VEK  Therapéa

PODCAST · religion

VEK Therapéa

Therapéa is ‘n aktiewe missie-gedrewe kerk, wat die Woord van God met die wêreld wil deel.Ons hoop dat julle saam met ons deel in die goeie nuus van Jesus Christus.As julle so gaaf sal wees, sal ons dit baie waardeer as julle die boodskap met julle familie, vriende of selfs vyande deel. “Like” asseblief ons preke en “Comment” wat vir jou uitstaan. Dit sal vir ons baie lekker wees om kontak te kan maak.

  1. 31
  2. 30
  3. 29
  4. 28
  5. 27

    Rosestad Oggenddiens4 -Past Franko van der Vlies

    Lukas 22: 14En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.15En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.16Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.17En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.18 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.20Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

  6. 26

    Rosestad Oggenddiens3 -Past Franko van der Vlies

    Sagaria 11: 4-134So het die Here my God gesê: Gaan wees 'n herder vir die slagskape. 5Hulle eienaars self slag hulle sonder skuldgevoel, of verkoop hulle en sê: “Prys die Here, ek word ryk!” Ook die skape se herders gee vir hulle niks om nie.6Ek gee ook nie meer om vir die inwoners van die land nie, sê die Here, Ek gee hulle oor in mekaar se mag en in die mag van hulle koning. Die land sal uitmekaar geslaan word, maar Ek sal niemand red nie.7Ek het toe 'n herder geword in diens van dié wat met die slagskape handel dryf. Ek het twee kieries gevat, die een Vriendelikheid genoem en die ander Vereniging, en ek het vir die skape 'n herder geword.8Binne een maand het ek van drie herders ontslae geraak. Maar ek het ongeduldig geraak met die skape, en hulle het ook vir my moeg geraak. 9Ek het gesê: “Ek gaan julle nie meer oppas nie. Laat dié wat wil doodgaan, doodgaan. Laat dié wat wil wegraak, wegraak. En laat dié wat oorbly, mekaar opvreet.”10Ek het my kierie Vriendelikheid gevat en dit stukkend geslaan om so die ooreenkoms wat ek met al die volke gehad het, te verbreek. 11Die ooreenkoms het dieselfde dag opgehou om te bestaan en die kleinveehandelaars wat my dopgehou het, het geweet dat die Here dit so beveel het. 12Ek het vir hulle gesê: “As julle wil, gee my my loon; as julle nie wil nie, laat staan dit.” Hulle het toe my loon afgeweeg, dertig stukke silwer.13Die Here het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker!En dit was nogal die kosbare loon wat hulle gemeen het ek werd is! Maar ek het die dertig stukke gevat en dit in die huis van die Here vir die pottebakker gegooi.

  7. 25

    Rosestad Oggenddiens2 - Past Franko van der Vlies

    Mattheus 7: 18-2318'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.20So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.22Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?23En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

  8. 24

    Rosestad Oggenddiens1 - Past Franko van der Vlies

    Johannes 2: 13- 2113Die paasfees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan. 14Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit. 15Toe het Hy met toutjies 'n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer. 16Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie.”17Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”18Maar die Jode het Hom aangespreek en vir Hom gesê: “Met watter wonderteken kan u vir ons bewys dat u hierdie dinge mag doen?”19Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.”20Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?”21Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. 22Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo.

  9. 23

    Rosestad Aand-oordenking7 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  10. 22

    Rosestad Aand-oordenking6 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  11. 21

    Rosestad Aand-oordenking5 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  12. 20

    Rosestad Aand-oordenking4 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  13. 19

    Rosestad Aand-oordenking3 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  14. 18

    Rosestad Aand-oordenking2 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  15. 17

    Rosestad Aand-oordenking1 - Past Bernard van der Vlies

    Christelike boodskap en geestelike voedsel vir die dag

  16. 16

    Rosestad Oggenddiens7 - Dr Belinda van der Vlies

    1 KONINGS 19Elia vlug vir Isebel1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.”3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. 4Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.”5Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!”6Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 7Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”8Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.13Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

  17. 15

    Rosestad Oggenddiens6 - Dr Belinda van der Vlies

    ROMEINE 920Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” 21Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie? 22En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van sy toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra.

  18. 14

    Rosestad Oggenddiens5 - Dr Belinda van der Vlies

    PSALMS 84As ek u hemel aanskou,die werk van u vingers,die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,5wat is die mens dandat U aan hom dink,die mensekind dat U na hom omsien?

  19. 13

    Rosestad Oggenddiens4 - Dr Belinda van der Vlies

    GENESIS 5018Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.”19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.

  20. 12

    Rosestad Oggenddiens3 - Dr Belinda van der Vlies

    SPREUKE 33Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;leef daarmee saam,maak dit 'n deel van jou lewe.4So sal jy guns verwerf en byval vindby God en mens.5Vertrou volkome op die Hereen moenie op jou eie insigte staatmaak nie.6Ken Hom in alles wat jy doenen Hy sal jou die regte pad laat loop.7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,dien die Here en vermy wat sleg is:8dit is die geneesmiddel vir jou,die verkwikking vir jou liggaam.

  21. 11

    Rosestad Oggenddiens2 - Dr Belinda van der Vlies

    MATTEUS 633Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

  22. 10

    Rosestad Oggenddiens1 - Dr Belinda van der Vlies

    Joël 2Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.

