!Maar het jy geweet dat daar ook mense is wat ... wag hiervoor ... nie in die bestaan van God glo nie? Kan dit moontlik waar wees? Ja, weet jy, die verskriklike werklikheid is dat die oorgrote meerderheid van die mensdom nie in God glo nie. Hulle hou vas aan hulle vaste oortuiging dat die heelal nie 'geskep' is nie, maar dat dit sommer net gebeur het, en dat lewe op aarde sommer net ‘ontwikkel’ het.‘n Vorige Amerikaanse president, Ronald Reagan, het op ‘n keer gesê: Ek kan nie die ateïste van hierdie wêreld verstaan nie. Waar dink hulle kom soveel skoonheid en wonderwerke vandaan? Ek het sommer gedink ek moet 'n paar ateïste vir aandete nooi en die mees fantastiese gourmet-maaltyd wat nog ooit voorberei is, bedien. En dan ná die feesmaal vir hulle vra of hulle glo dat daar 'n kok is!Die apostel Paulus het dit so gestel:Romeine 1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB)Kyk om jou rond. Van die by, wat op die blom in jou tuin sit, tot die piek van Mount Everest, is dit voor die hand liggend. Hy is waarlik God. Ons het dus geen verskoning vir die sondige dinge wat ons doen en die leuens wat ons glo nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
990
Hemelse Genot
Send us Fan MailPsalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB) Die woord "plesier" kan positief of negatief klink; afhangend van die soort plesier waarvan ons praat. Maar het jy al ooit gewonder of God ook plesier ervaar, en indien wel, wat sou Hom plesier gee?Elke keer wanneer ek hierdie Psalm lees, vul dit my met soveel opwinding en verwondering:Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB)Hoe verstaan jy dit? Hoe maak jy sin uit die feit dat dié God, wat die ganse heelal geskep het, plesier vind in sy kinders? Ons is tog feilbare mense wat soveel foute in ons lewens gemaak het; mense wat Hom oneer aangedoen het, mense wat soveel keer in ons lewens ons rug op Hom gedraai het … Stel jou voor 'n ou word afgedank – dis sy eie skuld, want hy het dikwels sonder verskoning, van die werk weggebly en lyf weggesteek. Weke later bel sy ou baas. "Ons het 'n tekort aan personeel. Wil jy jou werk terug hê?" Geen teregwysing en verwyt nie, geen proeftydperk nie - net 'n nuwe begin. Hy sit die foon neer, hy is verstom en hy glimlag soos 'n kind. Hierdie storie is vir my presies wat hierdie versie sê: Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. Hierdie woorde in die oorspronklike Hebreeus praat van God se diep plesier, aanvaarding en guns, nie teësinnige verdraagsaamheid nie.God se liefde vir jou en my is tasbaar en vol vreugde. En ons ontvang nie sy liefde deur dít wat ons doen in ons menslike krag, óf ons status, óf ons selfstandigheid nie; maar in ons nederige gehoorsaamheid om saam met Hom te wandel. So, wanneer jy dalk jouself wil veroordeel en skuldig wil voel, onthou: dat die hemelse applous reeds joune is, en dat die Here jou in liefde vrygespreek het deur die Bloed van Jesus Christus. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
989
Lyding teenoor Beloning
Send us Fan MailLukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak. Die mens wat in Jesus Christus glo, sal in 'n mindere of meerdere mate op een of ander manier lyding ervaar. Vir sommige van ons mag dit bloot minagting of bespotting behels, maar vir baie ander het dit deur die eeue hulle lewens gekos.Anne Askew, ‘n jong Engelse Protestantse prediker, digter en hervormer, is in die 16de eeu as ‘n ketter beskou. Sy is gearresteer, gemartel en op die brandstapel verbrand, omdat sy die Rooms Katolieke geloof verwerp het. Sy het geweier om Jesus te verloën en haar geloof te versaak. Sy het dapper en baie duidelik, en selfs met humor, haar saak gestel. Sy het, ten spyte van die wrede marteling, getuig van haar vreugde in Christus en haar sekerheid van 'n hemelse beloning.Ooggetuies het vertel dat sy op die brandstapel hardop gebid en die Skrif aangehaal het, totdat haar stem deur die vlamme stilgemaak is. Sy het geleef - en gesterf - met die onwrikbare versekering dat God se belofte meer betekenis het as enige aardse lyding. Jesus het vir sy volgelinge gesê:Lukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.Oor die afgelope paar dae het ons gesels oor vreeslose geloof en dapper vertroue. Te veel Christene het vandag skaam geword vir hulle geloof en uit vrees vir verwyte, hulle lig onder 'n maatemmer begin wegsteek.Waarom noem Jesus ons, te midde van vervolging, geseënd? Ja, onthou dat, selfs wanneer die wêreld se magte mekaar aan die brand steek en uitmekaar skiet; is daar geen vuur op aarde wat die beloning wat op jou wag, kan wegbrand nie; so Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
988
Dapper Geloof
Send us Fan MailRomeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV) Wat glo jy regtig diep in jou hart van God? Glo jy in die krag van die Goeie Nuus van Jesus om jou van jou sonde te red? Of is dit 'n moeilike, selfs onmoontlike ding vir jou om te glo? Wat … glo jy …?As dit nou na ‘n baie persoonlike vraag klink, verstaan ek dit. En tog maak ek geen verskoning daarvoor nie. Soms voel ek lus om sommer direk tot die kern van die saak deur te dring en nie suutjies om dit te trap nie; om deur die selfbeskerming, wat so maklik ‘n kokon om ons harte spin, te sny. Soms moet ons uit ons trots en tevredenheid geruk word, en geskok word om tot aksie oor te gaan!Die lewe gaan voort. Ons bekommernisse vul ons gedagtes. En ons vergeet alte maklik van die kragtige waarheid en die keuse wat God self vir ons elkeen gee: aan die eenkant kan ons glo dat Hy Jesus gestuur het om ons van ons sonde te red en dat ons deur geloof in Hom en Hom alléén gered kan word. Maar aan die anderkant kan ons die Goeie Nuus, die Evangelie van Jesus Christus, verwerp; en die ewigheid van God geskei, in die hel deurbring.Paulus skryf in die 1ste eeu n.C. in:Romeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV)Jou geloof in Christus is al wat jou kan red, wat jou sál red. Ek vra jou nederig, uit die liefde van my hart, om dringend en opreg, vandag nog, in Jesus Christus as jou Verlosser te glo!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
987
Junie Nuusbrief 2
Send us Fan MailGoeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Junie.Dis altyd vir ons 'n groot bederf om deur hierdie nuusbrief by jou in te loer. Ons wil hê jy moet vandag weet hoe opreg ons jou waardeer. Jy is nie net 'n intekenaar op 'n lys nie; jy is 'n noodsaaklike vennoot in God se Koninkryk. Wanneer ons praat van jou vennootskap in ’n wêreldwye bediening, praat ons van getroue dissipelmakers soos Berni se Poolse vriend, Henryk Dedo. Henryk vertaal die FRESH-boodskappe in Pools — ’n land waar slegs 0.4% van die bevolking Protestantse Christene is. Hy deel dit tans op sosiale media en 39 radiostasies dwarsoor Pole.Henryk is prakties en vindingryk, en die boodskappe wat hy deel sny reg deur tot op die been. Hy hou daarvan om alledaagse dinge te gebruik om mense tot selfondersoek te dwing. Hier is 'n situasie wat hy onlangs gedeel het:Jy is régtig lus vir ’n lekker koppie koffie. Jy stap by jou gunsteling-koffiewinkel in en bestel ’n cappuccino. Terwyl jy rustig sit en rondkyk en jou eerste slukkie neem, sien jy hoe die kelner die gebruikte koppie van die tafel langs jou wegvat. Sonder om twee keer te dink, gebruik hy dieselfde vuil koppie om die volgende persoon se koffie in te skink. Hoe sou dit jou laat voel?Dit is presies waaroor Jesus in Matteus 23:26 waarsku: “Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.”Bid asseblief saam met ons:o Vir Henryk in Pole: Dat die Here sy werk sal seën en ’n groot oes vir die Koninkryk sal inbring.o Vir ons plaaslike radiostasies: Vir geseënde uitsendings op ons vennoot-radiostasies in Suid-Afrika en Namibië. Bid vir elke omroeper wat daagliks VARS en Izwi EliFresh (in Zulu) uitsaai.o Vir die luisteraars: Dat die Here hierdie daaglikse boodskappe sal gebruik om mense se harte aan te raak en hulle verhouding met Hom te versterk.Ons hoor baie graag van jou! As VARS jou lewe op een of ander manier aangeraak het, deel asseblief ‘n kort getuienis by die skakel hieronder: https://forms.gle/47qNnqQ8HnnhFVrY6 Elke gebed bring hoop. Elke getuienis verander ‘n lewe. Seënwense en mooi loop.Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
986
Vreeslose Geloof
