Deelname Nie Prestasie Nie episode artwork

EPISODE · May 15, 2026 · 2 MIN

Deelname Nie Prestasie Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 1:4-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Ek dink dikwels dat dit baie makliker is om wanneer dinge goed gaan, die spoor byster te raak, as wanneer dit sleg gaan. Wanneer die koeëls om jou fluit; wanneer jy in gevaar is, roep jy natuurlik tot God. Maar wanneer dit goed gaan … kan jy gemaklik eet, drink en vrolik wees.Interessant genoeg skryf die apostel Paulus vanuit sy tronksel die volgende aan sy vriende in Filippi:Filippense 1:5-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.Met ander woorde, die Filippense het, deur goeie en moeilike tye, aan God getrou gebly en vir Paulus ondersteun. Hulle het deur hul dade gedemonstreer dat hulle koersvas gebly het.Paulus seën hulle, want hy glo dat hulle die goeie werk wat die Here in hulle begin het, sal voortsit tot op die dag wanneer Jesus Christus weer terugkom.Ons verstaan mos dat dit God self is, wat die goeie in ons doen. Ons presteer nie om gered te word nie, maar wanneer ons gered is, neem ons deel aan sy werk, wetende dat Hy tot die einde toe, sy goeie werk ín ons sal voortsit.Dis 'n voortreflike vennootskap wat ons uitnooi om deel te neem; nie om te presteer en deur mense gesien te word nie. Bly getrou, hou aan om goed te doen, want die goeie werk wat God in jou begin het, sal voortgaan totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus weer terugkom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 15, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 1:4-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Ek dink dikwels dat dit baie makliker is om wanneer dinge goed gaan, die spoor byster te raak, as wanneer dit sleg gaan. Wanneer die koe...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Deelname Nie Prestasie Nie

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 15, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!