Spaarwiel die Podcast
by Eduan Kruger
Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil!Ons praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente spaarplanne, belasting, pensioen...en en en!Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en aan dinge waarvoor ons ‘n passie het!
Episodes
-
042. Beleggings mini-series: (5) Belê vir jou kinders met Christiaan Wessels van FFG
Skakel in en luister lekker saam na die episode waar ek met Christiaan Wessels van FFG gesels oor die moontlikhede en oorwegings om vir die volgede generasie (jou kinders of kleinkinders) te belê. Neem kontak op met Christiaan op een van die volgende maniers: email: [email protected] of via...
-
041. Belegging mini-series: (4) Goue reels van beleggings!
In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê: Wees bereid om te begin en om nuwe dinge te leer. Begin Verstaan wat beteken dit om te belê in aandele: 'aandeelhouer' en 'eienaarskap' Belê slegs met geld wat jy nie nodig het nie. Geld wat jy slegs in die...
-
040. Ons vier 'Vrouemaand': Uniekheid, Volhoubaarheid, Passie, Onafhanklikheid en vele meer - met Tamara Wallis van TFTF
In die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan. Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie. Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom: Uniekheid, "Longevity" en...
-
039. Beleggings mini-series: (3) "Belasting-slim" belê is 'n goudmyn!
Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg: Aftree/Uittree-annuïteite (Retirement annuities ; RAs), asook, Belasting vrye fondse (Tax free investment/saving accounts ; BVFe / TFIAs / TFSAs SARS inkomste belastingskale 2023-2024 27.5% reel rondom...
-
038. Korttermynversekering met Yolana Kinghorn van FFG
Saam met my om die mikrofoon in die episode is Yolana Kinghorn van FFG. Ons praat oor korttermynverskering. Dit is 'n baie insiggewende episode, so maak tyd, skakel in, sit terug en luister lekker saam. Vir enige vrae kan jy vir Yolana kontak of die FFG website besoek: [email protected] www.ffg.co.za
-
037. Beleggings mini series: (2) Waar om te begin? En vir watter rede belê jy?
In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê: 1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings. 2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of 3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur?…
more -
036. Beleggings mini-series: (1) Hoekom? Waarom? Hoe? Waarin?
Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes: In die episode bespreek ons: 1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid) 2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele…
more -
035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!
Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is. Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie. Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en…
more -
034. Mediese versekering - met Ina Fourie van FFG
In die episode kuier ek met Ina Fourie van FFG. Die onderwerp vir die dag is: Medies of Mediese versekering. Ons gesels onder andere oor: FFG se rol en hoe FFG werklik waarde toe te voeg vir die klient as dit kom by medies en mediese versekering Mediese verskeraars Jou mediese premies GAP cover...
-
033. 53 jaar oud en byna geen pensioen opgebou... Wat nou?
Ek kry onlangs 'n email met die spesifiek vraag. Ek het 'n tydjie hieroor gedink voordat ek besluit het om tog my mening en opinie op 'n episode te deel. Die kort en die lank van die verhaal kom neer op: - Gaan sien 'n professionele, onafhanklike finansiële adviseer (in episode 32 is daar 'n link...
-
032. Langtermynversekering - met CJ Smit van FFG
Ek kuier saam met CJ Smit in die episode en ons gesels oor risikobestuur en langtermynversekering. CJ is die besturende direkteur van FFG Garden Route. FFG is 'n onafhanklike finansiële diensverskaffer. CJ verduidelik langtermynversekering gebaseer op 4 pilare. - Lewensversekering - Gevreesde...
-
031. Hoë Rentekoerse - So beskerm ons onsself!
Einde Mei is die repokoers weer verhoog en staan tans op 8.25% (25 Mei 2023) Wat beteken dat die "prime lending rate" op 11.75% staan. Dit is 4.75% hoër as wat dit was tydens Covid en 1.75% hoër as voor Covid. Indirek beteken dit dat elke persoon in SA wat uitstaande skuld het (teen 'n…
more -
030. Is jou huis 'n goeie finansiële belegging? - met Teo en Jac
In die episode kuier Teo en Jac (twee baie goeie vriende van my) saam om die mikrofoon. Ons duik in 'n "hot topic" in: 'Is jou huis (jou primêre woning) 'n goeie finansiële belegging?" Ons raak aan 'n klomp voor-en nadele van huis eienaarskap. Ons bespreek verder ook 'n klomp aspekte wat mens in…
