Bly Stil episode artwork

EPISODE · Feb 27, 2025 · 2 MIN

Bly Stil

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 21:23 Wie ’n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (NLV) Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat woede-uitbarstings geweldig baie skade aan jou liggaam, veral aan jou hart, kan aanrig. Ons weet intuïtief dat ons emosies en die metabolisme van ons organe inherent gekoppel is. Dit behoort dus nie 'n verrassing te wees dat woede ongelooflik skadelik kan wees nie.Woede is 'n emosie wat ons almal van tyd tot tyd ervaar. En behalwe dat dit ons gesondheid beskadig, kan dit ons ook in allerhande moeilikheid laat beland. Wanneer jy iemand 'n kwaai woord toegesnou het, of met wraak losgebrand het, kan jy dit nooit terugneem nie.Ontelbare verhoudings en lewens word elke dag deur woede-uitbarstings verwoes.Miskien het jy daardie wyse raad gehoor om wanneer jy kwaad word, eers tot tien te tel voordat jy reageer. Dit blyk dat dit nie sulke slegte raad is nie.Spreuke 21:23 Wie ’n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (NLV)Ja, my vriend, ‘n mens voel na die tyd hartseer wanneer jy onnadenkend in woede uitgebars het. Dink daaroor na. Hoe voel jy wanneer iemand op ‘n kwaai en afbrekende wyse met jou praat? Komaan, dink mooi: hoe laat dit jou voel?Voel jy seergemaak, verneder, misken, dalk skaam? Dit verander beslis hoe jy oor daardie persoon voel. Dit kan jou verhouding vorentoe ondermyn. En dit kan selfs veroorsaak dat jy in woede reageer, en net dáár versleg die situasie drasties. Dit is wat gebeur wanneer iemand in woede uitbars. Maar, kom ons wees eerlik: die beste ding wat ek en jy soms kan doen, is om ons monde toe te hou en tjoepstil te bly.Sit ‘n wag voor jou mond en bly stil; hou jouself uit die moeilikheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 27, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 21:23 Wie ’n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (NLV) Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat woede-uitbarstings geweldig baie skade aan jou liggaam, veral aan jou hart, kan aanrig. Ons weet intuïtief dat ons emosies en die metabolisme van ons organe inherent gekoppel is. Dit behoort dus nie 'n verrassing te wees dat woede ongelooflik skadelik kan wees nie. Woede is 'n emosie wat ons almal van tyd tot tyd ervaar. En behalwe ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Bly Stil

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 27, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!