EPISODE · Mar 29, 2026 · 30 MIN
Dawid vra om nuutgemaak te word
from Hoop Nogtans
Die kerkvader Augustinus het as jongman sy rug op die Christelike geloof gedraai en homself oorgegee aan ‘n sondige lewenstyl. Hy kom kragdadig tot bekering, en sy hele lewe verander. Hy keer terug na sy tuisdorp in Noord-Afrika, en een van sy vorige meisies roep uit, “Augustinus! Dit is ek!” Hy draai na haar en antwoord, “Maar dit is nie ek nie!” Met ander woorde, hierdie man is ‘n nuwe mens. Toe ek Jesus as Verlosser ontmoet het, het alles verander. God het my nuutgemaak.As ons die tweede deel van psalm 51 lees, dan sien ons dat Dawid se grootste begeerte is dat God hom totaal en al sal verander; hy vra om nuutgemaak te word.12Skep vir my ’n rein hart, o God.As Dawid vra vir ‘n nuwe hart, dan bedoel hy die mens wat hy regtig is, sy diepste wese, moet nuutgemaak word.Hy is baie dankbaar vir die vergifnis van sy sonde, en hy wil nie terugval in sonde nie. Hy bid om ‘n innerlike transformasie. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.
NOW PLAYING
Dawid vra om nuutgemaak te word
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
May 15, 2026 ·23m
May 15, 2026 ·28m
May 15, 2026 ·12m
May 15, 2026 ·13m
May 15, 2026 ·13m
May 15, 2026 ·19m