Skip to content
035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee! episode artwork

Aug 3, 2023 6 min

035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!

from Spaarwiel die Podcast Hosted by Eduan Kruger

Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is. Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie. Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens. Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en tyd wat welvaart skep nie. Sodra jy geld uitgee aan groot, duur nuwe dinge (karre, groter huis, duur klere, juwele, lidmaatskap by die duurste gholfbaan ens.) is die geld nie meer joune nie. Dit is nie meer deel van jou 'welvaart-potjie' nie. Dit laat jou natuurlik ryk voorkom. Maar jy moet wikkel en vinnig nog geld maak sodat jy dit weer kan spandeer op die volgende duur - en miskien onnodige - item. Besef dalk eers hoekom jy meer geld wil verdien voordat jy al die tyd, stress en moeite aangaan om daardie geld te maak en dit dan net gelyk weer uitgee aan die wêreld en op materialistiese dinge.

Episode details come from the podcast's RSS feed.

Embed this episode

Ready to play

035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!

0:00 6:50

No transcript yet.

Requests help us decide what to transcribe next.

Frequently asked questions

How long is this episode of Spaarwiel die Podcast?

This episode is 6 minutes long.

When was this Spaarwiel die Podcast episode published?

This episode was published on August 3, 2023.

Can I download this Spaarwiel die Podcast episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.