Send us Fan MailRomeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. Ons beleef hoe so baie mense vandag met groot ophef vir Christus verwerp. Sulke mense verwerp die idee dat daar 'n God van liefde en geregtigheid in die hemel is; hulle verwerp die ongelooflike idee dat Hy enigiets so dramaties sou doen as om sy Seun na hierdie wêreld te stuur om vir ons aan 'n kruis te sterf, sodat ons sondes vergewe kan word en om vir ons die gawe van die ewige lewe te gee.Sommige mense hou van Jesus, en hulle sal Hom nog verdra, maar dit beteken nie dat hulle Hom sal gehoorsaam nie. Vir baie mense het kulturele Christenskap 'n veilige alternatief vir Bybelse dissipelskap geword. Die waarheid word, selfs deur die kerk, herdefinieer. Gemak word vir hulle belangriker as geloof. Die waarheid van die Evangelie word aangepas om by die mense te pas.En so het sommige mense nou al geleer om beleefd vir Jesus te knik, terwyl hulle die deur in sy gesig toeklap; hulle wil sy Troos hê, nie sy kruis nie; sy Seëninge, nie sy Heerskappy nie. Ons het die nóú pad vir die wye een verruil en Hom ons oulike gelukbringer gemaak, wat by ons wêreldse standaarde inpas.Ja, ons sien dat mense skaam geword het vir die ware Jesus. Hulle weier om te glo dat Hy die Krag het om lewens te verander en dat die mens se Ewigheid in sy hande lê. Hulle het huiwerig geword om mense van Hom te vertel, want hulle besef dat hulle eie, afgewaterde geloof, alles behalwe ‘n voorbeeld van ‘n opregte gelowige weerspieël.En kyk wat het die apostel Paulus in1ste eeu n.C., geskryf in:Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.My vriend, dit is God se duidelike opdrag aan jou en my, om 'n vreeslose geloof in 'n wêreld, wat Jesus as irrelevant of dwaas bestempel, uit te leef. Moenie skaam wees om ander van Jesus te vertel nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
985
Die Here Versterk Jou
Send us Fan MailJesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Was jy al op 'n punt waar jy geen hoop vir die toekoms gehad het nie? Waar jy gedink het dat jy nie gaan oorleef nie? Waar jy geen geloof in God gehad het nie? Miskien was jy al daar, of miskien het jy al iemand ontmoet wat so moedeloos gevoel het?Vilhjalmur Stefansson was 'n Arktiese ontdekkingsreisiger van Ysland. In 1913 is sy skip vasgekeer en deur pakys vernietig. Hy en sy bemanning was gestrand in een van die mees onherbergsame plekke op aarde. Hulle het hongersnood, wrede storms en totale isolasie in die gesig gestaar, maar Stefansson het met opregte en onwrikbare geloof in God se voorsiening vertrou.Hy het aangepas by die omgewing deur by die inheemse inwoners van die Arktiese streek te leer hoe om te oorleef. So het hy en ‘n handjievol van sy oorspronklike span vir jare op plaaslike hulpbronne die onmenslike koue getrotseer tot hulle uiteindelik deur die bemanning van ‘n Amerikaanse vissersboot opgelaai is. Hy het later getuig dat, toe alle menslike hoop verdwyn het, dit die sekerheid van God se teenwoordigheid en krag was, wat hom die moed gegee het, om te volhard.Ja, en ons sien hoe God, deur sy profeet, Jesaja, sy volk bemoedig het, toe hulle moedeloos was. Dit was teen die einde van sewentig jaar van ballingskap, toe alles verlore gelyk het; toe hulle nie kon sien hoe hulle ooit bevry sou word nie; toe hulle geloof in God teen die mag van die Babiloniese Ryk so kwesbaar gelyk het … Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.Wanneer elke menslike oplossing misluk, troos God se teenwoordigheid jou nie net nie - Hy gee jou die krag, die wysheid en die moed om die vrees te oorwin en om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
984
Lewe in die Lig
Send us Fan Mail1 Johannes 1:7 Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. Ek was nog altyd baie erg oor tegnologiese dinge … elke nuwe uitvinding lyk asof dit so slim is en so wonderlik gaan werk. En dan wonder ek, het hierdie masjientjies en affêretjies nie dalk vir ons te belangrik geword nie? Het ons toegelaat dat dit ons van ‘n vervullende lewe beroof?'n Man koop die nuutste virtuele-werklikheid-kopstuk wat spog met die mees lewendige reële beelde denkbaar. Hy bring elke dag ure met sy nuwe speelding deur. Maar in sy obsessie vergeet hy om die gordyne oop te maak.Eendag gaan die krag uit. Hy skeur die kopstuk af. Die kamer ruik muf. Die blindings is in stof vasgekoek. En wanneer hy die gordyne ooptrek, stroom sonlig in en verblind hom. Die lig is skielik warmer, ryker en meer eg as enigiets wat die kopstuk hom ooit kon gee.1 Johannes 1:7 Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.Hoe hartseer is dit, dat so baie mense in die nagemaakte dowwe lig van hierdie wêreld ronddwaal. En dit, terwyl die Lig van God se liefde so helder skyn, dat indien hulle net die gordyne sou wou ooptrek, hulle dit sal sien! Dis presies wat ek vir die eerste 36 jaar van my lewe gedoen het.Maar noudat ek deur Jesus se offer aan die Kruis vergewe is, is my lewe ryker, dit het meer betekenis, meer vreugde, meer vrede as enigiets wat hierdie wêreld met al sy tegnologie my ooit kon bied.My vriend, daar is soveel meer in die lewe as die glinsterende snuisterye van hierdie wêreld wat so maklik ons aandag steel. Sommige mense is hul hele lewe besig om na saamgeperste kolletjies op skerms te staar, terwyl die son van God se waarheid net buite vir hulle wag. Leef in die Lig. Jesus is die Lig van die wêreld!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
983
Aanskou die Heerlikheid van die Here
Send us Fan MailJesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 'n Vlieënier wat probeer om in 'n verskriklike storm sy vliegtuig te land, moet 'n keuse maak. Daar is geweldige turbulensie, die sigbaarheid is zero en die onbetwisbare gevaar word al hoe groter. Hy moet nóú besluit: hy moet óf instrumente vertrou om hom na die aanloopbaan te lei, óf hy kan paniekerig raak en sy instink vertrou en heel waarskynlik verongeluk. Die beste keuse? Dis nogal voor die hand liggend, maar nie maklik nie, nè?Miskien bely jy, soos ek, geloof in Jesus, en glo (soos die Bybel sê) dat die heerlikheid van God die hele aarde vul. Maar ons weet mos storms kom dikwels voor. Die daaglikse geswoeg mergel jou uit. En nou moet jy, net soos hierdie vlieënier, 'n keuse maak ... een wat onlogies lyk, maar een wat die koers van die res van jou lewe sal bepaal.Jesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”Koning Ussia was 'n magtige koning. Sy dood (ongeveer 740 v.C.) het 'n tyd van nasionale onsekerheid ingelei. Jesaja het hierdie wonderlike visioen van God gehad. Op dié spesifieke dag, toe die Here hom as profeet geroep het, het Jesaja die wonderlike voorreg beleef om vir God as die soewereine, verhewe meester te sien. Jesaja het Hom gesien waar Hy hoog en verhewe, deur engele omring was en waar sy kleed die tempel gevul het. Toe die Here vra wie Hy as boodskapper na die Israeliete kan stuur, het Jesaja Hom vertrou en sonder om paniekerig te raak en koers te verloor, het hy geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” Hoe sal jy op so ‘n vraag reageer?Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
982
Om Jou Vyand Lief te Hê
Send us Fan MailPsalm 119:93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV) Gehoorsaamheid is 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is samelewings daarvan afhanklik vir goeie orde, voorspoed en basiese veiligheid. Aan die ander kant, soos ons gister met die Rwandese volksmoord van 1994 gesien het, kan blinde gehoorsaamheid, verwoestende gevolge hê.Mitsuo Fuchida was die bevelvoerder van die Japannese soldate met hul aanval op Pearl Harbour, wat duisende mense doodgemaak het en die Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog ingetrek het. Na die oorlog was hy bitter en ontnugter. Hy het 'n storie teëgekom wat hom geskok het: 'n jong Christen dame, Peggy Covell, het, ten spyte van die feit dat Japannese soldate haar ouers, wat sendelinge was, tereggestel het, met liefde Japannese krygsgevangenes versorg.Sy het Christus se opdrag gehoorsaam om haar vyande lief te hê - 'n opdrag wat Fuchida so aandoenlik gevind het, dat hy die Bybel begin lees het. Hy het met Jesus se woorde geworstel. En uiteindelik het hy sy lewe aan Christus gegee en die res van sy dae die Evangelie verkondig - ook aan sy voormalige vyande.Hierdie wonderlike ommekeer was die gevolg van een eenvoudige jong vrou, wat teen elke menslike instink in, Christus se bevel, om jou vyand lief te hê, gehoorsaam het! Psalm 119:93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV)Baie mense beskou God se bevele in die Bybel as verouderd, ongerieflik en soms heeltemal onbegryplik. Hoe kan jy moontlik jou vyande liefhê?En tog is dit keer op keer bewys, dat wanneer ons Hom, al voel dit teen ons beterwete, onvoorwaardelik gehoorsaam; lei dit tot 'n totale vernuwing van ons lewe.Ons kosbare Here is getrou aan sy beloftes. Dis ‘n waarheid wat nooit sal verander nie, want God verander nooit nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
981
Moenie Alles Glo Wat jy Hoor Nie
