Bewys Empatie episode artwork

EPISODE · Feb 11, 2024 · 3 MIN

Bewys Empatie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer. Die wêreld waarin ons leef is baie mededingend. Mense wil al die aandag op hulle gevestig hê. Mense dring aan op poste, op indiensneming, op bevordering, op erkenning. Ja, dit is 'n luidrugtige, hoogs mededingende wêreld.Natuurlik is nie almal so nie. Daar is baie mense wat glad nie so mededingend is nie. Maar die omstandighede, die kultuur waarin ons verswelg word, dwing ons dikwels om te baklei om vooruit te kom. Ons word geleer dat dit geregverdig is om mense uit te buit om te kom waar ons dink ons geregtig is om te wees.Ons het baie koud en selfsugtig geword in ons menseverhoudings. En al die ure wat ons mors deur na daardie klein elektroniese skermpie in ons hand te staar, om uit die werklikheid te probeer ontsnap, vreet nog meer van ons tyd. Ag nee wat, ek het nie tyd om medelye met iemand te betoon nie. Dis totaal verregaande om dit van my te vra! Dit was egter nie die geval met Jesus nie:Markus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.Baie van die mense in daardie groot skare sou dieselfde spul wees wat, net ‘n bietjie later uitgeroep het: "Kruisig Hom, kruisig Hom!" En tog het Jesus medelye met hulle gehad. Hy het hulle as skape sonder ’n herder gesien, as mense wat deur hul godsdienstige leiers op ’n dwaalspoor gelei is.Ek dink ‘n mens sonder deernis, is sekerlik die aakligste ding wat ek en jy ooit sal sien.In hierdie materialistiese, mededingende wêreld sal mense jou van tyd tot tyd sleg behandel. Hulle kan selfs verskriklike dinge aan jou doen.Maar wees Jesus vir hulle. Behandel hulle met deernis.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 11, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer. Die wêreld waarin ons leef is baie mededingend. Mense wil al die aandag op hulle gevestig hê. Mense dring aan op poste, op indiensneming, op bevordering, op erkenning. Ja, dit is 'n luidrugtige, hoogs mededingende wêreld. Natuurlik is nie almal so nie. D...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Bewys Empatie

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 11, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!