PODCAST · tv
Skrywers en Boeke
by RSG
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
-
718
Skrywers en boeke 13 Mei 2026
Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, wie se boek, TROEP, onlangs met die LW Hiemstraprys vir nie-fiksie bekroon is. Johan Myburg gesels oor literêre toerisme, en vertel meer oor ANGEL DOWN deur Daniel Krause, wat as die wenner van die Pulitzerprys vir fiksie aangewys is. Hy bring ook hulde aan die Britse digter, Carol Rumens, wat onlangs oorlede is. Radiodramaskrywers moet inskakel vir Ina Strydom se raad oor die skryf van dialoog.
-
717
Skrywers en boeke 6 Mei 2026
Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, wie se debuutbundel, NOU IN INFRAROOI, onlangs met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink van die gedigte uit die bundel. In Johan Myburg se drie insetsels uit die internasionale boekewêreld, kan jy meer uitvind oor die Miguel de Cervantes-prys vir Spaanse letterkunde. Hy vertel ook meer oor Marcia Hutchinson, ‘n 63-jarige vrou van Nigerië, wie se debuutroman gekortlys is vir die gesogte Women’s Prize for Fiction. Johan bring ook hulde aan die Australiese skrywer, David Malouf, wat onlangs oorlede is. Daar is nuus oor die Dalene Matthee-boekefees op Herold in die Outeniqua-berge. Ina Strydom gee in twee insetsels goeie skryfraad vir almal wat ‘n radiodrama wil skryf.
-
716
Skrywers en boeke 29 April 2026
Luister na ‘n hoorbeeld oor die digter Ina Rousseau, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is. Dis in 1996 saamgestel vir haar 70e verjaarsdag. Sy praat oor haar lewe en werk, en kenners soos Danie van Niekerk, Braam de Vries, Koos Human en Danie Botha kan ook gehoor word. Wyle Margot Luyt lees van Rousseau se gedigte voor. Johan Myburg praat oor die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, en vertel meer oor Harper Lee en die wetenskapfiksieskrywer Arthur C. Clarke. Jy kan ook luister na die eerste van ‘n reeks insetsels wat Kobus Burger en Ina Strydom saamgestel het waarin hulle praktiese raad gee vir voornemende radiodramaskrywers. Dis nou vir almal wat wil inskryf vir RSG en die ATKV se radiodramaskryfkompetisie, waarin R130 000 se prysgeld op die spel is.
-
715
Skrywers en Boeke
Ilse Saltzwedel praat onder andere met Ivan Vladislavic en Chanette Paul, en Johan Myburgh vertel wat in die internasionale boekwêreld gebeur.
-
714
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel praat met Gerard Scholtz oor sy reisboek HIER GAAT ONS! Sy praat ook met Tobie Wiese, die samesteller van die bundel essays WREED ÉN MOOI IS DIE DOOD. In sy bydrae oor die internasionale boekwêreld vertel Johan Myburg onder andere meer oor die Suid-Afrikaanse kosskrywer Prue Leith se gesprek tydens die onlangse Hay-letterkundefees in Brittanje.
-
713
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy roman STRAFJAART, en Petrovna Metelerkamp vertel meer van Cas van Rensburg se boek MANS EN HUL WONDE. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die wenners van die Man Bookerprys, die Rathbones-prys en die Walt Whitman-vieringe in die VSA.
-
712
Skrywers en Boeke
Luister na 'n argiefonderhoud waarin die digter en skrywer, Petra Müller, gesels oor haar werk en lewe. Ilse Salzwedel gesels oor bekende Afrikaanse boeke wat nou ook in Engels verskyn het, en ander nuusgebeure in die Afrikaanse boekewêreld. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.
-
711
Skrywers en Boeke
Wat doen 'n skrywer as die lewe se branders haar voete onder haar uitslaan? Sy skryf daaroor, en vandeesweek val die fokus op spanningskrywer Madelein Rust se boek KANKER SCHMANKER! waarin sy skryf oor haar stryd teen borskanker. Sy gesels ook oor haar jongste spanningsroman DOODSENGEL. Ilse Salzwedel gesels met Lanie van Reenen oor haar boek NET MOOI FINE, die opvolg van C'EST LA VIE. Johan Myburg gesels oor interessante verwikkelinge in die internasionale boekwêreld.
