Aanskou die Heerlikheid van die Here episode artwork

EPISODE · Jun 14, 2026 · 3 MIN

Aanskou die Heerlikheid van die Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 'n Vlieënier wat probeer om in 'n verskriklike storm sy vliegtuig te land, moet 'n keuse maak. Daar is geweldige turbulensie, die sigbaarheid is zero en die onbetwisbare gevaar word al hoe groter. Hy moet nóú besluit: hy moet óf instrumente vertrou om hom na die aanloopbaan te lei, óf hy kan paniekerig raak en sy instink vertrou en heel waarskynlik verongeluk. Die beste keuse? Dis nogal voor die hand liggend, maar nie maklik nie, nè?Miskien bely jy, soos ek, geloof in Jesus, en glo (soos die Bybel sê) dat die heerlikheid van God die hele aarde vul. Maar ons weet mos storms kom dikwels voor. Die daaglikse geswoeg mergel jou uit. En nou moet jy, net soos hierdie vlieënier, 'n keuse maak ... een wat onlogies lyk, maar een wat die koers van die res van jou lewe sal bepaal.Jesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”Koning Ussia was 'n magtige koning. Sy dood (ongeveer 740 v.C.) het 'n tyd van nasionale onsekerheid ingelei. Jesaja het hierdie wonderlike visioen van God gehad. Op dié spesifieke dag, toe die Here hom as profeet geroep het, het Jesaja die wonderlike voorreg beleef om vir God as die soewereine, verhewe meester te sien. Jesaja het Hom gesien waar Hy hoog en verhewe, deur engele omring was en waar sy kleed die tempel gevul het. Toe die Here vra wie Hy as boodskapper na die Israeliete kan stuur, het Jesaja Hom vertrou en sonder om paniekerig te raak en koers te verloor, het hy geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” Hoe sal jy op so ‘n vraag reageer?Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 14, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 'n Vlieënier wat probeer om in 'n verskriklike storm sy vliegtuig te land, moet 'n keuse maak. Daar is geweldige turbulensie, die sigbaarheid is zero en die onbetwisba...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Aanskou die Heerlikheid van die Here

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 14, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!