Daar Bestaan Geen Twyfel Nie episode artwork

EPISODE · Sep 13, 2025 · 2 MIN

Daar Bestaan Geen Twyfel Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Timoteus 3:4-5 Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? Die rolle van mans en vroue in die bestuur van 'n huishouding en die grootmaak van die kinders het die afgelope paar generasies nogal baie verander. Die idee dat alle ma’s tuisbly-ma’s moet wees, het 'n historiese begrip geword.Laat ek nou vooraf sê, as jy 'n tuisbly-ma of -pa is, is dit die eerste prys! Maar dis eenvoudig vir baie ouers nie ‘n werklikheid nie.Die verskillende rolle van mans en vroue in die gesinseenheid het verander. Mans vind dit dikwels verwarrend, want dit is in stryd met dít waarmee hulle grootgeword het – die manier waarop hulle ouers dinge bestuur het. Gevolglik voel baie mans dat hulle nie meer die reg het om te lei soos hul pa's gehad het nie.Nouja, ek praat nie van mans wat oor hul vrouens of gesinne baasspeel nie – nooit nie – maar van mans wat hul natuurlike leierskap tot voordeel van die hele gesin, wil uitleef.Kom ons kyk wat God se Woord sê. Hierdie gedeelte word in die konteks van 'n bespreking oor die kwalifikasies van mans om kerkleiers te word, gesien. Maar dit is werklik baie insiggewend en leersaam:1 Timoteus 3:4-5 Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem?Daar bestaan geen twyfel nie, God het mans en vroue heeltemal anders gemaak. Hulle is gelyk, maar anders. So mans, moet asseblief nie julle rol as 'n goeie leier in julle gesin prysgee nie. En vroue, moenie bang wees om hom toe te laat om met sy natuurlike talente tot julle en julle kinders se voordeel die leiding te neem nie.Dis God se Woord. Vars … vir julle … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 13, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Timoteus 3:4-5 Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? Die rolle van mans en vroue in die bestuur van 'n huishouding en die grootmaak van die kinders het die afgelope paar generasies nogal baie verander. Die idee dat alle ma’s tuisbly-ma’s moet wees, het 'n historiese begrip ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Daar Bestaan Geen Twyfel Nie

0:00 2:43

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 13, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!