Skip to content
Hoop Nogtans podcast artwork

PODCAST · religion

Hoop Nogtans

by Francois Bredenkamp

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://www.youtube.com/@HoopNogtans

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 12, 2026 · Source feed

Episodes

  1. AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635

    AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK In haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China. In 1889, 18 maande nadat hul in China arriveer, sterf hul 11-maande-oue dogtertjie. Die naaste...

  2. LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634

    Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their 'out-there' ideas.” Dis ‘n godsdienstige groep met aanhangers van oor die hele wêreld, insluitend…

    more
  3. GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633

    Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy lewe aan die bediening gewy. Hy was ‘n baie gewilde prediker en mense het toegestroom om na hom te...

  4. HOE OM SINVOL TE BID (Kol. 1:9-14) ep. 2632

    Bronnie Ware (gebore in 1967) is ‘n Australiër wat mense versorg gedurende die laaste fase van hulle lewe hier op aarde. Sy het jare lank na mense geluister wat juis in hierdie fase van hulle lewe was. Wat haar opgeval het, was dat hulle diepste spyt gewoonlik nie gegaan het oor spesifieke dinge...

  5. VOORKOMING VAN SEERKRY IN DIE KERK

    VOORKOMING VAN SEERKRY IN DIE KERK: Ek onthou nog goed die Saterdagoggend voordat ek verwelkom sou word deur die nuwe gemeente wat my beroep het. Ek is vinnig by Game in om ‘n paar goedjies vir ons nuwe blyplek te kry. Twee mans staan en gesels, en my oor vang, “By watter gemeente aanbid julle...

  6. JESUS CHRISTUS TROON UIT BO ALLES EN ALMAL! ep. 2631

    JESUS CHRISTUS TROON UIT BO ALLES EN ALMAL! In die jaar 1893 bied die Amerikaanse stad Chicago, Illinois ‘n wreldklas skou aan om Christopher Columbus se vaart na Amerika te vier. Meer as 21 miljoen mense woon die skou by. Een van die uitstallings word genoem die Wêreld Parlement van Godsdienste....

  7. Genade-deurdrenkte verhoudings

    Genade-deurdrenkte verhoudings Daar was ’n tyd toe Hansie Cronjé een van die mees gerespekteerde mense in Suid-Afrika was. Hy was nie net die kaptein van die Proteas nie. Hy was ’n volksheld. Onder sy kapteinskap het Suid-Afrika 99 eendagwedstryde gewen. Hy was bekend as ’n sterk leier, ’n man…

    more
  8. Christus het jou vrygemaak – bly daarom vry!

    In die animasiefliek Despicable Me maak ons kennis met Felonius Gru – ’n onaangename karakter wat hom skynbaar verlustig in allerhande bose planne. Maar alles begin verander wanneer drie weesdogtertjies by hom kom woon. Gru besef baie gou dat hierdie drie dogtertjies sy ordelike bestaan behoorlik...

  9. Paulus se woorde

    Ek vrees dat ek tevergeefs aan julle gearbei het (Galasiërs 3:24–4:11). Ek onthou, toe ons nog in Nieu-Seeland gewoon het, hoe die hele land ‘n paar keer aangegryp is deur die massa-stranding van loodswalvisse. Daar is met tye, om een of ander nog onverklaarbare rede, ‘n skynbare vasberadenheid…

    more
  10. DIE KRUIS IS GENOEG!

    Jare gelede, toe ons kinders nog klein was, is ons êrens heen op pad. Die pad was lank, die kinders raak verveeld, en begin stry met mekaar oor iets onbenullig. Ek doen wat ek dink my vaderlike plig is. Ek begin ‘n lesing oor hoe onaanvaarbaar hulle gedrag is. En wat ek van hulle verwag. En toe...

  11. Moenie iets probeer byvoeg by dit wat Jesus klaar gedoen het nie

    Vir honderde jare het pelgrims die Kerk van die Heilige Trappe in Rome besoek. Volgens oorlewering is die Scala Sancta dieselfde trappe waarteen Jesus in die paleis van Pontius Pilatus moes opstap. Daar is 28 trappe. Pelgrims kom van heinde en ver om op hulle knieë teen hierdie trappe uit te…

    more
  12. God verwelkom jou!

    In 1973 word die liedjie “Tie a yellow ribbon round the ole oak tree” vrygestel. Die liedjieskrywers vertel van ‘n man wat na drie jaar in die tronk vrygelaat word. Hy skryf ‘n brief aan sy beminde. Hy is nie seker of sy hom terug gaan verwelkom nie. Hy skryf hy gaan die bus neem en by haar huis...