more -
029. Hoe lyk jou ryk lewe?
Wat is vir jou belangrik in die lewe? Hoe lyk jou ideale lewe? Dus jou 'ryk lewe'. Is dit die vryheid om te kan reis waar en wanneer jy wil? Of, is dit vrou/man, kinders, huisdiere en 'n lekker huis. 'n Lewe waar jou kinders by 'n goeie skool kan skoolgaan? Is dit 'n lewe met minder finansiële...
-
028. Die waarde van 'n nuwe 'R10 per dag gewoonte'
Gewoontes is soos bome. 'n Klein boom wat jy gister geplant het kan jy sonder teveel moeite vandag uit die grond pluk. Maar 'n wilger wat al jare langs die water staan sal geen man op die aarde sommer net kan uitpluk nie. "We overestimate what we can do in a day, but underestimate what we can do…
more -
027. Psychology of Money: "Vandag is die jongste wat jy ooit sal wees" ... Begin!
In die episode praat Wayne en Eduan verder oor die boek "Psychology of Money" Daar word deur hoofstuk 4 en 5 geblaai. Hoofstuk 4 se tema is Saamgestelde groei / rente. Die krag eb impak wat 'tyd' op jou beleggings, jou kennis, jou "skills" en/of enigiets wat jy konstant aanpak op 'n volhoubare…
more -
026. So betaal jy duisende Rande minder belasting!
Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei. Belastingbetalers…
more -
025. Psychology of Money - "Genoeg is nie te min nie"
In die episode chat ons oor hoofstuk 1, 2 en 3 van die boek 'Psychology of Money' deur Morgan Housel. Die boek het meer as 2miljoen verkope en is beskikbaar in 52 tale. Die boek lees maklik en is vol tydlose en waardevolle lesse oor persoonlike perspektief, welvaart, gierigheid en geluk! Hoofstuk…
more -
024. Wingman Brand - 'n Side Hustle met 'n awesome doel!
Tydens die tweede gedeelte van die gesprek oor side hustles het ons met Johnru gepraat oor Wingman Brand Johnru se eie suksesvolle side hustle met 'n great storie en 'n awesome doel! Besoek gerus www.wingmanbrand.co.za en volg hul op instagram @wingman_original
-
023. Side Hustles
In die episode verwelkom Wayne en Eduan 'n spesiale vriend en gas - Johnru Rossouw. Die gesprek in die episode gaan oor side hustles. Wat verstaan ons as ons die term "side hustle" hoor? Waarom sal ons 'n side hustle wil begin? Is dit om meer geld te maak? Dalk om meer tyd vir jouself te skep weg...
-
022. Groot uitgawes (Gesprek met Regardt 'Hopie' van Rooy)
"Kom ons maak gesonde spaargewoontes 'n leefstyl en so word ons - met die nodige gemoedsrus- voorberei op groot uitgawes wat oor ons pad mag kom" Hopie streef daarna om meer en meer dinge in sy lewe in balans te doen en ook belangrike aspekte deel van sy leefstyl te maak sodat dit nie baie moeite...
-
021. FinGobal: Finansiële emigrasiespesialiste (Gesprek met Pieter Muller)
Ek is baie bevoorreg gewees om onlangs met Pieter Muller van FinGlobal n gesprek te kon voer. Nota: Die gesprek is in Engels - so sit jou Engelse ore in ;-) Of dit nou 'n hartseer waarheid is of nie, maar daar is baie Suid Afrikaners in die buiteland en nog baie wat op die uitkyk is vir…
more -
020. Skuld ... keuses, strategieë en gemoedsrus!
Skuld is iets wat niemand noodwendig op ons naam wil hê nie. Tog is dit amper onvermydelik op een of ander stadium in ons lewens. In die episode kyk Wayne en Eduan weer na hul persoonlike situasies en besluite. Maak jy skuld om onvoorsiene uitgawes te dek? Of finansier jy dit uit jou bufferfonds?...
