Barabbas Kom Vry; Jy Ook episode artwork

EPISODE · Apr 2, 2026 · 3 MIN

Barabbas Kom Vry; Jy Ook

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 18:38-40 “Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom.En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?”Hulle skreeu toe terug: “Nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” En Barabbas was 'n rower. Kom ons kyk vandag na die onreg van die Paasgebeure. 'n Woedende godsdienstige skare van Jode sleep Jesus voor Pontius Pilatus en eis dat Hy gekruisig word, en dat die moordenaar, Barabbas, vrygelaat word. Dis heeltemal belaglik, nè?Trouens, as jy indringend daaraan dink, was dit die mees bisarre, abnormale uitruiling van aangeklaagdes in die geskiedenis. 'n Moordenaar - Barabbas - gaan vry. En Jesus, die geneser, leermeester, wonderwerker, word in sy plek veroordeel.Johannes 18:38-40 “Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom.En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?”Hulle skreeu toe terug: “Nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” En Barabbas was 'n rower.Jesus: onskuldig, geliefd, gestuur van die Vader. Barabbas: skuldig, gewelddadig, bekend vir rebellie.Jesus: gegesel, bespot, gekruisig. Barabbas: vrygelaat, so vry soos ‘n voël in die lug.Maar dit was nie net 'n politieke onreg nie - dit was 'n goddelike plaasvervanging. En daarin lê die ware onreg van die Kruis. Die naam Barabbas (bar-abba) beteken "seun van die vader". Hy is vrygelaat omdat Jesus, die ware Seun van die Vader, na die Kruis gegaan het.Verstaan jy dit? Jy is Barabbas. Ek is Barabbas. Ons is diegene wat aangekla is en skuldig bevind is. Ons is diegene wat in opstand gekom het. En Jesus, die Een wat geen sonde geken het nie, het ons plek ingeneem.Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.Dis moeilik om te begryp. Ons verdien dit om veroordeel te word, maar Jesus bied genade. Ons is so vry soos ‘n voël in die lug. Hy hang aan 'n kruis. Dit is die hartklop van die Evangelie: Jesus het nie net gesterf nie. Hy het as ‘n plaasvervanger gesterf. In plaas van Barabbas. In plaas van my. In plaas van jou.Barabbas is vrygelaat omdat Jesus sy plek ingeneem het. Jy gaan vry omdat Jesus joune ingeneem het.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 2, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 18:38-40 “Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom. En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?” Hulle skreeu toe terug: “Nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” En Barabbas was 'n rower. Kom ons kyk vandag na die onreg van die Paasgebeure. 'n Woedende godsdienstige ska...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Barabbas Kom Vry; Jy Ook

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 2, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!