  23. 9

    JESUS se Kerk!

    There are four principles that relate to stewardshipOwnershipResponsibilityAccountabilityReward.The word ownership, when it comes to stewardship, means God has created it and own's everything, and he has put man here to work as a steward of all of his creation.Ons is RENTMEESTER van die kerk van Jesus Christus.SkrifgedeeltesMatteus 16 : 13 - 191 Petrus 2 : 4 - 6Efesiërs 2 : 17 -22Kolossense 3 : 23 -24Psalm 127 : 1 -2

  24. 8

    Onvoorwaarlike LIEFDE!

    Die hele Bybel is 'n liefdesverhaal. Dit begin met God, en God is liefde. Voor enigiets anders bestaan ​​het, het liefde gevloei tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Jesus sê vir die Vader, “omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.” (Johannes 17)Viktor Frankl saw love as the highest human potential and a key to finding meaning in life, enabling a person to see the essential and potential essence of another human being.Skrifgedeelte Levitikus 9 : 181 Korintiers 13 : 1 - 13Matteus 18 : 21 - 35Johannes 13 : 34 - 35

  25. 7

    FAMILIE Wees!

    “We are created for community, fashioned for fellowship, and formed for a family and none of us can fulfill God’s purpose by ourselves.”{Rick Warren)1 Lewe Galasiers 3:25 -29 Die vroeë kerk het hulle lewens met mekaar gedeel op ‘n baie persoonlikke vlak. Dit was ‘n 100% toewyding.2 Missie Filipense 1:3-5 Dit gaan nie oor ons gemene belangstellings nie, maar oor ons missie.3 Redder 1 korintiers 1: 9; 1 Johannes 1::1-4Hoekom is Familie wees Belangrik?•Geestelike Groei.•Ondersteuning.•Liefde en Eenheid.•Deelname in God se missie.•Aansterking van geloof.SkrifgedeelteHandelinge 2 : 38 - 47

  26. 6

    Ons is KERK!

    KERK “WEES”Gaan oor persoonlike verhouding.Gaan oor wat Jesus ALREEDS gedoen het.Gaan total en al oor verhouding.Is aktief en missie-gedrewe.Dit strek verby die grense van enige gebou.Dit is ‘n leefwyse.Skrifgedeeltes1 Petrus 2 : 4-5Johannes 2 : 13 - 22Handelinge 7 : 47 - 491 Johannes 4 : 7 - 17Hebreërs 10 : 1 - 25

  27. 5

    Ware AANBIDDING

    “In the end, worship can never be a performance, something you’re pretending or putting on. It’s got to be an OVERFLOW of your heart. Worship is about getting personal with God, drawing close to God.” (Matt Redman)SkrifgedeeltesJohannes 14 : 19 -241 Timoteus 2 : 1-8

  28. 4

    Daar is Krag in GEBED!

    Hoekom is daar Krag in gebed?•‘n Biddende kerk, is ‘n groeiende kerk.•Intersessie is wanneer ons as gelowiges vir ander intree.•Wanneer ons in gebed intree, skep dit ‘n spasie vir God om op te tree.“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties.” (Oswald Chambers)SkrifgedeeltesLukas 17 : 11 - 19Flippense 4 : 4 - 7Romeine 8 : 26

  29. 3

    Die WOORD!

    .. die Woord van God is lewens-veranderendMaak nie saak wat die vyand sê nie, die Woord is ons wapen.Geloof, Vergifnis, Verhoudings, Ouerskap, Huwelike, Finansies, Liggaamlik. – Die Woord het leiding vir dit alles.Die WapenrustingBestaan uit 6 komponente.5 daarvan is bedoel vir verdediging.Daar is egter neet een wapen om mee terug aan te val, dit is die Woord van God as swaard."The purpose of knowledge is action, not knowledge"(Aristoteles:)SkrifgedeeltesJohannes 1 : 1- 5Psalm 1 : 1 - 3Hebreërs 4 : 12Efesiërs 6 : 14 - 17

  30. 2
  31. 1

    Wat is jou HOEKOM??

    Kom ons kyk na Jesus se “Hoekom”.Om sondaars te red. (Lukas 19:10).Om Oorvloedige Lewe te Gee. (Johannes 10:10).Om as ’n Losprys te Sterf. (Markus 10:45).Om God se Liefde te Openbaar. (1 Johannes 4:9).Om die Wet te Vervul. (Matthéüs 5:17; Hebreërs 8:6).Om die Werke van die Duiwel te Vernietig. (1 Johannes 3:8).Om van die Waarheid te Getuig. (Johannes 18:37).

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Therapéa is ‘n aktiewe missie-gedrewe kerk, wat die Woord van God met die wêreld wil deel.Ons hoop dat julle saam met ons deel in die goeie nuus van Jesus Christus.As julle so gaaf sal wees, sal ons dit baie waardeer as julle die boodskap met julle familie, vriende of selfs vyande deel. “Like” asseblief ons preke en “Comment” wat vir jou uitstaan. Dit sal vir ons baie lekker wees om kontak te kan maak.

HOSTED BY

VEK Therapéa

CATEGORIES

URL copied to clipboard!