Beskaafdheid episode artwork

EPISODE · Mar 22, 2026 · 3 MIN

Beskaafdheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:14-15 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. (NLV) Dit lyk asof mense deesdae die vermoë verloor het om beskaafd van iemand te verskil. Ons sien gereeld hoe politici mekaar uitmekaar wil skeur, hoe sekere groeperinge Christene belaster en andersom. Wat het geword van die vermoë om met respek te debatteer en van mekaar te verskil?William Wilberforce het in die 18de eeu in Engeland die stryd om die slawehandel af te skaf, gelei. Hy was onverskrokke in sy stryd teen slawerny en het die gruwels daarvan dapper openbaar.Tog het hy sy teenstanders met grasie behandel en hulle nooit persoonlik belaster nie. Jaar na jaar het hy met nederigheid en deernis die saak by die Parlement bepleit. Hy het die euwel van slawerny en die slawehandelaars wat in die stelsels vasgevang is, van mekaar geskei; hy was onvergeeflik teenoor die probleem, terwyl hy empatie gehad het vir die handelaars. Sy gesindheid het uiteindelik gehelp om die handel tot 'n einde te bring.Efesiërs 4:14-15 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. (NLV)Dit is nie slim om die feit, dat ons aan alle kante deur diepgewortelde boosheid omring word, te ontken nie. Ons sien daagliks hoe mense met hulle geld en posisies ander mense benadeel en dan met hulle slim argumente vir ons probeer oortuig om saam met hulle te staan.Maar soos Wilberforce, is die beste reaksie om genadig teenoor die persoon te wees en die probleem te konfronteer. God se liefde vermy en ontken nie die waarheid nie – Hy tree in liefde, in plaas van minagting, op.Ons sal by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 22, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:14-15 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. (NLV) Dit lyk asof mense deesdae die vermoë verloor het om beskaafd van iemand te verskil. Ons sien gereeld hoe politici ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Beskaafdheid

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 22, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!