  13. Alles wat verkeerd is in my lewe kan reggestel word

    Op 25 September 2000 neem ‘n jongman met die naam Kevin Hins die bus na die bekende Golden Gate brug in San Francisco. Hy kan net aan een ding dink. Spring van die brug af. Maak ‘n einde aan alles. Die stemme in sy kop moedig hom aan. Hy het bipolêre depressie, en is psigoties. In sy boek…

    more
  14. Maak saak waar dit die meeste saak maak

    Soms sê een foto meer as duisende woorde. 5 Junie 1989 is die dag ná die bloedige onderdrukking van wekelange studenteprotes op Tiananmen-plein in Beijing. ‘n Toneel speel af amper 40 jaar later nog steeds ver buite die grense van China onthou word. 'n Reeks tenks van die Chinese...

  15. Ons kan nie God se weë altyd verstaan nie

    Iemand het vertel hoe die kabeljou bedryf in die noordooste van die VSA gesukkel het om vars kabeljou betyds by die markte ver van hul af te kry. As hulle dit vries, gaan iets van die smaak verlore. Hulle het toe begin om die kabeljou lewend in tenks met seewater te vervoer. Die vis se smaak was...

  16. Die onveranderlike getrouheid van God

    Onlangse navorsing oor die grootste bekommernisse wat bejaarde mense vandag beleef, kan opgesom word as bekommernis oor wat van hulle gaan word soos hulle ouer word. Eerste op die lys van bekommernisse is kommer oor hulle gesondheid en onafhanklikheid. Hulle wonder, “Sal ek vir myself kan bly…

    more
  17. Ons het ‘n Redder nodig

    Ek staan ‘n paar jaar gelede voor City Hall in San Francisco. Dit laat my dink aan die Uniegebou in Pretoria. Die belangrikste regeringskantore in San Francisco is in hierdie imposante gebou. In 1989 word die gebou deur ‘n aardbewing beskadig, en ‘n projek word geloods om die gebou te beveilig…

    more
  18. Hoe lyk die fondasie

    Ek staan ‘n paar jaar gelede voor City Hall in San Francisco. Dit laat my dink aan die Uniegebou in Pretoria. Die belangrikste regeringskantore in San Francisco is in hierdie imposante gebou. In 1989 word die gebou deur ‘n aardbewing beskadig, en ‘n projek word geloods om die gebou te beveilig…

    more
  19. So maklik mislei

    n Plasing op Facebook ‘n paar dae gelede trek my aandag. ‘n Amerikaanse soldaat is aan die woord, een wat onlangs in Israel diens gedoen het. Hy praat oor ‘n Bybelse drankie wat net twee bestanddele het en wat Alzheimer se siekte voorkom. Hierdie drankie is so effektief, dat daar vandag geen…

    more
  20. Jy hoef nie bang te wees vir die dood nie

    Daar is ‘n ongemaklikheid by baie mense om te praat oor die dood. Hoeveel keer hoor het ons al gehoor iemand sê iets soos, “As daar iets met my gebeur, onthou tog my begrafnisboekie is bo in my kas in die boksie waar al my dokumente gebêre word.” As daar iets met my gebeur, sing tog op my…

    more
  21. God meet nie jou bruikbaarheid volgens jou ouderdom nie

    Vir baie jare het die samelewing van ‘n mens verwag dat jy sal aftree as jy ‘n sekere ouderdom bereik. Daar is vir mense gesê: Dis tyd om af te skaal. Laat die jonger generasie die leisels oorneem. Geniet ‘n rustige lewe as bejaarde. Ek is bly saam met mense wat kan aftree. Al hoe meer mense kan...

  22. God se antwoord vir jou hooploosheid

    Steve Jobbs se naam is sinoniem met die Apple maatskappy se sukses. Steve Jobbs was die dryfkrag agter so baie innovasies wat vandag alledaags is: Apple Mac, persoonlike rekenaars wat jy saam met jou dra; die iPad, ‘n klein rekenaar sonder ‘n sleutelbord wat geaktiveer word deur op ‘n skerm te...

  23. God se plan met jou is groter as jou verlede!

    ‘n Artikel ‘n paar jaar gelede in Golfdigest, die bekende tydskrif vir gholfentoesiaste, fokus op waar die woord mulligan in gholf sy oorsprong het. Een moontlike verklaring is dat David Mulligan, ‘n Kanadese amateur gholfspeler, die eerste keer die woord gebruik het in die 1920’s. Hy speel gholf...

  24. ‘n Moet-lees-gedeelte vir enigeen wat eensaam, angstig en vreesbevange is

    ‘n Artikel op news.com.au op 25 Desember 2025 berig oor die ‘Lost generation’: Hidden crisis creeping into Australia. Miljoene mense regoor die wêreld sluit hulself in hul blyplekke toe, soms vir jare, met minimale kontak met die buitewêreld. Die Japanese het die verskynsel ‘n naam gegee:...