-
710
Skrywers en Boeke
Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.
-
709
Skrywers en Boeke
Jeanette Ferreira gesels oor haar nuwe roman BLOEDLELIE, 'n historiese roman met 'n moderne verhaallyn wat die verband tussen bloed en grond ondersoek. Dit fokus op Magdalena Retief, die vrou van die Voortrekkerleier Piet Retief. Fanie Viljoen praat oor DIE GROOT BOEK VAN SPOKE EN GRILLE, en Ilse Salzwedel kyk na 'n klompie ander lekkerleesboeke vir kinders. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe manuskrip uit die pen van die skrywer Anthony Burgess wat onlangs gevind is. Burgess was die skrywer van die bekende A CLOCKWORK ORANGE.
-
708
Skrywers en Boeke
Prof. Lizette Rabe gesels oor haar boek OM TOT VERHAAL TE KOM, 'n boek oor skryf as terapie en ook 'n waardevolle gids vir voornemende skrywers. Fanie Viljoen gesels oor hoe sy boek DIE DAG TOE DIE DRAAK KOM kan help om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig m.b.t. die seksuele misbruik van kinders. Johan Myburg is weer in die ateljee met wetenswaardighede uit die internasionale boekewêreld.
-
707
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar nuwe bundel Vrystaat-vertellinge, THE MESSIAH'S DREAM MACHINE. Die wenners van die 2019 UJ-pryse word aangekondig, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer nuus oor Milan Kundera.
-
706
Skrywers en Boeke
Die digter en akademikus, Lina Spies, het onlangs haar tagtigste verjaarsdag gevier. Jy kan luister na 'n onderhoud wat Daniel Hugo in 1989 ter viering van haar vyftigste verjaarsdag met haar gevoer het. Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor haar jongste spanningsroman, JAGTER, waarin 'n eeu oue historiese stryd in die Midde-Ooste 'n Kaapse kinkel kry. In Johan Myburg se internasionale bydrae kan jy onder meer luister na die skrywer Margaret Atwood, wat meer vertel oor die inspirasie agter werk soos THE HANDMAID'S TALE.
-
705
Skrywers en Boeke
Dit was onlangs die geboortedag van die digter Elisabeth Eybers, en in hierdie episode kan jy luister na argiefmateriaal waarin sy gehuldig word. Jy kan ook luister na 'n seldsame opname waarin Eybers vyf van haar eie gedigte voorlees. Ilse Salzwedel gesels ook met Zirk van den Bergh oor sy nuwe romans, EK WENS, EK WENS en DIE VERTES IN. Johan Myburg vertel meer oor drie internasionale letterkundepryse wat tans in die nuus is.
-
704
Skrywers en Boeke
Die digter Lina Spies vertel meer oor D.J. Opperman, haar dosent en mentor, se impak op haar lewe en ook op Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n opname uit die argiewe waarin Opperman self vertel van sy Letterkunde-laboratorium. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.
-
703
Skrywers en Boeke
Erika Murray-Theron vertel meer van haar jongste roman, 'N SKERFIE GLAS, wat handel oor vier geslagte sterk vroue. Jos Palmer en Reinette Lombaard gesels oor hulle oulike leesreeks ONTDEK IN AFRIKAANS, en hoe dit leesvaardighede by kinders ontwikkel. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy onder andere oor die skrywer Diana Athill, wat verlede week op 101 oorlede is.
-
702
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se ELEANOR OLIPANT IS COMPLETELY FINE en Rebecca Davis se SELFHELPLESS. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.
-
701
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor haar tien gunstelingboeke vir 2018. In sy internasionale letterkunde-insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Suid-Afrikaans gebore Britse skrywer Justin Cartwright wat onlangs oorlede is.
-
700
Skrywers en Boeke
Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir 'n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?
-
699
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae van die Amerikaanse boeke wat tydens die land se amptelike National Book Awards bekroon is.
-
698
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor haar splinternuwe spanningsroman SONDAG, waarin die donker wêreld van mensehandel verken word. Santie van der Merwe gesels oor haar jongste verhoudingsroman AL WAT OORBLY. In Johan Myburg se internasionale letterkunde bydrae word daar onder meer gesels oor skrywersblok, rillers en die Frankfurtse boekeskou.
