EPISODE · Jul 8, 2026 · 3 MIN
Alles = Alles
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan Mail2 Korintiërs 5:14-15 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Wanneer daar ‘n tragedie soos 'n skietery by ‘n skool, 'n treinongeluk of 'n terroriste-voorval in ‘n voorspoedige Westerse land voorkom, is dit oral in die nuus. Maar van die lyding en menseslagting in die oorloë en terrorisme in Afrika hoor ons nooit nie. Die meeste mense het nog nooit eers gehoor van die lot van die Rohingya-minderheid in Mianmar nie. Hoekom is dit so?In 'n episode van die Amerikaanse drama, The West Wing, sê 'n assistent vir die President: Die idee dat sommige lewens meer werd is as ander, is die wortel van alles wat verkeerd is met die wêreld.Die President antwoord toe stilweg: Ja, dit is.Dit is onaanvaarbaar, maar in werklikheid is dit hoe die wêreld funksioneer; sommige menselewens word gewaardeer, ander word misken. Sommige word opgehef, ander word oor die hoof gesien. En as ons eerlik is, dink ons ook soms so. Maar die Apostel Paulus vertel ons iets radikaal anders:.2 Korintiërs 5:14-15 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.Vir God is geen lewe meer werd as 'n ander nie. Christus het nie net vir die magtiges gesterf en die swakkes geïgnoreer nie. Hy het vir almal gesterf. Sy offer maak die speelveld aan die voet van die kruis gelyk.En as Christus se liefde ons dryf, kan ons mense nie volgens status, ras, inkomste, nuttigheid of agtergrond takseer nie. Om vir Jesus te leef, beteken om elke lewe deur sy oë te sien: om te sien dat almal ewe kosbaar is; dat almal eweveel genade nodig het en dat almal eweveel van ons liefde werd is.Die idee dat sommige lewens minder saak maak, is die oorsaak van alles wat verkeerd is met die wêreld.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:14-15 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Wanneer daar ‘n tragedie soos 'n skietery by ‘n skool, 'n treinongeluk of 'n terroriste-voorval in ‘n voorspoedige Westerse land voorkom, is dit oral in die n...
NOW PLAYING
Alles = Alles
No transcript for this episode yet