EPISODE · Nov 19, 2011 · 2 MIN
19 Nov 2011
from Naweekaktueel · host RSG
Die redakteur van die Mail and Guardian, Nic Dawes, sê hy weet niks van mediaberigte oor enige sogenaamde ondersoek na sy koerant deur die Nasionale vervolgingsgesag nie. Die Mail and Guardian en president Jacob Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj het vroeër die week koppe gestamp nadat die weekblad 'n berig oor Maharaj wou plaas wat sy beweerde betrokkenheid by en finansiële voordeel uit die wapenskandaal sou ondersoek. Gister is die relevante gedeeltes in 'n artikel egter met swart strepe gesensureer nadat Maharaj die koerant met regstappe gedreig het. Anita Visser praat hieroor met Dawes.
Embed this episode
Ready to play
19 Nov 2011
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.