Kerksondermure (KSM)

PODCAST · religion

Kerksondermure (KSM)

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

  1. 91

    Colin Smith | Kinders van die Koning

    Wie is ek? Waarom is ek hier? Wat moet ek met my lewe maak? Hierdie vrae vorm die basis waar rondom elkeen van ons, ons identiteit bou. Kom luister saam na ‘n gesprek wat ek en jy broodnodig het om te hoor.

  2. 90

    Gerrit Visser | Kinders van die Koning

    Die Heilige Gees bevestig dat ons kinders van God is en lei ons na ‘n dieper verstaan van ons nuwe identiteit in God. Om dit te weet is ‘n waarheid, om dit elke dag te leef is ‘n avontuur. Kies vandag om die avontuur aan te pak in die waarheid dat jy ‘n kind van die Koning is.

  3. 89

    Stephan Joubert | Ek is ‘n kind van God

    Ek is ‘n kind van God. Romeine 8 leer my God se straf is af. Ek is regtig vry. Sonde is nie meer my baas nie. Ek is Gees-deurdrenk. Hy roep oor en oor uit in my hart dat ek aan God behoort. Ek praat nou die Gees se nuwe taal.

  4. 88

    Stefan Fourie | As die opstanding nie waar was nie, sou hulle dit anders vertel

    ‘n Kern waarheid van die Christen geloof, is dat Jesus Christus, doodgemaak is, begrawe is, en uit die dood opgestaan het.  As dit waar is, kan ons dit op eis, dat Christene die enigste ware God aanbid. Maar as dit nie waar is nie, wat doen ons dan? 

  5. 87

    Neels Marias | Christus se opstanding verander alles

    Ons geloof is nie nutteloos nie. Ons hoop is nie leeg nie en ons toekoms is nie onseker nie. As kinders van die Here kan ons dit met vrymoedigheid sê want God het iets in ons midde kom doen. Jesus het uit die dood opgestaan, God het Hom opgewek en dít verander alles! Christus anker ons geloof en hoop en ons toekoms is ín Hom.

  6. 86

    Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is

    Jesus nooi ons in sy verhaal in. Dis nooit andersom nie. In Jesus se nabyheid deel ons in sy oorwinning oor die bose magte. ByJesus hoor ons ook hoe klink "the roar of the lambs." So klink die nuwe oorwinningsverhale wat Jesus se uitgestuurdes kom vertel met hulle terugkoms (Lukas 10:1-16). Dan nooi Jesus hulle selfs nog dieper in sy eie narratief in as hulle by Hom hoor dat hulle grootste vreugde moet wees dat hulle name in die hemel opgeteken is. So klink die nuwe verhaal van meer lewe waaraan meer mense vir altyd mag deelhê.

  7. 85

    Neels Marais | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is

    Hoe kan ek geluk vind? Hoe kan ek meer blydskap ervaar? Is ons “high performance culture” die antwoord? Daar is iets in ons almal wat hou van prestasie. Dit is lekker om te wen. Ons geniet dit om eerste te kom. Sukses smaak soet. Dis betekenisvol om vir die Here te werk. Maar tog leer die Here ons dat ons nie primêr ons vreugde in hierdie tipe goed moet vind nie. Die bron van ons diepste vreugde lê daarin dat God ons ken. Hy weet alles van ons en kies steeds om ons name in die hemel op te skryf

  8. 84

    Gerrit Visser | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is

    Wanneer die 72 volgelinge van Jesus terugkom is hulle vol vreugde. Hulle vertel van wonderwerke en getuig van God se liefde vir ander. Daardie verhale kan deel wees van jou lewe ook.

  9. 83

    Stefan Fourie | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!

    Om mense van Jesus te vertel, is baie keer vir Christene moeilik. Waar begin ek? Wat moet ek sê? Hoe moet ek dit doen? En is dit selfs my plek om dit te doen? Die Lukas evangelie is duidelik: Christene is boodskappers, boodskappers van ‘n iets groter as hulself. 

  10. 82

    Colin Smith | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!

