PODCAST · kids
Gesonde gesinne
by Maroela Media
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
-
77
Gesonde gesinne | Jou woorde word jou kind se innerlike stem
Jou kind is nie die probleem nie, maar verkeerde gedrag is wel. In hierdie aflewering van Gesonde gesinne nooi berader Lourindi Nel ouers om stadiger te praat en sagter te kyk.
-
76
Gesonde gesinne | Jou teenwoordigheid is jou kind se veiligste plek
Die grootste geskenk wat jy vandag vir jou kinders kan gee, is jou onverdeelde aandag.
-
75
Gesonde gesinne | Bou karakter, nie net gedrag nie
Wat as dissipline meer oor môre as vandag gaan?
-
74
Gesonde gesinne | Wanneer ouers net foute raaksien, krimp kinders se moed
Om die goeie raak te sien is meer as ouerskap – dit is ʼn geestelike oefening en kan jou kind se wêreld verander. Lourindi Nel moedig ouers aan om doelbewus ʼn gebalanseerde lens te ontwikkel: om foute raak te sien, maar ook om die kleinste oorwinnings te vier.
-
73
Gesonde gesinne | Maak die nuwe skooljaar makliker vir jou kind
Nuwe skoolklere, ʼn ander juffrou en onbekende gesigte kan vir sommige kinders oorweldigend voel. Elke kind mag sy of haar eie pas hê met so ʼn nuwe begin.
-
72
Gesonde gesinne | Januarie se belangrikste les
Januarie voel vir baie mense soos ʼn koue stort ná die vakansie. Berader Lourindi Nel herinner ons dat klein roetines groot emosionele veiligheid vir almal in die gesin bied en dat herstel ná ʼn vakansie vir sagtheid vra.
-
71
Gesonde gesinne | Vakansie sonder vrede? Só help jy balans herstel
As roetines in die vakansie eers verdwyn, kan boeties en sussies gou begin baklei. Lourindi meen vrede in die huis begin by hoe ons mekaar se behoeftes raaksien.
-
70
Gesonde gesinne | Kieskeurig of oorweldig? Wat regtig agter feestyd se kosdramas lê
Vir sommige kinders is die feestafel nie feestelik nie, dit is oorweldigend.
-
69
Vreemde plekke, groot emosies? Help jou sensoriese kind dié vakansie
Vakansie behoort lekker te wees, maar vir sommige kinders voel nuwe plekke soos ʼn sensoriese storm. Kom luister hier hoe jy jou kind kan help.
-
68
Gesonde gesinne | Sensoriese oorlading in ʼn oorvol vakansiehuis
ʼn Propvol huis hoef nie die vakansie tot trane en uitbarstings te lei nie, veral as jy as ouer weet hoe om die sensoriese oorlading te bestuur. Hier is strategieë wat die vrede dié vakansie kan bewaar.
-
67
Gesonde gesinne | Tem jou kind se verwagtingsangs en hiperfiksasie
Hoekom raak ons sensories-sensitiewe en neurodivergente kinders soms so opgewonde tot hulle byna letterlik wil ontplof? Hier is die antwoord.
-
66
Gesonde gesinne | Hoekom kinders se brein roetine vra, veral in vakansietyd
Kom luister hoe Lourindi Nel ouers toerus om met meer vrede en minder drama deur die vakansie te kom.
-
65
Gesonde gesinne | Minder praat, meer luister
Woorde oortuig nie altyd nie, maar om te luister, verander die hart.
-
64
Gesonde gesinne | Ouerskap is nie ʼn magstryd nie
Wanneer ouers ophou baklei vir beheer, begin hulle bou aan invloed.
-
63
Gesonde gesinne | Wat ouers van emosionele volwassenheid moet weet
Voel jy soms jy verloor dit saam met jou kind? Kom leer hoe om kalm te bly, al voel jy nie so nie.
-
62
Gesonde gesinne | Groot emosies vra groot deernis
Voel jou kind se emosies soms te groot? Lourindi Nel herinner ons in “Gesonde gesinne” dat ʼn ouer se grootste krag nie in oplossings lê nie, maar in jou vermoë om te luister.
-
61
Gesonde gesinne | Grense wat beskerm, nie straf nie
Kom luister hoe Lourindi Nel dit mooi verduidelik en jou herinner hoekom “nee” soms die mooiste woord is wat ʼn ouer kan sê.
-
60
Gesonde gesinne | Staan vas sonder dreigemente en vrees
Kan jy jou kind lei sonder dreigemente en steeds gehoorsaamheid kweek? Ontdek hoe liefde en grense saamwerk in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne”.
-
59
Gesonde gesinne | Lei met nuuskierigheid, nie beheer nie
Só skep jy ʼn atmosfeer van ontdekking waar jou kind leer om ook selfondersoek te doen. Dit moedig insig aan, eerder as blote vrees vir straf. “Leiding beteken nie jy gooi grense weg nie. Kinders het steeds struktuur en duidelike verwagtinge nodig. Die verskil lê in die toon: ‘Ek verstaan jy is kwaad, maar dis nie reg om te slaan nie. Vertel vir my wat jy eintlik wou hê.’ Jou gesag bly behoue, maar jy is toeganklik en veilig.”
