As Ek Maar Net Geluister Het episode artwork

EPISODE · Mar 1, 2025 · 2 MIN

As Ek Maar Net Geluister Het

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 48:17-18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos 'n rivier, soos die golwe van die see. Sê my, as jy terugkyk oor jou lewe, hoeveel keer het ‘n opregte persoon jou al goeie raad gegee - raad wat jy deur jou eie hardkoppigheid geïgnoreer het… net om ‘n groot fout te begaan wat jou duur te staan gekom het? Ek dink as ek 'n Rand gehad het vir elke keer wat ek dit gedoen het, sou ek vandag ‘n redelik ryk man gewees het!Ek was gefassineerd deur hierdie artikel op die foreignpolicy.com. webwerf deur ene Roberta Hostetter geskryf. Ek haal aan...Met dagbreek op 7 Desember 1941, het die Japannese die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot by Pearl Harbour, in Hawaii, aangeval en die eens onwillige, neutrale Amerika gedwing om in die Tweede Wêreldoorlog betrokke te raak. Ten spyte van die feit dat die Verenigde State reeds daarin geslaag het om Japannese geheime kodes in die aanloop tot die aanval, te ontsyfer, was die vlootbasis heeltemal onvoorbereid vir die aanval. Wat dit nog erger gemaak het, was die feit dat 'n militêre attaché in Java vir Washington 'n week vroeër al van 'n beplande Japannese aanval op Hawaii, die Filippyne, en Thailand waarsku het. Nog nooit tevore het die VSA soveel inligting voor die tyd oor die vyand se planne gehad nie.Ons verstaan wat hier gebeur het, nè? Die Verenigde State het die geheime inligting geïgnoreer, die advies geïgnoreer, met baie rampspoedige gevolge. As hulle maar net geluister het...Jesaja 48:17-18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos 'n rivier, soos die golwe van die see.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 1, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 48:17-18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos 'n rivier, soos die golwe van die see. Sê my, as jy terugkyk oor jou lewe, hoeveel keer het ‘n opregte persoon jou al goeie raad gegee - raad wat jy deur jou eie hardkoppigheid geïgnoreer het… ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

As Ek Maar Net Geluister Het

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 1, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!