Bekering 101 episode artwork

EPISODE · Sep 3, 2024 · 2 MIN

Bekering 101

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Hier is ‘n vraag vir jou: As God deur Jesus se offer aan die Kruis, ons sonde vergewe het, moet ons dan die manier waarop ons leef, verander? Moet ons wegdraai van ons sonde wat ons in die eerste plek van God vervreem het? Is sy offer dan nie genoeg nie?Nouja, dis 'n vraag wat selfs baie mense wat in Jesus glo, opsetlik vermy. Indien God se vergifnis, wat tog per slot van rekening suiwer gebaseer is op wat Jesus vir ons gedoen het, en nie op ons eie goeie dade nie (en dit is presies wat ek glo), dan kan ons mos maar ewe vrolik aanhou leef soos ons nog altyd geleef het? Is dit die korrekte gevolgtrekking? Hier’s nog ‘n vraag: Moet 'n man ophou om by ander vroue te kuier, om getroud te wees? In teorie is sy huweliksertifikaat tog die bewys dat hy getroud is. Maar dit is tog absurd. Sy vrou het die volste reg om van hom te verwag om aan haar getrou te wees.En dis hoe dit met God werk. Dit gaan nie net oor een of ander mooi klein sondaarsgebedjie wat ons ‘n honderd jaar gelede opgesê het nie, maar die wyse waarop ons ons lewens leef. Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.Wat is die heel eerste ding wat die Apostel Petrus vir daardie skare aansê om te doen: vir daardie einste mense, wat net weke gelede geskree het: "Kruisig Hom!"Bekeer jou – draai weg van jou sonde. Dit is die bewys dat jy in Jesus glo, nie net met jou kop nie, maar met alles wat jy is. Dit is die bewys van jou getrouheid aan Hom.“Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergeweDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 3, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Hier is ‘n vraag vir jou: As God deur Jesus se offer aan die Kruis, ons sonde vergewe het, moet ons dan die manier waarop ons leef, verander? Moet ons wegdraai van ons sonde wat ons in die eerste plek van God vervreem het? Is sy offer dan nie genoeg nie? Nouja, dis 'n...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Bekering 101

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 3, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!