Dankbaarheid Verander die Oomblik episode artwork

EPISODE · Apr 24, 2026 · 3 MIN

Dankbaarheid Verander die Oomblik

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.Dankbaarheid is een van die grootste kragte in die heelal. Die probleem is, wanneer ons moedeloos voel, voel dit vir ons onmoontlik om dankbaar te wees.Etty Hillesum, 'n jong Nederlandse Jodin, is tydens die Tweede Wêreldoorlog, soos so baie Jode, deur die Nazi’s gevange geneem. Terwyl sy in die Westerbork-transitokamp gevange gehou is, het sy geworstel met haar skuldgevoelens oor haar vorige losbandige verhoudings en 'n knaende vrees vir die Nazi-terreur. Sy het God se teenwoordigheid te midde van haar lyding ervaar en 'n buitengewone dankbaarheid vir medemenslikheid en vriendelikheid ontwikkel. Haar dagboeke weerspieël 'n diepgaande innerlike transformasie: Die ellende hier is verskriklik... en tog - laat in die nag... dank ek God dat Hy my so oordadig laat leef het. Dankbaarheid het haar lewe gekenmerk en haar dae betekenis gegee voordat sy in 1943 in Auschwitz omgekom het. 1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.Ja, nou wel, dit was Etty Hillesum. Sy was ‘n uitsonderlike dapper mens! Maar wanneer jy hierdie skrifgedeelte lees, dink jy by jouself … dis onmoontlik. Hoe kan ek onder my moeilike omstandighede altyd vol vreugde wees? Hoe kan ek altyd dankbaar wees … ten spyte van dít wat besig is om te gebeur?Kyk, geen hoeveelheid spyt sal jou verlede verander nie. Geen hoeveelheid angs sal jou toekoms verander nie. Maar die kleinste greintjie dankbaarheid sal jou hede heeltemal verander.So, neem hierdie Skrifgedeelte, omhels dit, mediteer daaroor, bid daaroor … en kyk hoe die krag van God jou lewe verander, want dit is hoe Hy wil hê jy in Christus Jesus moet leef.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 24, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Dankbaarheid is een van die grootste kragte in die heelal. Die probleem is, wanneer ons moedeloos voel, voel dit vir ons onmoontlik om dankbaar te wees. Etty Hillesum, 'n jong Nederlandse Jodin, is tydens die Tweede Wêreldoorlog, soos so baie Jode, deur die Nazi’s gevange geneem. Terwyl sy in die Westerbork-transitokamp gevange geh...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Dankbaarheid Verander die Oomblik

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 24, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!