Sakeliga se Nuutste Inligting podcast artwork

PODCAST · business

Sakeliga se Nuutste Inligting

Sakeliga is ‘n doelgemaakte voertuig vir missie-gerigte vennote om ‘n florerende ekonomie vir besighede en die gemeenskappe wat hulle dien te bou. Ons ontwikkel hoë-impak, skaalbare oplossings vir staatsverval deur strategiese litigasie en alternatiewe bestuurstrukture.

  1. 9

    PPRA moet geskrewe onderneming gee om sy BEE-beleid terug te trek en om te keer

    Die Property Practitioners Regulatory Authority (PPRA) weerhou sedert ten minste April 2024 eiendomspraktisyns se Getrouheidsfondssertifikate (FFC's) op grond van BEE en verhinder hulle sodoende om wettig sake te doen.  Sakeliga het van die PPRA 'n geskrewe onderneming vereis dat dit die beleid sal terugtrek en omkeer, na aanleiding van onlangse berigte dat die PPRA ’n tydelike onderbreking ingestel het.  Die PPRA het nie sy amptelike beleid verander nie en ignoreer eise om die beleid in die openbaar terug te trek, afgekeurde FFC-aansoeke te heropen, en dit daartoe te verbind om soortgelyke BEE-gegronde beperkings in die toekoms te vermy. 

  2. 8

    Sakeliga wen Spesiale Bestraffende Bostebevel teen COGTA en Noordwes-regering

    Sakeliga het 'n spesiale bestraffende kostebevel teen die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en die Noordwes-regering verkry.   Die hof het bevind dat die staatsrespondente "probeer het om hul grondwetlike plig te ontduik" en dat hul teenkanting teen Sakeliga "heeltemal onnodig" was. 

  3. 7

    Drie nuwe wetsbedreigings vir die ekonomie nou deur president onderteken

    President Cyril Ramaphosa se ondertekening op 23 Julie 2024 van drie nuwe wette hou ernstige bedreigings vir die ekonomiese omgewing in.  Sodra die veelpartyregering dit begin implementeer, sal die Wet op Staatsverkryging, Wysigingswet op Nasionale Kleinsake, en die Wet op Klimaatsverandering die koste van besigheid in Suid-Afrika verhoog terwyl dit staatsverval versnel.  Elkeen is potensieel skadelik op sy eie en almal dra by tot 'n onheilspellende reeks wetsbedreigings, waarvan die onlangs ondertekende NHI-wet, regstellende aksie-regulasies, en derde-golf BEE-bepalings deel is.

  4. 6

    Nuwe Wet op Staatsverkryging: ’n Resep vir versnelde staatsverval [Sakeliga Persverklaring]

    Die Wet op Staatsverkryging, wat President Cyril Ramaphosa vandag geteken het, is ’n resep vir versnelde staatsverval. Die wet beoog om staatsentiteite se verkrygingskeuses streng aan bande te lê met voorskrifte oor ras, nasionaliteit en meer. Dit sal kostes verhoog en die gehalte van dienslewering verlaag, terwyl dit moontlik ongekende korrupsie sal bevorder. Die wet is sowel onkonstitusioneel as skadelik. Volledige verklaring: https://sakeliga.co.za/nuwe-wet-op-staatsverkryging-n-resep-vir-versnelde-staatsverval/

  5. 5

    Die 2024-verkiesings en daarna: Sakeliga se strategie en wat ons volgende gaan doen

