Dade Het Gevolge episode artwork

EPISODE · Aug 4, 2025 · 2 MIN

Dade Het Gevolge

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 2:5b-8 ....daardie dag wanneer God, die regverdige regter, almal sal oordeel volgens wat hulle gedoen het. Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee. Maar dié wat hardkoppig weier om die waarheid te gehoorsaam en toegee aan die ongeregtigheid, sal Hy in sy woede straf. (NLV) As ons mooi daaraan dink, besef ons dat liefdevolle gesinne die grondslag van menswees in die gemeenskap vorm. Sonder gesinne sal die samelewing ineenstort ... en dit verklaar heel moontlik die gemors waarin die wêreld vandag is.Natuurlik is nie elke kind geseën om groot te word in ‘n huisgesin waar hy omring word deur 'n liefdevolle, alhoewel onvolmaakte, moeder en vader nie. Gelukkig het ek in so ‘n huis grootgeword en is die opvoeding wat ek gehad het, iets wat ek vir ewig sal koester.Maar weet jy, daardie opvoeding het 'n bietjie ‘liefde met gevoel’ oftewel tough love behels! Dit het dissipline behels. Dit het selfs van tyd tot tyd die kweperlat behels – nie dat dit iets is wat ek vandag sal voorstaan nie. Tog was my ouers vasbeslote om my te leer dat dade gevolge het.Ons liefdevolle God wil ook vir ons dissiplineer en gehoorsaamheid leer; want indien ons dit nie leer nie, sal dit ewige gevolge hê:Romeine 2: 5b-8 ....daardie dag wanneer God, die regverdige regter, almal sal oordeel volgens wat hulle gedoen het. Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee. Maar dié wat hardkoppig weier om die waarheid te gehoorsaam en toegee aan die ongeregtigheid, sal Hy in sy woede straf. (NLV)Sjoe, is dit werklik in die Bybel? Ja, dit is! Wat het geword van ‘n God van barmhartigheid en genade? Wel, Hy is steeds die God van barmhartigheid en genade, maar ons aanvaar of verwerp daardie barmhartigheid en genade, deur hoe ons leef. Aan diegene wat in gehoorsaamheid reageer, sal Hy die ewige lewe gee. Vir diegene wat in ongehoorsaamheid reageer, sal Hy met toorn en woede straf.Ja, my vriend, dade het inderdaad gevolge.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 4, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 2:5b-8 ....daardie dag wanneer God, die regverdige regter, almal sal oordeel volgens wat hulle gedoen het. Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee. Maar dié wat hardkoppig weier om die waarheid te gehoorsaam en toegee aan die ongeregtigheid, sal Hy in sy woede straf. (NLV) As ons mooi daaraan dink, besef ons dat l...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Dade Het Gevolge

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 4, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!