Aartappels en Eiers episode artwork

EPISODE · Mar 5, 2026 · 3 MIN

Aartappels en Eiers

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 62:2,3 Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. Teenspoed is geneig om een van twee verskillende reaksies uit te lok: ons word óf bitter óf beter. En let asseblief daarop, so naby as wat die twee woorde aan mekaar klink – bitter of beter – is hulle onverenigbaar. Bitter, of beter, die een óf die ander. Nooit albei nie. So … wat sal dit wees?John Bunyan en George Fox was albei tydens die 17de-eeu in Engeland gevange geneem omdat hulle sonder die toestemming van die Kerk van Engeland gepreek het. Bunyan, het die tronk as 'n plek gebruik om nader aan God te kom. Hy het ‘n boek, The Pilgrim's Progress, wat een van die klassieke Christelike werke geword het, geskryf. Sy lyding het hom nader aan Jesus laat groei.Fox, die stigter van die Kwaker-beweging, het ook deur ‘n soortgelyke moeilike tyd gegaan, maar hy het bitter en aggressief geword en homself selfs van sy vriende afgesluit. Die twee manne is albei baie onregverdig behandel, maar die een het sy pyn aan God oorgegee en dit het blywende vrugte gebring. Die ander, hoewel opreg,  vol wraakgedagtes. Sy lyding het hom verhard.Dieselfde tipe vervolging het twee baie uiteenlopende reaksies veroorsaak – die een beter, die ander bitter. Dit het onthul wat in hulle harte was.Dit blyk dat dieselfde pot kookwater 'n aartappel sag maak en 'n eier hard. Dit gaan nie soseer oor jou omstandighede nie, maar dit wys watter kaliber mens jy is.So, wat van jou? Wie of wat regeer jou lewe? Vir koning Dawid, was die antwoord, ten spyte van sy omstandighede waar hy moes vlug vir sy lewe, baie duidelik:Psalm 62:2,3 Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.Wanneer God jou lewe regeer, maak sy Gees jou siel stil en stel jou in staat om met stille vertroue te wag, wetende dat Hy jou rots, jou heil en jou veilige vesting is. Wanneer God jou lewe regeer, sal jy nie wankel nie!Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 5, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 62:2,3 Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. Teenspoed is geneig om een van twee verskillende reaksies uit te lok: ons word óf bitter óf beter. En let asseblief daarop, so naby as wat die twee woorde aan mekaar klink – bitter of beter – is hulle onverenigbaar. Bitter, of beter, die een óf die ander. Nooit albei nie. So … wat sal dit wees? John Bunyan en George Fox was albe...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Aartappels en Eiers

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 5, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!