EPISODE · May 5, 2026 · 3 MIN
Bly Liewer Stil
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailSpreuke 15:4 Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. As ons maar net die gemene dinge wat ons oor die jare gesê het, kon terugtrek en dit kon vervang met woorde van vriendelikheid en begrip... Dink daaroor na. Hoe anders sou sommige van jou verhoudings, selfs jou lewe, gewees het as jy nie party van daardie dinge gesê het nie?Ons het dit almal gedoen. Ons is almal spyt daaroor. Ons wens almal dat ons dit ongedaan kon maak. Maar ons kan nie. Wat ons wel kan doen, is om te probeer verstaan hoekom ons daardie kwetsende dinge gesê het, sodat ons volgende keer anders kan optree. Maar kom ons kyk na die ooglopende, die voor die hand liggende oplossing in:Spreuke 15:4 Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.Kalmerende woorde, of soos dit in die ou vertaling ‘n "sagte tong" genoem word, verwys letterlik na 'n genesende tong in die oorspronklike Hebreeuse taal. Dink net wat dit sal beteken wanneer jy leer om moeilike situasies met woorde, wat mense genees en opbou, te benader; eerder as woorde wat hulle afbreek.Maar verdraaide of korrupte woorde, leuens, laster, wreedheid en dies meer – breek ‘n mens se gees, dit verpletter mense, verwond hulle, dit slaan hulle plat.Hoekom doen ons dit? Dis reg, dis omdat ons self seer het. Hoe gereed dink jy, is jy om liefdevol met ander te praat wanneer jou hart seer is? Jy is beslis nie gereed nie, nè?Hier is die waarheid: Wanneer die hart seer en gewond is, volg die tong dikwels op vernietigende maniere. Die Bybel waarsku ons dat die toestand van ons hart ons woorde beïnvloed. Ons moet dus wanneer ons emosies rou is, met selfbeheersing, wysheid en in stilte optree. ‘n Regverdige mens dink voor hy antwoord. Goddelose mense sê net slegte dinge.So, moenie jou tong vertrou wanneer jou hart bitter of gebroke is nie. Bly stil totdat jy genees het, want dan eers kan jy opreg wees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
NOW PLAYING
Bly Liewer Stil
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Mar 3, 2026 ·44m
Feb 21, 2026 ·30m
Dec 17, 2025 ·30m
Dec 11, 2025 ·26m
Dec 11, 2025 ·29m
Dec 11, 2025 ·33m