Send us Fan MailSpreuke 29:2 As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB) Dis deesdae moeilik om te weet watter nuus om te glo, nie waar nie? Baie van die inhoud van die media, wat voorheen hoofsaaklik betroubare joernalistiek weerspieël het, het in opruiende propaganda verval. Om dit net erger te maak, word ons gebombardeer deur die sosiale media-algoritmes wat baie mense in ‘n draaikolk van samesweringsteorieë intrek.Tydens die Rwandese volksmoord van 1994 het die media 'n verwoestende rol gespeel in die aanhitsing en versterking van die geweld. Die staatsgesteunde radio, televisie en gedrukte media het haatpropaganda uitgesaai en gedruk. Tutsi's is as "kakkerlakke" bestempel en daar is openlik gesê hulle moet vernietig word.Daardeur is aanvalle gekoördineer, wegkruipplekke onthul en gewone burgers aangemoedig om die vyand dood te maak. Eerder as om inligting te gee, het die media aktief volksmoord aangevuur en woorde in wapens omskep. Mense het die media geglo en daarop gereageer. Dit het byna 'n miljoen lewens in net 100 dae gekos. Dit is wat gebeur wanneer die skrikwekkende krag van propaganda sonder morele beperking gebruik word. Drie millennia gelede het Salomo die volgende geskryf:Spreuke 29:2 As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB)Daar word gesê dat die mense gewoonlik die regerings kry wat hulle verdien. Ek weet nie, maar watter regeringstelsel jy ook al onder leef, wees versigtig; wees baie versigtig oor wie jy ondersteun; wat jy kies om te glo, of te verwerp; en wat jy kies om te sê.Wat is ons plig? Ons werk is om die regverdiges te help om gesag te kry sodat die mense bly kan wees ... nie om blindelings die propaganda wat ons nuus en sosiale media vir ons opdis, te glo en na te boots nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
980
Moenie ‘n Bedrieër Wees Nie
Send us Fan MailPsalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontstellend om te weet dat dié persoon wat mense dink jy is, nie is wie jy werklik is nie! Hulle sal ontnugter wees om te ontdek dat jy ook soms twyfel, dat jy ook donker gedagtes het wat binne-in jou rondmaal.Ferdinand Waldo Demara was gedurende die vorige eeu bekend as die Groot Bedrieër. Hy het homself op ‘n kol voorgedoen as 'n monnik, toe ‘n sielkundige, toe ‘n tronkbewaarder en toe selfs as ‘n chirurg - alles sonder enige kwalifikasies. Tydens die Koreaanse Oorlog het hy groot operasies aan boord van 'n Kanadese oorlogskip uitgevoer deur die vorige aand mediese handboeke te memoriseer.Hy is in die openbaar geprys as 'n heldhaftige dokter wat lewens red. Maar agter die skerms was dit alles 'n leuen. Hy het gesê hy wou "die mensdom dien", maar hy het instellings en individue voortdurend mislei en dikwels lewens in gevaar gestel. Sy sjarme het 'n diep agterbaksheid bedek. Sy uiterlike beeld was dié van eerbaarheid; hy het so edel en bekwaam voorgekom, maar dit was alles op bedrog gebou. Kyk wat bid die psalmis in: Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB)"Om reëls te volg" is nie deesdae gewild nie, nè? Maar hoe meer jy die Woord van God jou laat beïnvloed; hoe meer jy toelaat dat sy goedheid jou gids is; hoe minder van 'n bedrieër word jy. Jy ontwikkel ‘n dors om jou Bybel te lees en jy ontwikkel die begeerte om meer en meer soos Jesus te word.Moenie 'n bedrieër wees nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
979
Wie is Jesus vir Jou?
Send us Fan MailMatteus 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” Ons sien deesdae hoe oneerlike en onbetroubare verslaggewers dikwels bekende mense se karakters in die media wanvoorstel. Ons word blootgestel aan glanspersone se openbare beeld. Poets hulle sy beeld, of bestempel hulle hom as die grootste skarminkel bekend? Maar dan is daar die werklike persoon, wat waarskynlik net ‘n gewone mens soos ek en jy is. Dit is geensins 'n nuwe probleem nie. Jesus het op sy dag, ‘n groot opskudding veroorsaak. Mense was verward. Hulle kon nie vir hulself besluit wie Hy werklik was nie.Matteus 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”Sesarea Filippi was 'n heidense streek bekend vir sy aanbidding van 'n hele aantal gode. Dit gee ons konteks vir die agterdog van die mense. Hulle was gewoond aan die afgode en die heidense Romeinse heerskappy rondom hulle. Die Jode het ‘n Messias verwag. Hulle ‘n profeet verwag, wat hulle uit hulle vreeslike omstandighede gaan bevry. Ander mense het Jesus gesien as ‘n opstoker; ander as ‘n wonderwerker. Maar Jesus vra sy dissipels vir hulle persoonlike oortuigings.Wanneer Petrus sonder huiwering sê - “U is die Christus, die Seun van die lewende God”- is dit nie ‘n bloot intellektuele antwoord nie. Soos Jesus self later bevestig, is dit ‘n Gees-geopenbaarde waarheid. Ware geloof is 'n geskenk en 'n openbaring. In vandag se kultuur van botsende opinies en valse gode in ‘n wêreld van vervalle moraliteit en steeds groeiende verdeeldheid, word ware geloof gebou op hierdie belydenis: dat Jesus die Verlosser van die wêreld is. Die enigste Verlosser van die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
978
Kus die Roede
Send us Fan MailPsalm 56:9,10 U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. Die dag dat ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dat God aan my kant is, weet ek beslis. (NLV) Volgens opnames bid tussen die helfte en driekwart van alle mense in tye van persoonlike krisis - of hulle nou gelowiges is of nie. Wat sê dit vir jou?Gebed is vir my goud werd. Ek het al self te veel kragtige antwoorde op gebed gehad, om te wag totdat ek 'n krisis beleef, voordat ek bid - om nie eens te praat van die vrede en vreugde wat ek ervaar wanneer ek met die Here praat nie.Van tyd tot tyd beleef ons almal krisisse wat ons in ons broek laat bewe; wat ons harte breek en bitter trane laat stort. Maar te midde van teëspoed, het ek en so baie ander mense wat werklik ons vertroue in Jesus gestel het, gevind, dat ons te midde van die dreigende storm 'n wonderlike vrede beleef. Ons word oorweldig met die vaste wete dat God met ons is. Hier is Dawid se gebed in:Psalm 56:9,10 U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. Die dag dat ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dat God aan my kant is, weet ek beslis. (NLV)Die bekende prediker, Charles Spurgeon, het diep lyding en depressie geken, en tog het hy vurig aan God vasgeklou: “Ek het geleer,” het hy gesê, “om die golf te soen wat my teen die Rots van die Eeue gooi.” Ons vertaal dit as “kus die roede.” Dit beteken om pynlike beproewinge (die golwe) te omhels, want dit dwing jou om op Christus (die Rots van die Eeue) te vertrou, en krag in God te vind, eerder as om omstandighede te weerstaan.Spurgeon ontken nie die golf nie - die pyn en die trane nie -maar hy sien in daardie einste lyding die Hand van 'n getroue God wat Hom nader trek. Dit maak nie saak wat jou omstandighede, jou trane, en jou pyn is nie … God is met jou!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
977
Beheer Jou Sake met Integriteit
Send us Fan MailPsalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV) Vind jy ook dat mense al hoe meer gewetenloos word? Hoe gereeld sien jy groot finansieringsinstellings, soos banke, wat hulself met warm, gesinsvriendelike advertensies uitbeeld om nuwe kliënte te lok? Maar wat gebeur, die eerste keer wat iemand sukkel om hul terugbetalings op hul huis te maak? Hulle verkoop die huis onder hulle uit. En ons weet, dis nie net die banke wat skuldig is nie.Kom ons praat van 'n groot gewetenlose bedryf waar die slim ouens al die slenters en slagysters ken om die gewone ou mee te verlei. Rentekoerse is baie hoog, kontrakte is noukeurig en waterdig opgestel; en pasop - die fynskrif is waar hulle werklike wins lê.Maar dan is daar een firma wat anders werk. Hulle verhoog nie rentekoerse op kwesbare kliënte se lenings nie. Hulle plaas nie onnodige druk op die klein outjie nie. In plaas daarvan, bied hulle billike terme. Hulle gee genade as dit moet, en ly af en toe self verlies. Hulle kliënte vertrou hulle.Die ander ouens in die bedryf lag hulle uit en sê: Kyk maar, sulke ouens speel voor jy jou oë kan uitvee, bankrot. Maar dan kom die gevreesde ineenstorting. Markte val. Krediet droog op. Kliënte kan nie hulle verpligtinge nakom nie. En die bloedsuiers? Hulle is paniekerig. Elkeen is besig om sy eie bas te red – hulle dagvaar; hulle spook; hulle stort in duie.Maar hier is die verrassing - daardie een firma na wie daar so minagtend gekyk is! Die een wat genade betoon het! Dis die een na wie kliënte hardloop. Want in die donker onthou mense wie die lig gehad het.Psalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV)Ja, ons weet dat dinge soms moeilik is. En die versoeking is altyd daar om eerste jou eie nes reg te skrop; om daardie maklike wit leuen te vertel. Hoekom nie? Wie gaan dit agterkom?Maar wat ook al jou omstandighede is, wat ook al jou rol is, bestuur jou sake met integriteit, want ... Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
976
Die Kalmte Voor Die Storm
