Bekommernis is ‘n Teken om te Bid episode artwork

EPISODE · Sep 24, 2025 · 2 MIN

Bekommernis is ‘n Teken om te Bid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 4:6-7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. As jy eerlik met jouself wil wees, moet jy erken dat dit regtig baie natuurlik vir ons is om ons oor dinge te bekommer. Soveel van die belangrike dinge in die lewe is buite ons beheer; so wanneer daardie een "ding" wat 'n groot impak op ons lewens kan hê, onseker aan ‘n draadjie hang, bekommer ons onsself daaroor. Ek wonder waaroor jy jou op die oomblik bekommer? Is dit 'n gesondheidsdiagnose; finansies; kinders of iets anders? Soms bekommer ons onsself onophoudelik oor die onbenulligste dingetjies.En die probleem met bekommernis is dat dit selfonderhoudend is: Hoe meer jy jou bekommer ... hoe meer bekommer jy jou. Dit lei jou in ‘n tipe afwaartse spiraal en wanneer jy in daardie posisie is, kan jy tog nie werklik jou lewe geniet nie, nè? Maar wat sal gebeur indien ons ons bekommernisse in 'n heel ander lig beskou? Paulus skryf vanuit ‘n dodesel in:Filippense 4:6-7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.Wat sal gebeur wanneer ons elke bekommernis as 'n teken sou beskou dat ons daaroor moet bid? As ons dit elke keer wanneer ons onsself bekommer, as 'n gebedsgeleentheid sien – wag ‘n bietjie, stop en bid – dan ervaar ons hoe die belofte dat God se vrede oor al ons gedagtes en gevoelens sal waghou, ‘n werklikheid word. Dis tog soveel beter as enigiets wat ek of jy ooit kan optower.En dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 24, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 4:6-7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. As jy eerlik met jouself wil wees, moet jy erken dat dit regtig baie natuurlik vir ons is om ons oor dinge te bekommer. Soveel van die belangrike dinge in die lewe is buite ons beheer; so wanneer daardie een "ding" wat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Bekommernis is ‘n Teken om te Bid

0:00 2:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 24, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!