Byt Vas! episode artwork

EPISODE · Nov 15, 2025 · 2 MIN

Byt Vas!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Ons word omring deur soveel talentvolle mense, nè? Mense wat dinge kan doen wat ons nooit sal kan doen nie; mense wat hoogtes bereik wat ons nooit sal bereik nie; mense wat so perfek lyk, dat dit jou asem wegslaan.Kyk, baie van daardie talent is op een of ander manier deel van hulle; dit spruit uit hul DNS. Ek dink nou aan my vriendin Lorraine, wat ‘n wonderlik begaafde violis is en my ou vriend Laurrie, wat deur sy bediening met liefde en sagmoedigheid ander help om genesing te vind. Daardie mense is in staat tot dinge waartoe ek nooit in staat sal wees nie.En dan ... dan is daar die hele kwessie van versoeking. Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie ander mense lyk almal so voorspoedig en in beheer van alles, terwyl ons ons swakhede ken; ons ons mislukkings sien; ja, ons weet wanneer ons in versoeking gestruikel het en in sonde geval het. Waarom kan ons nie soos hulle wees nie, vra ons onsself af.Maar daar was ook tye toe jy versoeking verduur het; tye toe jy uit 'n diep kennis van die liefde van God vir jou, versoeking weerstaan het; standvastig gebly het ... omdat jy geweet het wat Jesus vir jou gedoen het.Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.Die dilemma met versoeking is dat wanneer dit oor jou pad kom, dit baie lekkerder voel om daaraan toe te gee, as om dit te weerstaan. Maar, my vriend, hier is die waarheid. Jy hoef nie ‘n wonderlike talent van een of ander aard te hê nie, solank jy  standvastig kan bly wanneer jy nie lus het nie, om die kroon van die lewe te ontvang wat die Here belowe het. Staan vas!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 15, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Ons word omring deur soveel talentvolle mense, nè? Mense wat dinge kan doen wat ons nooit sal kan doen nie; mense wat hoogtes bereik wat ons nooit sal bereik nie; mense wat so perfek lyk, dat dit jou asem wegslaan. Kyk, baie van daardie talent is op een of ander manier deel van h...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Byt Vas!

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 15, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!