    In die nuus vandag, of eerder die NUUS SOPAS ONTVANG! Met gespitste ore luister almal aandagtig na dié gebeure wat die wêreld indringend gaan verander... Ons ken hierdie tipe aankondigings al te goed, en tog is daar ‘n aankondiging wat selfs groter is, genoem die euangellion. Hierdie week sien ons hierdie NUUTSTE NUUS, DIE BESTE NUUS in aksie.

  11. 81

    Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!

    Jesus is nie net ons Verlosser aan die kruis nie. Dit ook, Goddank! Maar Hy is ook die Here van ‘n nuwe koninkryk. En ons is sy weerlose weermag van lammers tussen die wolwe. Ons “wapens” is seënende hande, gebed, en die Goeie Nuus dat God aangebreek het. Nogtans is ons uitgestuur op gesag van Jesus en God Self.

  12. 80

    Gerrit Visser | Meer lewe vir meer mense – Missio Dei – God is reeds daar

    God weet wat ons as mense nodig het. Wanneer ons getuig van die liefde wat in ons harte is aan onbekendes, is God reeds daar. Jesus stuur ons na plekke waar die Heilige Gees reeds besig is. Ons sluit aan by Sy werk in die wêreld.

  13. 79

    Neels Marais | Meer lewe vir meer mense – Die Missio Dei

    Ons as kinders van die Here het geen rede om te twyfel oor wie ons is nie. Ons identiteit lê daarin dat die Here ons as sy getuies in die wêreld instuur. Jesus sê self: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle.” Hy stuur ons egter nie om God êrens heen te vat waar Hy nog nie is nie. Die Here stuur jou om raak te sien waar Hy lankal reeds aan die werk is. Hy gaan ons vooruit en beloof om ons besoeke op te volg.

  14. 78

    Neels Marais | Daar is ‘n beter opstanding

    Ons Christelike hoop is nie blote optimisme nie, dit word gebou op dit wat God in Christus gedoen het. Hebreërs 11:35b beskryf mense wat marteling, verlies en selfs die dood verduur het, omdat hulle gehoop het op ’n “beter opstanding”. Hierdie “beter opstanding” beteken méér as om net weer lewendig te word soos bv. Lasarus of Jaïrus se dogter. Dit verwys na die finale opstandingslewe saam met God, waar lyding en die dood finaal oorwin is.

  15. 77

    Colin Smith | Daar is ‘n beter opstanding

    “Hy leef, Hy leef, Hy leef hier in my hart”, lui die lied... maar hoe is dit moontlik en wat beteken dit as ons sê daar is ‘n beter opstanding vir die gelowiges? Kom hou stil by Heb.11 en ontdek die beter opstanding in Jesus.

  16. 76

    Stefan Fourie | Jesus smeer aan ons af

    Ons kyk na die Heilige week, deur die lens van die Hebreër skrywer. Hebreërs probeer die gordyn weg trek, sodat ons iets anders en nuut kan sien, van wie Jesus is en wat Hy doen.

  17. 75

    Neels Marais | Jesus as finale offer

    Wie bid vir jou? Wie dra jou op die hart? Wie is ‘n 100% vir jou? Wie is die een, die enigste een, wat jou sonde kan wegneem? Vanuit Levitikus 16 leer ons dat die Hoëpriester al hierdie dinge tot ‘n mate gedoen het. Maar in Christus het ons ‘n nuwe Hoëpriester. ‘n Hoëpriester wat vir ewig bly en wat vir eens en altyd ál ons sonde weggeneem het. Die opgestane Christus is die een wat jou op die hart dra en deurentyd vir jou bid.

  18. 74

    Colin Smith | Jesus as finale offer

    Die Tabernakel en al sy elemente klink dalk vir ons vreemd, totdat ons oë opgemaak word vir elke element daarin. Hebreërs help ons om verder te kyk, dieper te kyk en te sien hoe elke deel van die Tabernakel op Jesus, die volmaakte offer, dui. 

  19. 73

    Gerrit Visser | Jesus smeer af aan ons

    Jesus se dood aan die kruis is die grootste gebeurtenis in die wêreld. Wanneer ons weer daarna kyk het dit ‘n impak op ons – dit smeer af aan ons.

