Bereik Jou Volle Potensiaal episode artwork

EPISODE · Mar 26, 2025 · 2 MIN

Bereik Jou Volle Potensiaal

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 6:7-8,12-13 Hy het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie bose geeste uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak. (NLV)Wat het jy vandag nodig? Het jy meer geld nodig om te oorleef? Het jy, soos so baie van ons, te min tyd om te doen wat jy graag wil doen? Het jy 'n vriend nodig, iemand om op te steun, of dalk sommer iemand om jou 'n bietjie aan te moedig? Komaan, wat skort in jou lewe? Wat is dit wat jy nodig het?Dit voel vir jou asof daar altyd daardie een behoefte is, wat nooit heeltemal vervul word nie. En wat dit erger maak, is dat hoe langer daardie behoefte nie vervul word nie, hoe groter word die gaping en hoe sekerder word jy dat dit nooit vervul sal word nie. Jy sal nooit kry wat jy nodig het nie. Jy sit in 'n bodemlose put.Gister het ons gesien hoe Jesus sy dissipels twee-twee uitgestuur het met niks – absoluut niks – van wat hulle vir hul reis nodig sou hê nie.Markus 6:7-8 Hy het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie.Ja, Jesus het geweet dit is meer as genoeg, want Hy het hulle uitgestuur met sy krag en gesag. Was dit genoeg? Het dit toe gewerk?Markus 6:12-13 Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie bose geeste uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.Moenie bekommerd wees oor dié dinge wat jy nie het nie. Jesus se krag is altyd ... baie meer as genoeg.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 26, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 6:7-8,12-13 Hy het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie bose geeste uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak. (NLV) Wat het jy vandag nodig? Het jy meer geld nodig...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Bereik Jou Volle Potensiaal

0:00 2:31

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 26, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!