Besluit episode artwork

EPISODE · Nov 7, 2025 · 2 MIN

Besluit

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.Sommige mense is geseën met 'n natuurlike innerlike krag en selfvertroue. Dis wonderlik. Goed gedaan. Maar vir ander verwoes emosies en omstandighede alte dikwels hul gevoel van sekerheid. Dit maak nie saak waar jy op daardie spektrum is nie, maar ons gaan almal deur tye wanneer ons tot in die kern geskud word en ons selfbeeld afgetakel voel. Almal van ons!Ons het die afgelope paar weke oor hierdie hele sekerheid en onsekerheid-ding gesels. En om dinge af te rond, gaan ons vandag kyk na wat ons met ons gedagtes doen.Toemaar, hierdie is nie die een of ander van daardie "wees positief"-boodskappies nie. Nouja, jy kan probeer om positief te wees, dis nie 'n slegte ding nie – maar dit werk nie altyd nie, dit kry jou nie altyd uit jou neerslagtige bui nie, nè?En jy weet jou gedagtes speel 'n groot rol om onder alle omstandighede aan jou geloof vas te hou.1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.God wil hê dat ons voorbereid moet wees; ja, Hy wil hê ons moet wakker en nugter wees wanneer ons in die stryd ingaan. En ons weet die lewe ís 'n stryd. Ek begin elke dag in gebed en lees my Bybel om my ingesteldheid en my gedagtes voor te berei vir die uitdagings van die dag. Ek maak seker dat ek onthou wat ek glo, in Wie ek glo, en dat ek ‘n vaste hoop in Christus het.Want soms, hardloop my gedagtes met my weg en dit saboteer my geloof. Ek berei dus my denke voor vir die stryd.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 7, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. Sommige mense is geseën met 'n natuurlike innerlike krag en selfvertroue. Dis wonderlik. Goed gedaan. Maar vir ander verwoes emosies en omstandighede alte dikwels hul gevoel van sekerheid. Dit maak nie saak waar jy op daardie spektrum is nie, maar ons gaan almal deur tye wanneer ons tot in die kern geskud word en ons ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Besluit

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 7, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!