  25. Die Opstanding van Jesus

    ‘n Geliefde opvoedkundige speletjie met kinders behels dat ‘n mens saam met ‘n kind ‘n torinkie met plat houtblokkies bou. Een vir een trek julle versigtig ‘n blokkie op ‘n slag uit totdat die toring omkantel, gewoonlik tot groot pret vir die kind. Die onderste ry blokkies is die belangrikste. As...

  26. Dawid vra om nuutgemaak te word

    Die kerkvader Augustinus het as jongman sy rug op die Christelike geloof gedraai en homself oorgegee aan ‘n sondige lewenstyl. Hy kom kragdadig tot bekering, en sy hele lewe verander. Hy keer terug na sy tuisdorp in Noord-Afrika, en een van sy vorige meisies roep uit, “Augustinus! Dit is ek!” Hy...

  27. God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel

    Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so…

    more
  28. Stel jou vertroue in die God wat nooit teleurstel

    Die Griekse filosoof Diogenes (oorlede 323 v.C.) het besonderse maniere gehad om sy wysheid oor te dra. Een hiervan was om met ‘n lantern te loop en soek na iets - helder oor dag. Natuurlik sou mense vra waarmee hy besig is. Sy antwoord: Ek is op soek na ‘n eerlike man. As ons Miga 7 lees, dan...

  29. As Job maar geweet het van Jesus. Deel II

    Aaron Beck het baanbrekerswerk gedoen om depressie te verstaan en te behandel. Hy identifiseer dat iemand met depressie drie negatiewe sienings het: 1. Negatiewe siening van hulself ’n Persoon begin glo daar is iets fout met hulself. 2. Negatiewe siening van die wêreld (omstandighede) Die persoon...

  30. As Job maar geweet het van Jesus #2606

    Kelly Pruitt was ‘n bekende skilder en beeldhouer wat in 2009 oorlede is. Sy laaste jare het hy deurgebring op ‘n plaas naby die Rio Grande rivier in die suidweste van die VSA. ‘n Paar weke voor sy dood begin hy sy eie graf grawe. Hy vorder halfpad, toe hy daarin gaan lê om te sien of hy inpas.…

    more
  31. Ek is eenvoudig geroep om getrou te wees #2605

    In die boek Second Calling skryf Dale Bourke dat sy jare gelede ’n konferensie bygewoon het. Toe dit verby was, het haar vriend Bruce aangebied om haar lughawe toe te neem. Net toe hulle wou vertrek, het ’n ander man gevra of hy saam met hulle kon ry. Terwyl hulle van die hotel af weg gery het…

    more
  32. Die ouer broer #2604

    Die spesifieke Sondag is die kerk gepak. Dis kindertoewyding die oggend en daar is baie familie en vriende om die geleentheid met die gesin te deel. Ek is dankbaar om die oggend die geleentheid te hê om die evangelie te deel met mense wat moontlik selde in die kerk kom. Een van die ouderlinge…

    more
  33. ‘n Verkeerde siening van die Vader se hart #2603

    Rosaria Butterfield was ’n universiteitsprofessor, ’n ateïs, en openlik gekant teen die Christelike geloof. Sy het geglo dat Christenskap skadelik is vir mense en intellektueel minderwaardig. Nadat sy ’n artikel geskryf het waarin sy Christelike oortuigings gekritiseer het, het sy talle reaksies...

  34. Die Verlore Seun #2602

    Aljazeera berig op 21 Julie 2025 uit Palkistan dat die owerhede minstens 13 mense, insluitende ‘n stamleier, in hegtenis geneem het op wat as ‘n eerwraakmoord (“honour killing”) beskou word. Bano Bibi en haar man Ehsan Ullah is vermoor as wraak omdat hulle getrou het teen die wense van hulle...

  35. Ontdek of Herontdek Die hart van God vir jou #2601

    Onthou jy nog die liedjie “Nobody likes me, everybody hates me, I guess I’ll eat worms!” Die liedjie gee nogal weer hoe baie mense voel. Oor hulself. Hoeveel mense voel niemand is lief vir hulle nie. Hulle voel onwaardig. Hulle kan nie eens dink dat iemand van hulle sal hou nie. Die evangelie van...

  36. Voel dit tevergeefs? #2522

    In die Griekse mitologie is daar die storie van Sisyfus, die stigter en koning van Korinte (Efyra). As mens was hy aanmatigend en arrogant, en die gode straf hom. In die onderwêreld kry hy die taak om ‘n groot rots teen ‘n bult uit te stoot, en net soos hy amper bo is, dan rol die rots al die pad...