  20. 72

    Stefan Fourie | Jesus is meer as net ‘n Verlosser – Jesus is die Voorloper!

    Die Hebreër skrywer begin sy brief deur te sê: “Daar is niemand soos Jesus nie!” Jesus is die absolute Middelpunt, maar daar is meer aan Hom as wat ons baie keer raaksien. Jesus se werk het nie net by die kruis gestop nie, maar ons word uitgenooi om verder te kyk, verby die kruis en die GOUD van ons geloof raak te sien. 

  21. 71

    Gerrit Visser | Jesus as voorloper

    Die skrywer van die brief van Hebreërs kyk verder as die kruisiging van Jesus. Hy wys vir ons hoe Jesus vandag in ons lewens is. Hy wys vir ons dat Jesus voor loop, maak nie saak waar ons gaan nie.

  22. 70

    Stephan Joubert | Min of Meer – vra vir Petrus

    Petrus se ontbyt saam met Jesus is in een woord aardskuddend. Pleks dat Jesus hom herinner aan die feit dat hy Hom drie keer verloën het vra Jesus drie keer vir Petrus: “Het jy my lief?” Hierdie aardskuddende vrae en antwoorde word opgevolg deur drie opdragte aan Petrus. Jesus leer hom dat liefde meer as lippetaal is. Dit lei tot ‘n nuwe lewe van diens en medelye

  23. 69

    Stefan Fourie | Min of Meer ... Nikodemus

    Die realiteit van ons wêreld is dat meeste mense nie kerk toe gaan nie. Hulle is nie kwaad vir die kerk nie, en wil dit ook nie afbrand nie, maar loer van buite af in. Nikodemus, ‘n karakter wat selfs Johannes in sy evangelie van skryf, is ook so ‘n persoon wat van buite af inloer, en dan stadig maar seker nader aan Jesus beweeg. 

  24. 68

    Neels Marais | Min of Meer ... Nikodemus

    Ons as mens wonder dikwels oor baie aspekte van ons geloof. Ons wonder oor die oorlog in Iran en of ons gebede ‘n verskil sal maak. Ons wonder oor al die leed en swaarkry in die wêreld. Andere kere weer het ons baie vrae oor dit wat ons in die Bybel lees. Nikodemus was ‘n gelowige wat baie vrae gehad het. Wat merkwaardig is, is dat hy met al sy vrae na die Here Jesus toe gegaan het. Ons Here het sy vrae verwelkom en oor tyd heen sien ons hoe sy geloof in Hom gegroei het – soveel so dat hy die man was wat Jesus Christus ná die kruisiging begrawe het.

  25. 67

    Stephan Joubert | Min of Meer ... Tomas

    Spyt kom altyd te laat, sê hulle. Gelukkig het Tomas 'n tweede kans gekry. Hy was afwesig toe Jesus die eerste Sondagaand na sy opstanding aan die dissipels verskyn het. Hy was nie oortuig dat Jesus leef nie. Tomas wou sy eie post mortem doen. Maar toe daag Jesus die tweede Sondagaand weer op. En Hy nooi Tomas na Hom toe. Daar en dan het sy oë oopgegaan. Tomas se belydenis: "My Here en my God," verwoord sy nuwe ontmoeting met Jesus. Dit is jou en my belydenis ook as Jesus ons met oop arms ontvang.

  26. 66

    Johan Smith | Min of Meer ... Tomas

    Jesus moet meer word en jy minder. Jesus moet belangriker word en jy onbelangriker. Dis geestelike groei. Dis hoe jou geestelike pad moet wees en moet lyk. Met hierdie boodskap leer ons meer deur te kyk na die lewe van Tomas. Ja, daardie Tomas wat die merke aan Jesus se hande wou sien. Hy kom in ‘n diep en uiters intieme verhouding met Jesus - so ‘n mooi verhouding dat elkeen van ons daarna moet smag en streef.

  27. 65

    Colin Smith | Minder verwagting, meer vervulling

    Ons diepste begeerte vir “minder van myself en meer van Jesus”, kan beteken dat ek soms teleurgesteld word in my verwagting. Wanneer Jesus my vertrou met die “nie weet nie”, moet ek mooi oplet...

