EPISODE · Jun 18, 2026 · 2 MIN
Dapper Geloof
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailRomeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV) Wat glo jy regtig diep in jou hart van God? Glo jy in die krag van die Goeie Nuus van Jesus om jou van jou sonde te red? Of is dit 'n moeilike, selfs onmoontlike ding vir jou om te glo? Wat … glo jy …?As dit nou na ‘n baie persoonlike vraag klink, verstaan ek dit. En tog maak ek geen verskoning daarvoor nie. Soms voel ek lus om sommer direk tot die kern van die saak deur te dring en nie suutjies om dit te trap nie; om deur die selfbeskerming, wat so maklik ‘n kokon om ons harte spin, te sny. Soms moet ons uit ons trots en tevredenheid geruk word, en geskok word om tot aksie oor te gaan!Die lewe gaan voort. Ons bekommernisse vul ons gedagtes. En ons vergeet alte maklik van die kragtige waarheid en die keuse wat God self vir ons elkeen gee: aan die eenkant kan ons glo dat Hy Jesus gestuur het om ons van ons sonde te red en dat ons deur geloof in Hom en Hom alléén gered kan word. Maar aan die anderkant kan ons die Goeie Nuus, die Evangelie van Jesus Christus, verwerp; en die ewigheid van God geskei, in die hel deurbring.Paulus skryf in die 1ste eeu n.C. in:Romeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV)Jou geloof in Christus is al wat jou kan red, wat jou sál red. Ek vra jou nederig, uit die liefde van my hart, om dringend en opreg, vandag nog, in Jesus Christus as jou Verlosser te glo!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail Romeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV) Wat glo jy regtig diep in jou hart van God? Glo jy in die krag van ...
NOW PLAYING
Dapper Geloof
No transcript for this episode yet