Beheer Jou Gedagtes episode artwork

EPISODE · Jun 13, 2024 · 3 MIN

Beheer Jou Gedagtes

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. Vrees is 'n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in.Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat deesdae die ronde doen – baie van hulle is foutief, baie van hulle gevaarlik, baie van hulle is selfs vernietigend.Dink aan die bevooroordeelde, partydige nuuskanale; of die bedrieglike aanloklike boodskappe van sekulêre kommersiële ondernemings wat daarop gemik is om ons van ons swaarverdiende ou geldjies te skei; of van die snert wat op die sosiale media in omloop is, wat samesweringsteorieë aanblaas … Ja, daar is soveel mense wat om die bos gelei word deur wêreldse idees wat beheer hulle oor hulle neem.En daardie indoktrinasie lei tot een ding: Vrees. Daardie een emosie wat, as ons kon, ons dit ten alle koste sou vermy. So wat is die antwoord? Wat is die teenmiddel vir die chroniese vrees waarmee so baie mense leef?Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.Wat ek en jy in hierdie wêreld, waar verdagte en ongegronde idees ons lewens probeer kaap, so broodnodig het, is wysheid. God se suiwer, ware en liefdevolle wysheid.En ons gryp daardie wysheid aan deur God se opdragte, sy woorde -  met ander woorde, sy wysheid - bo die wêreld se sogenaamde wysheid te vrees, te respekteer en te eer. Dit is nie altyd maklik nie, omdat die gedagtes, idees en filosofieë van die wêreld ons so knaend uitdaag en knolle vir sitroene verkoop.Maar soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het, die een wat God vrees, het niks anders om te vrees nie.Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 13, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. Vrees is 'n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in. Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat deesdae die ronde doen – baie van hulle is foutief, baie van hulle gevaarlik, baie van hulle is selfs vernietigend. Dink...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Beheer Jou Gedagtes

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 13, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!