Send us Fan MailJakobus 1:19-20 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê. (NLV) Terwyl daar soveel verdeeldheid in die samelewing is, voel jy soms dat almal praat, maar niemand luister nie. En, kom ons vra mekaar om eerlik te wees: doen jy nie dikwels dieselfde ding nie? Die enigste rede waarom ons stilbly, is net om te dink aan wat om volgende te sê, nie om te luister nie, en ook nie om te probeer verstaan wat die ander persoon sê nie. Pleit jy skuldig?Jane Addams was gedurende die 19de en vroeë 20ste eeue 'n pionier van sosiale hervorming in Chicago. Sy het haar daarop toegespits om brûe tussen die rykes en die armes te bou. In 'n tyd van intense arbeidsonrus en klassekonflik het sy besluit om nie dadelik kant te kies nie. In plaas daarvan het sy saam met industriële werkers en welgestelde sakeleiers gesit en aandagtig na albei groepe se standpunte geluister, selfs toe beide kante haar wantrou het.Sy het geglo dat wanneer ‘n mens ernstig en opreg luister, jy die siklusse van geweld en wraakgevoelens kon breek. Alhoewel sy nie al die geweld kon stop nie, het haar benadering genesing en blywende verandering in plaaslike gemeenskappe gebring. Sy het 'n vredemaker geword deur stadig te wees om te praat en vinnig om te luister, en mense se opinie en hul menswaardigheid te respekteer.Jakobus 1:19 - 20 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê. (NLV)‘n Mens hoef nie geniaal wees om dit te verstaan nie, nè? Soos die kliniese sielkundige en skrywer, dr. Henry Cloud, dit stel: soveel konflik verdwyn wanneer iemand voel dat hy “gehoor” word. Julle moet ander mense ’n kans gee om te sê wat hulle op die hart het. Luister rustig na hulle sonder om hulle te wil doodpraat, sodat die storm stilgemaak kan word voordat dit selfs begin.Wees gou om te luister, stadig om te praat en stadig om toornig te word. Moenie jou vererg nie, want as jy jou humeur verloor, kan jy mos nie meer daarop ingestel wees om te doen wat God wil hê nie!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
975
‘n Ander Soort Wysheid
Send us Fan MailJakobus 3:16-17 want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry. Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg. (NLV) Wat is jou definisie van wysheid? Iemand wat jy ontmoet, kan ongelooflik slim en suksesvol wees, maar jy kyk net een keer na hom en binne ongeveer drie sekondes kom jy tot die gevolgtrekking dat jy hom nooit as "wys" sou bestempel nie. In die 1950's en vroeë 60's het Dag Hammarskjöld, ‘n Sweedse diplomaat, as die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies gedien. In 'n wêreld vol Koue Oorlog-spanning, jaloesie en politieke valsheid, het Hammarskjöld stilweg 'n ander soort leierskap gehad. Hy was gekenmerk deur nederigheid, vaste morele beginsels en 'n diep persoonlike geloof in God.Sy lewe is deur tye van afsondering, gebed en diens, eerder as ambisie of magsvertoon, gekenmerk. Sy joernaal, Markings, het 'n lewe onthul wat nie deur ego nie, maar deur oorgawe, gekenmerk is.Terwyl sy tydgenote na politieke mag gehunker het, het hy vrede begeer - en hy is bestempel as ‘n nederige krag vir geregtigheid en versoening. Hy is, op ‘n missie om ‘n wapenstilstand in die Kongo te onderhandel, in 'n geheimsinnige vliegtuigongeluk dood. Hy het 'n bonatuurlike, goddelike soort wysheid gehad. Na sy dood is hy met ‘n Nobel Vredesprys geëer en bestempel as die grootste staatsman van die vorige eeu.Jakobus 3:16-17 want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry. Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg. (NLV)My vriend, ware wysheid word bewys deur hoe jy leef, nie wat jy bereik nie. Wysheid is om te weet hoe om God se waarheid toe te pas en hoe om daardie waarheid uit te leef. En mense is honger daarvoor. Wees wys; bonatuurlik wys ... goddelik wys.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
974
Vra vir God Vrae
Send us Fan MailSpreuke 2:3-6 indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB) Wanneer ons by die punt kom waar ons glo dat ons alles weet, is daar een ding seker: ons is regtig te onnosel om te weet wat ons nie weet nie! Ons is so verblind deur ons eie opgeblase sin van ons eie slimmigheid, dat ons blind is vir die feit dat ons minder as niks weet nie. En kom ons wees eerlik, ons is almal al deur so ‘n vernederende proses.Die meeste van ons het daardie een ding waarin ons regtig uitblink; daardie een ding waarin ons beter is as die meeste mense rondom ons. Miskien is jy een van daardie mense wat, anders as ek, intuïtief aanvoel hoe ander voel? Dit is dus maklik vir jou om minagtend na iemand anders te kyk wat nie dieselfde talent as jy het nie en te dink: Wat is fout met hom? Ek is soveel beter as hy!Ek kan so vinnig soos die wind skryf. Ek kan komplekse idees bymekaarbring en dit op 'n eenvoudige maar boeiende manier verduidelik. Hoe maklik is dit dan nie vir my, om met my neus in die lug na ander te kyk wat sukkel om vlot te skryf?Wanneer ons so optree, vertroebel ons trots ons oordeel en ons weet mos hoogmoed kom tot ‘n val. So, hier is God se alternatief:Spreuke 2:3-6 ...indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB)Slim mense gee slim antwoorde, maar wyse mense vra slim vrae. Hulle is nederig, hulle is leerbaar, en dit is presies wat God van ons verwag. Vra Hom om vir jou kennis en wysheid te gee.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
973
Heeltemal Teenoorgesteld
Send us Fan MailSpreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Selfontdekking is deesdae baie gewild. Ek moet myself ken en nie skaam wees oor wie ek werklik is nie. Ja, dis reg... Kyk om jou rond. Hoe goed werk al daardie introspeksie vir ons in hierdie toenemend selfbehepte, narsistiese wêreld waarin ons leef?Die Griekse filosoof, Aristoteles, het beweer dat om jouself te ken, die begin van alle wysheid is. Inderdaad! Die bekende leuse "Ken jouself" is in die Tempel van Apollo in Delphi gegraveer. Sokrates en Plato was ook groot aanhangers van hierdie denkpatroon.So, wat het daardie antieke geskiedenis vandag met ons te doen? Wel, daar is 'n multi-miljard dollar, globale selfhelpbedryf wat gewortel is in hierdie idee van selfontdekking; in die idee dat jy jou eie oplossing is; dat jy reeds alles wat jy nodig het, binne-in jou het - jy hoef dit net te ontsluit. Eindelose gereedskap, boeke, kursusse en afrigting is alles ontwerp om jou te help om "jou ware self te ontdek."Maar hoe dieper jy in hierdie bodemlose put van introspeksie afdaal, hoe dieper sink jy in subjektiewe selfgesentreerdheid. Sien jy ook hoe dit alles om die eie-ek draai?God se plan is net mooi die teenoorgestelde:Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.Nou-ja, dis korrek om selfbewus te wees, maar ek praat van mense wat oorboord gaan; mense wat glo dat ware wysheid bekom word deur na binne te kyk. Nee, my vriend, wysheid kom van om op te kyk. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
972
Selfs Al …
Send us Fan MailDaniël 3:17-18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” In tye van uiterse teëspoed moet ons elkeen besluit: Sal ek aanhou om op God te vertrou ... of moet ek maar opgee? En, laat ons dit duidelik stel, dis een van die moeilikste besluite wat jy ooit sal moet neem. Die skrywer, ‘n opregte gelowige, John White, vertel hoe hy, sy vrou en baba seuntjie, van die VSA na Bolivia moes vlieg. Hy moes, as gevolg van ander verpligtinge, ‘n later vlug haal. Hy het 'n nare voorgevoel gehad dat sy gesin tydens die vlug as gevolg van ‘n vliegtuigongeluk gaan sterf; maar hy het dit nie met sy vrou bespreek nie. Nadat sy gesin opgestyg het, het hy gevoelens van vrees, skaamte, skuld en naarheid ervaar. Bewend het hy gebid. En God het hom geantwoord deur te vra: Wat is fout? Kan jy my nie vertrou nie? Ja, ek sal U vertrou as U hulle veilig aan my teruggee.En as ek hulle nie teruggee nie, sal jy ophou om my te vertrou? Kan jy hulle nie aan my toevertrou in die dood sowel as die lewe nie?In geloof het White geantwoord: Ek sal u wil doen; wat dit vir my, of vir hulle, ook al mag kos. Ek sal U vertrou. Hulle vliegtuig het inderdaad neergestort en almal aan boord is dood. Maar sy vrou het ook 'n ongerustheid in haar hart gehad en besluit om haar vlug te onderbreek. Sy was nie op die laaste been van die vlug aan boord toe die tragedie plaasgevind het nie. Na die tyd het John gesê: Ek sou getreur het indien hulle dood was. Maar ek sou nie spyt gewees het oor my besluit om ten volle op Christus te vertrou nie.Kyk wat Sadrag, Mesag en Abednego vir koning Nebukadnesar gesê het:Daniël 3:17-18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.My vriend, vertrou op God .. in jou donkerste uur; selfs al hang die uitkoms in die weegskaal; selfs al gebeur die ergste. Vertrou op God. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
971
Slim Ontwerp