-
697
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel se gaste is Pat Stamatelos en Maire Fisher. Pat gesels oor haar nuwe roman AANKOMS EN VERTREK, en Maire vertel meer oor haar jongste roman THE ENUMERATIONS. Milton Weber was by die onlangse Afrikaanse fees in Nederland, waar hy met Zelda le Grange gesels het oor die draaie wat haar biografie GOEIEMORE MNR. MANDELA al oorsee gemaak het. Johan Myburg gesels oudergewoonte oor internasionale letterkunde.
-
696
Skrywers en Boeke
Quarnita Loxton gesels met Ilse Salzwedel oor haar hoog aangeskrewe debuutroman BEING KARI en die opvolg, BEING LILY, wat pas verskyn het. Hoor wat het die beoordelaars gedink van die wenners van die KykNET/Rapport-boekpryse wat verlede week aangekondig is. Kinderboekresensent Louise Viljoen vertel van 'n paar oulike boeke vir jong lesertjies. In Johan Myburg se internasionale letterkunde insetsel is daar onder meer inligting oor die Amerikaanse digter Danez Smith.
-
695
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Maya Fowler oor haar interessante nuwe roman, Patagonië. Dis gedeeltelik gebasseer op 'n interessante stuk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, nl. 'n groep Afrikaanse boere wat na Argentinië gevlug het om die Anglo-Boereoorlog te vermy. Vir haar navorsing het Maya onder meer Patagonië besoek en met van die Afrikaanssprekende Argentyne gepraat. En in sy bydrae oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor Belinda Bauer se benoeming vir die Manbookerprys.
-
694
Skrywers en Boeke
'n Leesprojek met honde as "terapeute" is onlangs deur die ATKV bekroon. Ilse Salzwedel gesels met dr. Marieanna le Roux oor Pets As Therapy se Lees-Ukufunda-Read-program. Ilse gesels ook met Jo Nel oor sy debuutroman DIE HOND WAT OPHOU BLAF HET. Francois Lötter vertel meer oor die TUIN VAN DIGTERS se program op 14 en 15 September in Wellington. Johan Myburg gesels oor die benoemings vir die alternatiewe Nobelprys, en 'n televisiereeks oor Elena Ferrante se Neopolitaanse romans wat onlangs bekendgestel is.
-
693
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Philip de Vos (digter en skrywer) en die illustreerder Piet Grobler oor hulle gesamentlike boekprojekte oor die jare. Dit sluit kinderboeke en ook strokiesprente vir volwassenes in. Joanita Fourie, ervare teksredakteur, deel waardevolle raad met voornemende skrywers, en Dia van Staden vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by die Pretoria Boekejol wat hierdie naweek in Centurion gehou word.
-
692
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel praat met Joanita Fourie, 'n ervare teksredakteur, oor foute wat skrywers moet vermy. Madelein Rust gesels oor haar nuwe roman LAM TER SLAGTING, en in sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor SV Naipaul, die Trinidadse skrywer wat onlangs oorlede is.
-
691
Skrywers en Boeke
Hoe beïnvloed die tydsgees moderne letterkunde? Madelein Rust, die bekende skrywer van misdaadromans, het navorsing hieroor gedoen en gesels met Ilse Salzwedel oor hierdie interessante onderwerp. Izak du Plessis gesels oor sy boek RALPH HEYNS, GODFATHER VAN DIE WES-RAND. Amanda de Stadler van Vriende van Afrikaans (VVA) gesels oor Koop-'n-Afrikaanse-boekdag op 14 Augustus, en vertel ook hoe luisteraars kan betrokke raak by leesbevordering. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die Not the Booker-prys en die "demokratiese" Nobelprys vir Letterkunde waarvoor lesers wêreldwyd tans kan stem.
-
690
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Sarel en Elizabeth Venter oor WAAR RATS DIE RIBBOK GAAN, 'n bundel met briewe wat Elsabe Steenberg aan Elizabeth geskryf het. Ilse Salzwedel het Dibi Breytenbach uitgevra oor DOWE GODE, haar jongste misdaadroman. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy luister na 'n uittreksel uit 'n onderhoud met Stav Sherez, wie se roman THE INTRUSIONS, onlangs bekroon is.