-
019. Inflasie ... #inflasieisijoubaasie
Die koopkrag van ons geld kry die laaste aantal maande van alle kante af 'n paar klappe. In die episode praat ek en Wayne oor inflasie, rentekoerse en veel meer. Ons loer veral na 'n paar opsies wat ons in ons eie persoonlike finansies en "spending habits" kan inkorporeer om die impak van…
more -
018. Stap 3: Jou Noodfonds lei tot intelligente finansiële besluite
‘n Noodfonds kan jou beste vriend wees. Dit laat jou toe om jou slaaplose nagte a.g.v. al die onverwagte kostes en dingetjies in die allerdaagse lewe te verminder. ‘n Noodfonds is ‘n som geld wat jy kan aanwend om die onverwagde kostes te dek terwyl jy steeds fokus op jou groter finansiële...
-
017. Stap 2: Neem beheer van jou uitgawes -> Die sleutel tot finansiële vryheid
Hoe goedkoper jou lewe, hoe vinniger bereik jy finansiële onafhanklikheid! Gaan doen indringend ondersoek en bepaal waaraan jy werklik geld spandeer en hoeveel... (Wees eerlik met jouself ;-) ) Maak dit ‘n speletjie en loer na jou laaste (of volgende) 60 - 90 dae se uitgawes en kategoriseer die...
-
016. Stap 1: 'n Finansiële Plan (snapshot van jou huidige situasie)
Om te bepaal wat jou einddoel is, moet jy eers jou huidige situasie beter verstaan. Begin deur 'n 'n finansiële plan op te stel Sodra jy perspektief oor jou huidige situasie het, kan jy beplan hoe om jou finansiële einddoel te bereik. Hier lees jy meer oor wat 'n finansiële plan behels.
-
015. Eerste 3 volhoubare stappe tot Finansiële Onafhanklikheid
Wayne en Eduan bespreek die eerste 3 volhoubare stappe wat ons almal tot 'n mate kan begin neem om daarvoor te sorg dat ons eendag finansieël onafhanklik kan word. Die stappe, gekombineer met ons nodige langtermyn dissipline behoort wonders te verrig vir ons finansiële situasie. Stap1: 'n...
-
014. Ons praat oor iets van alles!
Wayne en Eduan praat oor iets van alles in hul onderskeie persoonlike finansiële lewens. Onder andere: - Met wie en waar ons oor finansies kan praat (of nie) - Die %-split tussen Beleggings-Needs-Wants - Die onderskeie persoonlike finansiële gesprekke in die huis met ons beter helftes - Inkomste...
-
013. Geld is miskien irrelevant, maar wat van jou tyd...
Die podcast kry 'n 'co-host'... Wayne Rolfe Eduan en Wayne gaan vir 'n klompie episodes saam journey deur die basiese en meer ingewikkelde onderwerpe, vrae en konsepte van persoonlike finansies. Wie weet, dalk word die 'n langtermyn co-hosting vennootskap :-) One can only hope! Episode 13 dien...
-
012. Belê R1.8miljoen, Ontvang R17.1miljoen+ (Gereelde beleggings + Saamgestelde opbrengs + Tyd)
Saamgestelde groei! Saamgestelde rente! Saamgestelde opbrengs! Dit is werklik die 8ste wonder van die wêreld! Veral as tyd ook nog aan jou kant is! 1. Begin vroeg met beleggings, 2. Belê met die nodige dissipline op 'n gereelde basis, 3. Hou 'n langtermynfokus Voorbeeld van wat moontlik is: Begin...
-
011. Betaal jouself eerste!
Hou 'n stukkie van jou inkomste vir jou toekomstige self! Voor jy die res van jou geld (waarvoor jy so hard werk) uitgee aan die wêreld! Betaal jouself eerste! 1. Belê eers (Pensioen / belasting vrye beleggings / ander medium-termyn beleggings / betaal selfs n bietjie meer van jou huislening…
more -
010. Boedelbeplanning, Testamente en Trusts (met Tamara Wallis van Trustees For The Future)
Vandag het ek die voorreg gehad om met Tamara Wallis van Trustees For The Future (TFTF) te praat oor boedels, boedelbeplanning, testamente, trusts, "generational Wealth protection" ens. Skakel in en luister lekker! "We care about you and your family's Financial- and Estate Planning needs and...
