As Jy Twyfel episode artwork

EPISODE · Jul 31, 2024 · 2 MIN

As Jy Twyfel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKlaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV) Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels en draaie, die lang droë woestynpaaie en die aangename wandelings deur die bos, die koue nat dae en die helder sonskyndae, die diep donker valleie en die lafenis van die bergtoppe?Die lewe, was tot dusver nogal 'n interessante reis, of hoe? As jy aan die begin van jou lewe ‘n draaiboek moes skryf, sou dit ongetwyfeld nie lyk na die lewe wat jy tot op hierdie punt gelei het nie.Miskien het jy jou lewe sonder 'n gerusstellende wete van God se Teenwoordigheid geleef. Miskien het jy nog altyd geglo. Of, miskien soos in my geval, het dit iewers langs die pad eers vir jou ‘n werklikheid geword.Waar jy ook al was, waar jy ook al nou is en, nog belangriker, waarheen jy ook al op pad is, daar is een waarheid wat deur alles heeltemal onveranderd bly:Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV)Deur al daardie vet jare en deur al daardie maer jare, of ons dit nou besef het of nie, was die Here ons God met ons. Hy het ons deurgedra al was dit hoe koud en nat, hoe donker en hopeloos. Hy was saam met ons verheug oor die goeie tye, al het ons dit nie geweet nie. Hy het getreur toe ons gehuil het.Hy laat die son elke oggend opkom ongeag wat die vorige dag gebeur het. ‘n Mens kan op God vertrou. Hy is elke oggend daar. Hy is getrou.Terwyl jy die toekoms tegemoet gaan, mag jy altyd vir jouself sê: My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 31, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV) Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels en draaie, die lang droë woestynpaaie en die aangename wandelings deur die bos, die koue nat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

As Jy Twyfel

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 31, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!