Beheer Jou Sake met Integriteit episode artwork

EPISODE · Jun 8, 2026 · 3 MIN

Beheer Jou Sake met Integriteit

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV) Vind jy ook dat mense al hoe meer gewetenloos word? Hoe gereeld sien jy groot finansieringsinstellings, soos banke, wat hulself met warm, gesinsvriendelike advertensies uitbeeld om nuwe kliënte te lok? Maar wat gebeur, die eerste keer wat iemand sukkel om hul terugbetalings op hul huis te maak? Hulle verkoop die huis onder hulle uit. En ons weet, dis nie net die banke wat skuldig is nie.Kom ons praat van 'n groot gewetenlose bedryf waar die slim ouens al die slenters en slagysters ken om die gewone ou mee te verlei. Rentekoerse is baie hoog, kontrakte is noukeurig en waterdig opgestel; en pasop - die fynskrif is waar hulle werklike wins lê.Maar dan is daar een firma wat anders werk. Hulle verhoog nie rentekoerse op kwesbare kliënte se lenings nie. Hulle plaas nie onnodige druk op die klein outjie nie. In plaas daarvan, bied hulle billike terme. Hulle gee genade as dit moet, en ly af en toe self verlies. Hulle kliënte vertrou hulle.Die ander ouens in die bedryf lag hulle uit en sê: Kyk maar, sulke ouens speel voor jy jou oë kan uitvee, bankrot. Maar dan kom die gevreesde ineenstorting. Markte val. Krediet droog op. Kliënte kan nie hulle verpligtinge nakom nie. En die bloedsuiers? Hulle is paniekerig. Elkeen is besig om sy eie bas te red – hulle dagvaar; hulle spook; hulle stort in duie.Maar hier is die verrassing - daardie een firma na wie daar so minagtend gekyk is! Die een wat genade betoon het! Dis die een na wie kliënte hardloop. Want in die donker onthou mense wie die lig gehad het.Psalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV)Ja, ons weet dat dinge soms moeilik is. En die versoeking is altyd daar om eerste jou eie nes reg te skrop; om daardie maklike wit leuen te vertel. Hoekom nie? Wie gaan dit agterkom?Maar wat ook al jou omstandighede is, wat ook al jou rol is, bestuur jou sake met integriteit, want ... Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 8, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV) Vind jy ook dat mense al hoe meer gewetenloos word? Hoe gereeld sien jy groot finansieringsinstellings, soos banke, wat hulself met warm, gesinsvriendelike advertensies uitbeeld om nuwe kliënte te lok? Maar wat gebeur, die eerste keer wat iemand sukkel om hul terugbetali...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Beheer Jou Sake met Integriteit

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 8, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!