-
58
Gesonde gesinne | Wat sê my kind regtig met sy gedrag?
Van trane tot ʼn voetstamp, elke aksie sê iets van jou kind se hart. Kan jy daardie taal ontsyfer?
-
57
Gesonde gesinne | Dissipline wat bou, nie breek nie
Hoe leer ons ons kinders verantwoordelikheid en selfbeheersing sonder om altyd eerste te straf? Kom luister na die bespreking oor dissipline op “Gesonde gesinne”.
-
56
Gesonde gesinne | Hokaai, wag eers ʼn bietjie
Vyf sekondes is soms al wat jy as ouer nodig het om wys te reageer. Kom luister hier hoe wag ʼn sleutel tot kalm en wyse ouerskap is.
-
55
Gesonde gesinne | Veg, vlug of vries? Leer kalm reageer as ouer
Selfbeheersing is aansteeklik; as jy self die voorbeeld kan stel, sal jou kind jou navolg. Hierdie vaardigheid ontwikkel oor tyd deur selfrefleksie, ondersteuning en soms professionele leiding. Lourindi herinner ouers ook dat selfversorging nie ʼn luukse is nie, maar noodsaaklik.
-
54
Gesonde gesinne | Konneksie eerste, want dissipline werk beter met liefde
Om ʼn konneksie te bou beteken nie ʼn ouer is toegeeflik nie, dit skep eerder ʼn grondslag vir effektiewe dissipline.
-
53
Gesonde gesinne | Die grootste erfenis is ʼn pa se teenwoordigheid
Marius Nel, berader en pa van vier, gesels met Pieter Cloete oor dieper vrae: Wat bou jy in jou kind in? Wat van jou wil jy hê moet bly?
-
52
Gesonde gesinne | Só leer jy jou kind luister en verstaan
Jy kan baie doen om jou kind te leer om goed met ander oor die weg te kom. Van empatie en goeie kommunikasie tot verhoudingsvaardighede – dit begin alles by die huis.
-
51
Gesonde gesinne | Pa, hoe leer jy jou kind om emosioneel sterk te wees?
Volgens Marius beteken emosionele veerkragtigheid nie net om deur swaarkry te druk nie, maar om weer op te staan ná teleurstellings, mislukkings en konflik. “Kinders wat emosioneel veerkragtig is, kan hul emosies eien, verstaan en reguleer. Hulle laat nie toe dat struikelblokke hulle definieer nie,” sê hy.
-
50
Gesonde gesinne | Met geloof en waardes is hoe pa’s hul kinders se gees vorm
Wanneer ʼn pa saam met sy kinders bid, Bybelverse deel, konflik benader met vergifnis en ander met respek behandel, bou hy ʼn blywende geloofserfenis.
-
49
Gesonde gesinne | Pa’s maak ook foute, maar kan weer regmaak
Dié gesprek herinner pa’s dat herstel nie ʼn enkele oomblik is nie, maar ʼn proses.
-
48
Gesonde gesinne | Pa’s wat omgee is teenwoordig
Teenwoordigheid is nie perfeksie nie. Dit is bewuste betrokkenheid, en dit kan so eenvoudig wees soos onverdeelde aandag tydens ʼn gesinsmaaltyd of ʼn gesprek in die motor. Hierdie gesprek bied hoop en rigting aan pa’s wat voel hul kapasiteit is beperk. Die goeie nuus? Jy hoef nie perfek te wees nie – jy moet net teenwoordig wees
-
47
Gesonde gesinne | Huwelik se stille krag agter gesinsveiligheid
Hoe lyk ʼn huwelik wat kinders emosioneel bemagtig? Vind uit in die jongste episode van “Gesonde gesinne” hier op Maroela Media.
-
46
Gesonde gesinne | Pa’s wat grense stel én harte wen
ʼn Kind sonder grense voel onveilig, maar ʼn kind wat net met vrees beheer word, leer nie om self te dink nie. Ontdek hoe pa’s ʼn balans tussen liefde en leiding kan handhaaf. Luister na dié episode van “Gesonde gesinne” waar ons op vaderskap fokus.
-
45
Gesonde gesinne | Stille krag van ʼn pa bou dogters se selfbeeld, vertroue
Selfbeeld, toekomstige verhoudings en drome begin alles by die band tussen ʼn pa en sy dogter. Dié aflewering van “Gesonde gesinne” is die luister werd vir elke pa.
-
44
Gesonde gesinne | Só help pa’s hul seuns groei
Volwassenheid het meer te doen met karakter as ouderdom. Kom luister in “Gesonde gesinne” hoe ʼn pa die fondasie van geloof, waarde en aksie in sy seun se lewe kan lê.
