Asem Diep In episode artwork

EPISODE · Jul 11, 2025 · 2 MIN

Asem Diep In

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJob 33:4 Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee. Daar is soveel gawes in die lewe wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ja, ons dink nie aan die lewegewende vermoë om in te asem, uit te asem, in te asem en uit te asem nie. Ek praat van die asem van die lewe. Elke minuut van elke dag asem elk van die 8,23 miljard mense op hierdie aarde ongeveer 15 keer in en uit. Dit is 7 liter in, 7 liter uit. Dit veroorsaak 115 biljoen liter se lugbeweging elke minuut van elke dag deur die mensdom. Dit is vreeslik baie warm lug, nie waar nie?Maar ons dink nie te veel aan al die ander mense se asemhaling nie, solank ons suurstoftoevoer ononderbroke aangaan - asem ons in, asem ons uit. Ons hou ook nie op om te dink ... wie daardie asem in die eerste plek in my longe gesit het nie!Job 33:4 Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.Deesdae is ‘bewustheid’ die modewoord. Dit lui as volg: Stop net, maak jou oë toe en haal 'n paar keer diep asem en raak bewus van hierdie oomblik; konsentreer op jou gedagtes, emosies en sensasies sonder om te oordeel. Dit klink baie oulik om jou so doelbewus in te stel, maar my vriend, ek verkies God-bewustheid. Dit beteken vir my om net 'n oomblik te stop en om te onthou dat selfs iets so eenvoudig, so basies, so noodsaaklik vir die lewe soos asemhaal – asem in, asem uit – 'n geskenk van God is. 'n Wonderlike geskenk. Sy geskenk van lewe. Dink 'n paar keer elke dag daaraan - dit verander alles.Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Job 33:4 Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee. Daar is soveel gawes in die lewe wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ja, ons dink nie aan die lewegewende vermoë om in te asem, uit te asem, in te asem en uit te asem nie. Ek praat van die asem van die lewe. Elke minuut van elke dag asem elk van die 8,23 miljard mense op hierdie aarde ongeveer 15 keer in en uit. Dit is 7 liter in, 7 liter uit. Dit veroorsaak 115 biljoen li...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Asem Diep In

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 11, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!