Dans van Vreugde episode artwork

EPISODE · Jan 26, 2026 · 3 MIN

Dans van Vreugde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy hoop vir die toekoms? Die probleem is dat wanneer dinge swaar gaan, daardie gevoel van hoop soos mis voor die môreson verdwyn.Die Roemeense pastoor, Richard Wurmbrand, is in 1948 in hegtenis geneem en vir veertien jaar gevange gehou onder die wrede Kommunistiese regime. Hy is gemartel; hy was vir drie jaar lank in eensame opsluiting in 'n donker ondergrondse sel aangehou en selfs verbied om hardop te bid.In sy boek Tortured for Christ het Wurmbrand geskryf dat hy gereeld in sy sel gesange gesing het en in sy gedagtes preke geskryf het. Terwyl sy liggaam weggekwyn het, het hy steeds die vreugde van die teenwoordigheid van Jesus ervaar. Hy het geskryf: Alleen in my sel, koud, honger en in vodde het ek elke aand van vreugde gedans.Was hy mal? Glad nie. Jy sien, net soos die apostel Paulus (wat baie van die boeke van die Nuwe Testament geskryf het terwyl hy ook in die tronk was), was sy hoop nie gewortel in sy donker en desperate omstandighede nie, maar in die lewende Christus. Tweeduisend jaar gelede, in een van daardie briewe, skryf Paulus die volgende:Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.Die probleem is dat ons hoop dat ons omstandighede eendag sal verbeter; dit mag dalk gebeur, of dit mag dalk nie gebeur nie. Daardie finansiële probleme kan van ellendig na bankrot gaan. Daardie kankerdiagnose kan die dood beteken – ons gaan almal eendag sterf. Dis die lewe...Maar wanneer jou hoop in Christus is, is die uitkoms verseker. Jy kan absoluut seker wees dat jy jouself eendag in sy Teenwoordigheid sal bevind – sonder siekte, sonder pyn, sonder trane – vir alle ewigheid.Daarom kan jy jou in die hoop verbly. Dans dus van vreugde in jou vodde … wanneer jy koud kry, wanneer jy honger is, wanneer dit donker is. Dans!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 26, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy hoop vir die toekoms? Die probleem is dat wanneer dinge swaar gaan, daardie gevoel van hoop soos mis voor die môreson verdwyn. Die Roemeense pastoor, Richard Wurmbrand, is in 1948 in hegtenis geneem en vir veertien jaar gevange gehou onder die wrede Kommunistiese regime. Hy is gemartel; hy was vir drie jaar lank in eensame opsluiting in 'n donker ondergrondse sel aangehou en sel...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dans van Vreugde

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 26, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!