Send us Fan MailJesaja 43:2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie die vlamme sal jou nie brand nie, Met my werk by Christianityworks, bring ek baie tyd op vliegtuie deur. En wanneer daardie groot passasiersstralers op die aanloopbaan afrol om gereed te maak om te vertrek, verbaas dit my altyd hoe die loodse hulle in die lug kry. Met my gereelde vlugte in gedagte, kan jy jou voorstel dat ek nogal ontsteld was om te lees dat kommersiële stralers gemiddeld een keer per jaar deur weerlig getref word. Sjoe!Ja, dis werklik kommerwekkend om daaraan te dink wanneer jy en 'n paar honderd ander mense, op 12 000 meter in die middel van nêrens, deur die lug vlieg. Maar hier is die goeie nuus:Wanneer 'n vliegtuig deur weerlig getref word, sterf mense nie, want die vliegtuig is ontwerp om dit te hanteer. Die buitenste laag van die vliegtuig word van goeie geleiers, soos aluminium gemaak, wat die elektriese lading toelaat om óm die buitekant te beweeg en, gewoonlik deur die stert, veilig weg te vloei. Sensitiewe elektronika word afgeskerm en brandstofstelsels word ook vir veiligheidsredes beskerm. Vliegtuie word natuurlik gereeld getoets om hulle veilig te hou. Weerlig wat die vliegtuig tref, is skouspelagtig om te sien, maar dit is selde gevaarlik en dit gebeur meestal sonder dat die passasiers dit eers agterkom. En as ingenieurs sulke besondere dinge soos vliegtuie kan ontwerp, dan kan jy mos dink dat God 'n plan sal hê vir situasies waar die storms van die lewe ons tref! Kyk wat sê Hy in:Jesaja 43:2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie die vlamme sal jou nie brand nie,Niemand van ons is onsterflik nie; nie een van ons nie. Maar deur elke beproewing, deur elke storm, deur elke vloed, deur elke vuur ... is God by ons totdat Hy ons veilig huis toe bring. Moenie bekommerd wees nie, moenie vrees nie, want God is by jou waar jy ook al mag gaan!Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
970
‘n Voorbeeld van ‘n Wonderwerk
Send us Fan MailPsalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) Ek wonder of ons ooit werklik besef hoeveel van die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, eintlik wonderwerke is wat elke minuut van elke dag gebeur. Dinge wat, as ons werklik daaroor nadink, nie slegs die manier waarop ons die wêreld sien nie, maar ook die wyse waarop ons onsself sien, sal verander.So, kom ons kyk na jou. Het jy geweet dat jy 99.999% leë ruimte is? Wag, laat ek verduidelik: Atome bestaan uit 'n uiters klein, digte kern en word omring deur ‘n relatief groot volume elektrone, wat beteken materie is eintlik leë ruimte. As al die leë spasie in die atome van 'n menslike liggaam verwyder sou word, sou die oorblywende materie omtrent so groot soos 'n stoffie wees, hoewel dit steeds sy volle massa behou. Die leë spasie beteken nie die liggaam is "niks" nie; dit is 'n funksie van elektromagnetiese kragte en kwantummeganika, nie vaste materie nie. So ja, maak dit sin? Vaste materie is meestal glad nie solied nie. Wat ons as "solied" ervaar, is eintlik die gevolg van onsigbare kragte, nie fisiese kontak nie.Dus bestaan ek en jy amper geheel en al uit leë ruimte. Ongelooflik nè? Kyk hoe die psalmis die Here loof in: Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV)Wanneer jy terugstaan en in die spieël na jouself kyk, is dit absoluut wonderlik hoe God jou met die hand gemaak het; hoe kompleks, hoe ingewikkeld, hoe wonderlik jy eintlik is … veral wanneer jy besef dat jy 99.999% leë ruimte is!Soos Hans Christian Anderson, die skrywer van die sprokies wat ons as kinders gelees het, opgemerk het: Die hele wêreld is 'n reeks wonderwerke. Maar ons het so gewoond geraak daaraan dat ons dit gewone dinge noem.So, moet asseblief nooit vergeet dat jy die sprekende voorbeeld van ‘n wonderwerk is nie; want jy is op 'n baie gekompliseerde en wonderbaarlike manier gemaak.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
969
Junie Nuusbrief 1
Send us Fan MailGoeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir die Junie. Ag nee, hier kom dit! Hulle vra seker vir geld... Vandag is 'n bietjie anders. Ons wil jou vandag uitnooi na 'n dieper vennootskap met die VARS-familie — 'n vennootskap waar jou gebede, bemoediging en ondersteuning help om die hoop van Jesus elke dag oor die luggolwe te dra. Hierdie bediening word nie deur een stem alleen gebou nie. In 1 Korintiërs 3:6-7 lees ons:Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Elkeen van ons het 'n rol om te speel. Sommige plant, sommige gooi nat, sommige bid, sommige bemoedig, en sommige gee - maar uiteindelik is dit God wat die transformasie in mense se harte teweegbring. Deur die radio en media het ons die voorreg om die Evangelie te deel met mense wat dalk nooit by ’n kerk sal instap nie, maar wat die hoop, bemoediging en waarheid van God se Woord desperaat nodig het. Ons het onlangs hierdie boodskap van 'n lojale luisteraar ontvang: “Ek het my werk verloor en ontvang net 'n pensioen. Ek kan nie met 'n finansiële bydrae help nie, maar ek sal voortgaan om te bid vir seën en uitbreiding van VARS.” Wat 'n pragtige herinnering dat hierdie vennootskap nie slegs finansieel gemeet word nie. Gebed is kragtig. Bemoediging maak ‘n verskil. Getrouheid is deurslaggewend. Ons is opgewonde om Bianca De Sousa by die VARS-familie te verwelkom. Bianca sluit by ons aan om ons verhoudings met radiostasies uit te bou en nog meer luisteraars met Jesus se boodskap te bereik. Bid asseblief saam vir die Here Jesus se wysheid, krag en guns oor haar lewe en hierdie nuwe taak. Wil Jy 'n Vennoot van VARS Word? As die Here dit op jou hart lê om die bediening finansieel te ondersteun; sal jou bydrae ons help om voort te gaan om inspirerende, praktiese Bybelwaarhede oor die luggolwe te deel. Ons bankbesonderhede verskyn hieronder. Ons wil jou veral bedank vir jou getroue gebede en bemoediging. Dit is 'n voorreg om hierdie reis saam met jou aan te pak. Saam dra ons die hoop van Jesus oor die luggolwe, een luisteraar op 'n slag. Seënwense en mooi loopVan Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
968
Jou Geskenk
Send us Fan Mail1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB) Weet jy hoekom ek van jou hou? Ek is mal oor die feit dat jy so anders as ek is. Jou motivering is heeltemal anders en jy het ander vermoëns wat in jou DNS ingebed is. Jy het ook unieke ervarings deurgemaak, wat jou gevorm het. Ongelukkig is daar baie mense wat hul gawes en hul vermoëns met ander vergelyk en hulself as minderwaardig beskou. Maar dis 'n groot fout!Tydens die Kubaanse Missielkrisis van 1962, was Vasily Arkhipov tweede in bevel op 'n Sowjet-duikboot gewapen met kernwapens. Omdat hulle geglo het dat die oorlog reeds uitgebreek het, het die bemanning alles gereed gekry om ‘n kernwapen te lanseer. Twee senior offisiere het dit goedgekeur - maar die Sowjet-protokol het drie vereis. Arkhipov was die enigste een wat geweier het. Hy het daarop aangedring om na die oppervlak te kom en op bevele te wag.Hy was nie die offisier met die hoogste rang aan boord nie, ook nie 'n politikus of wetenskaplike nie - net 'n gedissiplineerde vlootoffisier met die morele moed van sy oortuiging en die vermoë om kalm te bly onder druk. Sy selfbeheersing, wat deur sommige mense as ‘n swakheid beskou is en deur sy mede offisiere as vrees bestempel is, het die wêreld van vernietiging gered.1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB)Kom ons sê jy is Vasily in daardie duikboot. Die spanning loop hoog. Jou kaptein beveel jou om te gehoorsaam. Hoe belangrik beskou jy jou vermoë om op daardie oomblik kalm te bly? Jy het natuurlike gawes en vermoëns ontvang wat diegene rondom jou nie het nie. En die taak wat God jou gegee het, is om dit te gebruik; al is dit oënskynlik onbeduidend vir jou. Ons het jou nodig. Reik uit en gee dít, wat jy ontvang het, asseblief aan na die volgende persoon!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
967
Bonatuurlike Redding
Send us Fan MailHebreërs 9:27-28 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. Hoe voel jy oor die bonatuurlike dimensie van die lewe? Bestaan daar so iets? Of is dit net 'n klomp outydse bygelowe, 'n onwelkome oorblyfsel van die Middeleeue? Wat dink jy?Wanneer ons na ons lewens kyk; lyk ons almal maar net na menslike wesens: Ons word gebore, ons word groot, ons gaan skool toe, ons doen wat ons nou doen, en eendag ... sal ons lewens op hierdie aarde tot 'n einde kom. Dis hoe dit gaan...Soos ons grootword, kom ons in aanraking met verskillende invloede. Kan jy dit as bonatuurlik bestempel? Ek dink nie so nie. Natuurlik het ons elkeen 'n morele raamwerk nodig waarvolgens ons kan leef ... sommige mense kies sekulêre humanisme, Boeddhisme, Islam, Sjinto ... en 'n hele paar mense kies Christenskap.Maar ons weet dat Christenskap nie net 'n morele raamwerk is om saam met die ander oor te debatteer nie. In sy kern gaan dit geheel en al oor ‘n bonatuurlike verlossing.Hebreërs 9:27-28 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.Jesus is nie bloot 'n wyse ou profeet met goeie sedes nie. Hy is die Seun van God wat aan 'n kruis gesterf het om die prys vir ons sonde te betaal, sodat ons deur God vergewe kan word. En geen hoeveelheid goeie sedes sal jou ooit in die hemel kry nie. Die hemel is immers 'n bonatuurlike ryk wat 'n bonatuurlike sleutel vereis. Jesus is die sleutel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
966
Ontdek Die Waarheid