  28. 64

    Gerrit Visser | Marta en Maria: Wanneer minder en meer alles verander

    ‘n Broer. Twee susters. ‘n Dorpie met min betekenis. Iemand sterf. Jesus daag dan op. ‘n Wonderwerk. Radikale verandering. Minder en meer is woorde wat herdefinieer word. ‘n Dorpie met min betekenis kry nuwe betekenis. Twee susters. ‘n Broer. ‘n Nuwe roeping.

  29. 63

    Neels Marias | Moenie Sy stilte as afwesigheid interpresteer nie

    As kinders van die Here het ons soms die ervaring dat die Here ons nie so gou help as wat ons wil hê Hy ons moet help nie. Ander kere voel dit vir ons of die Here “wegstap” van ons problem af. Die verhaal van Johannes die Doper wys vir ons dat ons nie die Here se stilte as sy afwesigheid moet interpreteer nie. Hy is God en sy planne is nie ons planne nie en sy denke is nie ons denke nie.

  30. 62

    Johan Smith | Minder of meer – Johannes die Doper

    In die lewe vandag is dit vir baie mense belangrik om raak gesien te word. Hulle wil graag belangrik wees. Om dit reguit te stel: om great te wees is baie se doelwit wat hulle najaag. Dis tyd dat ons tot stilstand kom en diep dink en besin oor wat is waarlik belangrik in die oë van die Here. Wat is dit waarna Hy kyk en soek om ware greatness raak te sien? Kom ons leer van en by Johannes die Doper – iemand wat ‘n groot en belangrike rol in die geskiedenis van die wêreld speel. Sy lewe vanaf geboorte tot sy sterwe is een aangrypende verhaal en ook ‘n les vir ons almal: word jy minder sodat hierdie God, vir wie niks onmoontlik is nie, meer kan word in jou lewe.

  31. 61

    Colin Smith | ‘n Maaltyd soos geen ander nie

    ‘n Maaltyd soos geen ander, ‘n fees waarna jy genooi is – save the date en sien jou Sondag

  32. 60

    Fanie Venter | Ken en vertrou

    ‘n Mens vertrou baie moeilik iemand wat jy nie ken nie. Vandag beantwoord ons die vraag of dit dalk ook waar kan wees in ons verhouding met God.

  33. 59

    Neels Marias | Hou jou oog gevestig op Jesus, ten spyte van die storms

    Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk. Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raak dat Ek by jou in hierdie storm is.” 

  34. 58

    Fanie Venter | Hou aan hoop

    Vir die lewe op sy beste, ook buite jou gemaksone het ons iets baie besonders nodig. Mens noem dit hoop. Maar is hoop altyd genoeg?

  35. 57

    Stephan Joubert | As jy moet vra, loop of klim, doen dit saam met Jesus

    Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een  goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe.Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding met sy eie vrees in die midde van 'n storm op die See van Galilea. Terwyl hy dit waag om Jesus te toets ("Here, As U U is!") vra hy nogtans of hy na Jesus toe kan loop. Spoedig faal Petrus se geloof en hy trap gate in die water. Maar dan gryp Jesus Petrus se hand vas en tel hom terug in die boot waar hy behoort. Daar aanbid almal vir Jesus. Saam met Johannes en Petrus leer ons dat ons met ons twyfel en kleingeloof na Jesus toe moet loop. Selfs al sink ons langs die pad, is Hy naby om ons te vang en na daardie spasies toe terug te bring waar ons Hom nogmaals kan aanbid. 

  36. 56

    Stefan Fourie | Vrees: Ons Grootste Vyand om in beweging te kom

    Vrees is baie keer die grootste vyand in ons lewens, wat ons verhoed om te beleef hoe groot en almagtig God is. In Petrus se lewe, sien ons dat ‘n beweging - of dit nou uit vrees of waagmoed was - een is waar Petrus ontdek dat God reeds teenwoordig is in sy situasie. 