-
009. Sorg 'belasting slim' vir jou toekoms (in gesprek met Paul Kempff van FFG)
Minder belasting betaal! Meer geld toewy aan jou toekoms! Meer geld oor hou en belê vir jou pensioen! Luister nou na episode 9. Ons verwelkom vandag vir Paul Kempff op Spaarwiel die podcast. In die episode verduidelik Paul kortliks, maar baie omvattend in dieselfde asem, watter 'belastingslim'...
-
008. Oorsig vir die jaar: Maak van jou "budget" 'n "cash flow"
Maak van jou "budget" 'n "cash flow" Deur 'n "cash flow" op te trek vir die twaalf maande van die jaar skep jy dalk net die nodige insig en oorsig wat jy nodig het om jou persoonlike finansies gesond te bestuur. Ons weet nie presies wat ons elke maand gaan inkry, of uitgee nie, maar jy kan 'n...
-
007. Bereik jou finansiële doelwitte in 2022
Ek het vroeg in 2022 op twee baie goeie boeke afgekom: Boek #1. "Your best year ever" deur Michael Hyatt (Productivity Game video oor die boek) Die boek verduidelik hoe ons die akroniem "SMARTER" kan toepas om ons doelwitte suksesvol na te jaag. - S- Specific. - M- Measurable. - A- Actionable.…
more -
006. Geld uitgee aan dinge wat vir jou energie gee in die lewe (met SB Botha)
SB is 23 jaar oud, maar hy het die dissipline van 'n 60 jarige as dit kom by sy finansies. Hy allokeer sy geld hoofsaaklik aan dinge waarvoor hy 'n passie het in die lewe. Of dit nou oefening is en/of buitemuurse aktiwiteite of selfs toekomstige travel planne, SB het 'n duidelike plan hoe en aan...
-
005. Finansiële vangnette vir ons gemoedsrus (Gesprek met CJ Smit van FFG)
Wat 'n voorreg om vir CJ Smit in die "virtual studio" vandag te kon hê! CJ is 'n finansiële adviseur en die nuwe Managing Director van FFG Garden Route Ons praat vandag oor finansiële vangnette! (... die vangnette waarna ons hier na verwys is vangnette wat vir ons finansiële gemoedsrus gee....
-
004. "Budget" - Meet is weet! (in gesprek met Lourie van Pletzen)
Meet is weet! Kennis is Krag! Knowledge is Power! 'n Begroting (*budget* van hier af vorentoe) is die spesiale hulpbron of geheime wapen in ons persoonlike finansies wat verseker dat ons elke maand weet hoeveel geld en aan wat ons die geld kan spandeer. 'n Budget is daar as 'n riglyn sodat ons...
-
003. 'n Finansiële plan
"I am honest with myself about where I am financially. This allows me to find contentment with my progress, growth and any pivots that I need to make" @thefinancebar 'n Finansiële plan! Gebruik pen en papier, Excel of selfs 'n "whiteboard". Solank jy tyd maak en vir jouself 'n eerlike finansiële...
-
002. Gesonde persoonlike finansies in perspektief - (gesprek met Jac de Wet)
Familieman, beleggingskundige en besigheidseienaar. Jac het ‘n realistiese uitkyk op die lewe en persoonlike finansies en alles daar rondom. In die gesprek raak ons vinnig aan van die volgende aspekte: - Die ‘Betaal jouself eerste’ beginsel – “Save first then spend” - Minder uitgee as wat inkom.…
more -
001. Finansiële Onafhanklikheid (FO)
Finansiële Onafhanklikheid (FO) is wanneer die 'moet' verdwyn! Die 'moet' waarna ons hier verwys is die 'MOET' om geld aanhoudend en aktief te verdien om jou en jou gesin se lewe te kan bekostig (heelmoontlik in 'n werk wat jy net doen vir die salaris en nie vir die liefde van die werk self nie)....
-
000. Spaarwiel die Podcast - Trailer episode
Welkom by Spaarwiel die Podcast! 'n Interaktiewe platform waar ons idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons gaan praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente, spaarplanne, jou nood- en...
About this show
Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil!Ons praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente spaarplanne, belasting, pensioen...en en en!Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en aan dinge waarvoor ons ‘n passie het!
Hosted by
Eduan Kruger