Send us Fan MailLukas 24:30-32 Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” Ons verhoudings met ons medemens het ‘n ontsaglike groot invloed op ons karaktervorming. Opbouende verhoudings help ons om in ons alledaagse handel en wandel die fundamentele waarhede van die lewe te ontdek. Ons leer om die realiteite; die druk en ook die beproewinge van die lewe te hanteer.Sophie Scholl was ‘n lid van ‘n Nazi Jeugbeweging. Sy, haar broer Hans, en nog studente het op ‘n dag die negatiewe sy van Hitler se propaganda begin insien en weggebreek van die Nazi’s. Hulle het die Bybel en die werke van Christelike denkers soos Augustinus en Kierkegaard saam bestudeer. Hulle het Jesus ontmoet en die waarheid met mekaar gedeel. Hulle het besef dat die waarheid, selfs al vra dit ‘n hoë prys, uitgeleef moet word.Haar hegte band met haar broer en vriende het haar die moed gegee om by die weerstandsbeweging aan te sluit. Dit het tot haar teregstelling op 21-jarige ouderdom, gelei. Sophie se ontdekking van waarheid was nie in isolasie gevorm nie, maar in verhoudings - menslik en goddelik.Net ná Jesus se kruisiging en opstanding, het twee dissipels langs die pad na Emmaus geloop en die traumatiese gebeure van die Pasgafees bespreek. Toe Jesus langs hulle kom loop het, het hulle Hom nie herken het nie, want Hy was die laaste persoon wat hulle verwag het. Maar met etenstyd ...Lukas 24:30-32 Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”Daar is niks - absoluut niks - soos die ervaring om langs die pad van die lewe, 'n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus te hê nie. Dit sal jou oë vir die waarheid oopmaak. Niks vergelyk daarmee nie! Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
965
Wanneer Koninkryke Val
Send us Fan Mail1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe. Dit is baie maklik om so betrokke te raak in die kultuur waarin ons leef, en die sosiale en ekonomiese gebeure van die dag; dat ons uiteindelik glo dat dinge nog altyd so was, en boonop altyd so sal wees. Tog het hele beskawings, deur die geskiedenis gekom en gegaan. Die mees gevorderde, die magtigste koninkryke ... het verdwyn en net ruïnes agtergelaat.In sy groot werk: History of the Decline and Fall of the Roman Empire het Edward Gibbon beweer dat die agteruitgang van Rome die natuurlike en onvermydelike gevolg van trots en ‘n illusie van grootsheid was. Te veel voorspoed het hulle aandag op die verkeerde dinge laat vestig en die belangrike instandhoudingswerk is so afgeskeep dat dit tot verval gelei het. En net daar het hierdie ontsaglike groot ryk so agteruitgegaan dat dit ineengestort het.Dekadensie lei tot agteruitgang, agteruitgang tot verval, en verval lei uiteindelik tot vernietiging. Kyk om jou na die wêreld vandag. Wat sien jy? En in watter mate het jy jouself oortuig dat dit altyd so sal wees? 1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.God is ewig. Die wêreld is nie. Alles wat vandag so aanloklik en verleidelik lyk; al die begeerlike dinge, gaan verby - maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig...Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
964
‘n Onverwagte Ontdekking
Send us Fan MailMatteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. Het jy al ooit daardie aha-ervaring gehad wanneer jy iets verstommends ontdek? 'n Juweel, wat te midde van die skuim van die lewe, alles verander?Hulle beweer dat 'n Ethiopiese bokwagter in die 9de eeu n.C. opgemerk dat sy bokke energiek geword het nadat hulle die rooi bessies van 'n spesifieke struik geëet het. Hy het gewonder hoe hy sal voel as hy self van die bessies eet; en wonder bo wonder, het hy verkwik gevoel. Monnike het later die bessies gebruik om tydens lang gebede wakker te bly. En dit, my vriend, was die begin van koffie se reis; van wilde plante met rooi bessies tot ‘n besondere drankie wat wêreldwyd geniet word!Deesdae neem ons koffie as vanselfsprekend aan, en ek dink nie vir ‘n oomblik daaraan dat dit deur 'n klomp bokke ontdek is nie!God versteek dikwels skatte - nie om dit van ons te weerhou nie - maar om vir iemand wat opreg daarna soek, toe te laat om dit te vind. Een oomblik van ontdekking kan alles verander. Jesus het dit so gestel in:Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.Waar is die skat van God se koninkryk? Buite in die oopte vir almal om te sien? Nee! Dit is weggesteek in 'n saailand. En daardie skat is so kosbaar dat 'n mens alles sal verkoop net om dit te hê.God het iemand met ‘n soekende hart lief. En sy Woord is vol wonders; wonders wat alles verander; wonders so ongelooflik dat hulle die snuisterye en versiersels van hierdie wêreld waardeloos maak.Miskien is dit hoekom God soveel nader voel, wanneer ons vrae het, as wanneer ons dink dat ons al die antwoorde het. Gaan! Gaan soek die skat!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
963
Vreugde Is Aansteeklik
Send us Fan MailPsalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Het jy al opgemerk hoe jy ook onwillekeurig gaap wanneer jy iemand anders sien gaap? Hoekom is dit so?Dit word sosiale spieëling genoem - ons breine boots instinktief die gedrag van ander na, veral diegene met wie ons emosioneel verbind is. Wanneer jy iemand sien gaap, stuur spieël-neurone in jou brein die boodskap dat jy ook nou moet gaap. So, wanneer jou vriend gaap, sê jou brein: "Ek ook!" - nie uit moegheid nie, maar uit ‘n gemeenskaplikheid.En dieselfde geld vir ons emosies. 'n Nare woord of 'n vuil kyk van iemand bederf die res van jou dag. Maar, wanneer 'n vreemdeling jou onverwags vriendelik behandel; al glimlag hy net vir jou, kan dit 'n gewone vaal dag sommer ophelder.Ek glo in Jesus. Ek is nie seker of jy ook in Hom glo nie, maar sy verlossing gee my groot vrede. En een van die dinge wat Hy ons belowe, is sy vreugde. As ons weet hoe lief Hy ons het, en wat Hy vir ons gedoen het; en wat die ewigheid vir ons inhou ... is daar mos geen rede waarom ‘n mens nie vol vreugde kan wees nie! Ja, selfs, wanneer dinge nie so glad verloop nie.Psalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”Die vreugde wat Hy vir ons gee, raak ook ander aan. Mense sien dit raak wanneer ons te midde van beproewinge, onverklaarbare vreugde, uitstraal. Ek dink hierdie wêreld het meer vreugdevolle Christene nodig. Wanneer die mense jou opregte, blywende vreugde sien, sal hulle vir hulself sê ... Sjoe! Die Here het groot dinge vir daardie ou gedoen.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
962
Jou Geleentheid om te Groei
Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek waar jy nooit verwag het om te wees nie. Maar weet jy, dit kan net mooi die grootste geleentheid vir God wees om vir jou ‘n besondere geskenk te gee!In 1931, op sewejarige ouderdom, het Jacques Lusseyran in 'n ongeluk sy sig verloor. Sy wêreld het oornag verander. Maar hy het vinnig by sy blindheid aangepas en eerder as om wanhopig te word, het hy buitengewone insig en deursettingsvermoë ontwikkel. As ‘n jong seun het hy besorgd geraak oor Hitler se mag. Hy het besluit om Duits te leer sodat hy radio uitsendings kon volg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n leier van ‘n Franse Weerstandsbeweging geword. Hy is deur die Gestapo gearresteer en na Buchenwald gestuur, waar hy een van die min mense was, om, ten spyte van die wrede toestande, sy gevangeskap te oorleef. Sy blindheid het 'n geestelike lens geword waardeur sy insig, moed en deernis verskerp is. In sy memoir, And There Was Light, skryf hy: Ek het vrede in my hart gehad, want ek het ontdek dat vreugde in duisternis kan bestaan.Romeine 5:3-5 … Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Wanneer die lewe onverwags verander, gee God jou die geleentheid om te groei. Wanneer jy deur lyding volhard, bou dit ongetwyfeld jou karakter. Jy stap saam met Jesus deur daardie hel. Hy sal jou vul met 'n rotsvaste hoop wanneer Hy deur sy Gees, sy liefde in jou hart uitstort.Moenie blind wees vir die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
961
Een Dag …
Send us Fan MailRomeine 14:11-12 want daar staan geskrywe: So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Sommige dinge is baie duidelik sonde. Jy mag nie moord pleeg nie, dis tog voor die hand liggend, nè? Jy mag nie egbreuk pleeg nie – dis ook logies, maar deesdae ongelukkig nie ‘n baie populêre ding om te sê nie. Ander dinge is, wel, nie so voor die hand liggend nie. En daardie nie-so-voor-die-hand-liggende- dinge veroorsaak baie konflik.Hier is ‘n moeilike vraag: Beteken genadedood 'n deernisvolle keuse om lyding te beëindig, of is dit 'n skending van die heiligheid van lewe? Is kunsmatige intelligensie 'n wonderlike ontdekking, of hou die ongereguleerde ontwikkeling daarvan ‘n bedreiging vir die mensdom se bestaan in?Ek is seker jy het jou eie siening oor daardie, en oor baie ander sogenaamde grys areas, wat ons begrip van reg en verkeerd bepaal. Maar, wanneer boosheid onder die vaandel van sosiale vooruitgang gepleeg word, moet dit gekonfronteer word. En soos opinies meer verdeeld word, en soos samelewings meer verskeurd raak, en soos die media meer venynig word, moet jy jouself afvra, watter rol speel ek in die negatiewe dinge wat om ons gesê word? Waarom gooi ek klippe na ander, eerder as om in die spieël na myself te kyk? Romeine 14:11-12 “So seker as Ek lewe,” sê die Here, “voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.Terwyl ons so besig is om ander te oordeel, moet ons onthou dat God alleen die regter is, en dat ons almal eendag voor Hom verantwoording sal moet doen.Nederigheid en selfgeregtigheid is vyande. Voordat jy iemand se kop in 'n argument afbyt, onthou dat elkeen van ons aan God sal moet rekenskap gee.Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