  37. Glo ek regtig dat Jesus Christus die Here is? #2521

    Katarina die Grote, keiserin van Rusland het in 1787 ’n grootskaalse inspeksiereis onderneem langs die Dnieper River. Die reis is gereël deur Grigory Alexandrovich Potemkin (Potjomkin), een van Katarina se mees vertroude staatsmanne, wat haar wou beïndruk met sy bestuur van die provinsies. Dit…

    more
  38. Dis maklik om ‘n front voor te hou #2520

    Dis maklik om ‘n front voor te hou en te maak asof alles reg is, terwyl jy so moedeloos is dat jy nie kans sien vir aangaan nie. ‘n Gewilde sanger Sia sing die volgende: Unstoppable All smiles, I know what it takes to fool this town I'll do it 'til the sun goes down and all through the night time...

  39. Ons verstaan God se hart baie keer verkeerd #2519

    n Klein seuntjie, so tien jaar oud, het die dinêr binnestap en by ’n tafel kom sit. Die kelnerin, reeds moeg ná ’n lang skof, kom vra wat hy graag wil hê. Die seuntjie kyk na die spyskaart en vra: “Hoeveel kos ’n roomys-sundae?” Sy gee vir hom die prys. Hy tel sy muntstukke stilletjies. Toe vra…

    more
  40. Ewige lewe #2518

    In die Spaanse stad Valladolid waar Christopher Columbus in 1506 sterf, staan ‘n monument ter ere van die ontdekkingsreisiger. ‘n Stukkie simboliek ingebou in die monument is ‘n aardbol met ‘n band oor, met die volgende woorde Ne Plus Ultra. Vir jare was Spanje se leuse: Ne Plus Ultra. Dit…

    more
  41. Wees oud met waardigheid #2517

    Dis maklik vir ‘n persoon in hul senior jare om te voel dat hulle waardeloos is, oorbodig, selfs onwelkom, ‘n oorlas vir die samelewing. Om te voel jy word eenkant toe gestoot, miskien verdra, maar nie waardeer nie. Maar dis moontlik om ‘n vol lewe te lei in jou silwer-grys jare. Johann Goethe...

  42. Die waarheid is: God gaan vir die hart! #2516

    In die rolprent A few Good Men is daar ‘n toneel uit ‘n militêre verhoor. Kolonel Natan R Jessep onder kruisondervraging. Die prokureur Lt Daniel Kaffee is baie direk: Hy wil by die waarheid uitkom. Colonel Jessep ... "You want answers?" Lieutenant Kaffee ... "I think I'm entitled." Colonel…

    more
  43. Daar is hoop vir hooplose mense #2515

    Die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die VSA het in 2023 omvattende navorsing onder Amerkiaanse tieners gedoen. Hul bevindings is kommerwekkend. Meer as ’n kwart van Amerikaanse tieners het swak geestesgesondheid ervaar, en ongeveer 40% het aanhoudend hartseer en hopeloos…

    more
  44. Gód kan deur die grens van die hooplose situasie breek #2514

    Vir baie jare het mense geglo dat dit onmoontlik is om die klankgrens te breek. Sou jy vinniger vlieg as die spoed van klank – om en by 1100 km per uur – dan sal jou vliegtuig disintegreer. Dit sal wees asof jy teen ‘n onsigbare muur vasvlieg. Een persoon wat dit nie geglo het nie, was Chuck...

  45. Niks gebeur sommer net nie! #2513

    Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort…

    more
  46. God kan ingryp in die mees hopelose situasies - 2 Konings 4:38-41 #2512

    Jare gelede het ‘n mnr Van der Merwe vir die Waterraad in Namibië gewerk. Op ‘n dag was hy in die Namibwoestyn op pad Walvisbaai toe. Sy voertuig oorverhit en gaan staan. Hy besef dit kan tot twee dae neem voordat hulle na hom gaan begin soek. Die beste ding wat hy kan doen is om te stap tot by…

    more
  47. Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye #2011

    Rebecca St James is een van die groot name in die kontemporêre Christelike musiekwêreld. Sy is gebore in Australië. Haar pa het groot musiekbyeenkomste gereël in Australië, en was baie suksesvol. Maar om een of ander rede misluk een van die toere wat hy reël, en hy sit met ‘n halfmiljoen dollar…

    more
  48. ‘n Mooi toekoms belowe - Psalm 37:37 #2510

    Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is...

  49. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509

    Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy...

  50. 'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508

    ’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die…

    more

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp

https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

https://www.youtube.com/@HoopNogtans

HOSTED BY

Francois Bredenkamp

Frequently Asked Questions

How many episodes does Hoop Nogtans have?

Hoop Nogtans currently has 57 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Hoop Nogtans about?

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://www.youtube.com/@HoopNogtans

How often does Hoop Nogtans release new episodes?

Hoop Nogtans has 57 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Hoop Nogtans?

You can listen to Hoop Nogtans on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Hoop Nogtans?

Hoop Nogtans is created and hosted by Francois Bredenkamp.
URL copied to clipboard!