IN-SIGHT.LIFE podcast artwork

PODCAST · religion

IN-SIGHT.LIFE

In 'n chaotiese wêreld lyk meeste situasies hopeloos. Kom ontdek saam met my metafore, modelle en midnsets wat ons gaan help om insig te kry vir die lewe, geloof en God.

  1. 9

    Episode 8 - GOD

    God. Die woord is vir sommiges te heilig om te mag sê, vir ander is dit 'n vloekwoord. Vir baie van ons is ons al so gewoond aan die woord, ons vergeet soms van wie ons praat as ons sê, "God". As inleiding vir die res van ons pad saam, begin ons die gordyn terugtrek oor waarvan ons praat as ons sê, "God". Hier is die tekste waarna ek in die episode verwys. Volgens die Bybel, is daar net een God: Jes. 44:6; 45:18; 46:9; Joh.5:44; 1 Kor. 8:4; Jak. 2:19   Hierdie God word na verwys as drie persone: Die Vader (1 Pet. 1:2) Jesus (Joh. 20:28; Heb. 1:8) Die Heilige Gees (Hand. 5:3-4)   Elkeen van hierdie persone het God se karaktereienskappe: Hy is altyd oral: Ps. 139:7; Jer. 23:23-24; Matt. 28:20 Hy is bewus van alles: Ps. 147:5; Joh. 16:30; 1 Kor. 2:10-11 Hy is die magtigste wese wat bestaan: Jer. 32:17; Joh. 2:1-11; Rom. 15:19 Hy bestaan nog altyd, en sal vir altyd bestaan: Ps. 90:2; Heb.9:14, Openb. 22:13   Elkeen van hierdie persone tree soos God op, byvoorbeeld: Skep die Heelal Die Vader: Gen. 1:1; Ps. 102:25 Die Seun: Joh. 1:3; Kol. 1:16; Heb. 1:2 Die Heilige Gees: Gen. 1:2; Job 33:4; Ps. 104:30   Die Bybel skep die prentjie dat die drie persone ‘een’ is: Matt. 28:19; 2 Kor. 13:14 Welkom by die #watiswaarheid Podcast! Kry meer by www.in-sight.life

  2. 8

    Episode 7 - EK IS

    Welkom by die #watiswaarheid Podcast! Vandag se episode het bietjie meer vleis as die voriges. Ons klim verder aan ons berg na God toe. En met hierdie een begin kyk ons na Jesus. Het gesê "Ek is..." en dis waar ons reis as Christene begin. Die vraag is dan, wie is ek as Jesus is wie Hy is? As ek my lewe rondom Hom bou, hoe lyk dit dan op grond van wie en wat Hy is? Ek is bly jy explore saam as ons vra #watiswaarheid. Kry meer by www.in-sight.life

  3. 7

    Episode 6 - WEET

    Wat weet jy? Wat kan jy weet? Sonder om te filosofies te raak, moet ons praat oor wat dit is om te weet. As ons verstaan hoe ons brein werk, is dit baie makliker om te kan sien hoe ons geestelik kan groei.   Welkom by die #watiswaarheid Podcast!   Kry meer by www.in-sight.life

  4. 6

    Episode 5 - EN

    Aan watter kant is jy? "Aan watter kant van wat?", vra jy. En dis waaroor ons praat. Hoekom is daar altyd twee kante wat teen mekaar moet veg? Waar kom hierdie idee dat daar kante is vandaan wat ons in alles inbou? Swart en Wit, Goed en Sleg, Heilig en Sondig, In en Uit...ons is gesplit. Onder mekaar en in ons harte. Hoe begin ons di ebrug bou tussen "ons" en "hulle"? As ons hierdie ding verstaan, is dit makliker om die pad tussen Ons en God te vind. Kry nog op die website: in-sight.life

  5. 5

    Episode 4 - STIL

    Al die verskillende dele van jou menswees smelt saam in 'n heel eenheid in, as jy kan leer hoe om stil te word. Kan ek jou nooi om iets te kom hoor oor hoe belangrik dit is dat ons leer om stil te raak, en net in die oomblik te wees? Kry nog op die website: in-sight.life

  6. 4

    Episode 3 - WEES Deel 2: Ek Beweeg

    Die ander belangrike deel van menswees is om aan die beweeg te bly. Sonder beweging is mens geneig om sommer dood te gaan...as jy te lank ophou beweeg. So, ons jaag. Oral heen. Heeltyd. Maar min mense weet waarnatoe of hoekom hulle jaag. Dis dalk tyd om hierdie gemors uit te sort. Hoekom beweeg jy? Waarnatoe beweeg jy? Ek gee in hierdie episode 'n model wat my al baie gehelp het om my beweeg te laat sin maak.

  7. 3

    Episode 2 - WEES Deel 1: Ek Bestaan

    Wie is jy? Moes jy al hierdie vraag antwoord? Dis moeiliker as wat mens dink as jy alles in ag neem wat jy vir mense beteken of wat jy oor jouself dink. Wat beteken dit om te WEES? Dit voel vir my dis nogal belangrik om hierdie vraag te kan antwoord voordat ons kan begin wonder hoe ons saam met God kan loop. So die eerste stap op ons geestelike groei pad, is om te kyk wie ons is en wat dit beteken om te bestaan.

  8. 2

    Episode 1 - Wees stil en weet ek is God

    Kom ons kry eers 'n "birds-eye view" van ons reis wat voorlê. Die Ps 46 sin, "Wees stil en weet ek is God" gaan ons help om die wêreld se geraas uit te doof en te fokus op 'n paar belangrike punte van Christen-wees. Hierdie gaan ons roetemerkers wees vir ons bergklim ekspidisie. Sommiges gaan lekker wees, en sommiges gaan harde werk wees. Op die einde sal dit die moeite werd wees om bo uit te kom en met nuwe perspektiewe die lewe saam met God aan te kan pak.

  9. 1

    #watiswaarheid Podcast - Die intro

    Pilatus het vir Jesus gevra: "Wat is waarheid?", nadat Jesus gesê het Hy is hier om van die waarheid te getuig. Hierdie vraag is vandag ook 'n goeie vraag om te vra. Om dit te begin antwoord wil ek saam met jou na 'n manier kyk om al die geraas in die wêreld uit te sif. 'n Deel uit Psalm 46, "Wees stil en weet ek is God" voel vir my soos 'n goeie plek om te begin. Hier is 6 idees waaroor ons kan praat wat 'n sterk fondasie gaan bou. Elke week gaan ons die volgende idee uitpak wat ons help om 'n goeie lewe, 'n heilige lewe te leef. Welkom op hierdie reis.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

In 'n chaotiese wêreld lyk meeste situasies hopeloos. Kom ontdek saam met my metafore, modelle en midnsets wat ons gaan help om insig te kry vir die lewe, geloof en God.

HOSTED BY

Janco Mocke

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does IN-SIGHT.LIFE have?

IN-SIGHT.LIFE currently has 9 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is IN-SIGHT.LIFE about?

In 'n chaotiese wêreld lyk meeste situasies hopeloos. Kom ontdek saam met my metafore, modelle en midnsets wat ons gaan help om insig te kry vir die lewe, geloof en God.

How often does IN-SIGHT.LIFE release new episodes?

IN-SIGHT.LIFE has 9 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to IN-SIGHT.LIFE?

You can listen to IN-SIGHT.LIFE on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts IN-SIGHT.LIFE?

IN-SIGHT.LIFE is created and hosted by Janco Mocke.
URL copied to clipboard!