960
Hou Moed en wees Dapper
Send us Fan MailDeuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Hou jy van verandering? Nie? Wel, jy is nie alleen nie. Die waarheid is, dat baie min mense gemaklik is met verandering.Stel jou dié situasie voor. Moses weet hy gaan binnekort sterf en hy is besig om Josua voor te berei om die leierskap van Israel oor te neem. Hulle staan op die drumpel van die Beloofde Land terwyl Moses sy laaste instruksies gee. Hulle staar magtige vyande, versterkte stede en die onsekerheid van 'n kritieke leierskapsoorgang in die gesig. En op die oomblik pleit Moses met hulle om nie bang te wees nie, maar om sterk en dapper te wees.Wel, ja, dis maklik vir jou om te sê, Moses. Jy is nie die een wat die Jordaanrivier moet oorsteek nie. Jy is nie die een wat geveg na geveg moet veg om die Beloofde Land in te neem nie. Kyk watter seënwense spreek Moses oor sy volk uit:Deuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”Soos ons gesê het, hou die meeste van ons nie van verandering nie. Al hoop ons dat dinge sal verbeter, of dat dit sommer vanself sal regkom, is dit ontstellend wanneer verandering kom, selfs al is dit positiewe verandering, omdat ons nie weet wat in die toekoms gaan gebeur nie. En dit is veral wáár, wanneer ons ernstige uitdagings in die gesig staar; wanneer verandering kom, soos dit vir Israel gebeur het. Dis een ding as iemand anders vir jou sê: wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, maar dis nie genoeg nie. Wat genoeg sal wees - wat altyd meer as genoeg is - is die rede waarom ons dapper moet wees; want die HERE jou God sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
959
Wanneer Jou Voet Besig is om te Gly
Send us Fan MailPsalm 94:18-19 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. Die druk wat ons in die lewe ervaar, bekruip ons dikwels geleidelik, onmerkbaar. Jy leef net daarmee saam totdat jy eendag op breekpunt kom.Ek het onlangs met 'n vriend van my in sy sewentigs gesels. Hy het gewonder wat God volgende vir hom in gedagte het, nadat hy pas sy deeltydse werk voltooi het. Hy was altyd, behalwe vir 'n bietjie pyn en 'n bietjie onsekerheid oor ‘n knievervangingsoperasie in die nabye toekoms, ‘n gelukkige en positiewe mens. Maar nou, met al die verwikkelinge wêreldwyd, het hy begin besorg raak oor sy finansies en gewonder hoeveel tyd hy en sy vrou saam op hierdie aarde oor het. Ek kon sien dat hy nie homself was nie, hy was onder druk. Dis hoe dit in die lewe is... Ek is seker jy kan jouself hiermee vereenselwig.Hierdie psalmis was baie duidelik deel van 'n gemeenskap onder druk, waar die goeie mense aan die hande van die goddeloses gely het. Daarom bid hy tot God in:Psalm 94:18-19 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.Dis ‘n aaklige gevoel wanneer jy voel asof jou voete gly, en asof die sorge van die lewe jou gaan oorweldig.Kom ons wees realisties - God verwyder nie altyd die oorsaak van ons probleem nie. In plaas daarvan vertroos Hy ons, Hy ondersteun ons daardeur. So, verstaan mooi, daardie goddelike vertroosting is nie die afwesigheid van probleme nie, maar die teenwoordigheid van God, te midde daarvan. Hy vervang angs met vreugde, chaos met stabiliteit. Hou moed. Jy is nie alleen nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
958
Net as Jy dit die Minste Verwag
Send us Fan MailHandelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar. Die lewe bestaan hoofsaaklik uit alledaagse en herhalende dinge …. Maar niks is toevallig nie. Eendag, skielik, uit die bloute gebeur daar iets wonderliks waarvan jy self nie die betekenis verstaan nie, totdat jy jare later daarna terugkyk en dan word dit glashelder.Klink die naam Albert McMakin bekend? Waarskynlik nie. Albert McMakin was ‘n nuwe gelowige en hy was aan die brand vir Jesus. Hy was baie ernstig dat sy vriende ook van Jesus moes leer, en toe daar ‘n bekeringsdiens daar naby was, het hy 'n vragmotor met mense gevul om van Jesus te hoor. Hy het Billy, een van sy vriende wat glad nie belanggestel het nie, met moeite omgekoop om saam te gaan, deur hom die eer te gee om die vragmotor te bestuur. Toe hulle daar aankom, was Albert se gas 'betowerd' en nadat hy nog ‘n paar dienste bygewoon het, het hy sy lewe aan Jesus Christus gegee. Daardie man, die bestuurder van die vragmotor, was Billy Graham. Dit was die jaar 1934. Sedertdien het Billy Graham duisende tot geloof in Jesus Christus gelei en die verloop van die geskiedenis vir altyd verander. Ons kan nie almal soos Billy Graham wees nie, maar ons kan almal soos Albert McMakin wees – ons kan almal ons vriende na Jesus bring. Daar word beraam dat meer as 3.2 miljoen mense deur Billy Graham se openbare dienste na Christus gekom het.Handelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar.Albert, Billy, Barnabas, Saulus. Gewone mense, elk met 'n voorafbepaalde rol, deur wie God magtige dinge gedoen het. Vir elkeen het hul dag begin soos enige ander dag. Maar toe ... verskyn God. Pasop, want net wanneer jy dit die minste verwag, sal die Heilige Gees verskyn.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
957
Mei Nuusbrief 2
Send us Fan MailGoeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Mei. Indien jy dalk nog gewonder het; die winter is hier! Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar is dit nie! Die lang stil koue aande herinner my so baie aan die woorde van N.P. Van Wyk Louw: O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sieraad was. In 1993, tydens die Heidelberg Taverne-aanval in Kaapstad, het die 23-jarige Lyndi Fourie haar lewe verloor. Jare later het haar ma, Ginn Fourie, die dapper besluit geneem om Letlapa Mphahlele, die bevelvoerder tydens die aanval, te ontmoet. Ten spyte van ondenkbare hartseer, het Ginn vergifnis bo bitterheid gekies nadat sy oor Jesus se woorde in Matteus 6:14 nagedink het:Want as julle ander se oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Deur die krag van die Heilige Gees het 'n merkwaardige verhaal van versoening ontvou. Vandag reis Ginn en Letlapa saam en deel 'n boodskap van genesing, vrede en vergifnis dwarsdeur Suid-Afrika. ‘n Getuienis soos hierdie herinner ons waarom die verkondiging van die Evangelie vandag nog so belangrik in ons land is. In 'n wêreld vol verdeeldheid, pyn en onsekerheid, bring die versoeningsboodskap van Jesus, genesing van harte, en herstel van verhoudings. Deur FRESH of te wel VARS, en ons radiovennote dwarsdeur Suid-Afrika, word mense elke dag, dikwels op plekke wat 'n kerk dalk nooit sal bereik nie, aan Bybelwaarhede blootgestel en bemoedig. Plaaslik het KG, ons nuut aangestelde Hoof in Suid-Afrika, onlangs die radiostasie, Radio Khwezi, wat daagliks Fresh-Zulu uitsaai, besoek. Hy het die stasiebestuurder, Daniel Wunderlich, ontmoet om die vennootskap te versterk wat daarop fokus om meer Zoeloe-sprekende luisteraars met Bybel-gesentreerde inhoud te bereik en te dissipel. KG het weer bevestig dat: “Radio 'n betroubare bron van waarheid in die gemeenskap is. Dít wat uitgesaai word, vorm persepsies en oortuigings en is deel van die daaglikse lewe.” Dankie dat jy Christianityworks Suid-Afrika met jou gebede, aanmoediging en vrygewigheid ondersteun. Jou bydrae help ons om die lewensveranderende boodskap van Jesus oor ons hele streek te versprei.Onthou:Vergifnis is ‘n geskenk aan jouself; dis ‘n besluit - nie ‘n emosie nie.Seënwense en mooi loop. Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
956
Volkome Gered
Send us Fan MailHebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree. Daar is deesdae soveel slegte nuus. Diktators, oorloë, lyding, uitbuiting, misdaad. Dis regtig lelik, nè? So, wat doen ons? Ons kyk noord en ploeter voort op ons eenvoudige manier op soek na ons klein ou kolletjie onder die son. Maar sê-nou daar is meer in die lewe as dit?Blaise Pascal was 'n briljante 17de-eeuse Franse wiskundige, fisikus en uitvinder. Hy het groot bekendheid verwerf vir baie uitvindings, veral vir die een wat Pascal se Driehoek genoem word. Ten spyte van sy akademiese sukses, het hy met innerlike onrus, siekte en 'n gevoel van geestelike leegheid geworstel. Dit het alles verander op een nag toe hy 'n kragtige ontmoeting met Jesus gehad het.Hy het dit sy "nag van vuur" genoem. Hy het daardie nag die Teenwoordigheid van die lewende God ervaar. Hy het sy belewenis van daardie aand op ’n stukkie perkament neergeskryf en in sy jas gebêre - waar dit eers agt jaar ná sy dood, op die ouderdom van 39, gevind is. Daarop was geskryf: My God, my God, waarom het ek U verlaat? Mag ek nooit weer van U geskei wees nie.Hebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.Het jy al jou nag van vuur gehad? Het jy al van aangesig tot aangesig met Jesus, wat vir jou gesterf en weer opgestaan het, gekom? Miskien nie, of miskien het jy, maar dit lyk alles so ver verwyderd van die dinge wat op hierdie oomblik aan die gang is.My vriend, vandag het ek goeie nuus vir jou. In Christus het God jou ontsettend lief. In Christus kan jy gered word. In Christus kan jy vir ewig by God wees, want Jesus leef. Hy is gereed om jou te help wanneer jy Hom vra.Doen dit vandag. Doen dit nou. Wend jou tot Jesus.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