-
689
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel het by die onlangse Vrystaatse Kunstefees gesels met verskeie skrywers oor nuwe boeke. Kom vind meer uit oor DANKIE, GENERAAL deur Nico Moolmoon, DIE ANGLO-BOEREOORLOG IN 100 OBJEKTE saamgestel deur die personeel van die Boereoorlogmuseum en BLOED, DUNNER AS WATER deur Charne Kemp. Daar is ook 'n bydrae oor NALN, die letterkundemuseum in Bloemfontein. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor 'n boekhotel in Portugal en die wenner van die Goue Manbooker-toekenning.
-
688
Skrywers en Boeke
In November 1977 is die politikus Robert Smit en sy vrou Jeanne in hulle huis vermoor. Die WVK het bevind dit was 'n politieke moord, maar 40 jaar later is dit steeds onopgelos. Ilse Salzwedel gesels met die Smit-egpaar se dogter Liza, en Raquel Lewis, skrywer van Liza se boek EK IS LIZA SMIT. Ilse gesels ook met die skrywers van TRUITJIE ROER MY NIE, die komediant/akteur Schalk Bezuidenhout en joernalis en skrywer Erns Grundlingh. Johan Myburg gesels oor verskeie interessante boekdinge.
-
687
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels oor kinder- en jeugboeke, en drie jong lesers vertel wat hulle dink van die Afrikaanse boeke wat hulle onlangs gelees het. In sy insetsel oor die internasionale boekwêreld gesels. Johan Myburg onder meer oor die PEN Pinter-prys en die wenner van die Women's Prize for Fiction, Kamila Shumzi. Sy lees ook voor uit haar wenboek.
-
686
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Anneliese Burgess oor HEIST, haar boek oor transitorooftogte. Annemarie van der Walt vertel waarna feesgangers kan uitsien by die ATKV-boekoase by Innibos. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor 'n bekende skrywer se woede omdat sy nie vir 'n internasionale prys benoem is nie.
-
685
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met die veteraan radio-persoonlikheid Kate Turkington oor haar biografie YES REALLY! Bets Smith vertel meer oor haar vierde spanningsroman KRINGLOOP. Die skrywer Elkarien Fourie het deelgeneem aan 'n uitreikprogram gemik op leesbevordering by die Drakenstein Gevangenis, en vertel van haar ervaring.
-
684
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor 'n paar nuwe Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het. Cecilia van Zyl gesels oor DIE ROOIKOP EN DIE REDAKTEUR, 'n bundel tydskrifkortverhale uit die vyftigerjare uit die pen van Andre P. Brink wat pas verskyn het. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewêreld, en gesels onder meer oor die wenner van die Dylan Thomas-prys. Hoor ook uie is op die Media 24- en Sunday Times-kortlyste vir letterkunde.
-
683
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Jaco Fouche oor sy nuwe jeugroman SOMER. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekwêreld, en gee onder meer agtergrond oor die besluit om vanjaar nie 'n Nobelprys vir letterkunde toe te ken nie.
-
682
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Ruda Landman oor haar nuwe boek, TELL ME YOUR STORY. In Johan Myburg se insetsel oor die internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n deel van die bekroonde Nigeriese skrywer Chimamanda Ngozi Adichie se onlangse toespraak by die Stockholm Forum vir Geslagsgelykheid.
-
681
Skrywers en Boeke
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Petrovna Metelerkamp oor haar nuwe INGRID JONKER-biografie waarin heelwat nuwe inligting oor die bekende digter vervat is. Hpor meer oor die wenners van NB Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd en die wenners van die UJ-pryse. Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale boekewêreld, en gesels ook oor die kortlys vir die Sunday Times/Barry Ronge-fiksieprys vir Engelstalige Suid-Afrikaanse fiksie.
-
680
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Cas Wepener oor sy roman JOHANNA. Daniël Hugo, samesteller van die KKNK se boekeprogram, vertel waarna feesgangers kan uitsien. En Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel oor onder andere die langlys van die Man Booker-prys.
