Beskerming en Seën episode artwork

EPISODE · Feb 21, 2025 · 2 MIN

Beskerming en Seën

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 84:12 Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. Die meeste mans hou daarvan om hulle gesinne gelukkig te maak: hul vrou, hul kinders en in my geval, ook my kleinkinders. Dit is net so 'n plesier om diegene te kan seën vir wie ons die liefste is. Maar daar is iets anders wat mans ook graag wil doen, iets wat uit 'n baie diep en sterk instink kom.God het in sy wysheid mans fisies sterker as vroue en beslis as kinders gemaak. Hierdie krag is ongelukkig deur die jare dikwels op die verkeerde manier gebruik - in baie gevalle, op verskriklike maniere.Vandag nog bly huishoudelike geweld, die onderwerping van vroue - hul verdrukking in baie gevalle - 'n plaag op hierdie aarde. Trouens, op baie plekke is daardie verskriklike dinge aan die toeneem.Maar wanneer mans hul krag op die regte manier gebruik - op 'n eerbare manier gebruik - sal hulle hul gesinne nie slegs tot seën wees nie, maar ook beskerm en hulle veilig hou. En daardie instink om te beskerm is iets wat, sonder twyfel, van God self kom.Psalm 84:12 Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.Ons vra al te dikwels vir God vir sy seëninge. Dis goed en reg. Hy seën ons met elke goeie gawe, wanneer jy Hom eer en wanneer jy doen wat Hy sê. Maar moet nooit vergeet, dat Hy in die eerste plek jou beskermer is nie; Hy is jou veilige hawe. Ons glorieryke God is magtig om te red.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 21, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 84:12 Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. Die meeste mans hou daarvan om hulle gesinne gelukkig te maak: hul vrou, hul kinders en in my geval, ook my kleinkinders. Dit is net so 'n plesier om diegene te kan seën vir wie ons die liefste is. Maar daar is iets anders wat mans ook graag wil doen, iets wat uit 'n baie diep en sterk instink kom. God het in sy wysheid mans fisies ste...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Beskerming en Seën

0:00 2:34

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 21, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!