    Die nasionale verkiesing het vir ons meer vloeibare en mededingende politiek gebring. Die meeste ontledings fokus tans op hoe dit kan lei tot beter regering en staatsadministrasie, maar by Sakeliga vra ons ook hoe dit ons langtermyn strategiese doel beïnvloed. In die toenemende politieke kompleksiteit sien ons geleenthede om nie net die regering se impak op die sake-omgewing te verbeter nie, maar ook om uiteindelik die staat se rol in die ekonomie te herdefinieer. Omdat verkiesings korttermyn politieke aangeleenthede beklemtoon, is dit maklik om te vergeet dat die rol van die staat sélf kan (en soms moet) verander. Deur sy geskiedenis het die staat beide uitgebrei en gekrimp, afhangend van die krag en gesag van ander georganiseerde sektore van die samelewing wat verder as vyfjaarlikse verkiesingsiklusse dink. By Sakeliga beskou ons die komende dekade van toenemende politieke kompleksiteit as 'n geleentheid om regering te hervorm, ja, maar ook om die staat-besigheid verhouding grondig te heronderhandel. Vir meer inligting, besoek - https://bit.ly/4bqCWlT

  6. 4

    Die Derde Golf van BEE: Wat Dit Is en Waarom Dit Gestop Moet Word

    Eerste Golf BEE: Politieke Voetwerk terwyl Markte Oopmaak (Sedert 1994) Tweede Golf BEE: Die Statutêre Fase (Sedert 2004) Derde Golf BEE: Toegangsbeheer (Sedert ~2018)   Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/die-derde-golf-van-bee-wat-dit-is-en-waarom-dit-gestop-moet-word/

  7. 3

    Sakeliga Beskerm Munisipale Dispuutprosesse met Dringende Hofbevel in Noordwes

    Sakeliga het op 31 Mei 2024 ‘n dringende bevel ter beskerming van munisipale eindgebruikers in die Noordwes-hooggeregshof bekom. Die bevel beskerm gebruikers wat billik optree en aan wetgewing voldoen se reg om betalings waaroor ‘n geldige geskil bestaan van ‘n munisipaliteit te weerhou.   Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/sakeliga-beskerm-munisipale-dispuutprosesse-met-dringende-hofbevel-in-noordwes/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas

  8. 2

    FSTC Verander van Deuntjie - Probeer Verantwoordbaarheid Ontduik

    Die FSTC gaan ongegrond voort om die oorhandiging van inligting, oor sy BEE-beleide en kwansuise gesag om nakoming te eis, aan Sakeliga te vertraag.   For more info, visit - https://sakeliga.co.za/fstc-verander-van-deuntjie-en-probeer-verantwoordbaarheid-ontduik/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas

  9. 1

    Dringende Aansoek om Munisipale Dispuutproses in Lichtenburg te Beskerm

    Ondernemings in Lichtenburg, ’n plaaslike dienstevereniging en Sakeliga het ’n dringende hofaansoek oor onwettige kragonderbrekings teen die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit gebring.   Meer inligting - https://sakeliga.co.za/dringende-aansoek-om-munisipale-dispuutproses-in-lichtenburg-te-beskerm/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_may_2024

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Sakeliga is ‘n doelgemaakte voertuig vir missie-gerigte vennote om ‘n florerende ekonomie vir besighede en die gemeenskappe wat hulle dien te bou. Ons ontwikkel hoë-impak, skaalbare oplossings vir staatsverval deur strategiese litigasie en alternatiewe bestuurstrukture.

HOSTED BY

Sakeliga

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Sakeliga se Nuutste Inligting have?

Sakeliga se Nuutste Inligting currently has 9 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Sakeliga se Nuutste Inligting about?

Sakeliga is ‘n doelgemaakte voertuig vir missie-gerigte vennote om ‘n florerende ekonomie vir besighede en die gemeenskappe wat hulle dien te bou. Ons ontwikkel hoë-impak, skaalbare oplossings vir staatsverval deur strategiese litigasie en alternatiewe bestuurstrukture.

How often does Sakeliga se Nuutste Inligting release new episodes?

Sakeliga se Nuutste Inligting has 9 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Sakeliga se Nuutste Inligting?

You can listen to Sakeliga se Nuutste Inligting on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Sakeliga se Nuutste Inligting?

Sakeliga se Nuutste Inligting is created and hosted by Sakeliga.
URL copied to clipboard!