955
Ja en Amen
Send us Fan Mail2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV) Die lewe is deurmekaar. Jy kan nie daarmee stry nie. Wys my 'n enkele gesin wat nog nie sy eie probleme gehad het nie. Wys my 'n enkele persoon met ‘n grys haar of twee, wat nie deur 'n paar werklike krisisse in die lewe gegaan het nie. Sulke mense bestaan eenvoudig nie.Die lewe ruk en pluk ons inderdaad rond. Hopelik skuur dit ‘n paar van ons growwe kante af. In vandag se lewe moet ’n mens veerkragtig wees, jy moet verantwoordelikheid kan neem. Maar daar is 'n rots waarop ons veerkragtigheid gebou kán en móét word; 'n tydlose, onwrikbare fondament waarop ons elkeen kan en moet staan. Hier is dit:2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV)God se beloftes is waar. Jesus het vir jou gekom. In Christus is al die beloftes van God 'n ‘ja.’ Hy het gekom om jou van jou sonde te red. Hy het weer uit die dood opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. Hy is gereed, gewillig en in staat om sy Gees op jou uit te stort om jou in Christus sterk te maak. Jy sal die ewigheid saam met Hom deurbring.Hoe word hierdie beloftes vir jou ‘n werklikheid? Deur jou geloof in Jesus te plaas; deur jou hele lewe aan Jesus oor te gee. Want die ‘ja’ op al God se beloftes is in Christus, en daarom sê ons deur Christus "Amen" tot eer van God.My Vriend, vertrou volkome op Jesus.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
954
Word Gemaklik Met …
Send us Fan MailFilippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.Niemand hou daarvan wanneer hulle nie hulle sin kry nie. Niemand nie! Dit begin al op 'n baie jong ouderdom wanneer ‘n kind homself in woede op die grond neergooi en skop en skree as hy nie sy sin kry nie. Kom ons wees eerlik, ons voel soms steeds lus om sulke woede-uitbarstings te hê, nè?!In die 12de eeu het Thomas Becket, die Aartsbiskop van Canterbury, ‘n meningsverskil met Koning Henry II gehad oor die kerk se gesag. Hulle was aanvanklik goeie vriende, maar nadat hy Aartsbiskop geword het, het Beckett grootkop gekry en geweier om aan die koning se wense toe te gee, selfs oor onbenullige dinge wat regtig nie saak gemaak het nie.Uiteindelik het sy aandrang om sy sin te kry, tot ‘n sluipmoord op sy lewe gelei. As Becket nederig was en vrede wou maak, sou hy sy lewe behou het, en die verhouding tussen die kerk en die staat sou waarskynlik ook baie beter gewees het.Om ons eie sin te kry in ‘n skermutseling lyk so ontsettend belangrik dat ons alte maklik dié dinge wat werklik saak maak, uit die oog verloor.Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.’n Snaakse ding gebeur wanneer ons kies om toe te gee; wanneer ons ons selfsugtige trots uit die pad kry; wanneer ons die ander persoon opreg begin eer ... dan breek vrede werklik deur.Natuurlik moet ons nie toegee wanneer dit nie om die regte rede is nie. Maar maak seker dat dit nie dalk jou eie koppigheid is wat die konflik in die eerste plek aangeblaas het nie! Dink mooi: is daar op die oomblik ‘n konflik waarby jy betrokke is, waar jy met ‘n skoon gewete kan toegee? Dink net hoe dinge sal verander indien jy wel besluit om die nederige een te wees?... moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.Maak vrede met die feit dat jy nie altyd jou eie sin hóéf te kry nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
953
Van Binne Gevul
Send us Fan Mail2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; In 'n wêreld waar ons almal probeer om iemand te wees, beleef baie van ons 'n knaende gevoel van ‘ek is nie goedgenoeg nie.’ Ons redeneer dat ons soveel swakhede en tekortkominge het, dat ons nooit regtig veel sal kan bereik nie.Ek moet nou ‘n belydenis doen: Dit het my soms gepla dat Christianityworks, die bediening wat hierdie daaglikse boodskappe produseer, nie 'n indrukwekkende kantoor gehad het nie. Ons kantoor het sleg afgesteek by die spoggerige televisie- en radio-ateljees wat ek dwarsdeur die wêreld besoek het. Ons s'n was net 'n ommuurde gedeelte van 'n voorportaal, wat 'n plaaslike kerk gratis tot ons beskikking gestel het.Ons opset het, in vergelyking met ander, absoluut minderwaardig en onbeduidend gelyk.Sien jy hoe maklik dit is om in daardie strik te trap? En tog is God gewoond daaraan om brose en feilbare mense op die mees verstommende maniere tot sy eer te gebruik. En Hy doen alles met 'n doel. Paulus skryf aan ‘n gemeente:2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;Paulus se bediening, het bestaan uit 'n paar onbelangrike manne en vroue, wat deur die bekende wêreld sonder groot ophef voortgeskuifel het. Hulle het in vergelyking met Jerusalem, met sy glorieryke tempel, absoluut onindrukwekkend gelyk. Maar God gebruik gewone gebroke mense om sy kosbaarste geskenk te dra, sodat niemand ooit onseker sal wees oor waar die krag vandaan kom nie. Hy vul wagtende, biddende harte met sy Gees en krag. Ons is die leë houers - Hy is die skat daar binne-in.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
952
Die Weg Na Vreugde
Send us Fan MailMatteus 5:3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Dis maklik om te dink dat ons vreugde, ons vervulling en ons tevredenheid, in sukses, in erkenning en in gemak lê. En jy kan maar vir jouself probeer oortuig dat jy gelukkig sal wees, wanneer jy suksesvol en belangrik is; maar dit werk nie so nie.William Randolph Hearst, ‘n Amerikaanse koerantmagnaat, het 'n massiewe media-ryk gebou en in weelde op sy uitgestrekte landgoed, Hearst Castle, gewoon. Hy het presidente beïnvloed, mense se opinies gevorm en soos ‘n koninklike geleef.Hearst het geglo dat hy die reg op mense se bewondering het. Hy wou hulle beheer en manipuleer, maar dit het hom sy vreugde gekos. Hy was so behep met sy nalatenskap en openbare beeld, dat hy koerantopskrifte gemanipuleer het, mededingers verpletter het, en talle skandalige verhoudings gehad het. In latere jare, tydens die Groot Depressie, het sy ryk verkrummel en sy destydse welgestelde en bekende vriende het hom as ‘n angstige en eensame man in die steek gelaat. Ten spyte van al Hearst se uiterlike sukses, het sy vreugde deur trots en gierigheid tot niet gegaan. Ja, kom ons wees eerlik, dis nogal hoe hierdie dinge eindig, nè! Jesus het in die bekende Bergpredikasie die volgende gesê:Matteus 5:3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.Dis reg, die geheim is om te weet hoe afhanklik jy van God is en hoe om in nederigheid na Hom toe te kom - nie met selfgeregtigheid nie. Here, ek is geestelik bankrot. Ek kan myself nie red nie. Ek het u genade nodig.Volgens Jesus is so 'n nederige persoon geseënd, want daardie seën begin waar ons selfgeregtigheid eindig. Of soos iemand eenkeer gesê het, vreugde sterf in die gees van selfgeregtigheid, maar floreer in 'n houding van oorgawe.My vriend, hoe langer ons na die dinge van hierdie wêreld streef; hoe sterker ons deur ons gevoel van selfgeregtigheid vasgegryp word, hoe meer sal vreugde ons ontwyk, want oorgawe is die pad na vreugde.Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
-
951
Deelname Nie Prestasie Nie
Send us Fan MailFilippense 1:4-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Ek dink dikwels dat dit baie makliker is om wanneer dinge goed gaan, die spoor byster te raak, as wanneer dit sleg gaan. Wanneer die koeëls om jou fluit; wanneer jy in gevaar is, roep jy natuurlik tot God. Maar wanneer dit goed gaan … kan jy gemaklik eet, drink en vrolik wees.Interessant genoeg skryf die apostel Paulus vanuit sy tronksel die volgende aan sy vriende in Filippi:Filippense 1:5-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.Met ander woorde, die Filippense het, deur goeie en moeilike tye, aan God getrou gebly en vir Paulus ondersteun. Hulle het deur hul dade gedemonstreer dat hulle koersvas gebly het.Paulus seën hulle, want hy glo dat hulle die goeie werk wat die Here in hulle begin het, sal voortsit tot op die dag wanneer Jesus Christus weer terugkom.Ons verstaan mos dat dit God self is, wat die goeie in ons doen. Ons presteer nie om gered te word nie, maar wanneer ons gered is, neem ons deel aan sy werk, wetende dat Hy tot die einde toe, sy goeie werk ín ons sal voortsit.Dis 'n voortreflike vennootskap wat ons uitnooi om deel te neem; nie om te presteer en deur mense gesien te word nie. Bly getrou, hou aan om goed te doen, want die goeie werk wat God in jou begin het, sal voortgaan totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus weer terugkom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
HOSTED BY
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
CATEGORIES
Loading similar podcasts...