Bemagtiging 101 episode artwork

EPISODE · Sep 4, 2024 · 3 MIN

Bemagtiging 101

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Ons weet baie keer alte goed dat ons lewens nie is, wat dit behoort te wees nie; dat ons in sekere areas beter moet vaar. Maar dit is so moeilik as jy so baie hooi op jou vurk het. Iets bly altyd in die slag.En wat doen jy om voor te bly? Jy neem ‘n kortpad hier en maak 'n kompromie daar, net om kop bo water te hou. En as jy in Jesus glo, wel … dan eis Hy nog boonop gehoorsaamheid van jou. Hy sê ons moet aaklige mense liefhê en selfs 'n goddelike voorbeeld stel. Die eise lyk eindeloos. Jy probeer al hoe harder en op die ou end is jy stokflou. En wat gebeur nou? Jy voel skuldig en jy verwyt jouself oor al jou mislukkings.Ja, my vriend, daardie druk om op verskeie terreine te presteer, vreet aan jou. Dit eis sy tol. As ek maar net 'n beter mens kon wees. As ek net baie meer soos Jesus kon wees. Maar kom sê my, presies op watter stadium het jy tot die gevolgtrekking gekom dat dit alles van jóú afhang; dat jý dit alles alleen moet doen?Hoe het Jesus sy getraumatiseerde dissipels bemoedig? Hy het hierdie manne, wat beleef het hoe Hy onregverdig skuldig bevind, wreed gekruisig en wonderbaarlik opgewek is, getroos met die woorde:Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”En daardie Heilige Gees krag is ook vir jou, en vir my en inderdaad vir elkeen wat op Jesus vertrou, beskikbaar. Krag om Heilig te leef. Krag om die persoon te word wat Hy jou gemaak het om te wees. Krag om goed te doen, lief te hê, om sy Lig in hierdie verlore en seer wêreld te laat skyn.Jy hoef dit nie alleen aan te pak nie. Jy sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor jou kom,Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 4, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Ons weet baie keer alte goed dat ons lewens nie is, wat dit behoort te wees nie; dat ons in sekere areas beter moet vaar. Maar dit is so moeilik as jy so baie hooi op jou vurk het. Iets bly altyd in die slag. En wat doen jy om voor te bly? Jy neem ‘n kortpad hier en ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Bemagtiging 101

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 4, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!