  37. 55

    Gerrit Visser | Die seisoene van vrees en vertroue

    Van die dag wat ons gebore word moet ons ander vertrou. Almal se unieke reise bevat verskillende ervarings van vrees en vertroue. Dit is die dinge wat ons bang maak, wat ons help om te verstaan wie ons is, en ook wie ons nie hoef te wees nie. Dit skep ook die potensiaal vir nuwe seisoene van vertroue. Jesus leer baie oor vertroue en vrees.

  38. 54

    Johan Smith | Die tragedie van die onoopgemaakte geskenk

    God is ‘n vrygewige God. Hy seën sy kinders met gawes. Sy bedoeling met gawes is dat dit eintlik geskenke (gifts) is wat ons moet gaan uitdeel in hierdie stukkende wêreld om dit ‘n beter plek te maak. Hierdie geskenke is Hy ernstig oor, want elke mens is vir Hom belangrik. Hy vra van sy kinders opoffering en diensbaarheid ter wille van ander. Hy wil nie hê ons moet die geskenke onoopgemaak laat nie. Dit moet uitgedeel word! Dit moet gebruik word! Dit moet mense se lewens aanraak en verander! Luister gerus na God se hart uit sy Woord oor die onoopgemaakte geskenke

  39. 53

    Colin Smith | Die Tragedie van: As ek maar net...

    ”As ek maar net...” het jy dit dalk al gesê? Wel jy is nie alleen nie. Kom luister saam, voor jy dalk jou woorde moet sluk.

  40. 52

    Stephan Joubert | Om die Here te toets is om te kry wat jy vra!

    Toe kry Petrus wat hy wou hê: sy waterloop!  Toe nooi Jesus hom uit om op die stormwater te kom loop. Dit het hy nie sien kom nie. Petrus en die ander dissipels het gedink Jesus is 'n spook. Hy het Jesus juis so 'n bietjie getoets: As U regtig U is..." Maar Petrus het een goeie ding gedoen. Hy het bygevoeg: "Sê ek moet na U toe kom.' Toe kry hy sy wens. Toe loop Hy na Jesus toe, die groot "Ek is." Toe word sy toets waar.Maar toe wag Jesus hom ook met genade in toe hy begin sink. Dis wie Jesus is. Hy verhoor ons versoeke en Hy help ons as ons gate in die water trap.

  41. 51

    Gerrit Visser | Geroep om uit die boot te klim

    Net na Jesus die dissipels met ‘n boot oor ‘n meer gestuur het, steek daar ‘n storm op. Die dissipels was bang, en toe kom Jesus na hulle aangestap op die water. Hy is kalm op die onveilige water, en hulle vreesbevange in die veilige boot. En toe roep Jesus hom, die brawe een, uit op die oop water – na veiligheid.

  42. 50

    Neels Marais | Geroep om uit die boot te klim

    Soms voel dit vir ons of ons in die middel van ‘n storm heeltyd die wind van voor kry. Ons swem onder die golwe en in die donker nag wonder ons waar die Here is. Matteus 14 nooi ons uit om juis in sulke omstandighede ons oë oop te hou vir die Here wat naby is. Ons word uitgenooi en uitgedaag om Sy stem te gehoorsaam en om uit die boot te klim sodat ons kan wees waar Hy is.

  43. 49

    Colin Smith | Die rede vir ons bestaan

    Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

  44. 48

    Fanie Venter | Die rede vir ons bestaan

    Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

  45. 47
  46. 46
  47. 45
  48. 44
  49. 43
  50. 42

    Stefan Fourie | Wat is God se wil vir my, in 2026

    Aan die begin van die jaar, vra mense dikwels die vraag: ‘Ek wonder wat die nuwe jaar vir my gaan inhou.’ Vir Christene is die vraag baie keer niks anders as om te vra: ‘Ek wonder wat is God se wil vir my in hierdie jaar nie.’ In hierdie boodskap ontdek ons dat ons kan weet wat God se wil is, wat dit is, en hoe ons ons lewens daarmee kan belyn. 

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

HOSTED BY

Kerksondermure

Produced by kerksondermure

CATEGORIES

URL copied to clipboard!