-
679
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Machiel Viljoen van Afrifiksie.com, 'n Afrikaanse webwerf wat fokus op wetenskapfiksie. Hoor hoekom hardop lees so belangrik is vir jou kind se ontwikkeling, en vind uit wie het LAPA se jeugromankompetisie gewen. In sy weeklikse bydrae oor die internasionale letterkunde vertel Johan Myburgh meer oor onder andere 'n nuwe boek van Barbara Kingsolver.
-
678
Skrywers en Boeke
Afrikaans se topverkoperskrywer, Deon Meyer, gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy jongste boek, DIE VROU IN DIE BLOU MANTEL. Hy deel ook skryfraad met aspirantskrywers. As jy bekommerd is oor jou kind se leesvaardighede, luister na Jose Palmer en Reinette Lombaard wat gesels oor hulle oulike progressiewe leesreeks vir kinders in die grondslagfase. En Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale letterkunde.
-
677
Skrywers en Boeke
Afrikaans se topverkoperskrywer, Deon Meyer, gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy jongste boek, DIE VROU IN DIE BLOU MANTEL. Hy deel ook skryfraad met aspirantskrywers. As jy bekommerd is oor jou kind se leesvaardighede, luister na Jose Palmer en Reinette Lombaard wat gesels oor hulle oulike progressiewe leesreeks vir kinders in die grondslagfase. En Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale letterkunde.
-
676
Skrywers en Boeke
Die kinder- en jeugboekskrywer Marga Jonker gesels met Ilse Salzwedel oor haar reeks perdeboeke. Leonie van Rensburg gesels oor die topverkopers van 2017, en Johan Myburg deel wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.
-
675
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met William Rowland, voorsitter van die SA Biblioteek vir Blindes in Grahamstad, oor gratis boeke vir blindes en siggestremdes. Derick van der Walt gesels oor sy nuwe volwasse roman, TUSSEN VRIENDE, en Cliffordene Norton van LAPA vertel hoekom liefdesverhale 'n topverkopergenre is.
-
674
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor haar gunstelingboeke van 2017.
-
673
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met James Styan oor HARTEBREKER, sy biografie oor die hartchirurg Chris Barnard. Nelia Engelbrecht gesels oor haar POORT-reeks vir tieners, en Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
-
672
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Heilna du Plooy oor die brieweboek GESPREKSGENOOT. Dit bevat die briefwisseling tussen prof. Elize Botha en verskeie Afrikanse skrywers. Hans du Plessis gesels oor sy nuwe boek DRIE VROUE EN 'N MEISIE. Vind meer uit oor Rudie van Rensburg se skreeusnaakse komedie oor bejaardes, HANS STEEK DIE RUBICON OOR. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
-
671
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar jongste roman, Mentje, kind van die Pasop-kamp. Daniel Hugo vertel meer oor die Prins Albert-leesfees. Johan Myburg vertel in sy bydrae oor die internasionale letterkunde meer oor die jongste bespiegelings oor die Chileense digter Pablo Neruda se dood.
-
670
Skrywers en Boeke
Die bekroonde jeugroman Vaselinetjie word hierdie Vrydag as 'n film uitgereik. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van Vaselinetjie, Anoeschka von Meck. Dan Sleigh gesels oor die ATKV Prosaprys wat onlangs aan hom toegeken is vir sy roman, 1795, en Christo Davids vertel meer oor sy drama MY SEUNS wat met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon is as beste dramateks. Die Afrika-skrywer vandeesweek is Frank Chipula van Malawi. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde-insetsel onder meer oor die Manbooker-kortlys, 'n toekenning vir die skrywer A.S. Byatt en plagiaat deur die Franse digter, wyle Pierre Des-Ruisseaux.
-
669
2 Aug
Corina van der Spoel gesels met S.J. Naude oor sy roman DIE DERDE SPOEL. Corlia Fourie gesels oor die kortverhaalbundel KLEURE VAN DIE LIEFDE, en deel ook sommer ʼn paar wenke oor die skryf van kortverhale. Dia van Staden gesels oor die Pretoria Boekejol en Filmrolfees wat van 16 tot 20 Augustus plaasvind, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...