-
43
Gesonde gesinne | Hoekom pa’s saak maak
ʼn Pa is beslis nie net nog ʼn gesinslid nie – hy is die anker van die gesinslewe en speel ʼn deurslaggewende rol in kinderontwikkeling en gemeenskapsvorming.
-
42
Gesonde gesinne | ‘Aanneming was nooit ons plan B nie’
“Jy hoef nie alles reg te hê om te begin nie. Jy moet net bereid wees om op te daag, oor en oor.” Kom luister na dié kragtige gesprek oor aanneming, liefde en geloof.
-
41
Gesonde gesinne | As jou kind sy biologiese ouers wil ontmoet
Lourindi Nel help ouers om hul aangenome kind se identiteitsreis te begelei, selfs wanneer dit die moeilike vrae behels.
-
40
Gesonde gesinne | Help kinders om hul aannemingstorie te verstaan
Aanneming is ʼn belangrike deel van ʼn kind se identiteit en behoort nie weggesteek te word nie. As kinders nie hul eie storie ken nie, vul hulle dikwels die leemtes met skuldgevoelens of verwarring. Dit is waarom dit belangrik is om oop, eerlik en met deernis met jou kind oor sy of haar aanneming te gesels.
-
39
Gesonde gesinne | Bou ʼn veilige hawe vir jou kind se emosies
ʼn Kind wat veilig voel, is ʼn kind wat kan groei en floreer. Lourindi Nel, ʼn berader en ma van twee aangenome kinders, verduidelik hoe ons ʼn omgewing van veiligheid en vertroue vir ons kinders kan skep.
-
38
Gesonde gesinne | Wanneer gedrag ʼn kind se noodkreet is
Dié benadering gaan nie oor toegewings of om sag te wees nie, maar eerder oor begrip, veiligheid en groei. Ouerskap is ʼn reis van bewuste teenwoordigheid as jy ʼn kind met trauma het.
-
37
Gesonde gesinne | Genesing van trauma begin by speel, ko-regulering
Wat gebeur wanneer ʼn kind nie kan sê wat seer is nie? In dié episode van “Gesonde gesinne” verduidelik Lourindi Nel die rol van speel en ko-regulering in traumaverwerking.
-
36
Gesonde gesinne | Help jou kind met vrees, angs
Lourindi Nel, ʼn berader, verduidelik in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne” hoe vreesgebaseerde gedrag by ʼn kind lyk.
-
35
Gesonde gesinne | Bou ʼn veilige band met jou aangenome kind
Lourindi Nel, ʼn berader, verduidelik hoekom ʼn kind sukkel as hulle nie ʼn veilige band met hulle aanneemouers kan vorm nie. Wat is binding, hoekom is dit belangrik vir ʼn aangenome kind en wat is die verskillende soorte bindingstyle?
-
34
Gesonde gesinne | Vergroot jou kind se venster van toleransie
Lourindi Nel verduidelik in dié aflewering van “Gesonde gesinne” wat gebeur as jou kind buite sy of haar venster van toleransie beweeg en hoe om daardie venster te help vergroot.
-
33
Gesonde gesinne | Die effek van vroeë trauma op breinontwikkeling
Die goeie nuus is dat hierdie neuronbane en -patrone kan verander. Lourindi Nel gee raad oor hoe ʼn ouer hul kind kan help met die effek van vroeë trauma.
-
32
Gesonde gesinne | Só lyk trauma in aangenome kinders se gedrag
Lourindi het die jongste gesprek afgeskop deur te verduidelik hoe aannemingstrauma in ʼn kind se gedrag kan lyk. Ouers van aangenome kinders kan nie hierdie gedrag as ongehoorsaamheid of manipulasie afmaak nie – dit is die kind se oorlewingsmeganisme.
-
31
Gesonde gesinne | Wat is aannemingstrauma?
In die volgende paar aflewerings van "Gesonde gesinne" praat Lourindi Nel, ʼn berader en ʼn ma wat kinders aangeneem het, oor die uitdagings wat aangenome kinders ervaar. Sy help ouers om die trauma se wonde beter te verstaan en gee strategieë en wenke wat die kinders kan ondersteun.
-
30
Gesonde gesinne | Laat graad R seepglad verloop met dié wenke
Lourindi Nel van "Gesonde gesinne" het heerlike wenke om te verseker jou kind se eerste paar weke by die skool verloop goed en om so 'n fondasie vir die res van hul tyd by die skool bou. Kom luister saam:
-
29
Gesonde gesinne | Help jou graad R-kind om maatjies te maak
Is jy ook miskien een van daardie ouers met die bekommernis dat jou kind nie ʼn maatjie in die nuwe skool het nie?
-
28
Gesonde gesinne | Is my kind gereed vir graad R?
Graad R is ʼn fase in ʼn kind se lewe met ʼn splinternuwe omgewing, ʼn nuwe sosiale dinamika en veel hoër verwagtinge. In “Gesonde gesinne” help ons om hierdie nuwe wêreld te verstaan.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
HOSTED BY
Maroela Media
Loading similar podcasts...