Bewys Empatie episode artwork

EPISODE · Feb 1, 2026 · 3 MIN

Bewys Empatie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Die sterkste band wat ons met iemand kan bou, is die een wat "empatie" genoem word. Wat behels empatie? Dit beteken dat ons met aandag na hulle luister; dat ons voel wat hulle voel; of hulle nou reg of verkeerd is. Maar die belangrikste is seker dat húlle voel dat hulle gesien word; voel dat hulle gehoor word; en voel dat hulle verstaan word. Dis soos om suurstof in ‘n bedompige kamer in te pomp. Hulle kan uiteindelik asemhaal.Václav Havel was 'n Tsjeggiese dramaturg, andersdenkende en staatsman wat 'n simbool van vreedsame weerstand teen kommunistiese onderdrukking geword het. As president het hy eenkeer 'n tronk, waar sy politieke vyande, waarvan sommige van hulle vir jare lank in die tronk aangehou is, besoek.In plaas daarvan om wraak te neem, het hy na hulle geluister. Hy het empatie gehad. Hy het op 'n vreedsame oorgang van mag aangedring. Hy het selfs met sy voormalige teenstanders dialoog gevoer. Een van die tronkbewaarders het later gesê: "Hy het ons soos mense behandel toe niemand anders dit sou doen nie."Romeine 12:15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.Maak ons onsself nie dikwels, te midde van ons besige lewe, skuldig daaraan om die suksesse en prestasies van diegene rondom ons te misken nie? 'n Woord van bemoediging vir goeie werk kos niks. 'n Glimlag en 'n vonkel in jou oë wanneer hulle 'n oorwinning behaal het, is suiwer goud.Dit is selfs makliker om iemand wat in lyding verkeer, te verwaarloos; want dit is rou, dit is moeilik, dit is ongerieflik. Tog sal die trane in jou oë wanneer jy hulle pyn voel, 'n band bou wat waarskynlik nooit gebreek sal word nie.Wie in jou lewe het jou empatie nodig? Aan wie kan jy nader kom deur te voel wat hulle voel?Empatie skree nie. Dit maak bloot die deur oop en transformeer enigiets van 'n nasie, soos Havel gedoen het, tot 'n enkele siel in die proses.Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 1, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Die sterkste band wat ons met iemand kan bou, is die een wat "empatie" genoem word. Wat behels empatie? Dit beteken dat ons met aandag na hulle luister; dat ons voel wat hulle voel; of hulle nou reg of verkeerd is. Maar die belangrikste is seker dat húlle voel dat hulle gesien word; voel dat hulle gehoor word; en voel dat hulle verstaan word. Dis soos om suurstof in ‘n bedompige kamer in te ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Bewys Empatie

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 1, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!